Vaar saam op dié belangrike lewensaar
van Europa ...

 
Die romantiese

Ryn

 

Brug oor die Ryn by Keulen en die Keulense katedraal

BO: In die nag... brug oor die Ryn by Keulen met die beroemde Keulense katedraal op die agtergrond.

•  Bestel pragtige plakkate van die Ryn by AllPosters.com: klik hier of op die foto self.

 

Foto deur Gavin Hellier © AllPosters.com

Die Ryn is alles wat die toerbrosjures belowe: ’n sagvloeiende en kronkelende rivier, met sonnige hange vol wingerde aan sy oewers en Middeleeuse kastele wat daaroor troon. Maar die Ryn is ook ’n wispelturige stroom—wild en onstuimig waar hy ontspring en traag en besoedel naby die see. En op ’n kol word sy oewers boonop deur ’n koorsige maling van industriële bedrywighede ontsier…

Teks uit Ons Wonderlike Węreld, opgedateer deur Mieliestronk.com
 

Kaart van die Rynwęreld

Kaart gegrond op ’n kaart van die World Factbook (CIA)


 

A

S ’N RIVIER is hy nie waffers groot nie. Hy’s omtrent 1320 km lank—nie veel langer as die Vaal nie—en sy stroomgebied is niks groter as KwaZulu/Natal en die Vrystaat saam nie.

 

Maar min riviere is mooier en word meer met romantiek verbind as die Ryn. Sy geskiedenis is so ryk, en die veldslae wat oor hom gevoer is so talryk, dat boekdele daaroor geskryf kan word.

 

Van die pragtigste tonele in Europa vind ’n mens in die Rynland, met sy wingerdterrasse teen die steil hange en die kastele wat daaroor troon.

 

Dog die Ryn het ’n ander, minder aanskoulike gesig, want noord van Keulen loop verskeie van sy sytakke deur die Ruhr, ’n dig bevolkte steenkool- en staalproduserende gebied. Hier ly die rivier onder allerhande probleme wat deur groot bevolkings en fabrieke veroorsaak word.

 

Maar kom ons volg die loop van die Ryn van waar hy ontspring tot by die see...

 

DIE naam Ryn kom van die Keltiese woord rein, wat helder beteken. Tog is daar min plekke waar die rivier werklik helder is.

 

Die Ryn (Rhein in Duits) se oorsprong is twee strome van gesmelte gletser-ys hoog in die Switserse Alpe: die Vorderrhein en die Hinterrhein (wat die Voor-Ryn en die Agter-Ryn beteken).

 

Die Vorderrhein kom van die groot, groen gletserwatermassa die Thomameer. Sowat 35 km na die suidooste, naby die Italiaanse grens, maak die Hinterrhein sy verskyning uit die gesmelte water van die magtige Rheinwaldhorn-gletser, ’n groot long van ys wat nagenoeg 3 400 m hoog in die berge lę.

 

Hierdie onstuimige Alpynse strome—vol gletserpuin—vloei verby van die mees ruwe en afgesonderde tonele aan die hele Ryn, om uiteindelik saam te vloei om die eintlike Ryn te vorm naby die Middeleeuse Switserse dorp Chur.

 

Voedende takstroompies van smeltende sneeu en gletser-ys is in die lente en vroeë somer op hul volste en uitbundigste.

 

Anderkant Chur swenk die Ryn noordwaarts, al langs die wesgrense van Liechtenstein en Oostenryk na die Bodenmeer, 398 m bokant seevlak.

 

Die 72 km lange Bodenmeer is ’n stortplek vir die tonne modder, sand en gruis wat deur die Ryn uit die berge gebring word.

 

Bevry van sy las, vat die helderder maar steeds sterk vloeiende rivier weswaarts koers tussen Duitsland en Switserland na die industriële rivierhawe Basel.

 

Die Ryn by Basel, Switserland

BO: Die Ryn by Basel, Switserland.

 

Foto deur Norbert Aepli (Noebu) van Switserland wat dit op hierdie bladsy in die Wikipedia-ensiklopedie op die węreldwye web gelisensieer het ingevolge die Creative Commons Attribution 2.5-lisensie. Kortom, vrye gebruik en modifikasie word vergun op voorwaarde dat die eienaar of lisensiehouer erken word.
 

Rynwaterval, Switserland

REGS: Rynwaterval, Switserland.

 

Foto deur “Bstlee”, wat dit tot openbare besit verklaar het (“released into the public domain”)

 

 

Naby Schaffhausen, wes van die Bodenmeer, is verskeie stroomversnellings wat kulmineer in die skouspelagtige Rynwaterval van 23 m. Dit is so ver stroom op as wat bote van die see af kan vaar.

 

Wanneer die rivier Basel bereik, het hy reeds sowat 370 km agter die rug en ongeveer 1850 m gedaal. Nog 950 km Ię voor, maar hy sal nou nog slegs 250 m moet daal om die see te bereik. Gevolglik raak die vloei gelykmatiger en ideaal vir bevaring.

 

By Basel swenk die Ryn noord en vloei deur ’n breë, plat skeurdal wat sowat 290 km ver strek in die rigting van Mainz. (’n Skeurdal is ’n dal met steil wande. Dit word deur die insinking van die aardkors gevorm.)

 

Die riviervlakte met sy warm klimaat is in die somer begroei deur koring, tabak, mielies en sonneblomme. Daar is ook vrugtebome en wingerde.

 

In die suidelike deel van die vallei vorm die rivier die grens tussen Frankryk en Duitsland. Wes is die Vogese, ’n bergreeks in Frankryk, en aan die oostekant die Swart Woud.

 

 

Die Ryn by Boppard

BO: Die Ryn by Boppard, ’n dorp aan die Ryn sowat 25 km suid van Koblenz in die Rynland-Palts, een die sestien Duitse deelstate. Die Rynland-Palts grens aan Frankryk, Luxemburg en België.

•  Bestel pragtige plakkate van die Ryn by AllPosters.com: klik hier of op die foto self.

Foto deur Gavin Hellier © AllPosters.com

 

Straatsburg, ’n besige rivierhawe, Ię aan die westekant. Verder noord, in Duitsland, sluit die Neckar, ’n belangrike sytak, hom by die Ryn aan by die hawe Mannheim.

 

Die rivier het oorspronklik ’n netwerk van lusse en kanale gevorm wat deur die skeurdal gekronkel het. Dit was ’n belemmering vir bote wat verder suid wou vaar, en in die 1920’s is die Grand Canal d’Alsace gebou om skeepsverkeer te vergemaklik.

 

By Mainz, by die sameloop van die Ryn en Main, swenk die Ryn weswaarts na Bingen. Die Rheingau, soos hierdie streek genoem word, is beroemd vir sy ligte wit wyne.

 

Die rustige omgewing van die Rheingau verander dramaties wanneer die rivier by Bingen ’n noordwestelike rigting inslaan en in ’n lang, kronkelende ravyn met steil oewers instort wat tot by Bonn strek, sowat 125 km na die noorde.

 

Dit is die Rynland van die toerbrosjures—die Romantiese Ryn, die Heroďese Ryn van die legendes. Op plekke is die steil kranse aan weerskante minder as 180 m van mekaar af. Waar die vallei ietwat verbreed, groei wingerde aan die laer hange, terwyl kastele en die bouvalle van kastele daar bokant uittroon. Die dorpies, met huise wat deels van hout gebou is, word meestal deur wingerdboere bewoon.

 

Bootvaart op die Ryn is altyd deur sandbanke, vlak plekke en rotse belemmer. Die berugste gevaarplek is die rotskrans wat die Lorelei genoem word. Volgens die legende het ’n pragtige maar bose verleidster matrose daar met haar sang na ’n waterdood gelok.

 

 Die verleidster van die LoreleiLINKS: Die verleidster van die rots die Lorelei, soos in 1864 uitgebeeld deur die kunstenaar Edward Jakob von Steinle (Schack-Galerie, München).

 

Oos van Bonn is ’n groep heuwels van vulkaniese oorsprong. Die sogenaamde Siebengebirge, of Seweberge, sou van die grawe van reuse afgeval het wat die rivierbedding gegrawe het. En in die sprokie van Sneeuwitjie was dit ’n kasteel in een van hierdie berge waarheen die dwergies haar gebring het om haar teen haar bose stiefma te beskerm.

 

Teen die tyd dat die rivier Bonn verlaat, het die steiltes langsaan verdwyn en is die riviervlakte breed en plat. Heeltemal anders as die vorige streek, is die węreld hier ’n enorme stedelike en industriële konglomeraat.

            .

Belangrike stede aan die oewers sluit in Keulen, Düsseldorf en Duisberg. En noord van Keulen Ię die Ruhr, Europa se belangrikste steenkoolveld en digs bevolkte gebied. Hier bevaar lang platboom-vragskuite met steenkool en ystererts die rivier en sy netwerk van kanale.

 

By die grens tussen Duitsland en Nederland is die Ryn sowat 655 m breed en besoom met ’n plat, laagliggende landskap. Kort nadat dit Nederland binnegevloei het, verdeel dit in twee afsonderlike riviere, die Lek en Waal.

 

Dié vloei nagenoeg ewewydig met mekaar en vertak op hul beurt om die moerassige gebied te vorm wat die Ryndelta genoem word en ook gedeel word met die Maasrivier verder suid. Baie van die grond hier is van die see gewin en Ię dus op seevlak of daaronder.

 

Die Lek vloei deur die internasionale seehawe Rotterdam, en mond dan uit in die Noordsee by die Hoek van Holland. Dit lyk byna na ’n antiklimaks vir so ’n karaktervolle rivier.

 


Glo dit, die Teems was ’n tak van die Ryn!

 GELEERDES reken die bekende rivier Teems in Engeland was eenmaal ’n sytak van die Ryn. In die vorige Ystyd, sę hulle, was soveel water in ys vasgevang dat die seevlak veel laer was as vandag. Die Ryn het tot so ver noord as die huidige Noorweë en Swede gevloei voordat dit die see bereik het. Brittanje was destyds ’n deel van die Europese vasteland en die water van die Teems het in die Ryn gevloei.

 

 

Industrieë aan die Ryn

 

Benewens sy rol as ’n intemasionale hawe, is Rotterdam ook ’n groot industriële en kommersiële sentrum. Groot komplekse van olieraffinaderye staan ook op die hawe, saam met fabrieke vir die bou en herstel van skepe, elektrotegniese bedrywighede en wat nog alles, asook versekerings- en bankkantore. Lees verder en kyk net hoe verskil die werkende Ryn van die romantiese Ryn wat ons hierbo besoek het!

 

L

AAT in die Europese herfs van 1986 gebeur die ramp. ’n Pakhuis van die Switserse chemiese en farmaseutiese maatskappy Sandoz vat vlam. Die pakhuis is aan die oewer van die Ryn naby Basel, en die brandweermanne wat die vlamme blus, spuit strome vergiftigde water in die rivier in.

 

Uiteindelik word 30 ton hoogs toksiese afval, waaronder kwik en swamdoders, meegevoer en alle rivierlewe tot 200 km stroom af uitgewis. Die gif het tot 500 km ver ’n uitwerking op voëls en ander diere. Sowat halfmiljoen dooie visse dryf op die water, waaronder 150 000 migrerende ale.

 

Weke lank word die drinkwatertoevoer na miljoene huishoudings langs die Ryn afgesluit en die water gerantsoeneer van mense wat toegang tot bronwater het.

 

Die voorval—wat destyds “Europa se grootste nie-nukleęre ramp in ’n dekade”genoem is—beklemtoon die enorme eise wat vandag aan riviere gestel word, veral dié wat deur nywerheidsgebiede vloei.

 

Die Ryn huisves duisende soorte plante, insekte, visse, skaaldiere, klein soogdiere en voëls. Sowat 30 miljoen mense is vir hul drinkwater van die rivier afhanklik.

 

Dit is ’n uiters belangrike vervoermedium vir party van Europa se rykste handels-, mynbou- en nywerheidsgebiede. Op die koop toe is dit ’n nuttige “afvoerpyp” van fabrieke, boere en huise se afval. Baie eise word dus aan die rivier gestel—wat noodwendig daaronder moet ly.

 

Dit is bemoedigend dat die regerings van die Rynland-state, asook Luxemburg, ná die chemiese ramp streng maatreëls getref het om die besoedeling te keer.

 

Waar ons hierbo die Ryn gevolg het van waar hy ontspring tot waar hy in die see uitmond, met die klem op die aantrekkingskrag wat hy vir toeriste het, konsentreer ons nou verder op die industriële Ryn. Ons begin by die beroemde Ruhrgebied en eindig by Europoort . . .

 

DIE Ruhrgebied is ’n steenkool- en staalgebied in Noord-Ryn-Wesfale, een van Duitsland se federale state. Dit beslaan ’n gebied van sowat 7330 vk. km, wat min of meer reghoekig is en deur die stede Wesel, Monchen-Gladbach, Ludenscheid en Hamm afgebaken word.

 

By gewese steenkoolmyn in die RuhrgebiedREGS: Die masjiene van ’n gewese steenkoolmyn het verstil, maar elders in die stad Dortmund en in die hele Ruhrgebied bly dit ’n miernes van industriële bedrywighede. Dortmund is die grootste stad in die Ruhrgebied.

 

Detail van foto deur “Tbachner”, wat dit tot openbare besit verklaar het (“released into the public domain”)

 

Party mense sluit die streke van Keulen en Bonn by ’n groter Ruhrgebied in. Die Ruhrgebied, genoem na die rivier Ruhr wat daardeur vloei, is een van die węreld se heel grootste konsentrasies van nywerhede. Hier is besonder ryk steenkoolneerslae, en dit is ook Europa se belangrikste bron van kooks.

 

Die steenkool word deur die vervaardigers van yster en staal gebruik, waarvan die beroemde Krupp-staalwerke by Essen, wat in 1811 gestig is, die grootste is. Baie van die staal word uitgevoer, maar ’n groot deel daarvan word ook plaaslik gebruik om mynboutoerusting, motors, skepe, lokomotiewe, landbougereedskap en huishoudelike toerusting te vervaardig.

 

Daar is ook onder meer fabrieke vir tekstielware, elektroniese ware, chemikalieë, seep en tabak in die gebied.

 

Die Ruhrgebied is boonop een van Europa se digs bevolkte streke, met ’n bevolking van sowat 5,3 miljoen. Dit word as ’n deel beskou van die groter Ryn-Ruhr-  metropolitaanse gebied met sy meer as 12  miljoen mense. Baie van die nywerheidstede het verenig om een reusagtige stedelike kompleks of megalopolis te vorm, waaronder Essen, Dortmund, Rheinhausen, Bochum, Gelsenkirchen en Duisburg.

 

Duisburg, wat by die samevloeiing van die Ryn en Ruhr geleë is, is Europa se grootste binnelandse hawe.

 

Al is daar so ’n enorme klomp fabrieke, is daar egter ook nog kol-kol taamlik groot plase en woude.

 

Die Ryn, met verskeie van sy takriviere wat deur die Ruhrgebied vloei, het kennelik bygedra om die streek voorspoedig te maak. Daarop kan onverwerkte stowwe en fabrieksartikels goedkoop en doeltreffend na Rotterdam vervoer word om na die res van die węreld uitgevoer te word.

 

GEMEET aan die vrag wat dit hanteer—kort duskant 380 miljoen ton in byvoorbeeld 2006—was Rotterdam etlike dekades lank tot in 2004 die węreld se grootste en besigste internasionale hawe, waarna dit deur Shanghai in China van hierdie onderskeding beroof is.

 

RotterdamLINKS: Rotterdam.

 

Foto deur J. Donkervoort, wat dit op hierdie bladsy in die Wikipedia-ensiklopedie op die węreldwye web gelisensieer het ingevolge Creative Commons Attribution ShareAlike 2.0-lisensie. Kortom, vrye gebruik en modifikasie word vergun op voorwaarde dat J. Donkervoort behoorlik erken word en dat dit slegs versprei sal word ingevolge die bogenoemde of ’n soortgelyke lisensie.

 

Die stad Rotterdam lę naby die monding van die Lek, een van die twee vernaamste delta-vertakkings van die Ryn. Die eintlike hawe strek meer as 30 km stroom af van die middestad na die Noordsee, langs die sogenaamde Nieuwe Waterweg, ’n kanaal wat in 1872 voltooi is om Rotterdam met die see te verbind.

 

By die monding van die Nieuwe Waterweg lę die baie groot hawekompleks Europoort, oftewel Poort na Europa.

 

Getrou aan sy naam, hanteer dit sowat ’n derde van alle goedere wat tussen die lande van die Europese Unie en lande elders ter węreld verskeep word. (Die  Europese Unie, of EU,  is ’n staatkundige en ekonomiese vereniging van 27 lidstate.)

  

’n Groot deel van die vrag wat by Europoort aankom, word regstreeks van die groot seeskepe op kleiner vaartuie oorgelaai, wat dit na ander Europese hawens bring. Vrag word ook van die seeskepe op riviervragskuite, treine, vragmotors of vliegtuie gelaai om versprei te word.

 

Die Ryn met sy netwerk van kanale is ’n gerieflike waterweg vir letterlik duisende Nederlandse, Duitse, Franse en Switserse vragskuite wat goedere tussen Rotterdam en die Ruhr-gebied vervoer, asook die binnelandse hawens Mannheim, Straatsburg en Basel verder suid.

 


Geskiedenisbrokkie: Hitler en die Ruhrgebied

DIE Ruhrgebied het tot die opkoms van Hitler bygedra. Kragtens die Verdrag van Versailles, wat ná die Eerste Wereldoorlog onderteken is, moes Duitsland oorlogskuld aan die Geallieerdes betaal. Maar hy het agterstallig geraak met sy betalings aan Frankryk en België, en in 1923 het Franse en Belgiese troepe die Ruhrgebied beset om die betaling te probeer afdwing.

 

Baie Duitsers het gebelg hieroor gevoel, en die regering het Ruhrwerkers tot lydelike verset en sabotasie aangemoedig. Dit het Frankryk duur te staan gekom en hy het horn in 1924 onttrek. Maar teen daardie tyd het die verminderde produksie en stygende inflasie hul tol geëis deur albei lande se ekonomieë te verwoes en ’n Duitse gevoel van nasionalisme aan te wakker.

 

Toe Hitler die mag oorneem, het hy die fabrieke van die Ruhr gebruik om wapens te maak. Die gebied is in die Tweede Węreldoorlog hewig gebombardeer. Ná die oorlog het dit ’n deel van Wes-Duitsland geword en spoedig sy status as een van die węreld se belangrikste nywerheidsgebiede herwin.

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad