Hartebreker wat die wÍreld geleer het om harte te vervang... die gebeurtenisryke lewe van die geniale Suid-Afrikaanse professor wat een van die beroemdste medici van alle tye geword het

Chris BarnardChris BarnardAnimasie van kloppende hart
 Die koning van harte

Christiaan Neethling Barnard (1922-2001) was ín briljante Suid-Afrikaanse hartchirurg wat die eerste menslike hartoorplanting in die geskie­denis gedoen het. Die flambojante lewe van die hartebreker prof. Chris was ín sepie-agtige ver­volgverhaal op sigself, maar niks kan afbreuk doen aan die monumentale werk wat hy as chirurg verrig het nie. Hy word nie verniet as een van grootste geneeskundiges van die twintigste eeu beskou nie...

Prof. Chris Barnard op die voorblad van die tydskrif Time

BO: Prof. Chris Barnard op die voorblad van die tydskrif Time, 15 Desember 1967. Die wÍreld sou met nuwe oŽ kyk na die stand van die geneeskunde in Suid-Afrika, wat blykbaar reeds ín graad van sofistikasie bereik het wat min mense verwag het.

D

IE hart van een mens in ín ander een oorplant? Destyds het dit byna te fantasties geklink om waar te wees! Die tradisionele siening van die hart is immers dat dit die setel van die lewe is, die sentrum van die gemoed, die tuiste van die siel en die oorsprong van die liefde.

Trouens, woorde soos hartseer, hartelus, hartstog, hartedief en hoeveel ander getuig almal hoe ons mense die hart met ons diepste emosies vereenselwig. Hoe kan ín mens dan nog dieselfde mens wees as iemand anders se hart in jou borskas klop?

Maar nŠ die nag van 2 op 3 Desember 1967 sou die wÍreld vinnig sy romantiese siening van die biologiese hart veranderóen boonop met nuwe oŽ kyk na die stand van die geneeskunde in Suid-Afrika, wat blykbaar reeds ín graad van sofistikasie bereik het wat min mense verwag het.

Daardie gedenkwaardige SondagmŰre het mense tot by die uithoeke van die aarde gehoor dat ín mens-op-mens-hartoorplanting deur ín Kaapse dokter gedoen isódie eerste in die geskiedenis. Van die vorige middernag af tot dagbreek het ín span hartchirurge, narkotiseurs en teaterpersoneel van die Groote Schuur-hospitaal met die bystand van mediese tegnoloŽ die hart van ín verongelukte jong meisie in ín sterwende kruidenier van Seepunt ingeplant. Die leier van die hartspan, het die wÍreld verneem, was ene prof. dr. Chris Barnard.

Die haas onbekende prof. Barnard was skielik ín wÍreldfiguur. Soos met mnr. Nelson Mandela later, het armes, rykes, onbekendes en die beroemdstes ter wÍreld met mekaar gewedywer om hom te ontmoet, en boonop het die aantreklikste vroue voor sy sjarme geswig.

Chris BarnardREGS: Prof. Barnard op ín konferensie waar hy saam met toonaanwende  voorstanders van hartoorplantings van die VSA vergader het kort nadat hy sy eerste hartoorplanting gedoen het. ín Mens kan jou indink hoe verbaasóindien nie enigsins geskok nieódie Amerikaners  moet gewees het omdat hulle diť keer nie die eerste was nie!

Gesny uit ín foto van National Liberary of Medicine / U.S. National Institutes of Health  (digitaal verkleur)

Eie aan hom het Barnard in al die verheerliking gebaai, maar sy flambojantheid sou altyd deur Suid-Afrikaners aanvaar word as een van eksentrisiteite van die genie wat hy onbetwisbaar was. Wat Chris Barnard vir Suid-Afrikaóen die geneeskundeóbeteken het, bly in elk geval onberekenbaar groot.

 Die seun uit die Karoo  

CHRISTIAAN NEETHLING BARNARD is op 8 November 1922 op Beaufort-Wes in die Karoo gebore, een van vyf seuns van die sendingpredikant Adam Barnard en sy vrou Maria. Een van die seuns, genaamd Abraham, is aan sy hart dood toe hy ín skamele vyf jaar oud was, en dit kon wel ín rol gespeel het in Chris se latere besluit om hom as hartchirurg te bekwaam.

Hy het in 1940 aan die HoŽrskool Beaufort-Wes gematrikuleer en in 1946 as geneesheer en chirurg aan die Universiteit van Kaapstad gekwalifiseer. Sy ouers het dit nie breed gehad het nie, en die jong Chris moes elke dag sowat agt kilometer ver na die universiteit loop. Hy het sy afronding as ín intern aan die Groote Schuur-hospitaal ontvang. Tydens sy opleiding in die algemene snykunde het hy ook tyd ingeruim vir hoogs vindingryke navorsing oor aangebore ingewandsafwykings by pasgeborenes.

Barnard is in 1948 met Aletta ("Louwtjie") Louw getroud by wie hy twee kinders gehad het. NŠ sy troue het hy hom op die skilderagtige dorp Ceres in die Wes-Kaap gaan vestig waar hy tot 1951 ín huisdokter was.

Met sy terugkeer na Kaapstad het hy by die Stadshospitaal en Groote Schuur diens gedoen. In 1956 het hy ín beurs ontvang om aan die Universiteit van Minnesota onder twee pioniers in die hartsnykunde, Richard Varco en C. Walton Lillehei, te studeer. Dit was hier waar hy onder meer die beginsels van opehartoperasies bemeester het.

Weer terug in die Kaap het hy ín hartlongmasjien wat die Amerikaanse regering beskikbaar gestel het, goed benut en spoedig een van die beste hartsnykunde-eenhede ter wÍreld opgebou. Barnard het veral welslae gehad met die herstel van aangebore hartdefekte by kinders en met klep-operasies. Een van sy onderskeidings was sy aanstelling in 1962 as hoogleraar in die departement van chirurgie aan die Universiteit van Kaapstad.

Teen 1965, toe nieroorplantings nie juis goeie resultate getoon het nie, het Barnard aan hartoorplantings begin dink. In 1967 was hy drie maande in Amerika, waar hy die beginsels van immuniteitsonderdrukkingsterapie bestudeer het. In die Kaap het hy ín nier oorgeplant en die pasiŽnt het uiteindelik langer as twintig jaar bly lewe. Met diť minimale ondervinding het hy sy aandag na hartoorplantings verskuif.

 

 ín Lewe vir altyd verander  

  DIE epiese hartoorplanting in 1967óín wÍreld-eersteóhet, soos gesÍ, Barnard se lewe totaal verander.

 

Denise Darval Die eerste hartskenker was die jong meisie Denise Darval (LINKS), wat daardie Saterdagmiddag in Desember sowat ín kilometer van die Groote Schuur-hospitaal saam met haar ma in ín motorongeluk betrokke was. Die ouer vrou was op slag dood, maar Denise het nog gelewe hoewel haar brein onherstelbaar beskadig was. Tog het haar hart steeds geklop.

Die jong, kloppende hart was net wat Barnard nodig gehad het vir die pasiÍnt Louis Washkansky, wat in sy vyftigerjare was, maar wie se hart so verswak het dat hy vir seker nie meer lank kon lewe nie. As die ontvanger van die wÍreld se eerste oorgeplante hart, sou Washkansky se naam spoedig saam met diť van Barnard in hoofberigte regoor die aarde verskyn.

Louis WashkanskyWashkansy (REGS) het net agttien dae met sy nuwe hart bly lewe (hy is aan longontsteking oorlede, moontlik weens ín te intensiewe behandeling met middels teen verwerping). Tog sou hierdie deurbraak tot ín heel nuwe era in hartchirurgie lei met letterlik tienduisende hartoorplantings wÍreldwyd oor die volgende dekades.

 

Intussen het Barnard as die "rolprentster-chirurg" en die groot hartebreker-hartdokter ook die skinderbladsye in die wÍreldpers oorheers. Met die oorplanting het hy asít ware wÍreldburgerskap ontvang: ín oudiŽnsie met die pous, vriendskappe met ín filmster soos Sophia Loren en selfs ín verhouding met die rolprentster Gina Lollobrigida. Sy natuurlike aantreklikheid het hom goed te pas gekom, terwyl swerms beroemdes gebaklei het om langs hom afgeneem te word.

Barnard het egter nie op sy louere gerus en in sy roem gestagneer nie, maar as ín baanbreker op sy gebied steeds groot werk bly doen. Reeds op 2 Januarie 1968 het hy die hart van ín sekere Clive Haupt in dr. Philip Blaiberg, ín Kaapse tandarts, oorgeplant. Blaiberg het sowat ín jaar en ín half met sy nuwe hart gelewe. Wat meer sÍ, twee van Barnard se eerste vier pasiŽnte het langer as ín jaar oorleef, en die vyfde en sesde onderskeidelik byna 13 en 24 jaar.

Uiteindelik het Barnard meer as 50 harte oorgeplant. Hy was later ook die pionier van die tegniek van die abba-hartówaar die ontvanger se hart nie verwyder word nie, maar die skenker sín daarby gevoeg word om as ín hulp-pomp te dien.

In November 1977 het die professor weer opspraak gewek deur ín bobbejaanhart en ín sjimpanseehart as tydelike maatreŽls in twee sterwende pasiŽnte oor te plant. Die pasiŽnte het egter net ín paar uur en vyf dae onderskeidelik bly lewe. Weens die intense verwerping van die vreemde weefsel het prof. Barnard besluit om hierdie tegniek te laat vaar.

In 1983, op 61-jarige ouderdom, het Barnard vroeg afgetree uit sy pos aan die Universiteit van Kaapstad. Sy belangstelling in kliniese snykunde het afgeneem, deels weens pynlike rumatoÔede artritis wat dit vir hom moeilik gemaak het om so goed te opereer as wat hy wou.

Hy het hom op sy skryfwerk begin toespits, wÍreldwyd lesings gelewer en onder meer ín nuwe hartoorplantingsprogram in Oklahoma, Amerika, help vestig.

   Hartstogtelike lewe   

BARNARD se liefdesavonture alleen bied oornoeg stof vir ín roman wat ín hele paar boekdele sal kan beslaan. In 1969 het hy van Louwtjie geskei en in 1970 met Barbara Zoellner getrou. Hulle het twee seuns gehad. Barbara was ín pragtige vrou en die media het haar verafgoodósy was ín gewilde voorbladmodel vir tydskrifte.

 

Maar Barbara het klaarblyklik uiteindelik nie langer kans gesien vir die stralerjakkeraarslewe saam met Chris nie en hulle het in 1982 geskei. ín Wanhopige Chris het selfs ín brief in ín groot Suid-Afrikaaanse koerant laat plaas waarin hy sy liefde aan haar verklaar het, maar dit het Barbara duidelik nie tot ander insigte laat kom nie en hulle het nooit versoen geraak nie.

 

Uit Chris se huwelik met die model Karin Setzkorn in 1988 (sy was jonk genoeg om sy kleindogter te wees) is ook twee kinders gebore. Hulle is geskei kort voor prof. Barnard se tragiese dood in 2001 in Ciprus.

Prof. Barnard in later jareDie probleme van die ouderdomódie voorland van almal van ons wat lank genoeg bly leefóhet ook die "koning van harte" ingehaal. In sy skemerjare is sy voorkoms taamlik geskend deur ín neusoperasie weens velkanker, terwyl hy ook ín  heupvervangingsoperasie ondergaan nadat hy geval en sy heup gebreek het.

En op 2 September 2001, terwyl hy op die kusdorp Paphos, Ciprus, met vakansie was, het prof. Barnard weens ín asma-aanval gesterf toe hy nie betyds sy asmapompie in die hande kon kry nie. Hy was byna 79 jaar oud.

 

As daar ooit iemand was wat volmaak gepas het by die liriek van wyle Frank Sinatra se bekende lied I Did It My Way dan was dit Chris Barnard. Die strofe in die lied "Regrets I had a few, but then too few to mention" strook veral perfek met die eiesinnige individualis wat oor weinig spyt was, maar die geluk waardeer het wat hy in sy lewe kon smaak. Tog het hy ook geweet waar sy hulp vandaan kom. Soos hy eenmaal gesÍ het: "Wanneer ek sterf, kan ek sÍ: 'Dankie, Here, ek het ín groot geleentheid in die lewe gehad.' "

 

Barnard het geweet hy maak geskiedenis, maar hy het stellig nie die enorme opskudding verwag wat sy eerste hartoorplanting veroorsaak het nie. Vir hom het die hart werklik weinig te doen gehad met die gevoelslewe en was dit bloot ín "primitiewe pomp". Maar die intensiteit waarmee hy in die kollig ingeruk is, sou uitstekend rym met sy eie intense karakter.  Hy het klaarblyklik die geweldige aandag tot die einde toe geniet.

 

Prof. dr. Chris Barnard se passie juis vir die "menslike pomp" het hom ín ereplek in die geskiedenis besorg wat min sterflinge beskore is, wat ook al van sy persoonlike hartsake vertel word. Hy was bowenal en allereers die geniale en uiters toegewyde medikus wat onverskrokke ín nuwe weg ingeslaan het toe ander nog skoorvoetend gehuiwer het om dit te doen.

 

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad