Wentelende sterrewagte
   

n Ruimte-sterrewag is wat sy naam aandui: n wag van die sterrehemel buitelant die atmosfeer van die Aarde. Dit is n toestel wat die buitenste ruimte veel beter kan waarneem as baie sterrewagte op Moeder Aarde wat met hul teleskope deur ons planeet se dampkring moet tuur, iets wat hul uitsig erg vertroebel. Verskeie sulke ruimte-sterrewagte is al in wentelbane om die Aarde geplaas en die meeste van hulle het ons kennis van die heelal merkbaar verryk. Van die bekendstes word hieronder bekyk...
 

Die hardwerkende ou Hubble
 

BO: Die wentelende ruimte-teleskoop Hubble, ongetwyfeld die bekendste en ywerigste buite-aardse verryker van ons kennis van die kosmos, soos gesien vanuit n pendeltuig. Die Hubble is genoem na die Amerikaanse sterrekundige Edwin P. Hubble (1889-1953), wat indertyd die bestaan van galaksies buitekant ons eie Melkweg bewys het. Die ruimte-teleskoop is op 24 April 1990 aan boord van die pendeltuig Discovery die ruimte inge­neem en in n wentelbaan om die Aarde geplaas. In sy bestaanstyd het die Hubble, wat ongelukkig besig is verouderd te raak, die mees fantas­tiese beelde van die sterrehemel na die Aarde gesein. Baie daarvan kan op hierdie CD-ROM gesien word.

Ruimtevaarders sou weliswaar in 2008 die Hubble gaan versien om hom selfs kragtiger te maak vir solank hy nog met sy werksaamhede kan voortgaan. Die plan is dat hy in Augustus n verjongingskuur moet onder­gaan onder die hande van bemanningslede van die pendeltuig Atlantis. Dit sal die vyfdeen die laasteversieningsending na die Hubble wees.

Volgens n sterrekundige wat met die sending gemoeid is, sal die Hubble daarna na raming negentig keer kragtiger wees as toe hy in 1990 in sy wentelbaan om die Aarde geplaas is.

Krediet: NASA

BAIE ruimte-sterrewagte het reeds hul sendings voltooi, terwyl ander nog aan die gang is.

Instansies wat al satelliete vir ruimtelike waarneming gelanseer het, is die Amerikaanse ruimte-agentskap NASA, die Europese ruimte-agentskap ESA, die Japanse ruimte-agentskap en die Sowjet-ruimteprogram met Roskosmos van Rusland as sy opvolger.

NASA se reeks van sogenaamde Groot Observatoriums is vier groot, wentelende ruimte-teleskope. Elk van die vier sou in n spesifieke deel van die elektromagnetiese spektrum in die ruimte werk.

Die Hubble, waarvan n foto hierbo verskyn, kyk hoofsaaklik na voor­werpe in sigbare lig en naby-ultraviolet. Tydens n dienssending in 1997 is sy vermons op die gebied van naby-infrarooi waarneming vergroot. Die Hubble is in 1990 deur die pendeltuig Discovery na die ruimte geabba en in sy wentelbaan om die Aarde geplaas.

Die ander drie ruimte-teleskope van NASA, naamlik Chandra, Spittzer en Compton, word hier onder een vir een bekyk...
   

Chandra, die ekspert met X-strale
 

BO: n Illustrasie van die X-straal-observatorium Chandra, wat in 1999 deur die pendeltuig Columbia in die ruimte geplaas is, en hoofsaaklik waarnemings van lae-energie-X-strale doen. Aangesien die atmosfeer van die Aarde verreweg die meeste ruimtelike X-strale absorbeer, kan hulle nie deur teleskope op die grond waargeneem word nie. Dit het n ruimte-teleskoop wenslik gemaak om sulke waarnemings te kon doen. Die Chandra is s genoem om die Indies-Amerikaanse fiskikus Subrah­manyan Chandrasekhar te vereer, wat bekendheid verwerf het met n bevinding oor wit dwergsterre en neutronsterre. Chandra beteken ook maan of liggewend in die klassieke Indiese taal Sanskrit.

Krediet: NASA


Spitzer spits sy ore... vir alles in infrarooi

 

BO: Die ruimte-teleskoop Spitzer voor sy lansering. Spitzer doen waarnemings van infrarooi. Dit is  in 2003 aan boord van n Delta II-vuurpyl gelanseer en is genoem na ene dr. Lyman Spitzer jr., wat in die jare veertig van die twintigste eeu al voorgestel het dat teleskope in die ruimte geplaas moet word.

Krediet: Spitzer Space Telescope / NASA / JPL / CALTECH
 

Compton, die gammastraal-verklikker
 

BO: Die gammastraal-observatorium Comp­ton, wat hoofsaaklik gammastrale sou waar­neem, maar wie se taak ook na ho-energie-X-strale uitgebrei is. Dit is in 1991 deur die pendeltuig Atlantis na die ruimte vervoer waar dit in sy wentelbaan geplaas is. Die Compton is genoem na dr. Arthur Holly Compton van die Washington-Universiteit in St. Louis, aan wie die Nobelprys toegeken is vir sy werk op die gebied van gammastraal-fisika.

Krediet: NASA

  

Dan is daar SOHO: hy het sy oog op net n sterons Son!
 

BO: Hierdie ruimtelike waarnemer staan allerwe bekend as SOHO, n samevoeging van sekere letters van sy regte naam, naamlik die Solar and Heliospheric Observatory. SOHO, wat sowat twee ton weeg, is in Desember 1995 aan boord van n Atlas IIAS gelanseer en het in Mei 1996 met sy normale werksaamhede begin, naamlik om die Son te bestudeer. Sy wentelbaan om die Son is sowat 1,5 miljoen km van die Aarde af waar dit in dieselfde omwentelingstyd as die Aarde om die Son beweeg. SOHO bly dus relatief tot die Aarde gedurig in dieselfde posisie. Dit is n gesamentlike projek van NASA en die Europese ruimte-agentskap ESA. Waar dit aanvanklik vir n sending van twee jaar bedoel was, is SOHO se blus jare later nog glad uit nie en word sy inligting steeds met vrug gebruik.

Krediet: NASA

En die volgende generasie: die beplande opvolger vir Hubble
 

BO: n Kunstenaarsvoorstelling van die James Webb-ruimte-teleskoop, n beplande ruimtelike waarnemer wat in infrarooi moet funksioneer en bedoel word om n betekenisvolle verbetering op die verouderende ruimte-teleskoop Hubble te wees. Dit dra die naam van n gewese NASA-baas, James E. Webb (1906-1992). Die plan is om dit op die vroegste in Junie 2013 met n Ariane 5-vuurpyl in die ruimte te plaas. Hoewel die James Webb volgens plan die helfte ligter as die Hubble sal wees, sal sy hoofspiel se versamel-area ses maal groter wees.

Krediet: NASA

   Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad