Die toekoms: wat hou dit in?
  

  Inhoudsblad

 

 

DIE orde van die skepping, die ontsaglike onbeskryflikheid van die geskape werklikheid... hiermee het ons op hierdie CD-ROM kennis gemaak danksy die wonderbeelde wat deur die moderne tegnologie aan ons gebring word. Dit laat n mens te meer die woorde waardeer in teksverse soos die volgende in Die Bybel:

 Die hemele vertel die eer van God, en die uitspansel verkondig die werk van sy hande (Ps. 19:2).

As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre wat U toeberei het wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek? U het hom n weinig minder gemaak as n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon. U laat hom heers oor die werke van u hande; U het alles onder sy voete gestel: skape en beeste, di almal, en ook die diere van die veld, die vols van die hemel en die visse van die see, wat trek deur die paaie van die see. O Here, onse Here, hoe heerlik is U naam op die ganse aarde! (Ps. 8:4-10).

Waar God Hom dus nie net in Sy Skrif openbaar nie, maar ook in die groot, groot heerlikheid van Sy handewerk, is dit met diepe piteit dat ons moet dankie s dat dit hierdie geslag beskore is om so baie daarvan te ervaar.

Hoeveel ons en die opkomende geslagte nog toebedeel sal word om te sien en te belewe, kan ons in ons onvolkomenheid nie s nie.

Maar ons kan volstaan met die drome van n paar kunstenaars oor die toekoms en van nuwe wrelde wat kan wag om verken of ontwikkel te word.

Want sonder drome sal die mens stagneer tot n suwwe strooipop in n verlamde wreld. Met drome l die blink pad na die sterre steeds wyd en grenseloos vir hom oop...
 

 

 
 
n Reis na mre...
 
 
BO: n Reis na Mre deur die kunstenaar David A. Hardy.

Krediet: NASA Space Art

 

  
 
Kolonisasie van Mars
 


BO: Kolonisasie van Mars deur Les Bossinas.

Krediet: Les Bossinas (Cortez III Service Corp.), 1991 / NASA

  
En dan voort na die sterre?
 


BO: n Blik op die Toekoms deur Rick Guidice.

Krediet: NASA Space Art

 
 

 Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad