|
’n Laslappie van Mieliestronk |
RYP:Fassinerende kleed van bevrore waterdamp
Foto: U.S. National Park Service Die
jaar stap aan en skielik is die winter ophande. Veral in die binneland van
Suid-Afrika gaan Jantjie Ryp weer plek-plek sy yskristalletjies begin strooi
om die velde, plante, geboue en ander voorwerpe met ’n fassinerende
vrieskleed te bedek. Maar wat is ryp nou eintlik en hoe verskil dit van
swart ryp, bevrore dou en reën wat eers hier op die grond langs in ys kan
verander? Dis boeiende dinge wat in die winternagte met die oppervlaklaag
van die lug kan gebeur... JY
WEET dit dalk nie, maar oral waar jy gaan of staan, hang daar tonne water
bokant jou kop. Hierdie water is onsigbaar—in die vorm van waterdamp—en
selfs op die warmste somerdag in ’n droë streek is die lug nooit
heeltemal vry daarvan nie. Solank die lugtemperatuur hoog genoeg is, bly
hierdie waterdamp in die lug. Maar
sodra die lug afkoel, en aan waterdamp versadig raak, kondenseer dit en vorm
waterdruppels: wolke en mis. Hierdie druppels kan as reën, hael of sneeu op
die grond val. Dit kan egter ook as dou of ryp kondenseer.
Krediet: NASA
Dou
en ryp val nie op die grond nie, maar vorm direk op plante en ander
voorwerpe. Die temperatuur waarby dou gevorm word met die afkoeling van lug,
word die doupunt-temperatuur genoem. Met
die vorming van ryp is die temperatuur onder die vriespunt en word van die
ryppunt-temperatuur gepraat. Met rypvorming verander die waterdamp nie eers
in waterdruppeltjies nie, maar inderdaad regstreeks in yskristalletjies. Dou wat reeds gevorm het, kan wel agterna vries om bevrore dou (ysdruppels) te vorm, maar hierdie bevrore dou is nie ryp nie. In sekere omstandighede kan dit so koud in die onderste luglaag wees dat reën ook eers vries nadat dit geval het—en nie in die bolug wanneer dit as sneeu of hael uitsak nie. In
Suid-Afrika is die lug in die binneland dikwels baie droog in die winter. Al
daal die temperatuur tot ’n hele entjie onderkant die vriespunt, is daar
dan steeds te min waterdamp om die lug te versadig. Gevolglik kan geen
rypkristalle gevorm word nie. Tog
kan plantselle en plantweefsel ook, nes met ryp, deur die lae
lugtemperatuur beskadig word, sodat die plante ná só ’n koue, droë
nag swart en verlepte blare het. Dit word swart ryp, of skelm ryp, genoem. Ryp
(en ook swart ryp en bevrore dou of reën) beskadig plante of maak hulle
dood deurdat dit die water in die plantselle laat vries. Omdat water uitsit
as dit vries, bars die selwande en die plante, of dele daarvan, sterf af. Het
jy geweet?
Foto
regs: U.S. National Park Service
RUIGRYP (Engels: “hoarfrost”) lyk soos varingagtige kristalle. Dit kom gedurende die lang winternagte van veral die koue lande voor, wanneer die lug tot ver onderkant die vriespunt afkoel.
Die
ruigryp vorm dan op plante en voorwerpe taamlik hoog
|