9 provinsies van SA      Klik op n provinsie vir inligting daaroor 

Suid-Afrika en sy provinsies  
Wes-Kaap Oos-Kaap KwaZulu-Natal Noord-Kaap Vrystaat Noordwes Gauteng Mpumalanga LimpopoKlik op n provinsie vir inligting daaroor

DIE huidige nege provinsies van Suid-Afrika het die land se vier voormalige provinsies vervang, asook die gebiede wat ingevolge die apartsheidsbeleid as "swart tuislande" bekend gestaan het.
  Elke provinsie het sy eie provinsiale regering. Dit bestaan uit n premier, n uitvoerende raad en n wetgewende provinsiale raad. Die provinsiale raad en premier word vir vyf jaar, of tot die volgende nasionale verkiesing, verkies. Setels word aan politieke partye toegeken op grond van die persentasie stemme wat in die nasionale verkiesing vir elke party in die provinsie uitgebring is. Die dig bevolkte provinsies het groter rade as die yler bevolkte provinsies. Die provinsiale raad kies die premier, wat op sy beurt die lede van die uitvoerende raad aanstel.



Gauteng

 

  Totstandkoming: Gauteng is voorheen die PWV genoem (Pretoria-Witwatersrand-Vereeniging). Die naam is n Sotho-woord wat "Plek van goud" beteken en is n ontlening aan Afrikaans "goud". Die provinsie het in Mei 1994 tot stand gekom toe die ou provinsie Transvaal in vier verskillende provinsies verdeel is.

 

  Provinsiale hoofstad: Johannesburg, die grootste stad in Suid-Afrika. (Pretoria, sowat 50 km noord van Johannesburg, is Suid-Afrika se administratiewe hoofstad.)

 

  Nog belangrike plekke is Benoni, Boksburg, Brakpan, Germiston, Heidelberg, Krugersdorp, Randburg, Roodepoort, Springs, Vanderbijlpark en Vereeniging.

 

  Bevolking (2001-sensus): 8 837 178. Gauteng is die Suid-Afrikaanse provinsie met die naasmeeste mense (n KwaZulu-Natal) en die provinsie met die grootste bevolkingsdigtheid.

 

  Tale: IsiZulu (21,5%), gevolg deur Afrikaans (14,4%), seSotho (13,1 %) en Engels (12,5%).

 

  Oppervlakte: Sowat 18 810 vk. km (volgens oppervlakte die kleinste Suid-Afrikaanse provinsie).

 

  Ligging en topografie: Gauteng l sowat 1740 m bokant die seevlak en grotendeels op die Hoveldse plato. Dit word deur vier ander provinsies omring: Noordwes aan die westekant, Limpopo in die noorde, Mpumalanga aan die oostekant en die Vrystaat in die suide. Die Witwatersrand met sy baie rante en heuwels, wat nagenoeg 80 km ver deur die middel van die provinsie loop, is die goudstreek met Johannesburg as kern. Geologies vorm die Witwatersrand die waterskeiding vir die Vaalrivier en die Limpopo, maar Gauteng het geen groot riviere buiten die Vaal nie. Soos in baie dele van Suid-Afrika is droogtes nie ongewoon nie, en die provinsie is in n groot mate van die Vaaldam afhanklik vir betroubare watervoorsiening.

 

  Ekonomie: Gauteng het allereers sy huidige rykdom aan goud te danke, maar die provinsie is vandag ook die land se ekonomiese kragsentrale. Nagenoeg twee derdes van Suid-Afrika se ekonomiese bedrywighede vind hier plaas, terwyl vier uit elke tien van ons fabrieksprodukte hul oorsprong in Gauteng het. Yster en staal word in groot maat geproduseer, met talle fabrieke wat baie verskillende produkte vervaardig. Op die koop toe lewer die Rand uraan. Die provinsie het gevolglik n sterk stedelike karakter, maar daar is tog ook plase wat onder meer vleis, melk, mielies en groente lewer.

________________________________________________________________

 

Noordwes

 

  Totstandkoming: Noordwes is in 1994 gevorm deur die samevoeging van die ou Wes-Transvaal en die "tuisland" Bophuthatswana.

 

  Provinsiale hoofstad: Mafikeng. Dit vorm n eenheid met Mmabatho, wat voorheen die hoofstad van Bophuthatswana was.

 

  Ander belangrike plekke in Noordwes is onder meer Potchefstroom, Klerksdorp, Brits, Rustenburg, Vanderbijlpark en Lichtenburg.

 

  Bevolking (2001-sensus): 3 669 349.

 

  Tale: SeTswana (65,4%), gevolg deur Afrikaans (7,5%).

 

  Oppervlakte: Sowat 116 190 vk. km.

 

  Ligging en topografie: Noord en wes van Noordwes l die land Botswana, terwyl die provinsies Noord-Kaap en Vrystaat aan die suidekant, Limpopo na die noordooste en Gauteng aan die oostekant daarvan l. Die Magaliesbergreeks is in die noordooste, en die Vaalrivier vorm die provinsie se suidelike grens. Noordwes se suidelike deel is n uitgestrekte vlakte, terwyl die noordelike deel grootliks yl begroeide bosveld is.

 

  Ekonomie: Myne sorg vir meer as n derde van Noordwes se bruto binnelandse produk. Nagenoeg 94% van Suid-Afrika se platinum kom van die distrikte Rustenburg en Brits, wat meer van hierdie kosbare silwerwit metaal produseer as enige ander enkele gebied ter wreld. Die provinsie lewer voorts n kwart van die land se goud. Graniet, marmer, vloeispaat en diamante word ook ontgin. Noordwes lewer sowat n derde van die land se mielies. Ander belangrike landbouprodukte in die suidelike en oostelike dele van die land is sonneblomolie, vrugte, tabak en katoen. Die westelike en noordelike dele het weer baie skaap- en beesplase.

________________________________________________________________

 

Limpopo

 

  Totstandkoming: Limpopo, vroer die Noordelike Provinsie, kry sy naam van die Limpoporivier, wat sy noordgrens vorm. Voor 1994 was hy bekend as Noord-Transvaal. Dit sluit ook die gebiede in van die destydse tuislande Venda en Lebowa.

 

  Provinsiale hoofstad: Polokwane, vroer Pietersburg genoem. 

 

  Ander belangrike plekke is Makhado (Louis Trichardt), Musina (Messina), Phalaborwa, Mokopane (Potgietersrus), Thabazimbi en Bela-Bela (Warmbad).

 

  Bevolking (2001-sensus): 5 273 642.   

 

  Tale: SePedi (52,1%), gevolg deur XiTsonga (22,4%) en TshiVenda (15,9%).

 

  Oppervlakte: Sowat 123 900 vk. km.

 

  Ligging en topografie:  Limpopo word begrens deur Zimbabwe in die noorde, Botswana in die weste en Mosambiek in die ooste. Aan die suidekant van die provinsie l die Suid-Afrikaanse provinsies Noordwes, Gauteng en Mpumalanga. Die Limpoporivier vorm Limpopo se noordelike grens met Botswana en Zimbabwe. Die provinsie het verskeie berggebiede, met die Waterberg-, Strydpoortberg- en Drakensbergreeks in die suide en die Soutpansbergreeks in die noorde. Die subtropiese noorde is bosveld met kretartbome, terwyl die weste meestal deur grasvlaktes gekenmerk word.

 

  Ekonomie: Die landbou en minerale vorm saam die ruggraat van die ekonomie van Limpopo, terwyl die toerismebedryf ook ontwikkel word, nie die minste nie om die gebied as poort tot die wreldberoemde Krugerwildtuin te promoveer. Daar is groot kopermyne in Messina en Phalaborwa. Daarbenewens word minerale soos koper, asbes, steenkool, ystererts en platinum ontgin. In die subtropiese noorde word onder meer lemoene, piesangs, avokado's, mango's, papajas, koejawels en lietjies gekweek, en in die suide mielies, sonneblomme, katoen, druiwe en grondboontjies. Beesboedery word hoofsaaklik in die weste beoefen.

________________________________________________________________

 

Mpumalanga

 

  Totstandkoming: Mpumalanga, wat "die plek waar die son opkom" beteken, was vroer bekend as Oos-Transvaal. Behalwe dat di provinsie uit n deel van die ou provinsie Transvaal gekerf is, is dit ook saamgestel uit die drie gewese "tuislande" KaNgwane, KwaNdebele en Lebowa.

 

  Provinsiale hoofstad: Nelspruit.

 

  Ander belangrike plekke is onder meer Ermelo, Heidelberg, Lydenburg, Middelburg, Piet Retief, Secunda, Standerton en Witbank.

 

  Bevolking (2001-sensus): 3 122 990.

 

  Tale: IsiSwati (30,8%), gevolg deur isiZulu (26,4%) en isiNdebele (12,1%).

 

  Oppervlakte: Sowat 78 370 vk km.

 

  Ligging en topografie: Aan Mpumalanga se oostekant l die lande Mosambiek en Swaziland, terwyl die provinsie Gauteng aan sy westekant l. Na die suide is die provinsies Vrystaat en KwaZulu-Natal. Die westelike deel van Mpumalanga l op die Hoveld, n plato wat oor n groot deel van die Suid-Afrikaanse binneland strek. Die Drakensbergreeks verrys in die noordooste van die provinsie. In die ooste daal die land plotseling na die sogenaamde Laeveld met sy subtropiese plantegroei.

 

REGS: Die vlag van Mpumalanga wat op 25 Maart 1996 aanvaar is.
  

  Ekonomie: Hout, steenkool, vervaardiging, die landbou en toerisme is alles deel van Mpumalanga se geskakeerde ekonomie. Die provinsie sorg vir sowat 85% van ons land se steenkool, terwyl Witbank die grootste steenkoolprodusent in Afrika is. Die grootste kragsentrales word hier aangetref. Papier en vlekvrye staal word ook vervaardig. Daar is n groot papiermeul by Ngodwana, terwyl Middelburg staal en vanadium produseer. Onder die vernaamste landbouprodukte is mielies, suikerriet en sitrusvrugte, en skaap- en suilwelboerdery word ook beoefen. Benewens steenkool word minerale soos steenkool, mangaan, goud en yster ontgin. Die provinsie is n baie gewilde toeristebestemming: die Krugerwildtuin alleen lok n menigte besoekers, ook vanuit die buiteland.

________________________________________________________________

 

KwaZulu-Natal

 

  Totstandkoming: KwaZulu-Natal het in 1994 tot stand gekom met die samevoeging van Natal, een van die ou Suid-Afrika se vier provinsies, en die voormalige "Zoeloe-tuisland" KwaZulu.

 

  Provinsiale hoofstad: KwaZulu-Natal het twee hoofstede -- Natal se ou hoofstad Pietermaritzburg (die provinsie se naasgrootste stad) en Ulundi, die ou administratiewe hoofstad van KwaZulu. In 1995 het n kommissie van ondersoek aanbeveel dat die provinsiale regering vir die huidige om die beurt in Pietermaritzburg en Ulundi vergader. 

 

  Durban is KwaZulu-Natal se grootste stad. Ander belangrike plekke is onder meer Richardsbaai, Dundee, Ladysmith, Newcastle (n staal- en steenkoolsentrum), Port Shepstone, Estcourt en Vryheid.

 

  Bevolking (2001-sensus): 9 426 017. KwaZulu-Natal het meer mense as enige ander Suid-Afrikaanse provinsie. Die meeste inwoners is Zoeloes, maar die provinsie het huisves ook die grootste deel van die land se Asiatiese bevolking.

 

  Tale: IsiZulu (80,9%), gevolg deur Engels (13,6%).

 

  Oppervlakte: Sowat 92 100 vk km.

 

  Ligging en topografie: KwaZulu-Natal l aan die oostekant van Suid-Afrika aan die Indiese Oseaan. Suid van hom l die Oos-Kaap, wes l Lesotho en die Vrystaat, terwyl die provinsie Mpumalanga en die lande Mosambiek en Swaziland aan die noordkant gele is. KwaZulu-Natal word vanwe sy natuurskoon die "Tuinprovinsie" genoem. Daar is n subtropiese kusgebied (n laaggele streek langs die Indiese Oseaan), met uitgestrekte vlaktes in die middel van die provinsie. Die majestueuse Drakensbergreeks troon in die weste en die Lebomboberge in die verre noorde.

 

  Ekonomie: Durban is Suid-Afrika se besigste hawe; die hawe van Richardsbaai sorg weer veral vir die uitvoer van steenkool. Die vervaardigingsbedryf, asook toerisme is n vername bronne van inkomste vir die provinsie. Hier is immers dosyne strande, manjifieke gholfbane, plekke om te stap en te klim, natuurtuine, noem maar op. Die vernaamste gewas is suikerriet wat, soos piesangs, koejawels, mango's en papawers, in die kusgebiede gekweek word. In die binneland word weer met groente en vee geboer. Bosbou word ook beoefen. In die noorde is daar steenkoolmyne in die omgewing van Vryheid, Dundee, Glencoe en Newcastle.

________________________________________________________________

 

Vrystaat

 

  Totstandkoming: Die Vrystaat lyk op die landkaart nog net soos die ou Boererepubliek van die negentiende eeu -- daar in die landelike hartland van Suid-Afrika. Maar in die twintigste eeu is die landelikheid veral in die noorde enigsins aangetas deur die ontdekking van goud en die vervaardiging van olie uit steenkool. Die ou naam Oranje-Vrystaat is in Junie 1995 tot Vrystaat verkort.

 

  Provinsiale hoofstad: Bloemfontein, wat ook Suid-Afrika se regterlike hoofstad is.

 

  Ander belangrike plekke: Welkom, Kroonstad, Virginia, Jagersfontein, Odendaalsrus, Harrismith, Bethlehem, Sasolburg en Phuthaditjhaba.

 

  Bevolking (2001-sensus): 2 706 775.

 

  Tale: SeSotho (64,4%), gevolg deur Afrikaans (11,9%).

 

  Oppervlakte: Sowat 129 480 vk km.

 

  Ligging en topografie: Die Vrystaat l tussen die Oranje- en die Vaalrivier en word omring deur (van bo af soos die horlosiewysers loop) Gauteng, Mpumalanga, KwaZulu-Natal, Lesotho, die Oos-Kaap, die Noord-Kaap en Noordwes. Die provinsie is gele op die Hoveld, die groot plato waarop n groot deel van die Suid-Afrikaanse binneland l. In die verre weste is die Vrystaat plat en yl begroei, maar die res van die provinsie word deur uitgebreide grasvlaktes gekenmerk. Die landskap raak heel aanskoulik in die Oos-Vrystaat namate n mens die Drakensberg nader.

 

  Ekonomie: Die Vrystaat is n belangrike mynbou-provinsie in die middel van Suid-Afrika en goud, diamante en steenkool word ontgin. Sintetiese brandstof word in Sasolburg uit steenkool vervaardig. Op die koop toe is die provinsie n vername landbousentrum waar n groot verskeidenheid van gewasse gekweek word, waaronder mielies, aartappels, sonneblomsaad, koring en sorghum. Die meeste van die land se kersies word in die Ficksburg-gebied geoes. Suiwel- en skaapboerdery dra ook grootliks tot die ekonomie by.

________________________________________________________________

 

Noord-Kaap

 

  Totstandkoming: Die provinsie Noord-Kaap is gestig toe die ou Kaapprovinsie in 1994 in die drie nuwe provinsies Wes-, Oos- en Noord-Kaap verdeel is.

 

  Provinsiale hoofstad: Kimberley, die ou diamantstad. 

 

  Ander belangrike plekke is Upington, Carnarvon, Colesberg, De Aar, Kuruman en Springbok. Suid-Afrika se koudste dorp, Sutherland, het n sterrewag wat al hoe belangriker word as n astronomiese observasiesentrum van wreldklas.

 

  Bevolking (2001-sensus): 822 727. Mees yl bevolkte Suid-Afrikaanse provinsie.

 

  Tale: Afrikaans (68%), gevolg deur SeTswana (20,8%).

 

  Oppervlakte: Sowat 361 830 vk km -- die grootste provinsie wat 29,7% van die land beslaan.

 

  Ligging en topografie: Die Noord-Kaap word begrens deur die Atlantiese Oseaan in die weste, die lande Namibi en Botswana in die noorde, die provinsie Wes-Kaap in die suide en die provinsies Noordwes, Vrystaat en Oos-Kaap in die ooste. Hierdie grootste van al die provinsies is n plat, klipperige wreld, yl begroei en droog (gemiddeld slegs sowat 250 mm ren per jaar). Die suide is n deel van die Groot Karoo, terwyl die Kalahariwoestyn vanuit Botswana in die noorde oor die provinsie reik. Dis n harde wreld, wat darem ryklik getemper word deur die beroemde veldblomme wat in die lente in Namakwaland ontluik. En dan is daar die Oranjerivier, wat soos n lint van lafenis deur die dorsland sny en in die Atlantiese Oseaan uitmond.

 

  Ekonomie: Die Noord-Kaap is ryk aan minerale (asbes, koper, ystererts, mangaan, gips, edelstene) en het die grootste diamantneerslae in die land. Dis skaapwreld, maar die provinsie het ook sy kwota wynmakers en sitrusvrugteboere, onder meer.

________________________________________________________________

 

Wes-Kaap

 

  Totstandkoming: Die Wes-Kaap het in 1994 n afsonderlike provinsie geword toe die ou Kaapprovinsie in die Noord-, Oos- en Wes-Kaap opgedeel is.

 

  Provinsiale hoofstad: Kaapstad, wat ook Suid-Afrika se Moederstad en wetgewende hoofstad is en die imposante Parlementsgebou huisves. Die Kaapstadse hawe is die naasbesigste hawe in die land (n Durban).

 

  Ander belangrike plekke is onder meer Stellenbosch, die Paarl, Beaufort-Wes, George, Oudtshoorn, Saldanhabaai en Worcester.

 

  Bevolking (2001-sensus): 4 524 335.

 

  Tale: Afrikaans (55,3%), gevolg deur Engels (19,3%) en isiXhosa (23,7%).

 

  Oppervlakte: Sowat 129 390 vk. km.

 

  Ligging en topografie: Die provinsie l in die suidweste van die land, met die Atlantiese Oseaan aan sy westekant en die Indiese Oseaan in die suide. Die Noord- en Oos-Kaap l onderskeidelik noord en oos. Die gebied om Kaapstad is n winterrengebied, terwyl die suidelike deel langs die Indiese Oseaan die hele jaar deur ren ry. n Deel van die barre Groot Karoo l in die Wes-Kaapse binneland. n Ketting van bergreekse, waaronder die Sederberg, Hexrivierberge, die Outeniekwas en die Tsitsikamma skei die kusgebiede en die binneland.

 

  Ekonomie: Die Wes-Kaap is n belangrike sentrum vir handel, nywerhede en die landbou en n vername wynproduserende streek. Bewewens druiwe, word ander vrugte asook groente gekweek. Noord en oos van Kaapstad is koring n belangrike gesaaide. Vissery is die belangrikste bedryf langs die weskus, en in die Karoo word met skape geboer. Toerisme is ekonomies van die uiterste belang in die Wes-Kaap. Oudtshoorn is volstruiswreld en huisves die skouspelagtige Kangogrotte.

________________________________________________________________

 

Oos-Kaap

 

  Totstandkoming: Die provinsie is in 1994 gevorm met die samevoeging van die oostelike deel van die voormalige Kaapprovinsie en die "tuislande" Ciskei en Transkei.

 

  Provinsiale hoofstad: Bisho.

  Ander belangrike plekke is onder meer Port Elizabeth, Oos-Londen, Grahamstad, King Williams Town, Queenstown, Uitenhage, Umtata, Aliwal-Noord en Cradock.

 

  Bevolking (2001-sensus): 6 436 763.

 

  Tale: IsiXhosa (83,4%), gevolg deur Afrikaans (9,3%).

 

  Oppervlakte: Sowat 169 580 vk km.

 

  Ligging en topografie: Die provinsie l in die suidooste van Suid-Afrika aan die Indiese Oseaan. Dit word in die noorde begrens deur die Vrystaat, Lesotho en Kwazulu-Natal en in die weste deur die Wes-Kaap en Noord-Kaap. Daar is groot verskille in die landskap, wat wissel van manjifieke strande in die suide en ooste tot grasvlaktes in die oostelike binneland en n deel van die barre Groot Karoo in die noordweste. Daar is uitgebreide woude in die suide. n Reeks bergreekse loop deur die middel van die Oos-Kaap, en die Witteberge en Drakensberg l aan die provinsie se noordoosgrens.

 

  Ekonomie: Die groot stede Port Elizabeth en Oos-Londen huisves motorvervaardigers en ander groot maatskappye. Jy sal Volkswagen, Ford, General Motors, Daimler Chrysler, GoodYear, Nestl, Johnson & Johnson en andere hier vind. Maar die res van die Oos-Kaap is veelal landbougebied, wat sitrus- en ander vrugte, mielies en sorghum produseer. Die provinsie het ook bees- en skaapplase, laasgenoemde veral in die Groot Karoo. Die oorde wat al langs die Oos-Kaapse kus l, het n groot toerismepotensiaal. Die provinsie se hawens by Port Elizabeth en Oos-Londen wag om aangevul te word deur n belangrike nuwe Suid-Afrikaanse hawe, di van Coega (of Ngqura). Dit word tans 20 kilometer noordoos van die Port Elizabethse hawe aangel -- aan die mond van die Coega-rivier in Algoabaai. Die plan is dat die hawe eerlank in bedryf sal kom.


                              Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad