Hierdie raad is nie net vir die grootmense bedoel nie. Jong kinders kan juis ín liefde vir plante geleer word deur hulle geÔnteresseerd te maak in al die fleurighede wat in houers gekweek kan word!
    

Potplant-kweking:
Potte vol plesier!


Vervrolik jou huis met verskillende soorte blomme in potte. Verskeie sulke potblomme kan selfs later in die tuin oorgeplant word. Om dit te kan doen, moet jy egter genoeg van die algemene versorging van potplante weet. Mieliestronk het spesiaal gaan kers opsteek by die kenners...
   

AL WAT ’n potplant nodig het, is . . . wel . . . potjiekos en liefde.

             Met potjiekos word natuurlik nie daardie gewilde boere-bredie bedoel nie! Ook nie net die porsies kunsmis wat jy af en toe vir jou binnenshuise sierplante moet voer nie.

             Potplante het ook ander soorte ''kos’’ nodig, soos die regte lekseltjie water op sy tyd. En genoeg lig, lugsirkulasie en warmte, afhangende van die bepaalde soorte wat jy moet vertroetel.

            Vertroetel is eintlik nie die regte woord nie. Dit klink te veel na ’n onverkwiklike oppiepery van die plante wat daagliks ure van jou kosbare tyd in beslag neem. Die waarheid is dat potplante juis nie verskriklik baie sorg nodig het nie. Hier knip-knip, daar ’n bietjie natmaak en, woerts, dis alles verby tot anderdag!

            Aan die ander kant sal besoekers gou agterkom as jy jou huisplante verwaarloos. ’n Verpotte potplant met vergeelde blare is altyd verdoemende getuienis teen sy besitter.

            Daarom is dit so noodsaaklik om presies te weet hoe om jou plante geil en gesond te hou. Met ’n klompie basiese riglyne sal jy egter gou-gou in ’n groenvinger-fundi ontpop.

            Heel eerste moet ’n mens besef dat plante net soos diere dramaties van mekaar kan verskil. Net soos jy nie gras vir ’n luiperd kan voer en vleis vir ’n bok nie, so kan jy mos ook nie vlieŽ vir jou varings gee soos vir ou Venus jou vlieŽvanger nie.

            Maar daar is ook subtieler verskille tussen plante, wat baie te doen het met die verskillende klimate waarin hulle eintlik aard. Plantkundiges beveel dus aan dat jy ’n sewestuks vrae aan jou kweker moet stel elke keer wanneer jy ’n plant koop:

  • Hoe groot moet die pot wees waarin ek dit gaan plant en wanneer sal ek dit in ’n groter pot moet verplant?
  • Watter soort grond het dit nodig?
  • Watter soort potplant-kunsmis moet ek toedien en hoe dikwels?
  • Hoeveel water moet dit kry?
  • Moet die plant baie lig (selfs direkte sonlig) kry of nie?
  • Sal dit die beste aard in ’n warm of minder warm plek?
  • Wat is die voggehalte (humiditeit) van die lug waar hierdie soort plante in die vrye natuur groei?

Omdat elke soort plant dus ’n ander vlak van versorging nodig het, kan dit jou ook loon om ’n planteboek te raadpleeg en te kyk watter soort plante vir jou die geskikste sal wees. Die volgende breŽ kennerswenke oor potplante is nietemin uit verskillende bronne versamel:

 

DIE GROOTTE VAN DIE POT

 

DIT KLINK bloot na ’n kwessie van gesonde verstand om die regte grootte pot vir ’n bepaalde plant te kies. Tog kan ’n leek hier maklik die pot mis sit! As jy enigsins twyfel, raadpleeg gerus jou kweker om reg in die begin seker te maak dat jy nie dalk ’n reus in ’n eierkelkie sal probeer grootmaak of ’n dwerg in ’n Ali Baba-pot nie.

            Alle potplante moet die een of ander tyd in groter potte oorgeplant word. Jy sal agterkom wanneer dit nodig raak: die plant sal begin kwyn en van sy wortels kan selfs by die ou pot se dreineringsgate begin uitgroei.

           Die deursnee van die nuwe pot behoort in die reŽl nie meer as 2,5 cm groter as diť van die ou pot te wees nie. En moenie die wortels met die oorplanting te veel versteur nie. Die meeste plante kan maklik uit hul ou houers verwyder word deur dit onderstebo te hou en die rand van die pot teen iets solieds te kap. Hou jou een hand oor die grond in die pot met die plant tussen jou voor- en middelvinger soos op die illustrasie hieronder:


 

DIE GROND IN DIE POT

 

ALLE PLANTE het grond met genoeg voedingstowwe nodig wat vry van siektes en peste is. Maar dit spreek vanself dat verskillende plante nie almal dieselfde soort grond vereis nie. Party verkies dit suur, ander wil dit min of meer neutraal hÍ en nog ander floreer die beste in ’n alkaliese medium.

So het eksotiese blomme partykeer ’n spesiale tipe grond nodig wat Usambara-viooltjie-grond (``African violet soil’’) genoem word. Kaktusse en vetplante sal weer gewoonlik in ’n sanderiger grondmengsel gedy.

Die meeste plante sal egter heel goed vaar in gewone sogenaamde potplant-grond. Sulke vooraf vermengde grondsoorte is vrylik te kry by kwekerye en ander verkopers van plante.

            Gaan soos volg te werk wanneer jy ’n plant vanuit sy swart plastiekhouer of sy ou pot na ’n nuwe een oorplant: Pak klein klippies onder in die pot bo-oor die dreineringsgate. Op die klippies gooi jy ’n laag growwe riviersand, waarna jy die pot verder deels met potplant-grond vul.

            Los ’n holte in die middel en plaas die plant se wortelgedeelte, met sy oorspronklike grond daar om, in die holte. Vul nou die pot verder met potplant-grond op tot by die plant se oorspronklike grondlyn, wat sowat 2,5 cm onderkant die pot se rand behoort te wees.

            Hou die grond om jou potplant  altyd los, om ’n goeie lugvloei na die wortels te verseker en om die grond se voghou-vermoŽ te verbeter.

 

WATER, HUMIDITEIT, TEMPERATUUR EN LUGSIRKULASIE

 

ONERVARE potplant-eienaars maak dikwels die fout om hul plante te versuip. Hulle gee dit soveel water dat die wortels begin verrot en die blare se punte bruin word. Die plant is droog, dink hulle danóen gee nog meer water. Op die ou end beland die dooie plant in die astrom.

        Dis ’n jammerlike waarheid: meer potplante vrek van te veel water as van enigiets anders.

 

 

 

           As ’n versuipte plant egter nog nie te ver heen is nie, kan jy wel Operasie Reddingspoging beproef, vertel ’n kenner. Plant dit dadelik oor in ’n nuwe pot nadat jy die ou grond van sy wortels afgewas het. Vervang dus al die grond. Gee die plant nou heelwat minder water in sy nuwe omgewing.

Kenners beveel ook aan dat ons altyd water teen die kamertemperatuur moet gebruik en nooit warm of koue water nie, want dit kan die fyn, sensitiewe wortelhare beskadig en die plante laat doodgaan. En as dit enigsins moontlik isóvir baie van ons is dit ongelukkig nieóvermy kraanwater. Die minerale en chemikalieŽ daarin (bv. chloor) kan erg skadelik vir jou plante wees.

In die winter is minder water vir potplante nodig as in die somer. Onthou nietemin dat ’n verwarmer ’n vertrek se lug so kan uitdor dat die water sommer gou-gou uit ’n pot verdamp. Dit kan uiters nadelig vir ’n plant wees om te naby aan verwarmingstoestelle en lugversorgers te staan.

Die kamertemperatuur in ’n huis is ook nie oral dieselfde nie. Lesings met ’n termometer sal gou-gou toon watter kamers kouer as die ander is. Neem dit in ag en plaas liefs plante in ``mini-klimate’’  wat die naaste is aan die klimate in hul natuurlike groeigebiede.

Potplant-eienaars word boonop deur kenners aangeraai om nie hul plante saans nat te gooi wanneer die temperatuur besig is om te daal nie.

’n Nuttige wenk wat vir die meeste plante geld, is dat die grond effens sponserig moet voel nadat jy water toegedien het. Maak ook altyd seker dat die water behoorlik deur jou pot dreineer; die grondvog moet egalig versprei wees. Desnoods kan jy die  klippies onder in die pot deur ietwat groter klippies vervang.

            Jy kan eweneens letterlik met jou vingers voel of jou plant ``dors’’ is. Wanneer die grond hard en droog voel, is dit lankal tyd om water te gee. Indien dit klam voel en donker lyk, wag ’n dag of selfs ’n paar dae voordat jy weer natmaak.

            Plante se waterbehoeftes verskil immers so dat ’n mens hoegenaamd geen reŽl kan neerlÍ oor hoeveel hulle daarvan moet kry nie. Ons kan darem sÍ dat plante met growwe wortels wat in swaarder, kleierige grondsoorte groei, gewoonlik toegelaat moet word om taamlik uit te droog voordat die pot weer behoorlik deurweek word. Maar veselrige wortelknolle in humusryke grondmengsels moet egaliger nat gehou word.

Usambra-viooltjies en orgideŽ is onder die soorte wat boonop ’n hoŽ humiteit wil hÍóen daarby baat vind as hul blare daagliks met ’n fyn sproei bespuit word.

            Die meeste plante hou van ’n goeie lugsirkulasie sonder direkte trekke.  In ’n warm, bedompige kamer sal hulle maklik kwyn en deur plae en siektes geteister word.

           

LIG

 

SOOS DIE REGTE hoeveelheid water is die regte kwota lig baie belangrik vir ’n plant. Keith Kirsten, die bekende Suid-Afrikaanse tuinkenner, het al gesÍ dat dit net plastiekblomme is wat werklik in die donker kan staan!

            Maar terwyl byvoorbeeld ’n kleurryke kalanchoe in sy element sal wees by ’n venster met direkte sonlig, sal dieffenbachias (stomriete) en calathea (pouplante) veel voorspoediger in gefiltreerde lig wees. En ficus-variŽteite verkies weer medium- tot helder lig sonder direkte son.

            Ook die huispalm is maar lekker sku vir die son en sy blare sal skroei as hy naby ’n venster met baie lig staan.

            Ons moet nooit plante se liggevoeligheid onderskat nie. ’n Mens durf nie eens ’n plant uit ’n effense skemerte skielik verskuif na ’n plek met ’n skerp lig nie. As jy reken jou plant het meer lig nodig, verskuif hom geleidelik na die helderder plek.

            Dis ook belangrik om nooit water op blomme of blare te spat terwyl hulle reg in die son staan nie. Die druppeltjies werk soos ’n tros brandglase wat elkeen die sonstrale saamtrek en dit kan baie nadelig vir die plante wees.

 

BEMESTING

 

HIERDIE KLOMPIE kennerswenke oor die voed van potplante is baie nuttig:

 

  • Onthou alle potplante het voeding nodig, maak nie saak in watter soort kompos jy hulle ook al geplant het nie.
  • Die voedingstowwe in die meeste soorte turfkompos sal gedaan wees binne enkele weke nadat jy jou potplant daarin geplant het. Begin reeds nŠ drie of vier weke om dit met kunsmis aan te vul.
  • Moet nooit jou potplant oorvoed nie. Ofskoon ’n bietjie daarvan goed is, moet jy nie aanneem dat baie noodwendig beter is nie. Volg jou kweker se aanbevelings oor die hoeveelheid kunsmis. Dit sal ook wissel na gelang van die grootte van die plant en die pot. Te veel kunsmis kan jou plant se groei vertraag of dit selfs doodmaak.
  • Baie soorte kunsmis vir potplante is vloeistowwe. Een manier om dit te gebruik, is om dit met water te verdun voordat jy dit op die grond in die pot gooi en die plant water gee.
  • As jy baie potplante in die huis het, kan so ’n mengery en aanwendery nogal taamlik baie van jou tyd verg. Jy kan dalk verkies om eerder vir die gerief te betaal om kunsmis-stafies te gebruik. Diť word doodeenvoudig in die kompos ingedruk waarna die kunsmis oor ’n maand of wat stadig daarin vrygestel word. Daar is ook kunsmis op die mark waarvan die stikstof stadig vrygestel word wat jy oor jou kompos kan strooi.
    *

 Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad