Die laaste ure van Pompeji
BO: Oorweldig deur die vulkaan. Holtes is in die gestolde vulkaniese as gelaat deur lyke wat deur die loop van die eeue vergaan het. In die holtes kon afgietsels soos diť gemaak word... 'n somber weerspieŽling van die einde van sekere inwoners van Pompeji.

In die jaar 79 nC het die vulkaan Vesuvius die Romeinse nedersettings aan sy voet onder 'n dik laag as en lawa begrawe. Baie eeue het verstryk voordat 'n plek soos Pompeji weer oopgegrawe is -- om merkwaardige dinge oor die antieke samelewing in die Baai van Napels te ontbloot. Daardie oorblyfsels bied ons nie net 'n besondere blik op die lewe in Italiaanse provinsiale stede in die eerste eeu nŠ Christus nie, maar kan ons ons ook die verskriklike laaste ure duidelik laat voorstel van die mense wat in die gedoemde stad gesterf het...

''TOE HOOR hulle die plettering van vallende dakke; nog 'n oomblik verloop en dit lyk of die bergwolk op hulle afrol, donker en vinnig, soos 'n stortvloed; terselfdertyd giet dit uit sy boesem 'n vlaag asse gemeng met yslike brokstukke van brandende klip! Oor die brekende wynstokke -- oor die verlate strate -- oor die amfiteater self -- wyd en syd -- met talle hewige plonse in die onrustige see -- val daardie aaklige reŽn...''
--  uit The Last Days of Pompeii deur Edward George Bulwer-Lytton, 1834.


Dit moet vir die mense daar gevoel het of die hel losgebars het -- daardie verskriklike Augustus-dag in die jaar 79 nC toe die vulkaan Vesuvius met 'n wrewel ontplof en die Romeinse nedersettings Pompeiji, Herculaneum en Stabiae in ItaliŽ verwoes het.

Spoedig het 'n laag vulkaan-as, klippe, modder en lawa tot ses meter dik oor die gebied versprei gelÍ -- die sombere massagraf van 'n paar duisend versmoorde en verkoolde mense, wat in hul huise skuiling gesoek het, maar nogtans in hul eie wonings oorweldig is.

Van die verwoeste nedersettings in die Baai van Napels is Pompeji bepaald die bekendste. Diť ou Italiaanse stad, net suid van Vesuvius, is reeds omstreeks 600 vC gestig deur die OskiŽrs, wat in hierdie gebied gewoon het. Dit het in 80 vC onder Romeinse beheer gekom en in die begin van die Christelike jaartelling sowat 20000 inwoners gehad.

Maar toe kom die vernietigende ramp. En meer as 1500 jaar lank het Pompeji en die ander plekke ongestoord onder die vulkaanpuin gelÍ, trouens, in die Middeleeue is skoon vergeet dat hulle ooit bestaan het.

Dit was eers in 1738 dat met opgrawings in Herculaneum begin is, gevolg deur Pompeji in 1748 (deur die Duitse argeoloog Johann Joachim Winckelmann) en Stabiae in 1749. Daar is gevind dat hele dorpe merkwaardig behou gebly het, selfs die eenvoudigste besonderhede van die inwoners se daaglikse lewe.

Hier is dinge nog soos hulle van ouds was: mure, strate, openbare monumente en geboue, winkels, indrukwekkende en eenvoudige wonings... maar daarmee saam ook die holtes wat in die gestolde vulkaniese as gelaat is deur lyke wat deur die loop van die eeue vergaan het. Daarvan kon afgietsels gemaak word.

LINKS: Die bouvalle van Pompeji.


So sien 'n mens dan die dooie slagoffers se verskrikte houdings in hul sterwensoomblikke, verewig in die gietsels. Daar is selfs 'n gietsel van 'n waghond wat vasgeketting is ... verwronge soos hy was toe hy tot op die laaste nog met alle mag probeer het om sy ketting los te ruk.

Gelukkig het die meeste van die inwoners destyds daarin geslaag om aan die uitbarsting te ontkom. Later het hulle toe teruggekeer om tonnels in en om die huise en openbare geboue te grawe en feitlik alles wat waardevol is te verwyder.

Ook die argeoloŽ het, sedert die opgrawings begin het, van die beste muurskilderye en vloermosaÔeke na die Nasionale Museum in Napels verskuif.

LINKS: Huis van die Faun (bosgod), Pompeji.

Foto met vergunning FreeStockPhotos.com

Maar hoekom is die ruÔnes in so 'n goeie toestand gevind? Dit blyk dat die vulkaan-as in der waarheid vir 'n lugdigte verseŽling gesorg het. Ongelukkig is die bouvalle vandag baie vinniger aan die verkrummel as in al die eeue toe hulle nog onder hul beskermende ''kombers'' was. Die grootste rede is omdat toeriste daarheen stroom en die ruÔnes oorgelewer is aan gemiddeld 5000 besoekers per dag.

Die aftakeling was naderhand so onrusbarend dat drastiese stappe gedoen moes word. Dit is waarom net sekere besienswaardige plekke tans nog daar deur die publiek besoek mag word.

Tog bied dit 'n mens steeds 'n besondere blik op die lewe in Italiaanse provinsiale stede in die eerste eeu nŠ Christus, 'n voortreflike kykie op daardie antieke samelewing in die Baai van Napels.

BO: Selfs van die mosaÔekwerk aan die mure het behoue gebly. En dit nŠ byna tweeduisend jaar.

Foto met vergunning FreeStockPhotos.com

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad