Botsings en wisselwerkings

Verskillende liggame in die Sonnestelsel is vol letsels nadat yslike ruimtelike voorwerpe van iewers gekom en met ’n astronomiese vaart in hulle inge­ploeg het. Ook in Suidelike Afrika is daar nog sekere duidelike tekens te sien van skermutselings wat die Aarde die een of ander tyd in die verlede met mas­siewe buite-aardse indringers gehad het...

Inhoud

1 van 3

Volgende

LINKS: Die gewildste teorie oor hoekom die dinosourusse lank gelede op die Aarde uitgewis is, is dat dit gebeur het as gevolg van die botsing tussen ons planeet en ’n asteroďde. (Darem nie naastenby so ’n groot asteroďde as die een op hierdie illustrasie nie.) llustrasie: Don Davis / NASA

 

   


Sinkgate aan die rand van die krater wat destyds die dinosourusse kon uitgewis het (of kon gehelp het dat dit gebeur)


BO: ’n Radar-beeld uit die ruimte onthul iets van die kringvorm van die ondergrondse Chicxulub-impakkrater in die Yucatan-skier­eiland in Mexiko (kaart REGS). Hierdie krater, met sy geraamde deursnee van 180 tot 300 kilometer, lę vandag onder kalkklip begrawe—’n yslike 300 meter tot 1 km diep. Talle sinkgate wat om die kraterdal voorkom en op die radarbeeld te sien is, dui daarop dat daar in prehistoriese tye ’n oseaankom was in die holte wat deur die botsing geskep is.
•  Die Chicxulub-krater is lank beskou is as die enigste oorsaak van die destydse uitsterwing van die dinosourusse—weens deur ’n kolossale botsing tussen die Aarde en ’n asteroďde van 10 kilometer in deursnee. Deesdae dink sekere geleerdes egter dat daardie botsing op sigself nie so 'n węreldramp kon veroorsaak het nie. Hulle reken dat nog groot botsings met ruimtelike voorwerpe terselfdertyd moet gebeur het om dit te kon bewerkstellig. Daar is immers ’n selfs groter krater aan die westelike vastelandse plat van Indië gevind. Miskien het ’n reuse-asteroďde op pad na die Aarde verbrokkel en sy brokstukke op verskillende plekke op ons planeet neergeslnger.

Krediet: NASA / JPL-Caltech

Vaarwel aan die dino’s


BO: Doder van die dinosourusse. Nog ’n voorstelling van ’n ruimtelike voorwerp wat die Aarde tref—en die einde van die groot reptiele van ouds beteken. Dit is ook, soos die illustrasie bo-aan hierdie bladsy, deur die bekende ruimtekunstenaar Don Davis, wat dit vir NASA geďllustreer het.

Krediet: Science at NASA

  
 
Bes bewaarde impakkrater op Aarde
 


BO: Die sogenaamde Barringer-krater, ook die Meteoorkrater genoem, in die staat Arizona in die VSA. Hierdie landvorm was die eerste wat as ’n impakkrater op die Aarde geëien is.  Op die kleiner foto REGS kan die kraterholte van die rand af gesien word.

Geleerdes reken dat ’n meteoorsteen van sowat 50 meter in deursnee die Aarde tienduisende jare gelede teen 65 000 km/h getref en die krater veroorsaak het. Die krater is die bes bewaarde krater op Aarde en is 1,2 km in deursnee.

Wetenskaplkes het jare lank ontken dat daar enige impakkraters op Aarde is. Die ontdekking van meteorietbrokstukke het die teendeel help bewys.

Toe Europeërs die eerste keer op die krater afgekom het, het die vlakte daar rondom oor ’n breedte van 12 tot 15 km besaai gelę met stukke nikkel-yster wat miskien oorspronklik van binne ’n klein planeetjie gekom het.

Krediet groot foto:  Jet Propulsion Laboratory Planetary Photojournal / NASA; foto regs bo: Jon Sullivan, PD Photo.org

 

 
 
Die dag toe miljoene bome platgevee is
 

BO: Die troostelose resultaat van die grootste impak-gebeurtenis in ons moderne geskiedenis... in 1908 toe ’n asteroďde in ’n vurige skermutseling met ’n stuk woud in Siberië betrokke was. Die vraag ontstaan hoe groot en swaar ’n ruimtelike voorwerp moet wees om aansienlike skade soos dié op die Aarde aan te rig, maar dit hang natuurlik ook af van sy invalshoek. Daar is wetenskaplikes wat meen dat die Siberiese asteroďde waarskynlik glad nie eens baie swaar was nie—dalk maar net die gewig van ’n ronde rotsblok sowat 30 tot 40 meter in deursnee. Tog het dit ’n stuk of 60 miljoen bome platgevee oor ’n gebied van sowat 2000 vk. km. Gelukkig was dit in ’n onbewoonde woud.

 

 
 
Reste van ’n impakkrater in Suid-Afrika
 

’n Impakkrater op die Maan
 


BO en ONDER: Die Vredefortkoepel in Suid-Afrika, vanuit die ruimte en op die grond gesien. Die koepel is die oorblyfsel van die middelste opwelling-suil van ’n impakkrater waarvan die kraterwande lank reeds verweer het.

Krediete: NASA en © Unesco


BO: Die impakkrater Tycho op die Aarde se Maan. Let op die opwelling-suil in die middel—tipies van impakkraters, omdat die gemelte gesteentes in die middel opspat soos ook gebeur wanneer ’n druppel in water neerplons.

Krediet: NASA

VANUIT die ruimte het ’n voorwerp so groot soos Tafelberg gekom en in ons eie węrelddeel in die Aarde ingerits met ’n brute krag wat ons hele planeet soos ’n klok laat vibreer het. Dit het net ’n ent suidwes van die teenswoordige Johan­nesburg gebeur en binne vier minute is die aangesig van die Aarde vir ewig verander.

Gesteentes wat weens daardie kataklismiese botsing van lank, lank gelede uit die dieptes van die aardkors opgerisp is, lę vandag steeds oop en bloot aan die oewers van die Vaalrivier. Die letsel is in die vorm van ’n koepel van sowat 70 km in deursnee—deels omring deur ’n kring van heuwels tussen Vredefort en Parys in die Vrystaat. Die koepel is rondom Vredefort, en word daarom die Vredefortkoepel genoem, maar dit strek ook in die Noordwes-provinsie in.

Die botsing het ’n krater gelaat waarvan die deursnee op 250 tot 300 km geraam word. Die krater self het egter lankal verweer en wat ons vandag sien, is die verweerde oorblyfsels van die opstoting van die aardkors wat weens die impak in die middel van die krater plaasgevind het—die sogenaamde Vredefortkoepel.

 


 

Morokweng-krater—begrawe onder
die Kalahari-sand
 

BENEWENS die impakkrater waarvan die geroemde Vredefortkoepel  die oorblyfsel is, is daar in ons węrelddeel ook ’n massiewe asteroďde-krater wat onder die Kalahariwoestyn begrawe lę. Dit is naby die dorp Morokweng in die Noordwes-provinsie, naby die grens met Botswana.

Dit kan glad nie op die oppervlak gesien word nie, maar hierdie krater van minstens 70 km in deursnee uit die jong dae van Aarde is deur middel van magnetiese en gravimetriese waarnemings bepaal. Dit is in 1994 ontdek. Die asteroďde wat die krater veroorsaak het, moet glo van 5 tot 10 km breed gewees het.

Wetenskaplikes wat in 2006 daar geboor het, het aangekondig dat hulle op ’n diepte van 770 meter ’n brokstuk van 25 cm van die oorspronklike asteroďde gevind het, asook verskeie kleiner brokstukkies op ander dieptes.