Uranus
Die blou reus wat op sy sy l terwyl hy om die Son wentel

 

 Terug

1 van 2

Vorentoe 

 

 
Dowwe ringe met drywende wolke op n magtige see van blou gas
 

  
BO: Voordat Uranus se ringe ontdek is, het sterrekundiges gereken dat Saturnus die enigste planeet met ringe is. Vandag weet ons dat al die groot gasplanete in ons Sonnestelsel ringe het. Met byvoorbeeld die wentelende ruimteteleskoop Hubble is ook al fassinerende fotos daarvan geneemsoos hierdie twee. Hierop is die verskynsel van wit wolke en hul veranderlikheid duidelik waarneembaar op die magtige uitgestrektheid van gasse, wat blou vertoon weens die metaan wat daarin voorkom.

Krediet: HST / NASA

ONDER:  Op hierdie foto in onegte kleure deur Hubble is gordels in die atmosfeer van Uranus te sien, asook die planeet se ringe en sekere van die mane.

Krediet: Erich Karkoschka (Universiteit van Arizona) en NASA

 
 

Spektrum van die Uranus-ringe
 

 

BO: n Beeld in onegte kleure van Uranus se ringe, onder meer verkry deur die samevoeging en kleurversterking van n reeks fotos wat die snuffeltuig Voyager 2 op 21 Januarie 1986 daarvan geneem het op n afstand van iets meer as vier miljoen kilometer.

Krediet: NASA

Uranus: sy as l s erg gekantel op die vlak van sy wentelbaan om die Son dat sy pole na die Son gekeer is!

URANUS, die eerste planeet wat in die moderne tyd opgespoor is, is in 1781 ontdek deur die Duits-gebore Engelse sterrekundige William Herschel terwyl hy besig was om die hemelruim stelselmatig met sy teleskoop te deursoek. Die planeet is in der waarheid egter reeds baie kere vantevore waargeneem, maar is gegnoreer omdat dit as net ng n ster beskou is.

Soos Saturnus en Jupiter is Uranus n gasreus, hoewel hy twee keer so klein as Saturnus is. Uranus se vaste gedeelte bestaan vermoedelik primr uit gesteentes en verskillende soorte ys. Die atmosfeer is sowat 83% waterstof, 15% helium en 2% metaan. Dit is juis hierdie metaan wat die planeet so blou laat vertoon, vanwe die absorpsie van rooi lig.

Maar dit is iets anders wat Uranus heel besonders maak. Die planeet wentel naamlik op sy sy om die Sonsy as met sowat 90 grade gekantel op die vlak van sy wentelbaan. Die gevolg is dat die planeet se pole na die Son gekeer is. Desondanks is dit warmer by die ewenaar as by die pole. Hoekom dit so is, bly nog n raaisel.

Deursnee van Uranus: 51 800 km.
Digtheid: 1,29 gram per kubieke sentimeter.
Gemiddelde afstand van die Son: 2 870 990 000 km.
Revolusie om die Son: Een keer in 84,01 Aardse jare. Die omwentelingsnelheid is 6,6 km/sek.
Rotasie om sy as: Een draai in 17 uur, 15 minute.
Temperatuur: Gemiddeld -221 C bokant die wolke.
Mane en ringe: Die planeet het altesaam 27 mane wat tot dusver ontdek is. Die name van hierdie natuurlike satelliete kom van di van karakters in die werke van die beroemde Engelse skrywers William Shakespeare en Alexander Pope. Die verkenningstuig Voyager 2 het in 1986 nog klein maantjies van Uranus gevind, benewens di wat toe reeds bekend was, en daarna is meer mane opgespoor. Daar kan nog verskeie klein satellietjies binne die ringe van die planeet wees.
  Die vyf vernaamste satelliete is Miranda, Ariel, Umbriel, Titania en Oberon. Uranus se mane is nie so massief as di van die ander groot gasplanete in ons Sonnestelsel nie, Trouens, die totale massa van al vyf die vernaamste satelliete is byvoorbeeld minder as die helfte van die massa van Triton, die grootste maan van die planeet Neptunus.
  Die vreemdste Uranus-maan is Miranda, wat soos n legkaart lyk wat uitgel is. Miranda se landskappe varieer sterk en hulle steek teen mekaar af. Uranus se vae ring-sisteem is nie goed sigbaar van die Aarde af nie. Daar is, sover bekend, nagenoeg n dosyn ringe, wat almal baie dof is.
Oorsprong van naam: Uranus was die mitologiese Griekse god van die lug. Hy was die man van Gaia, die godin van die vaste aarde. Die naam is vir die planeet voorgestel om te hou by die ou gebruik om planete na figure in die klassieke mitologie te noem, maar dit is eers sedert 1850 algemeen gebruik.
Ruimtesendings: Uranus is nog slegs deur een snuffeltuig besoek, naamlik Voyager 2 vroeg in 1986. Geen ander besoeke word tans beplan nie.

BO: Uranus soos hy destyds deur die besoekende snuffeltuig Voyager 2 gefotografeer is.

Foto: NASA-argief

BO: Uranus en die Aarde, min of meer volgens skaal.

Krediet: NASA