’n Laslappie van Mieliestronk

PERSIË:

Die onstuimige verlede van die
teenswoordige Iran

 

Bouval van Apadana-paleis in Persepolis

 

Alle afbeeldings by die kort teks op hierdie bladsy is regtens openbare besit (kopieregvry of sogenaamd in die “public domain”), hetsy omdat die besitters hul kopiereg opgehef of omdat die kopiereg weens ouderdom verval het

 

OMSTREEKS 1000 vC het stamme hulle gevestig in ’n deel van die wêreld wat ons vandag as Iran ken. Dit was die ou Persië.

 

Cyrus IIIn 546 vC het Cyrus II, die koning van Persië, die heersende stam van die Mede verslaan en daarna ook buurgebiede, waaronder Babilon en Lidië, verower. Die ryk het sy hoogtepunt onder Darius I (521-486 vC) bereik. Alexander die Grote het die laaste Persiese koning, Darius III, in 333 vC by Issus verslaan. 

     

 

Persepolis — lugfoto

Darius I

 

Die stad Persepolis was die hoofstad van die ryk sedert die heerskappy van Darius I. Sy paleis is op ’n verhewe terrras gebou, deur mure omring en met fonteine en bome verfraai. Die Persiese muntstuk, wat die daricus genoem is, is wyd gebruik.

 

Cyrus I het die ryk in satrapieë, of provinsies, verdeel. Daar was twintig satrapieë onder Darius I. Die provinsiale goewerneur aan die hoof van elk is ’n satraap genoem. Hy het volle burgerlike, regterlike en militêre magte gehad.

 

Muurskildering uit die sewentiende-eeuse Persië van ’n vrou wat besig is om wyn te skinkLINKS: Baie eeue later: ’n muurskildering uit die sewentiende-eeuse Persië van ’n vrou wat besig is om wyn te skink (in die Chehel-sotoon-paleis, Isfahan, Iran).

 


Klik hier om terug te keer na die Laslappie-bladwyser


Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad