Die wonderlike domein van die sterre

  Inhoudsblad

1 van 7

Volgende 

Hoe sterre brandónie rÍrig vlammend nie en ook nie skynbaar in ín bondel rook gehul soos hierdie een nie...
 

BO: Die ster AE Aurigae staan bekend as "die vlammende ster", want dit lyk of hy brand en deur rook omring is. Maar skyn kan natuurlik bedrieg. In werklikheid genereer "die vlammende ster"  hoofsaaklik energie deur middel van kernfusie, soos ander sterre ook maar maak. Vuur, soos ons dit ken, is die vinnige opname van suurstof en is nie belangrik in die omgewings van sterre met hul lae suurstofvlakke en superhoŽ energie nie.  En wat hier soos rook lyk, is hoofsaaklik interstellÍre waterstof, hoewel dit tog ook rook-agtige, donker, koolstofryke stofdeeltjies bevat. Hierdie foto van die AE Aurigae-gebied, in onegte maar verteenwoordigende kleure, kom van die Kitt Peak-sterrewag, sowat 90 km suidwes van Tucson, Arizona, in die VSA. Die ster AE Aurigae self is baie helder, jonk en blou, en staan bekend as ín weghol-ster wat uit die gebied van die Orion-newelvlek geslinger is.

Krediet: T. A. Rector & B. A. Wolpa, NOAO, AURA, NSF / NASA

En hierdie pasgebore ster se wasige vuurtong is ook nie vuur soos ons dit ken nie
 

BO: ín Gaspluim van ín pasgebore ster in die Orion-newelvlek, soos verbeeld deur die wentelende ruimte-teleskoop Hubble.

Krediet: C.R. O'Dell (Rice-Universiteit) en NASA

  Inhoudsblad

1 van 7

Volgende 

 ē  Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad