Satelliete
In die spoor van Spoetnik 1... ’n menigte “kunsmaantjies” wat om die Aarde wentel...
  

Inhoudsblad

LINKS: Spoetnik I, die eerste satelliet, is in 1957 deur die Sowjet-Unie gelan­seer. Satelliete is kunsmatige toestelle wat deur mense in wentelbane om groot hemelliggame soos die planete of die Son geplaas word. Partykeer word daar na hulle as kunsmatige satelliete verwys. Dit is om hulle te onderskei van natuurlike satelliete soos die Aarde se Maan. Satelliete word gebruik vir die oordra van televisiebeelde, weerkundige waarnemings, militęre spioenasie, ster­rekundige observasie en baie meer.
 


SATELLIETE het nie net die mens se siening van sy tuisplaneet  verander nie, maar ook vir ’n ongekende omwenteling in internasionale kommunikasie gesorg.

Soos reuse-spieëls in die ruimte kan hulle gebruik word om TV-beelde met die snelheid van lig regoor die węreld te kaats en ewe gerieflik telefoon- en internet-verbindings bewerkstellig. Satelliete word ook gebruik om inligting in te win, vir alles van die beplanning van militęre bewegings tot weervoorspelling en die opsporing van mineraalneerslae. Ons kan ons beswaarlik vandag meer ’n węreld sonder satelliete voorstel...

 Die grootste kunsmatige satelliet wat tans om die Aarde wentel—en die grootste wat daar nog ooit was—is die Internasionale Ruimtestasie.

 Kunsmatige satelliete wat gelanseer is ten einde om ander hemelligame buiten die Aarde te wentel, word wentelende verkenningstuie  (“orbiters”) genoem.
 

 
Stelsel vir ruimte-kommunikasie

 

 
BO: Die Amerikaanse ruimte-agentskap NASA se Stelsel vir Opsporings- en Dataher­leidingsatelliete (Tracking and Data Relay Satellite System, afgekort TDRSS) is ’n net­werk van kommunikasiesatelliete en grondstasies. Dit word deur NASA en ander agent­skappe van die Amerikaanse regering gebruik vir kommunikasie met satelliete of die Internasionale Ruimtestasie.

Krediet: NASA

 
Een van 24 ywerige helpers
 


BO: Een van die konstellasie van sowat 24 sogenaamde GPS-satelliete wat radioseine van omtrent 17.600 km in die ruimte na die Aarde sein. GPS staan vir Global Positioning System, wat gebruik word om węreldwye navigasie te bevorder, asook as ’n nuttige hulpmiddel met onder meer die teken van kaarte, landmeting en vir wetenskaplike aangeleenthede. Die stelsels is deur die Amerikaasne departement van verdediging ontwikkel, maar word sedert 1983 gratis beskikbaar gestel vir burgerlike gebruik tot voordeel van almal.

Krediet: NOAA 

 
Gister ...
 

 
... en vandag
 


BO. Die Echo 1-kommunikasiesatelliet ondergaan in 1959 ’n opblaastoets voordat dit in Augustus 1960 met met welslae in ’n wentelbaan om die Aarde geplaas is. Dit was ’n sowat dertig meter breë ballon van gemetaliseerde poliësterfilm en slegs 0,127 mm dik. Dit kon met blote oog gesien word. Echo 1 is met welslae gebruik om telefoon-, radio- en televisiebeelde te herlei. ’n Sein kon na die ruimte-ballon gestuur word en Echo 1 sou dit ewe getrou na die Aarde terugkaats.

Krediet: NASA


BO: ’n MILSTAR-kommunikasiesatelliet, die mees gevorderde kommunikasie­satelliet nog van die Amerikaanse weermag. MILSTAR voorsien in die kommu­nikasiebehoeftes van die Amerikaanse leër, vloot, marinekorps en lugmag. Dit bestaan uit ’n groep van vyf satelliete wat in gesinchroniseerde wentelbane om die Aarde geposisioneer is, elk met ’n gewig van sowat 4500 kg en ’n ontwerplewe van tien jaar. Militęre gebruikers van die VSA kan MILSTAR węreldwyd in oorlogsituasies benut.

Foto: U.S. Air Force (PD)

 

  

 Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad