Planete en dwergplanete van
die “nuwe” Sonnestelsel

Sterrekundiges oor die Aarde heen het dit gesien kom: Pluto se tjank as volwaardige planeet sou afgetrap moes word, want hy is doodeenvoudig te klein om met die ander planete te kan saampraat. Boonop is dit met verbeterde instrumente moontlik dat nog trosse hemelligame in die klas van Pluto in die verre uithoeke van die Sonnestelsel ontdek kan word—en wat dan? Naderhand sit ons dalk met ’n swetterjoel “planete” wat die naam ręrig nie waardig is nie. Op 24 Augustus 2006 het die Internasionale Astronomiese Unie dus vir Pluto sy status as ’n volwaardige planeet ontneem, en nou word hy by die dwergplanete ingedeel. Die dwergplaneet Eris, wat so onlangs as 2003 in die diepruimte ontdek is, is effens groter as Pluto...


BO: Die vergelykende groottes van die Son, die planete en dwergplanete in die Sonnestelsel. Pluto skitter deesdae in sy afwesigheid onder die volwaardige planete. Die dwergplanete is Ceres (die grootste asteroďde in die sonnestelsel), Pluto asook sy vernaamste maan Charon (nie aangedui nie) en die betreklik onlangs ontdekte Eris (2003 UB313).

Voorstelling uitgereik deur NASA


LINKS: Die Sonnestelsel is geweldig groot, soos hierdie kunstenaars­voor­stelling aan­dui—maar op ’n sterre­kundige skaal is dit ’n blote stippeltjie. Die lig van ons Son neem sowat agt minute om die Aarde te bereik. Daar­teenoor reis die lig van die volgende naaste son (of ster) in die ontsag­like hemelruim nagenoeg vier jaar om by ons uit te kom. Ons sę dit is sowat vier ligjare ver. En onthou, die snelheid van lig is byna 300 000 km in een enkele sekonde! As jy voorts daaraan dink dat sekere sterre honderde, duisende of selfs miljoene ligjare van ons af kan wees, besef jy eers werklik die onpeilbare en onmeetlike grootheid van die geskape werklikheid.
 
Illustrasie: NASA-kunstenaar


BO: Die Sonnestelsel se planete kan in twee groepe ingedeel word, naamlik die betreklik kleinerige aardagtige planete naby die Son en die reusagtige gasplanete verder buitentoe.

Ilustrasie: MSKARG


Inhoudsblad


 Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad