|
|||
Y
het die eienaardigste idees gehad van die wêreld waarin ons woon. Getalle
was vir hom die basis van elke liewe ding wat bestaan, en daarom het hy
ook Boonop
het hy gereken dat die heelal ’n sfeer is waarin die planete wentel. Om
alles te kroon, sou die draaiende planete musieknote voortbring en dié
note sou bekend staan as “die musiek van die sfere”. Iemand
wat só dink, kan eintlik nie reg wys wees nie, sal ons vandag moontlik
reken, maar die Griek wat in die sesde eeu v.C. hierdie rare dinge vir
evangelie verkondig het, word juis steeds beskou as een van die wysste manne
wat nog ooit op die aarde gelewe het. Dis
darem nie oor sy vreemde opvattings dat ons Pythagoras bly vereer nie.
Dis oor sy wiskundige genealiteit en nie die minste nie oor sy beroemde stelling
(of teorema) oor ’n reghoekige driehoek.
Dat
die leringe van ’n Griekse denker en wiskundige wat meer as 2500 jaar
gelede gelewe het vandag nog ’n regstreekse rol in ons opvoeding
speel, is om die minste te sê verstommend. Dit is egter selfs
verbasender as ’n mens in ag neem dat hy geen geskrifte nagelaat het
nie. Dit is omdat die mense destyds nog nie geweet het hoe om perkament
te maak nie. Die wastablette wat wel gebruik is, was te klein vir
enigiets buiten kort geskrifte. Wat ons vandag van Pythagoras weet, is wat deur latere skrywers opgeteken is—skrywers wat die mondelinge oorlewerings oor hom uiteindelik op skrif gestel het. ’n Mens moet darem net hier meld dat, omdat sy volgelinge alle ontdekkings in hul geledere as ontdekkings van die meester self aan die wêreld voorgehou het, dit onmoontlik is om te sê watter prestasies werklik sy eie was. Pythagoras
(ca. 582—ca. 500 v.C.) is nietemin, volgens oorlewering, op die eiland
Sámos gebore en het omstreeks 530 v.C. na die antieke Griekse stad
Crotona in Suid-Italië verhuis. Hier het hy ’n groep leerlinge om hom
versamel en ’n beweging met godsdienstige, politieke en filosofiese
oogmerke gestig, wat Pythagoreanisme genoem word. Sy
trawante, sowat driehonderd jong mans, was dan ook meer in ’n
godsdienstige sekte saamgesnoer as in ’n skool. Die lede het mekaar
met sekere geheime tekens gegroet, alles gedeel wat hulle besit het en
gesweer om mekaar altyd te help. Hulle
het gestudeer in die “vier grade van wysheid”, te wete rekenkunde,
meetkunde, sterrekunde en musiek. Die laasgenoemde het vir Pythagoras
’n uiters belangrike rol in die suiwering van die siel gespeel. Selfs
wat die sterrekunde aanbetref, het hy beweer dat die afstande tussen
hemelligame deur die wette van musikale harmonie bepaal word. Pythagoras
se godsdienstige beskouings is stellig beïnvloed deur indrukke wat hy
opgedoen het op reise na Persië, Babilonië, Arabië en selfs na Indië,
waar Boeddha op daardie tydstip besig was om ’n nuwe godsdiens te
verkondig. Callimachus, bibliotekaris van Alexandrië in die derde eeu
v.C., het ook opgeteken dat Pythagoras baie jare in Egipte deurgebring
het. Hoe ook al, volgens die leer wat hy en sy volgelinge verkondig het, is die siel onsterflik en beset dit ’n ander lewende wese nadat die liggaam gesterf het—reïnkarnasie dus. Pythagoras self sou beweer het dat hy voorheen Euphorbus, ’n krygsman in die Trojaanse Oorlog, was en dat hy toegelaat sou gewees het om sy herinneringe aan sy vorige lewens met hom saam te bring. Waarnemers
sê vandag dit was ongelukkig vir Pythagoras se wiskunde dat hy so sterk
onder die invloed van die Oosterse mistisisme was. Dat
hy boonop sy volgelinge aangehits het tot politieke deelname waar hulle
kwaai teenkanting ondervind het, sou ook ’n skadu oor sy kennelike
wiskundige briljantheid werp. Volgens een oorlewering is hy dan ook gedood in ’n aanval op hom en sy volgelinge. ’n Ander verhaal wil
dit hê dat hy verban is. Tog het die Pythagoreaanse broederskap etlike
eeue lank aktief gebly. Maar die reeds genoemde teorema van Pythagohoras oor die reghoekige driehoek bly hierdie meester se groot monument. Daar is ook ’n tweede belangrike teorema wat aan hom toegedig word, en dit is dat die som van die hoeke binne enige driehoek 180 grade is. Nog
’n gewigtige ontdekking—die oorsprong van die wetenskap van
akoestiek—was dat die note van ’n snaarinstrument verband hou met
die lengte van die snare. Só kan die oktaaf (do-do) en die vyfde
(do-so) verkry word deur die snaar van ’n instrument op een helfte of
twee derdes van sy lengte dood te druk. Pythagoras
en sy volgelinge het ook besef dat die aarde rond is. Trouens, hy was
een van die eerste mense wat die gedagte geopper het dat die aarde ’n
sfeer in die ruimte is.
Wat
meer sê, tweehonderd jaar ná sy dood het die senaat in Rome ’n
standbeeld ter ere van Pythagoras opgerig en hom as die “wysste en
dapperste van die Grieke” geprys. Nou
ja, só vreesloos en onverskrokke was hy miskien nie, maar briljant was
hy beslis. En hoewel hy sy idees oor getalle en vorms byna te buitensporig vir woorde was—soos dat die aarde saamgestel is uit reëlmatige sesvlakke (kubusse) en dat vuur uit piramides en die lug uit agtvlakke bestaan—het sy denke ’n groot bydrae tot die ontwikkeling van die wiskunde gelewer. Waar ’n driehoek ’n geslote figuur is wat op ’n plat vlak deur drie reguit lyne begrens word, was Pythagoras ’n openhartige figuur op ’n hoë vlak wat hom vierkantig van sy taak gekwyt het! |
|||
|
IN
die eerste groot beskawings, dié van antieke Egipte en Mesopotamië, was
sekere wiskundige vaardighede weliswaar goed ontwikkel. ’n Primitiewe
meetkunde is gebruik om onder meer grond op te meet en
besproeingstelsels te bou.
|
|||