Tot lof van private inisiatief: ’n brief wat in eenvoudige taal vertel hoe slim entrepreneurskap ’n hele gemeenskap van ekonomiese stagnasie gered het

Liewe Oupa, wat is profyt?
 

  Elke keer wanneer ’n sakeman ’n winsie in sy sak steek, trek iemand aan die kortste ent. Reg? ’n Horskoolseun wat hierdie waarneming gemaak het en, soos baie ander mense, gepla is omdat die rykes dan al die ander  sou "uitbuit", het ’n brief aan sy oupa geskryf en hom gevra om asseblief net een vraag te beantwoord:
  "Is dit dan nie so dat  ’n baas wat ’n profyt maak homself onbillik verryk uit die werk wat iemand anders gedoen het nie?"
Die oupa, ’n gevierde ekonoom, het gaan sit en hom as volg geantwoord... in ’n aangrypend eenvoudige brief wat ’n hele wreld se waarhede bevat...

My liewe kleinseun

Ek sal graag jou vraag beantwoord so eenvoudig as wat ek kan. Profyt is die gevolg van iemand se ondernemingsgees waarmee hy dinge tot stand bring vir ander mense sowel as vir homself.

Gestel daar is ’n primitiewe gemeenskap van, s, 100 mense. Hulle is so dom dat hulle hulle die hele dag oor ’n mik moet werk om maar slegs die heel noodsaaklikste dinge te kry om van te lewe.

Ons primitiewe gemeenskap, wat aan die voet van ’n berg woon, moet water h. Die enigste beskikbare water is di van ’n fontein naby die kruin van die berg, en elke dag moet al 100 mense dus die berg uitklim om daar te gaan water skep. Dit kos hulle een volle uur net om op en af te klim.

Dag in, dag uit doen hulle dit, totdat minstens een van hulle agterkom dat die fonteinwater binne-in die berg afvloei, in dieselfde rigting waarin hy beweeg wanneer hy ondertoe klim.

Hy kry die blink plan om ’n voor in die berghang te grawe, die hele pad tot heel onder waar hy woon.

So gedink, so gedaan. Terwyl hy spit en swoeg, is die 99 ander mense nie eens nuuskierig oor wat hy doen nie.

Toe, op ’n dag, laat hierdie 100ste man die fonteinwater in die voor afvloei tot in ’n opvangdam wat hy ook self aan die onderkant gebou het. Hierna s hy vir die 99 ander, wat elke dag ’n uur bestee om hul water te gaan haal, dat hy vir hulle water uit sy opvangdam sal gee in ruil vir dit wat hulle daagliks in tien minute verdien.

Hy ontvang dus die opbrengs van 990 minute van die ander mense se werktyd per dag, wat dit vir hom onnodig maak om sowat 16 uur per dag te werk om in sy behoeftes te voorsien.

Hy is besig om ’n enorme profyt te maak—maar sy ondernemingsgees het ook elkeen van die 99 ander mense ’n ekstra 50 minute vir homself gegee.

DIE entrepreneur, wat nou 16 uur per dag tot sy beskikking het en van nature nuuskierig is, staan soms en kyk hoe die water teen die berg afvloei. Hy sien hoe klippies en stukkies hout meegevoer word. Gevolglik ontwikkel hy ’n waterwiel en uiteindelik, n baie ure se oorpeinsing en arbeid, laat hy die waterwiel ’n meule aandryf om sy graan te maal.

Hierdie 100ste man besef nou dat hy genoeg waterkrag het om ook die graan van die 99 ander te maal. "Ek sal julle toelaat om jul graan in my meule te maal," s hy vir hulle, "as julle my die opbrengs van een tiende van die tyd gee wat julle as gevolg daarvan spaar."

Hulle willig in, en nou maak die entrepreneur ’n nog groter wins. Hy gebruik die tyd waarvoor die 99 ander hom betaal om vir hom ’n beter huis met baie beter geriewe te bou.

So gaan dit voort namate hierdie 100ste man gedurig nuwe maniere vind om die 99 ander tyd te bespaar—en hulle ’n tiende vra as betaling vir sy inisiatiewe.

Uiteindelik hoef hierdie 100ste man glad nie meer te werk tensy hy lus is nie. Sy kos en klere en huisvesting word deur die ander verskaf. Tog is sy wakker brein gedurig aan die werk en die 99 ander kry aanhoudend meer tyd vir hulself vanwe al sy dinkery en sy planne.

Hy merk byvoorbeeld op dat een van die 99 beter skoene maak as die ander. Hy rel dit so dat hierdie man heeltyd net skoene maak, omdat hy hom met sy profyte kan onderhou. Die ander 98 hoef nou nie meer hul eie skoene te maak nie.

Die 99ste man hoef nou ook minder ure te werk, omdat ’n deel van die tyd waarvoor elk van die 89 hom betaal, deur die 100ste man aan hom toegestaan word.

Mettertyd sien die 100ste man nog ’n enkeling raak wat beter klere as die ander maak en daar word gerel dat hy al sy tyd aan sy spesialiteit sal bestee. Ensovoorts.

As gevolg van die insig van die 100ste man word ’n arbeidsverdeling geskep wat behels dat l meer mense in die gemeenskap die dinge doen waarmee hulle die bekwaamste is.

Elkeen het meer tyd tot sy beskikking. Elkeen, buiten die domstes, begin belang stel in wat die ander doen en wonder hoe hy sy eie posisie kan verbeter.

Die gevolg is dat elkeen sy regmatige plek in ’n intelligente gemeenskap vind.

MAAR gestel dat, nadat die 100ste man sy voor teen die berg af gegrawe en die 99 ander tien minute se verdienste in ruil vir sy water gevra het—gestel dat hulle toe geantwoord het: "Ons is 99 en jy is net een. Ons sal al die water vat wat ons nodig het. Jy kan ons nie keer nie en ons sal jou niks gee nie." Wat sou dan gebeur het?

Daar sou geen aansporing meer vir die nuuskierigste brein gewees het op wie se ondernemende denke daar gebou kon word nie. Die gemeenskap sou glad nie gevorder het nie en dieselfde onnoselheid wat in die begin daar was, sou eenvoudig bly heers het.

Laat ons egter veronderstel dat die 99 nie die 100ste man gekeer het om sy idees uit te leef nie en dat die gemeenskap gefloreer het.

Het ’n mens dan nodig om iets meer te s om te bewys dat ondernemingsgees winsgewend kan wees sonder om enigiets van ander mense weg te vat? Dat entrepreneurskap die lewe vir almal makliker kan help maak?

Ons moet daarna strewe, ou seun, om te bou pleks van af te breek wat andere gebou het. Ons moet billik teenoor ander mense wees of die wreld kan ons nie billik behandel nie.

Liefdegroete

Oupa


n Mens kan nie rykdom vermenigvuldig deur dit te verdeel nien les in die ekonomie

OP N DAG vertel n professor in die ekonomie aan n kollege in Amerika aan sy toehoorders dat hy nog nooit voorheen n enkele student laat druip het nie, maar dit eenmaal met n hele klas gedoen het.

Daardie klas het daarop aangedring dat sosialisme werk omdat niemand dan arm en niemand ryk sou wees nien groot gelykmaker.

Die professor het toe ges: Goed, ons sal in hierdie klas n eksperiment met sosialisme doen. Alle prestasiegrade sal tot die gemiddelde verwerk word en elkeen sal dieselfde prestasiegraad ontvang, wat sal beteken dat niemand sal druip en niemand n A sal ontvang nie.

Met die eerste toets is die gemiddelde bereken en elkeen het n B gekry.

Die studente wat hard geleer het, was ontsteld en die studente wat min geleer het, was gelukkig.

Toe die tyd vir die tweede toets aanbreek, het die studente wat vantevore min geleer het, selfs minder geleer, terwyl di wat voorheen hard geleer het, besluit het hulle wil dit ook so lekker h en gevolglik het hulle min geleer.

Die gemiddelde met die tweede toets was n D! Niemand was gelukkig nie.

Met die aflegging van die derde toets was die gemiddelde n F.

Die prestasiegrade het nooit gestyg nie, omdat stryery, verwyte en n geswets alles tot n groot gegriefdheid gelei het en niemand wou studeer tot die voordeel van enigiemand anders nie.

Almal het gedruip, tot hul groot verbasing, en die professor het hulle vertel dat sosialisme ook uiteindelik sal misluk, want wanneer die beloning groot is, is die poging om te slaag ook grootmaar wanneer die regering die beloning wegneem, sal niemand probeer of wil slaag nie.

Dit kan nie eenvoudiger wees as dit nie.

n Kort, maar baie veelseggende aanhaling stel dit alles in n neutedop:

n Mens kan nie die armes deur wetgewing bevry deur die rykes hul vryheid deur wetgewing te laat verloor nie. Wat die een mens ontvang sonder om daarvoor te werk, moet n ander mens voor werk sonder om te ontvang. Die regering kan nie aan iemand enigiets gee wat die regering nie eers van iemand anders neem nie. Wanneer die helfte van die mense begin dink dat hulle nie hoef te werk nie omdat die ander helfte vir hulle gaan sorg, en die ander helfte begin dink dat dit nie help om te werk omdat iemand anders dit gaan kry waarvoor hulle werk nie, is dit, my vriend, omtrent die einde van enige nasie.

n Mens kan nie rykdom vermenigvuldig deur dit te verdeel nie.

Dr. Adrian Rogers, 1931
 

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad