Ons riviere en damme

Diensbaar in die Dorsland
 

 Die Oranjerivier, Suid-Afrika se grootste rivier, naby Hopetown

  
BO: Die Oranjerivier, Suid-Afrika se grootste rivier, naby Hopetown.

Foto: © Kopiereg Suid-Afrikaanse Toerisme / South African Tourism

Al die riviere in Suid-Afrika saam stort omtrent maar net soveel water in die see as die enkele rivier die Ryn in Europa. Dit toon hoe bittermin rivierwater ons in werklikheid het en hoe lewensnoodsaaklik die besparing en beheer van ons waterbronne eintlik is...

  

R

Y jy van oos na wes en van noord na suid deur Suid-Afrika, is die verskille in die landskap soms dramaties.

 

Die verre oostekant is subtropies en die plantegroei is welig. Aan die verre suide is daar ook heelwat groenigheid en selfs die reste van uitgestrekte woude van die verlede. Maar in die grootste deel van die land is die gebrek aan water alte sigbaar. Vaal gras, bossies en yl verspreide doringbome is baie algemeen op en onder die klipperige rante, en van die een gesigseinder tot by die ander dans die lugspieŽlings op die droŽ veld.

 

Suid-Afrika se reŽnval is dus in die reŽl laag, dikwels bedroewend laag. Om die waarheid te sÍ, die land en selfs die lug is baiemaal so arm aan vog dat ín berekende nege tiendes van die reŽn wat uitsak nooit die riviere bereik nie. Die droŽ aarde slurp dit doodeenvoudig te gulsig op of dit verdamp soos vlugsout in die atmosfeer.

 

Gelukkig het versiende mense in die verlede verskeie groot en verbeeldingryke planne in werking gestel om ons kosbare water te bewaar. Dit gesÍ, moet ons nie die vele vernuftige boere vergeet wat nog altyd op klein skaal waterbewaring toegepas het met die bou van plaasdamme en op ander maniere nie. Ook dorpe het natuurlik hul eie waterbenuttingskemas.

 

Maar dit is die enorme opgaar- en waterverspreidingsprojekte van die staat wat in die twintigste eeu aangepak is wat vandag help om water te voorsien aan baie plekke in ons dorstige land waar daar andersins nie soveel ontwikkeling van ons nywerhede en die landbou sou gewees het nie.

 

Baie boere moet hulle immers tot besproeiing wendótrouens, meer as ín miljoen hektaar word besproeióanders sou slegs tien persent van Suid-Afrika se landbougrond bewerk kon word. Vir meer as vyftig persent van die besproeiing sorg die boere self. Dit doen hulle deur boorgate te boor, windpompe staan te maak, miskien dieselpompe in spruite, riviere en damme op te rig, en op ander maniere. Verder sorg die staat met sy projekte dat 460 000 hektaar landbougrond die nodige water kry.

 

Dit word basies gedoen deur die karige hoeveelheid water in ons riviere ten beste te benut.


 

ín Seleksie van Suid-Afrika se belangrike riviere

BO: ín Seleksie van Suid-Afrika se belangrike riviere.

 

Die riviere van Suid-Afrika

VAN die rivierstelsels van ons land is daar in verhouding maar min wat die Atlantiese Oseaan aan die weste binnevloei. Wat meer sÍ, in ons buurland NamibiŽ vloei die meeste riviere omtrent glad nie, straks net wanneer die uiters skaars stortbuie die riviere se voedingslope laat bruis.

 

Weliswaar is ons land se heel grootste rivier, die Oranje, onder die betreklik klein aantal wat in die Atlantiese Oseaan leegloop, soos ook die Olifantsrivier en die Bergrivier (laasgenoemde veral bekend om sy jaarlikse kano-marathon).

 

Aan die suidkus van Suid-Afrika vloei onder meer die Breede-, Gouritz-, Gamtoos- en Sondagsrivier in die Indiese Oseaan. En teen die suidoos- en ooskus op is die Vis-, Groot Kei-, Umzimvhubu-, Umgeni-, Tugela-, Umfolozi- en Pongolarivier weer slegs ín paar van diť wat ook die Indiese Oseaan voed.

 

Vir alle praktiese doeleindes is die Suid-Afrikaanse riviere nie bevaarbaar nie. Daar is eenvoudig te veel terreinwisselings, watervalle, stroomversnellings en vlak en wisselvallige lope met dikwels stilstaande poele en kuile. ín Mens kan ons riviere dus nie werklik vir die vervoer van goedere aanwend soos byvoorbeeld met die hekwielbote op die Mississippirivier in Amerika gedoen word nie.

 

Dit is verder insiggewend dat die totale afloop van al die riviere in die hele Suid-Afrika maar gelyk is aan diť van die Rynrivier by Rotterdam in Nederland. Dit toon hoe bittermin rivierwater ons het en hoe noodsaaklik waterbesparing en -beheer werklik is.

 

Ons staan hieronder ín bietjie stil by drie grootste riviere van ons land en daarna by die groot projekte waarmee die staat die waterverspreiding behartig.

 

        Oranjerivier

 

DIE sowat 2100 km lange Oranjerivier (ook die Gariep of Groot Rivier genoem) is, soos gesÍ, Suid-Afrika se grootste rivier en byna die helfte van die land word deur hierdie stroom gedreineer.

 

Die Oranje ontspring aan die westelike hang van die Drakensbergreeks in Lesotho, waar dit bekend staan as die Senqu, en waar dele daarvan in die winter bevrore is weens die vrieskoue toestande in daardie bergkoninkrykie.

 

In sy verre loop kronkel die rivier deur berge, koppies, grasveld, Karooland en woestynwÍreld om die onbenutte porsie van sy kosbare waters in die Atlantiese Oseaan te giet. Nadat dit Lesotho verlaat het, keep dit deur die Suid-Afrikaanse vlaktes om eers die grens tussen die Vrystaat en die Oos-Kaap te vorm en dan tussen die Vrystaat en die Noord-Kaap.

 

Daarna grif dit steeds weswaarts deur die Noord-Kaap om uiteindelik die grens tussen die Noord-Kaap en NamibiŽ uit te ets. Sy belangrikste sytak is die Vaalrivier. Die Vaal ontspring ook in die Drakensberg.

 

        Vaalrivier

 

DIE Vaalrivier, noordelike en grootste sytak van die Oranje, vloei suidweswaarts van waar dit teen die westelike hange van die Drakensberg ontspring. Dit vorm dan die grens tussen die provinsies Mpumalanga, Gauteng en Noordwes aan die noordoewer en die Vrystaat aan die suidoewer. Nagenoeg 1210 km ver kronkel dit tot waar dit die Oranje naby Douglas bereik, en onderweg word daar elektrisiteit van sy water opgewek en word landerye besproei.

 

        Tugelarivier

 

Die TugelaLINKS: Die Tugela.

 

Foto: Rudolph Botha, wat dit in die vrye Wikipedia-ensiklopedie op die wÍreldwye web tot openbare besit (ďin the public domainĒ) verklaar het

 

DIE Tugelarivier (ook bekend as Thukela), die grootste rivier in die provinsie KwaZulu-Natal, ontspring aan die oostelike hange van die Drakensberg by Mont-aux-Sources en sy water plons 947 meter na benede by die Tugela-waterval. Die kronkelloop deur die provinsie se middellande is sowat 520 km lank waarna die rivier in die Indiese Oseaan uitmond. Die water van die Tugela word vir opwekking van elektrisiteit en vir besproeiing aangewend.

 


Oranjerivierprojek en ander groot waterskemas van die staat

Gariepdam

Die Gariepdamóbyna 6 000 miljoen kubieke meter water op ín oppervlakte van meer as 370 vierkante kilometer as dit vol is...

BO: ín Digitale verkleuring van ín ou swart-wit foto wat geneem is toe daar bes moontlik nog aan die Gariepdam gewerk is. Dit is toe nog die H.F. Verwoerddam genoem.

 
ONDER: ín Blik teen skemer op die Gariepdam in die Oranje, die grootste dam in Suid-Afrika.

Gariepdam
 
Foto hierbo: © Kopiereg Suid-Afrikaanse Toerisme / South African Tourism

ONDER: Die ligging van die dam in die rivier. Dit is onder meer digby Bethulie aan die Vrystaatse oewer.
Die ligging van die Gariepdam in die Oranje

WANNEER die Gariepdam in die Oranjerivier vol is, beslaan dit ín oppervlakte van meer as 370 vk. km en hou dit byna 6 000 miljoen kub. meter water. Die dam is die sentrum van die Oranjerivierprojek, die grootste waterontwikkelingsprojek wat nog in Suid-Afrika onderneem is. As die land se grootste opgaardam reguleer die Gariepdam die vloei van die water in die Oranje.

 

Vier generators sorg vir die opwekking van hidroŽlektrisiteit by die dam se sowat 88 meter hoŽ en 914 meter lange damwal, vir die voorsiening van krag aan Eskom se landwye netwerk. Die Gariepdam is vroeŽr die H.F. Verwoerddam genoem.

 

Die Oranjerivierprojek is in 1962 begin met een van die doelstellings om 184 000 hektaar grond in die Oranjeriviervallei te besproei. ín Verdere oogmerk was om, deur middel van  tonnels en kanale, water vir nog
76 000 hektaar in die valleie van die Sondags- en Visrivier te voorsien.

 

Van die Gariepdam, wat in 1971 voltooi is teen ín koste van R85 miljoen, vloei die water 130 kilometer stroom af na die Vanderkloofdam. Hierdie dam gaar ook water vir besproeiing op en om krag in spitstye te voorsien. Dit verskaf boonop water aan die Vanderkloofkanale.

 

Met die bou van die Oranje-Visriviertonnel is die verbeeldingryke taak aangepak om die langste ononderbroke watertonnel op aarde tot stand te bring.

 

Die Oranje-VisriviertonnelREGS: Die Oranje-Visriviertonnel...
ín ingenieurs-
prestasie by uitstek.

 

Foto van Department van Waterwese en Bosbou (Engelse akroniem DWAF)

 

In ín pyp van byna vyf en ín halwe meter breed vloei water van die Oranje na die Visrivier oor ín afstand van nagenoeg 83 kilometer. Verbeeldingryk is miskien ín onderbeklemtoning van hierdie grootste ingenieursonderneming. Dink daaraan dat die Oranje na die Atlantiese Oseaan vloei, terwyl die Visrivier in die Indiese Oseaan uitmond, en ín mens besef hoe vernuftig daar ďgetoorĒ moes word om die tegnologie by die terreingesteldheid te laat aanpas.

 

Maar daar hou dit nog lank nie op nie. Deur middel van die Vis-Sondagsrivierkanaalprojek word die water van die Oranje verder uit die Visriviervallei na die lemoenboorde van die Sondagsriviervallei en na Port Elizabeth gelei. Hierdie projek bestaan uit kanale van 90 kilometer en die Cookhousetonnel van vyf meter breed en 13 kilometer lank.

 

In die Vrystaat word die Caledonrivier, ín sytak van die Oranje, aangewend om water aan Bloemfontein te verskaf deur middel van die Welbedacht-Bloemfonteinprojek.

 

Benewens die Oranje word ook sy grootste sytak, die Vaal, soveel benut as wat die omstandighede en ingenieursvernuf dit moontlik maakónie die minste nie omdat die Vaal die nywerheidswiele van die magtige Gauteng aan die draai moet help hou. Die Vaalrivierskemas vir wateropgaring en besproeiing behels die Vaaldam, Vaalrivierkeerdam, Bloemhofdam en die Vaalhartskeermuur.

Een van die kanale van die VaalhartsbesproeiingswerkeREGS: ín Digitale verkleuring van ín ou swart-wit foto van een van die kanale van die Vaalharts-besproeiingswerke.

 

Dan is die Vaal- en Tugelarivier verbind met die Drakensbergprojek waarvolgens gepompte water opgegaar en water verskaf word. Dit lewer ook elektrisiteit op spitstye en verskaf water aan die Vaalrivierkom. Lees ook ons laslappie oor die Tugela-Vaal-waterskema.

 

Met die Bolandprojek, wat die Theewaterskloofdam in die Riviersonderendvallei buite Villiersdorp insluit, word die opvanggebiede van die Bergrivier en die Eersterivier in die Wes-Kaap verbind deur tonnels wat meer as 30 kilometer lank is. Hiermee word ín belangrike vrugteproduserende gebied besproei en water selfs aan Kaapstad verskaf. Die Palmietrivierskema is nog ín belangrike Wes-Kaapse projek vir die opgaar van water en die verskaffing van hidroŽlektrisiteit.


Die Lesotho-hoogland-waterprojek

 

OOR hierdie geweldige ingenieursprojek word in  besonderhede vertel in die artikel oor Lesotho op die Mieliestronk-werf. Die plan is om uiteindelik daarmee die vloei van water na die Vaalrivierkom te verdubbel en die hele Lesotho van elektristeit te voorsien.

 

 

Erkenning van Mieliestronk.com: Die teks is ons eie, maar heelwat van die feitelike inligting daarin is met dank verkry uit Alles oor Suid-Afrika onder redaksie van Wilsia Metz, Sean Fraser en Annlerie van Rooyen, Struik Uitgewers, ISBN 1 86825 676 6

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad