Ons Son en haar “kinders”

Respekteer die Son. Hierdie groot ster is die sentrum van ons Sonnestelsel—die moederliggaam waarom almal in haar groot gesin bly draai en draai soos motte om ’n kers. Dié gesin bestaan uit planete en mane, dwergplanete en asteroïdes, komete en meteoorstene, ook ringe en tussenplanetêre stof. Sterrekundig gesproke is die Son nie net verreweg die grootste hemelligaam in die Sonnestelsel nie, maar ook die belangrikste. Sonder die Son sou daar immers vir ons geen stelsel gewees het nie... geen ruimtelike orde soos ons dit ken nie. En tog is die Son self ’n verskriklike, chaotiese plek...
 Klik hier vir ’n inligtingstuk oor die Son en dramatiese beelde op verskillende bladsye
 Klik hier vir grafika oor die “nuwe” Sonnestelsel met die planete en dwergplanete, plus ander voorstellings

 

BO: Hierdie samestelling  deur die Amerikaanse ruimteagentskap NASA is ’n skouspelagtige voorstelling van ons eie naaste familie van hemelliggame, met die klem op die planete. Dit is egter enigsins “verouderd”, in die sin dat Pluto doer agter klaarblyklik nog by die planete geskaar word. Pluto is in der waarheid op 24 Augustus 2006 deur die Internasionale Astronomiese Unie van sy status as ’n volwaardige planeet gestroop en word nou by die dwergplanete ingedeel.

LINKS ONDER: Die Son se vurige oppervlak.

REGS ONDER: Nog ’n kompilasie van die Sonnestelsel se ander ruimtelike voorwerpe—met etikette om die verskillende soorte aan te dui.

Voorstellings onder is ’n kompilasie van verskillende beelde, meestal van NASA
   

 Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad