|
Aardbewoners
tussen die sterre—die eerste vyf dekades Wonder-halfeeu
van die
2007...
die
“ruimte-eeu” is ’n halfeeu oud … genoeg rede vir die verhaal van ruimteverkenning
om oor en oor in die media hervertel te word. Weliswaar het ons nog slegs die geheime van ’n
minuskule deeltjie van die kosmos ontrafel, maar ons beperkte kennis van
ons fisiese plek in die heelal het in dié tyd tog met rasse skrede
toegeneem. Mieliestronk.com gedenk die mens se eerste halfeeu in die
ruimte met hierdie skouspelagtige album van besondere fotobeelde oor die vyf dekades. Die foto’s kom, tensy anders
vermeld, uit die argiewe van die Amerikaanse ruimte-agentskap NASA. In
vier aflewerings word die hele hipermoderne epos in ’n aantal toeligtende
beelde en byskrifte saamgevat… •
Klik
hieronder op die skakel na die afdeling waarheen jy wil beweeg: 2)
Die vaartuie: Vuurpyle, ruimtetuie en ruimtestasies 4) Onbemande sendings na ons bure in die sonnestelsel
|