Is ons vingeralleen in die ontsaglike stoflike heelal? Ja, bes moontlik...

Opspraakwekkkende boek gooi yslike knuppel in die kosmos


ĎIntelligente ruimtewesens bestaan heel waarskynlik nie!í


Boeke, rolprente, die televisie ... hulle het jou nog altyd vas laat glo daar is ander intelligente wesens, en ontelbare menigtes van hulle, tussen die sterre. Nou sÍ twee geŽerde wetenskaplikes dis tien teen een alles wensdenkery. Trouens, daar is goeie aanduidings dat die buite-aardse karakters soos die ET's, Mr Spocks en Skywalkers glad nie bestaan nie. En oor hierdie uitspraak is die wetenskaplike wÍreld in beroering ...

HULLE bestaan in hul hordes in die vrugbare verbeeldings van skrywers. Groen mannetjies van Mars, Superman van die planeet Krypton, die alombeminde ET wat so bitter graag huis toe wou bel -- en selfs Langenhoven se Loeloeraai met sy goue sfeer van die planeet Venus.

Ook mense wat aan VVV's glo, sweer soms dat daar wel lang, maer buiteaardse wesens met yslike swart oŽ bestaan ... wat partykeer die bisarste dinge aanvang, soos om mense te ontvoer of selfs hul koeie se uiers af te sny, vermoedelik om diť in hul vlieŽnde pierings te gaan ontleed.

Nugtere wetenskaplikes regdeur die wÍreld benader die saak taamlik anders. Baie van hulle glo wel ook aan die bestaan van lewe elders in die heelal omdat, soos hulle sÍ, "die ontluiking van lewe inherent in die bestaan van materie is''.

Waarop dit neerkom, is dat lewe oral sou ontwikkel waar die omstandighede daarvoor reg is. En hulle reken daar is miljoene der miljoene planete in die onmeetlike ruimte waarop daar eenvoudig lewe můťt wees. Dis nou basiese lewe, soos mikropiese kreatuurtjies, maar plek-plek ook intelligente lewe (soms meer gevorderd as diť van die Aarde).

Maar 'n tyd gelede het twee wetenskaplikes 'n kolossale knuppel in die kosmos gegooi deur in 'n boek te beweer dat lewe glad nie volop is nie, maar in werklikheid uiters skaars.

Trouens, sů gee hulle te kenne in hul boek RARE EARTH: Why Complex Life is Uncommon in the Universe*, ons planeet is beslis die enigste in ons nabye stergewelf en bes moontlik die enigste in die hele skepping waarop daar gevorderde lewe is -- 'n eensame sfeer in die ganse onbegrensdheid wat denkende organiese wesens onderhou wat selfvoedend, groeiend, ontwikkelend en voortplantend is ...

HOEKOM is juis die aarde so anders? Kyk maar net hoe wonderbaarlik alles saamwerk om ons eie tollende klein wÍreldjie (REGS) 'n lewende plek te maak, vertel drr. Peter D. Ward en Donald C. Brownlee, onderskeidelik 'n bekende paleontoloog en vermaarde sterrekundige van die Universiteit van Washington.

Byna oral elders, skryf hulle in hul boek, is die regte chemiese elemente eenvoudig te skaars, die getal leefbare planete te klein, die intensiteit van verpletterende meteore te hewig, die bestralingsvlakke heeltemal te hoog om gevorderde lewende wesens te onderhou.

Hulle gee toe dat vreemde piepklein mikrobes kol-kol kan bestaan (soos die klompie bakterieŽ hier LINKS op 'n speld se kop), maar hulle reken daar sal nie maklik Írens anders nog gevorderde wesens soos ons wees wat met 'n groot tegnologiese kennis kan spog nie.

Wat die aarde self betref: vir eers is ons son geen tipiese ster soos so dikwels vertel word nie. En ons maan is ook geen tipiese maan nie. Trouens, ons hele sonnestelsel is nie tipies nie.

Om hul standpunt oor die uniekheid van die aarde te staaf, wys die skrywers onder meer op die volgende:

  • Ingewikkelde lewensvorms is op ons planeet moontlik omdat ons son net op die regte afstand van ons af is sodat water vloeibaar bly en nie in stoom of ys verander nie.

  • Ons maan is ook groot (in verhouding baie groter as die mane van ons buurplanete) en op net die regte afstand om wisselinge in die kanteling van ons planeet se as tot die minimum te beperk. Dit beteken 'n bestendige klimaat.

  • Daar is genoeg koolstof op die aarde om lewe te onderhou, maar nie so baie daarvan dat 'n sogenaamde kweekhuis-effek ontstaan en die aarde oorverhit raak soos met die skroeiende planeet Venus gebeur nie.

  • Daar is 'n enorme planeet soos Jupiter (REGS) op net die regte afstand van die aarde af, wat swerwende ruimtepuin Úf insluk Úf in die diepruimte in wegwerp sodat die aarde nie deur 'n bose bombardment daarvan getref word nie.

    Trouens, die skrywers reken daar kon tienduisend maal meer rotse uit die ruimte op die weerlose aarde neergereŽn het, as dit nie vir die aartswagter Jupiter se beskerming was nie.

    Ons weet maar te goed van die verwoesting wat net een reusagtige ruimterots kan saai. Baie millenniums gelede het so 'n ''vallende ster'' glo ons klomp dinosourusse totaal uitgewis -- omdat die aarde se klimaat eensklaps verander het weens die ontsaglike stofwolk wat die kataklismiese ontploffing agtergelaat het.

  • Dan is daar die besondere samestelling van die aarde -- vol metale, waarsonder dierlike lewe nie kan floreer nie, omdat diere die metale vir hul metabolismes nodig het. En die feit dat ons aardkors inderdaad uit drywende plate bestaan.

    Binne-in ons planeet is daar naamlik 'n reusagtige ronde bal van soliede yster of yster-nikkel met 'n deursnee van nagenoeg 2500 km. Die bal word, soos 'n ui, agtereenvolgens omring deur lae vuurwarm vloeiende yster, taai-vloeibare silikate en dan 'n soliede korsie vastigheid van tussen 12 en 50 km dik.

    Hierdie dun ''skilletjie'' dryf op die gesmelte massa daaronder, dog die skil is nie heel nie, maar in verskillende plate opgebreek.

    Die verskuiwings en botsings van die plate bring die hersirkulasie van koolstof mee (noodsaaklik vir lewe) en die vorming van droŽ land (waarop gevorderde samelewings kan gedy).

    In die buitenste ruimte, sÍ die boek se skrywers, is daar hele sterrestelsels waarin daar maar bloedmin metale is. En waar gaan soek 'n mens vir nog planete met so 'n besondere struktuur as die aarde?

WETENSKAPLIKES wat met Ward en Brownlee saamstem, wys ook op ander dinge wat, soos een dit stel, op die ''wonderbaarlikste harmonie in die aardse ekwilibrium dui''.

Ons planeet se atmosfeer het byvoorbeeld 'n osoonlaag ('n laag van verdigte suurstof, daardie een wat ons so onrusbarend besig is om met chemikalieŽ te vernietig). Dis iets wat die skadelike ultravioletstrale van die son soos 'n beskermende sambreel wegkeer.

Sonder hierdie sambreel sou ons verskroei.

En die einste samestelling van die aarde ('n gesmelte massa binne) beteken dat daar met die draaiing van die planeet om sy as 'n magneetveld (LINKS) opgewek word, kompleet soos by 'n dinamo gebeur. Hierdie magneetveld beskerm ons ook teen skadelike gelaaide deeltjies wat deur die son uitgewerp word.

Dan is daar boonop die see se getye wat deur die maan veroorsaak word. As die maan nie was soos hy is nie, hoe roerloos sou die see nie gewees het. Hy kon selfs begin stink het, soos staande water geneig is om te doen.

Die lys kan eintlik nog baie langer gemaak word, en baie geleerdes wat aan die uniekheid van die aarde glo, sÍ hulle kan nie anders as om 'n HoŽr Hand in die ontstaan van lewe hier te sien nie ...

MAAR waar kom die teorie oorspronklik vandaan dat die heelal konsuis vol lewe moet wees?

Dit was sowat veertig jaar gelede dat 'n jong Amerikaner, dr. Frank D. Drake, na radioseine uit die ruimte begin soek en gesÍ het dat daar net in ons eie sterrestelsel, wat die Melkweg genoem word, sowat 10 000 beskawings is wat in staat is om met mekaar te kommunikeer.

'n Volgeling van Drake, die bekende dr. Carl Sagan, wat ons later ook hier in 'n skouspelagtige televisiereeks gesien het, het die raming na 'n miljoen wÍrelde verhoog. Omdat daar honderde miljoene sterrestelsels in die heelal is, moet die getal uiters gevorderde beskawings dus astronomies groot wees.

Wyle dr. Sagan was 'n charismatiese en beeldsprakige man. Hy kon die massas betower met sy voorstellings van wentelde sfere in die oneindigheid waarop daar denke lewe kan wees na wie ons tot elke prys moet soek.

Maar as die skrywers van die nuwe boek se menings waar is, is selfs die soberste drome van Sagan se dissipels pure wensdenkery.

En indien ons die enigste planeet met lewe is, hoeveel te meer moet ons dit nie bewaar nie ...

__________

* Rare Earth: Why Complex Life is Uncommon in the Universe
Peter D. Ward en Donald C. Brownlee
Copernicus Books