Die kwessie van kwasars
Net een kwasar kan so glansend wees as 1.000.000.000.000 sonne... wat kan dit wees?

Kwasars het sterrekundiges in die verlede verbyster. Wat sou hulle dan tog kon wees? Kol-kol in die waarneembare heelal is lig≠tende voorwerpe waargeneem wat, hoewel hulle hier van die Aarde af dof vertoon, ontsettend helder moet wees omdat hulle so verskriklik ver is. Trouens, hulle moet die helderste voorwerpe in die bekende heelal wees. Wetenskaplikes het selfs bereken een kwasar se energievlakke kan maklik gelyk staan aan diť van honderde gemiddelde galaksies saam. En dat die uitstraling van lig diť van ín biljoen sonne kan ewenaar. Vandag stem die meeste wetenskaplikes saam dat ín kwasar ín kompakte stralekrans van materie is wat die sentrale supermassiewe swart gat van ín jong galaksie omring... geen bevredigende ander verklaring kon nog gegee word nie...
 

  Inhoudsblad
 
Kompakte stralekrans om ín supermassiewe swart gat

 

BO:  ín Kunstenaarsvoorstelling van die kwasar GB1508.

Krediet: GSFC / NASA

 

 
 Kwaai, kwaaiste kwasars
 


LINKS BO en REGS BO: Sterrekundiges se waarnemings van twee kwasars.
Meer as 100.000 kwasars is egter reeds bekend. In ín gebied kleiner as die Sonnestelsel straal ín kwasar meer lig uit as ín hele galaksie soos die Melkweg. Die meeste is egter so afgeleŽ dat hulle nie met klein teleskope gesien kan word nie. Die kwasar wat die helderste van almal in die naghemel vertoon, is 3C.273 in die sterrebeeld van die Maagd.

Krediet: NASA

 

 
Die kwasar wat ín galaksie oorrompel het
 

  

  


BO: ín Worstelstryd ver in die heelal. Hierdie foto van die wen­telende ruimte-teleskoop Hubble bevat die getuienis van die ver­eniging van ín kwasar en ín galaksie in sy nabyheid. Die kwasar is die helder voorwerp net onder die middel van die foto. Die ver­spreide materie daar rondom is die oorblyfsels van ín galaksie wat deur die wisselwerking tussen hom en die kwasar ontwrig is.

Foto: J. Bahcall (Princteton) / NASA
 

 
 

  Inhoudsblad

ē  Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad