Venus
Onder sy digte kombers van wolke... 地 vuurpoel van verskrikking

 Terug

1 van 4

Vorentoe 

 
 


 
BO: Hoe die oppervlak van Venus in rooi lig sou kon lyk as 地 mens die digte wolkekombers sou kon wegstroop wat die planeet omhul (REGS). Die planeet is kokend warm onder 地 atmosfeer waar selfs swawelsuur in die hemele sweef. Venus se digte atmosfeer dien inderdaad as 地 kombers, wat inkomende sonstrale vasvang sodat die planeet se oppervlak tot 地 gemiddelde 467 grade C verwarm word. Dit is warm genoeg om lood te smelt. Die foto BO is 地 digitale verkleuring van 地 samestelling van radarbeelde wat die snuffeltuig Magellan van Venus geneem het. Net radar kan s deur die wolke dring om die topografie van die planeet te ontbloot.

Foto bo: Photojournal /JPL/ NASA; foto regs: Pioneer / NASA

Warmste planeet in die Sonnestelsel... hier het die kweekhuis-effek heeltemal hand-uit geruk

DAAR is eenmaal gedink Venus kan dalk 地 鍍weeling van die Aarde wees, maar die waarheid was 地 ontnugtering. Onbemande snuffeltuie het onthul di planeet is eintlik 地 siedende inferno met temperature van tot 地 paar honderd grade Celsius en selfs vretende swawelsuur wat in die hemele sweef. Venus is natuurlik die helder voorwerp in ons eie uitspansel wat ons as die "aandster" sowel as die "morester" ken.

Omdat die planeet onder 地 digte wolkbedekking l, en 地 diep atmosfeer het wat in 地 groot mate uit koolsuurgas bestaan, is hy heel waarskynlik 地 tipiese slagoffer van 地 sogenaamde ''kweekhuis-effek wat weggehol het'', wat hom dan ook die warmste planeet in die sonnestelsel maak. Die atmosferiese druk by die oppervlak is 90 atmosfere溶agenoeg soveel soos die druk op 地 diepte van 1 km in die aarde se oseane.

Die wolkebasis l op 50 km en die wolkdeeltjies is meestal gekonsentreerde swawelsuur, dog dit giet darem nie as suurren neer nie, maar bly in die atmosfeer. Water en waterdamp is uiters skaars. Die ontsettend warm oppervlak van Venus is hoofsaaklik 地 golwende vlakte wat deur twee hooglande so groot soos vastelande onderbreek word. Daar is ook reusagtige aktiewe vulkane en 地 menigte kraters wat deur meteoriete veroorsaak is.


LINKS BO en REGS BO: Die ergste en 地 veel meer idilliese voorstelling van landskappe op Venus. Op die volgende bladsy in hierdie aflewering oor Venus word die inferno wat op die foto links bo voorgestel word, verder verken. Dit is beelde van lawavloeiings wat met die rekenaar gegenereer is op grond van inligting wat deur die snuffeltuig Magellan met behulp van radar oor die planeet ingewin is.

Grafika: NASA
 

Wat bedoel word as ons praat van die
kweekhuis-effek op Venus

By 地 regte kweekhuis (LINKS) dring inkomende kortgolfstrale (ultraviolet strale) van die Son maklik deur die glas of plastiek en word deur dit die grond binne-in die kweek­huis geabsor­beer. Van die grond af word dit vervolgens as hitte in langgolf-, infrarooi strale uitgestraal, maar baie van di word weer deur glas of plastiek teruggekaats grond toe. Die binnekant van die kweekhuis bly dus warm (illustrasie REGS).

Die "kweekhuis-effek" is 地 term wat gebruik word vir 地 soortgelyke rol wat 地 atmosfeer kan speel om 地 planeet aan die oppervlak te help verwarm. Venus se dampkring laat die Son se ultraviolet strale deur, maar die hittige infrarooi strale wat die planeet dan weer uitstraal, kan nie in die ruimte ontsnap nie. Dit is as gevolg van die verdigte koolstofdioksied in die atmosfeer. Hierdie gas perk die hitte op dieselfde manier in as wat die glas of plastiek van die kweekhuis dit doen.

Venus se deursnee: Met 地 middellyn van 12 104 km is Venus net 地 raps kleiner as die aarde (12 756 km). Omdat die twee planete se massa en digtheid ook taamlik ooreenstem, word daar dikwels na hulle as susterplanete verwys. Die oppervlakke en atmosfere van di twee planete verskil egter soos die spreek­woordelike dag en nag.
Digtheid: 5,26 gram per kubieke sentimeter.
Gemiddelde afstand van die Son: 108 200 000 km.
Revolusie om die Son: 225 van ons dae

Rotasie om sy as: 地 Dag op Venus is langer as 地 Venus-jaar! Venus se rotasie is nogal ongewoon deurdat hy nie alleen baie stadig is nie (daar is 243 Aardse dae in 地 Venus-dag), maar die planeet draai ook soos die horlosiewysers loop om sy as耀oos gesien van bokant sy noordpool. Dit is "agteruit" in vergelyking met al die ander planete in die Sonnestelsel. Die Son, as di ooit sigbaar sou wees deur die digte wolkbedekking, sou vir 地 besoekende ruimtereisiger in die weste opkom en in die ooste ondergaan. Kenners weet nie hoekom dit so is nie, maar een teorie is dat Venus is sy veelbewo verlede weens 地 geweldige botsing met 地 ander enorme ruimtelike voorwerp bolmakiesie geslaan het. Nog 地 moontlikheid is dat die planeet aanvanklik nie 地 deel van die Sonnestelsel was nie, maar van iewers buitekant af hierheen geswerf het en deur die aantrekkingskrag van die Son in 地 wentelbaan gedwing is.
Oppervlaktemperatuur: Die temperatuur op Venus se oppervlak is die hoogste in die Sonnestelsel揚emiddeld 467 grade C, warm genoeg om lood te smelt!
Getal mane: Geen.
Oorsprong van naam: Venus (Grieks: Aphrodite; Babilonies: Ishtar) was die mitologiese godin van liefde en skoonheid. Die planeet is waarskynlik s genoem omdat hy vir die mense van die Ou W靡eld die helderste ''dwaal-ster'' was. Die gewilde siening destyds was dat hy, nes Mercurius, twee afsonderlike hemelliggame is: Phosphorus (of Lucifer) die oggendster en Hesperus die aandster, maar die Griekse sterrekundiges het beter geweet. (Vanwe die afstande van die wentelbane van Venus en die Aarde van die Son, is Venus nooit sigbaar meer as drie uur voor sonop of drie uur n sononder nie.)
Ruimtesendings:
Venus is deur meer as twintig Amerikaanse en Russiese ruimtetuie besoek, die eerste keer deur Amerika se Mariner 2 in 1962. Die Russiese Venera 7 was in 1970 die eerste ruimtetuig wat op 地 ander planeet geland het. Magellan, wat in 1989 gelanseer is, het met behulp van radar vir horesolusie-kaarte van die oppervlak gesorg. In April 2006 het die Europese Ruimteagentskap die verkenningstuig Venus Express in 地 wentelbaan om Venus geplaas n die tuig se vyf maande lange reis soontoe.

BO: Venus en die Aarde volgens skaal. Venus is ietwat kleiner.

Samestelling van NASA-foto痴
 

 Terug

1 van 4

Vorentoe 

 


 Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad