Glimmende galaksies
Sprokiesagtige sterrestelsels—die sprankelende
familiegroepe met hul ontelbare sonne in die hemelruim

  Inhoudsblad

1 van 8

Vorentoe 


’n Glorieryke spiraal... net één tussen al die duisende miljoene
ander wonderlike galaksies in die onmeetlike skepping
 


 

 
BO: ’n Pragtige galaksie—soortgelyk aan ons eie sterrestelsel, wat as die Melkweg bekend staan.

Foto: NASA / ESA en A. Zezas (Harvard-Smithsonian Center for Astrophysics) en andere
 

Wat is galaksies?

WAAR sterre in groot groepe saam aangetref word, word van galaksies of sterrestelsels gepraat. Galaksies oorheers die sig­bare heelal... daar is vandag etlike honderde miljoene wat met ons groot teleskope waargeneem kan word.

Ons Son met sy planete, komete, mane en ander liggame is net ’n piepklein deeltjie van die enkele galaksie wat die Melkweg genoem word—’n sterrestelsel wat na raming self honderd­duisende miljoene ander sonne (of sterre) huisves.

Ons kan ons nie eens indink hoe groot die sigbare heelal moet wees nie, wat nog te sê alles wat nie met ons instrumente waar­geneem kan word nie. Werklik, die skepping is heeltemal te groot vir die mens om met sy beperkte verstand te bevat.

Blaai nou verder vir nog sprokiesbeelde van die galaktiese domein... tonele so groots en indrukwekkend dat ’n mens dit nie werklik in woorde kan beskryf nie...

 


BO: Nog ’n skouspelagtige foto... die kern van galaksie M100 soos verbeeld deur die Amerikaanse ruimtegentskap NASA se wentelende ruimte-teleskoop Hubble.       
      Foto: HST / NASA
 

 

  Inhoudsblad

1 van 8

Vorentoe 

 Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad