Planete buite ons Sonnestelsel
In die diepruimte... die raaiselagtige sfere wat om sterre wentel
   

地 Ekstrasol靡e planeet, of eksoplaneet, is 地 planeet buite ons Sonnestelsel wat om 地 ander son (oftewel ster) wentel. Selfs so onlangs as in die 1990痴 was daar nog geen konkrete getuienis van die bestaan van enige sulke buiteplanete nie, maar toe die eerstes gevind is, het ander vondste spoedig gevolg. Aan die einde van 2007 was 270 hemelliggame reeds ontdek wat bes moontlik as eksoplanete beskou sou kon word. Verreweg die meeste van hulle is deur middel verskillende onregstreekse meto­des opgespoor pleks daarvan dat hulle werklik gefotografeer is, want hulle is te ver, te dof en na verhouding te klein om met bestaande optiese teleskope waargeneem te word. Die ontdekte eksoplanete is nietemin meestal massiewe reuse wat waarskynlik met die planeet Jupiter ooreenstem. Hul ontdekking het 地 opwin­dende nuwe studieveld vir sterrekundiges geopen...
 

 
地 Gasreus op sy baan om 地 ander son

 


BO: 地 Kunstenaarvoorstelling van 地 eksoplaneet wat voor sy son (ster) verbybeweeg. Die eksoplaneet is 地 gasreus, soos die planeet Jupiter in ons eie Sonnestelsel. Daar is ook al berig dat vry bewegende planeetagtige liggame waargeneem is wat eensaam in die wye ruimte rondsweef sonder dat hulle om enige ster draai. Volgens die Interna­sionale Astronomiese Unie se definisie van 地 planeet kan diesulkes egter nie planete genoem word nie, want 地 planeet moet om 地 ster wentel om di betiteling te verdien.

Krediet: ESA - C.Carreau / NASA


Berge op die maan van 地 eksoplaneet...
 

BO:  Die kunstenaar David A. Hardy se verbeeldingsvlug van hoe dit miskien kan lyk op 地 maan van 地 eksoplaneet wat soos die planeet Aarde is.

Krediet: David A. Hardy / U.S. Science and Technology Facilities Council


Die eksoplaneet waarop lewe miskien (地 uiters groot miskien) sou kon bestaan
 

BO: 地 Span Europese geleerdes het 地 tydjie gelede twee eksoplanete ontdek wat met die Aarde ooreenstem. Een daarvan kan, soos hulle reken, miskien-miskien lewe onderhou. Die planete wentel om die rooi dwerg-ster Gliese 581, sowat twintig ligjare van die Aarde af. Die planeet genaamd Gliese 581c het geblyk te naby aan sy ster te wees om lewe daar moontlik te maak. Die ander ontdekte planeet, Gliese 581d, is egter naby aan wat geleerdes die 斗eefbare sone noem waarin 地 planeet om 地 ster kan wentel. 地 Mens moet dit benadruk dat die bevinding hoegenaamd nie beteken dat daar wel lewe is nie, maar slegs dat daar dalk vloeibare water kan wees wat die bestaan van lewe moontlik kan maak. Die illustrasie hierbo is bloot 地 voorstelling van die planete wat om die ster Gliese wentel en dit is miskien glad nie soos dit werklik daar lyk nie. Gliese 581d sou nietemin die planeet op die voorgrond kon wees.

Krediet: NASA / JPL-Caltech (illustrasie aangepas)

EKSOPLANETE: Nog fantastiese vlugte van ontdekkende instrumente... en van die mens se ryk verbeelding

Die haastige blits
 

Die naaste eksoplaneet
 

En die grootste droom
 

BO: Die eksoplaneet Sweeps-10 wentel om sy ster op 地 afstand van slegs 1,2 miljoen kilometer容n so blitsvinnig dat een jaar net tien uur lank is. Sweeps-10 behoort tot 地 nuut ontdekte klas van haastige eksoplanete. Met 地 skroeiende temperatuur van 1650ー Celsius is hy ook een van die warmstes. Geleerdes reken hy moet 地 massa van min­stens 1,6 keer di van Jupiter h om die he­wige swaartekrag van sy nabygele ster te kan oorleef.

Krediet: NASA, ESA, A Schaller (vir STScI)

BO: Die eksoplaneet genaamd Ep­silon Eridani b wentel om 地 oranje ster slegs 10,5 ligjare van die Aarde af耀o naby aan ons dat verbeterde teleskope dalk binnekort in staat kan wees om hom te fotografeer.

Krediet: NASA, ESA, G.F. Benedict, Univ. v. Texas, Austin

BO: Wat sterrekundiges graag sou wou vind嵐n baie leefbare eksoplaneet kompleet met vaste­lande en se, as 稚 ware 地 twee­de Aarde! Want, wie weet, dalk kan die mensdom hom nog een­dag koloniseer ook! (Of klink dit klim darem te veel na weten­skapsfiksie?)

Krediet: NASA Astrobiology Institute


En hieronder蓉iteindelik擁s een van die eerste
regstreeks geneemde foto痴 van eksoplanete

 
OPDATERING NOVEMBER 2008

 

   

OPDATERING NOVEMBER 2008:

BO: Nadat die bestaan van eksoplanete twaalf jaar lank slegs met behulp van onregstreekse metodes bevestig was, is die eerste foto痴 in 2008 geneem wat duidelik die aanwesigheid van 電walers om sekere sterre toon. Op hierdie beeld wat in infrarooi lig met 地 teleskoop in Hawaii geneem is, wentel planete (die drie rooi kolletjies) om die ster HR 8799. Di ster is nagenoeg 130 ligjare van ons af en het omtrent 1,5 keer die massa van ons eie Son. Elk van die planete is waarskynlik verskeie kere massiewer as die reuse-planeet Jupiter in ons Sonnestelsel, maar dit bewys onteenseglik dat komplekse planet靡e stelsels ook buite ons eie kringetjie bestaan. Boonop is dit hoegenaamd nie onmoontlik dat sulke sonnestelsels ook kleiner planete kan h wat miskien met die grootte van die Aarde ooreenstem nie.

Krediet: C. Marois et al., NRC Canada