Nuttige newelvlekke
Die bedrywige kraamsale waarin nuwe sterre gebore word

’n Newelvlek (Engels “nebula”, uit die Latynse woord vir “mis”) is ’n ontsaglike wolk in die diepruimte wat uit die gas waterstof, ruimtestof en plasma bestaan. Dit is die eerste stadium in die siklus van sterre. Gebiede waar sterre gebore word, vorm naamlik dikwels in newelvlekke. In hierdie gebiede kom ruimtestof, gas en ander stowwe kol-kol bymekaar en die verskillende groeperings word al hoe digter namate meer en meer materie deur swaartekrag soheentoe aangetrek word. Sodra ’n verdigting so massief geword dat hy as’t ware onder sy eie swaartekrag ineenstort en ’n kernreaksie in sy binneste ontbrand, ontstaan ’n ster...
 

  Inhoudsblad

1 van 3

Vorentoe 

 
“Skeppingspilare”


BO: Beroemde suile waar nuwe sterre gevorm word. Hulle is die sogenaamde "Skeppingspilare" in die Adelaar-newelvlek, in die sterrebeeld van die Slang. Waarnemings wat reeds in 1995 daarvan gedoen is deur die wentelende ruimte-teleskoop Hubble, het ons begrip omtrent die prosesse in newelvlekke baie verbreed.

Krediet: Hubble / NASA / ESA
 



Jong sterre van die Perdekop
 


BO: Die helder ligkolletjies wat hier in die donker Perdekop-newelvlek flikker, is jong sterre wat besig is om te vorm. Die Perdekop-newelvlek, in die sterrebeeld Orion, is sowat 1500 ligjare van die Aarde af en nagenoeg 3,5 ligjare breed. Die donkerheid van die Perdekop word meestal deur dik stof veroorsaak.
 

Krediet: NASA, NOAO, ESA & Hubble Heritage Team (STScI/AURA)
 


Ongeëwenaarde Orion
 

 
BO: Vir een van die mees gedetaileerde sterrekundige beelde wat nog geskep is, het die wentelende ruimte-teleskoop Hubble ’n ongeëwenaarde blik op die Orion-newelvlek gewerp. Hubble het 105 keer in sy baan om die Aarde gewentel om sy waarnemings van die newelvlek te voltooi. Orion is een van die helderste newelvlekke.

Krediet: NASA, ESA, M. Robberto (Space Telescope Science Institute / ESA) & Hubble Space Telescope Orion Treasury Project Team
 


 

 Inhoudsblad

1 van 3

Vorentoe 

 Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad