IETSIE  XTRA  VIR  DIE  LEERDERS...

  
Die geskiedenis van

Romeinse syfers

 

Moderne horlosie met Romeinse syfers op die wysterplaatHulle is nie naastenby so volop as die “gewone” syfers wat ons so baie om ons sien en so dikwels in ons berekeninge gebruik nie. Tog is Romeinse syfers ook nie vir ons onbekende simbole nie. Baiemaal word hulle nog gebruik om die nommers van hoofstukke aan te dui of is hulle te sien vooraan dele van geskrifte wat deur die skrywers in verskillende afdelings ingedeel is.  Veral vroeër was die wysterplate van party horlosies ook met Romeinse syfers gegraveer en datums is steeds Romeins waar die jaar van vervaardiging by die titels van rolprente aangedui word. Maar wat is Romeinse syfers eintlik en waar en hoe het hulle ontstaan?

•   Lees ook: Die boeiende geskiedenis van syfers en getaltekens

 

Die interieur van ’n antieke Romeinse huis

 
BO: Die interieur van ’n antieke Romeinse huis—tydperk
 van 20 v.C. tot 20 n.C.  Romeinse kinders in huise soos dié, wat aan die bevoorregte Romeine behoort het, sou aanvanklik tuis deur geleerde slawe onderrig gewees het... en natuurlik ook daar die eerste keer van Romeinse syfers geleer het.

 

Krediet: Histories / “Public Domain Old”

D

IE skoolkinders in die ryk van die ou Romeine het dit nie altyd so maklik gehad nie. Veral nie as dit by somme gekom het nie. ’n Mens kan maar net probeer om, sê, DCCLXIX met CMXCVII te vermenigvuldig—sonder om dit eers oor te skakel na die getalle wat ons vandag gebruik—om te besef watter onbegonne taak dit moet gewees het.

 

Skole was, terloops, nie vir alle Romeinse kinders beskore nie—en daar was ook nie groot klasse in spesiale geboue soos dié wat ons ken nie. Die kinders van die armer dele van die bevolking moes eenvoudig maar ongeletterd bly. Kinders van die meer bevoorregte elite wat nie in hul eie huise deur geletterde slawe onderrig is nie, is na die huis van ’n onderwyser gestuur wat ’n aantal leerlinge gehad het.

 

Wanneer hulle so twaalf, dertien jaar oud was, kon bevoorregte seuns ’n skool bywoon om onder meer Grieks en Latyn te studeer, en op sestien sou party seuns in ’n skool vir retoriek kon gaan leer om openbare spekers te wees.

 

Maar, as ’n mens onnutsig wil wees, kan ’n mens seker sê dat die omslagtigheid van die Romeinse syferstelsel blykbaar nie juis wafferse boekhouers van formaat sou kon opgelewer het nie! Die Romeinse kinders het boonop ook maar net klippies gehad om hulle met hul tellery te help. Of daar kon kepies in ’n stukkie hout of strepies op die grond gemaak word om verdere berekeninge te doen.

 

Waar het die Romeine dan aan hul syferstelsel gekom? Presies wanneer hulle dit die eerste keer gebruik het, weet ons vandag nie meer nie, maar dit moet lank voor die Middeleeue gewees het. Hoewel daar verskillende teorieë oor die oorsprong van die Romeinse syfers is, word algemeen aanvaar dat die Romeine die idee van die ou Etruskers gekry het.

 

Net soos ou Rome het die Etruskiese beskawing ook in die antieke Italië bestaan en wel in ’n streek wat vandag min of meer met Toskane (hoofstad Florence) ooreenstem. Die simbole in die getallestelsel wat die Etruskers gebruik het, het só gelyk:

 

 

Getal 

Estrus-

kiese

simbool

1

5

10

50

100

of C

 

 

En die Etruskers? Waar het hulle op hul beurt aan hierdie stelsel gekom? Hulle het weer blykbaar hul sisteem ontwerp deur dié van die antieke Grieke af te kyk.

 

Die sogenaamde Attiese numerieke waardes is miskien reeds van die sewende eeu v.C. af deur die Grieke gebruik. (Attika is ’n skiereiland in Griekeland.) Die Attiese syfers is ook die Herodiaanse syfers genoem, omdat die geleerde Aelius Herodianus (omstreeks 180-250) hulle die eerste keer in die tweede eeu in ’n manuskrip beskrywe het. Hierdie Attiese stelstel het die volgende simbole gehad:

 

 

Getal

Attiese
simbool

1

Ι

5

Π

10

Δ

100

Η

1000

Χ

10000

Μ

 

 

DIE Romeinse numerieke stelsel is desimaal (werk in tiene), maar is nie direk posisioneel nie en bevat geen nul-simbool nie. En dit is juis die toevoeging van daardie nul by ene, tiene, honderde, ens. wat ons teenswoordige stelsel so eenvoudig en ekonomies maak dat elke kind betreklik ingewikkelde rekenkundige bewerkinge kan maak.

 

Die Romeine het afsonderlike simbole gebruik vir een, vyf, tien, vyftig, honderd, vyfhonderd en duisend en hul getalle geskryf deur hierdie tekens volgens ’n bepaalde metode saam te groepeer. Die basiese simbole is:

 

1

5

10

50

100

500

1000

I

V

X

L

C

D

M

  

BO: Romeinse simbole

 

Wanneer ’n Romeinse simbool herhaal word, of gevolg word deur ’n simbool van gelyke of laer waarde, word aangedui dat daar bygetel moet word. Gevolglik staan XVIII vir X + V + I + I + I of 18. Wanneer ’n simbool voorafgegaan word daur ’n simbool van ’n laer waarde, word bedoel dat daar afgetrek moet word. Die numerieke waarde van IX is dus X minus I of 9.

 

Vroeëre weergawes van die Romeinse numerieke stelsel het ietwat verskil van dié wat vandag steeds gebruik word. Aanvanklik is die syfer 4 byvoorbeeld nie IV geskryf nie, maar IIII, terwyl 9 as VIIII aangedui is.

 

Die Romeinse ekwivalent vir die jaar 2011 is MMXI (1000 plus 1000 plus 10 plus een). Eenvoudig genoeg, maar as dit nou, sê maar, die jaar 3668 was, sou dit geskrywe moes word as MMMDCLXVIII. Ja-nee, die ou Romeine was vindingryk, dog hulle het seker partymaal maar taamlik gesukkel wanneer dit by tel gekom het!

 

Horlosie met Romeinse syfersNog ’n horlosie met Romeinse syfers

 

BO: Nog twee horlosies waarop die tyd deur middel van Romeinse
syfers gelees moet word
.

 

Foto’s: U.S. Treasury
  

  Romeinse numerieke waardes

I

1

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

XXXIII

33

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

LXV

65

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

XCVII

97

II

2

XXXIV

34

LXVI

66

XCVIII

98

III

3

XXXV

35

LXVII

67

XCIX

99

IV

4

XXXVI

36

LXVIII

68

C

100

V

5

XXXVII

37

LXIX

69

 

 

VI

6

XXXVIII

38

LXX

70

VII

7

XXXIX

39

LXXI

71

VIII

8

XL

40

LXXII

72

IX

9

XLI

41

LXXIII

73

X

10

XLII

42

LXXIV

74

 D

 500

XI

11

XLIII

43

LXXV

75

DIV

504

XII

12

XLIV

44

LXXVI

76

DL

550

XIII

13

XLV

45

LXXVII

77

DCCVII

707

XIV

14

XLVI

46

LXXVIII

78

DCCCXC

890

XV

15

XLVII

47

LXXIX

79

M

1000

XVI

16

XLVIII

48

LXXX

80

MD

1500

XVII

17

XLIX

49

LXXXI

81

MDCCC

1800

XVIII

18

L

50

LXXXII

82

CM

900

XIX

19

LI

51

LXXXIII

83

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

XX

20

LII

52

LXXXIV

84

XXI

21

LIII

53

LXXXV

85

XXII

22

LIV

54

LXXXVI

86

XXIII

23

LV

55

LXXXVII

87

XXIV

24

LVI

56

LXXXVIII

88

XXV

25

LVII

57

LXXXIX

89

XXVI

26

LVIII

58

XC

90

XXVII

27

LIX

59

XCI

91

XXVIII

28

LX

60

XCII

92

XXIX

29

LXI

61

XCIII

93

XXX

30

LXII

62

XCIV

94

XXXI

31

LXIII

63

XCV

95

XXXII

32

LXIV

64

XCVI

96

     

 Doen omrekeninge na Romeinse getalle

Tik ’n getal (1 tot 3999) hier in:

Die antwoord verskyn hier:

1

5

10

50

100

500

1000

I

V

X

L

C

D

M


Gratis JavaScript verskaf
deur The JavaScript Source

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad