Tragedies van die ruimte-eeu

Ongelukke in die ruimte of tydens opleiding vir ruimtevlugte het reeds die lewens van 22 ruimtevaarders geisvyf persent van alle mense wat al in die ruimte was. Nog baie meer lede van die grondbemannings moes die hoogste tol betaal in die afgelope halfeeu van die ruimte-eeu. Die pad waarop die mens sy eerste wankele treetjies gewaag het na die onmeetlikhede buite sy eie dampkring,  was allermins altyd met rose besaai...
 

  Inhoudsblad

 
Pendeltuig Challenger... die skokkende wolk van die dood

 


BO: Die dramatiese, wreldskokkende einde van die pendeltuig Challenger op 28 Januarie 1986. Mense wat die lansering persoonlik aanskou of op die televisie daarna gekyk het, het met geskokte ongeloof op die ontploffing gereageer totdat NASA bevestig het dat wel gebeur het.

Foto: Kennedy Space Center / NASA

TWEE keer het dit die Amerikaners tot verbystering geskok. Twee maal het n pendeltuig, die trots van hul ruimteprogram, in n skrikwekkende doodsvaart saam met al sewe sy bemanningslede doer bo in die atmosfeer vergaan.

In 1986 het die pendeltuig Challenger, wat ook die eerste skooljuffrou sou saamneem ruimte toe, met sy sewe insittendes in n seekat-agtige rookwolk ontplofn skamele 73 sekondes n die lansering.

Later sou n foutiewe sluitring die skuld vir die ontploffing kry. Die fout met die ring het tot n reeks dinge gelei wat die vloeibare waterstof en vloeibare suurstof in die Challenger se buitetenk uiteindelik met katastrofale gevolge laat meng het.

"Ons treur oor sewe helde," het pres. Ronald Reagan destyds aan die verpletterde Amerikaanse nasie en n geskokte wreld ges.

Alles het n aantal jare daarna goed gegaanen toe gebeur dit weer. Op 1 Februarie 2003 verbrokkel die oudste strydros in die Amerikaanse pendel-stal, die meer as twintig jaar oue Columbia, op sy 28ste sending dramaties tussen hemel en aarde. Dit was met sy terugkeer van die Internasionale Ruimtestasie af, toe hy weer die atmosfeer binnegekom het.

Vlugbeheerders van die Amerikaanse ruimteagentskap NASA het kontak met die Columbia verloor terwyl hy teen nagenoeg 20 000 km/h sowat 70 kilometer bokant Texas gevlieg het.

Sewe bemanningslede het die ewigheid ingeskiet toe die Columbia gedis­integreer het, en alle vlugte met die oorblywende drie pendeltuie is daarna summier opgeskort. Vlugte sou eers hervat word nadat duidelik vasgestel is wat met die Columbia verkeerd gegaan het.

Die rampspoedige fout met die Columbias het dit geblykwas dat n brokstuk isoleringskuim so groot soos n aktetas van die buitetenk afgebreek en n gat in voorste rand van die pendeltuig se linkervlerk geruk het. Die intense hitte wat met die inkomslag opgewek is, het die beskadigde vlerk verswak en die pendeltuig het verbrokkel.

Die twee pendeltuig-ongelukke was, gemeet aan die getalle oorledenes, die skokkendste van die ruimte-eeu tot dusver. Maar daar natuurlik ook ander...

Kyk ook:

   Die eerste ruimteslagoffer
   Die dood van die hele bemanning van die mislukte Apollo 1-sending

 
"Ons treur oor sewe helde"
pres. Ronald Reagan

 


BO: Die bemanning van die Challenger se laaste rampspoedige vlug. Van links in die agterste ry is Ellison S. Onizuka, Christa McAuliffe, Greg Jarvis en Judy Resnik. Voor sit  van links Michael J. Smith, Dick Scobee en Ron McNair.

Krediet: NASA

Die geliefde skooljuffrou wat in Challenger-ramp gesterf het

LINKS: Christa McAuliffe, 1948-1986 (volle name Sharon Christa Corrigan McAuliffe).

CHRISTA McAULIFFE was n Amerikaanse skooljuffrou van Con­cord, New Hampshire, wat bo meer as 11 000 ander aansoekers gekies is om die eerste onderwyser in die ruimte te word. Di geliefde en toegewyde onderwyseres, wie se vakgebiede onder meer geskiedenis en sosiale studie was, sou twee klasse vanuit die pendeltuig vir leerders op die Aarde aanbied.

Toe die Challenger kort n die lansering ontplof, het miljoene  ge­skokte skoolkinders en volwassenes regoor die wreld in skole, huise en kantore op die televisie daarna gekyk.

Christa het haar man Steve en twee kinders, Scott en Caroline, agtergelaat.

 

 

 
Pendeltuig Columbia: dampstrepe bokant Texas...
 

    


BO: N die verbrokkeling van die pendeltuig Columbia op 1 Februarie 2003, word in die VSA op die televisie berig dat veelvuldige dampstrepe in die lug bokant Texas waargeneem is. Die sewe bemannigslede wat in hierdie pendeltuigongeluk omgekom het, verskyn op die foto HIERONDER. Van links is David M. Brown, die sendingbevelvoer Rick D. Husband, Laurel Clark, Kalpana Chawla (n ruimte-ingenieur wat in Indi gebore is), Michael P. Anderson, William C. McCool en Ilan Ramon (n kolonel in die Israelse lugmag en die eerste ruimtevaarder van Israel).


Krediet: NASA
 
 


Sojoez 11: die vonds van die doodskapsule
 


BO: Die ongeluk waarin hierdie drie Sowjet-ruimtevaarders omgekom het, was een van die vroe tragedies van die ruimte-eeu. Die ruimtemanne Viktor Patsajef (links bo), Georgi Dobrowolski (llinks onder ) en Wladislaf Wolkof (regs) van die Sojoez 11-sending het in Junie 1971 altesame 23 dae aan boord van die wreld se eerste ruimtestasie, Saljoet 1, deurgebring en toe met hul landingskapsule teruggekeer Aarde toe. Die landing het normaal gelyk, maar toe hul kapsule oopgemaak is, is hulle dood binne-in gevind. Daar is vasgestel dat hulle versmoor het weens n fout in n ventilasieklep.
   

 
 

  Inhoudsblad

 Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad