Plastieksak

Plastiek: die hoogs plooibare grondstof van duisend nuttige dinge... en dieselfde stof waarvan die gewraakte supermark-sakkie gemaak word

Plastiek
Revolusie van die sintetiese 'ivoor'


Alledaagse voorwerpe van plastiekDie groot nadeel van plastiek is dat dit nie wil vergaan nie. Begrawe ’n gewone stuk papier in die grond en ná ’n tyd het dit heeltemal weggevrot, om totaal deel te word van die aarde waarin dit beland het. Maar ’n plastieksak lę in die grond vir jare en jare. Boonop is dit uiters gevaarlik vir diere wat dit vreet—en hoogs ontsierend waar dit aan doringdrade wapper en lank reeds die "nasionale blom" van Suid-Afrika genoem word. Die huidige veldtog teen die plastieksakkie maak dus grootliks sin. Dog die gewraakte sakkie is natuurlik lank nie die enigste ding van plastiek nie. Trouens, plastiek is eintlik ’n uiters nuttige samestelling wat oral in ons węreld gebruik word. Maar presies wat is dit dan nou eintlik?


D

IE oorlog wat nou teen plastieksakkies woed, is een ding, maar jy kan jou omtrent nie die węreld sonder plastiek voorstel nie. ’n Aarde met geen plastiekbekleedsels, -meubels, -houers,
-speelgoed en-skryfgoed—trouens, met geen van die duisternis ander dinge wat wat van hierdie sintetiese ''ivoor'' van die moderne tyd gemaak word nie.

Maar presies wat is plastiek? Die geleerdes praat vanMolekule plastiekstowwe as hoogpolimeerstowwe. Dit is stowwe wat uit reuse-molekules bestaan, wat makromolekules genoem word. Die meeste plastiekstowwe is organies (dit wil sę hulle het die element koolstof as basis), omdat koolstof juis in staat is om die nodige makromolekules te vorm.

Silikon (’n nie-metaalagtige element wat algemeen in sand voorkom) is in ’n mindere mate ook in staat om makromolekules te vorm, en plastiekstowwe kan dus ook daarvan gemaak word.

Polimerisasie kan gedemonstreer word deur honderde skuifspelde (papierklemme) aan mekaar te haak om kettings te vorm.

Al bestaan die meeste polimeerstowwe basies uit koolstof (C) enMolekule-ketting waterstof (H) [ILLUSTRASIE HIERBY], kan ander elemente soos suurstof, chloor, stikstof, fosfor, swael, ens. ook betrokke wees.

Natuurlike polimeerstowwe is maar al die eeue met ons. Dit sluit in sulke dinge soos teer, skilpaddoppe en horings, asook sekere plante se lateks (waarvan
rubber gemaak kan word).

Die hars waarvan plastiekstowwe gemaak word, bepaal elke soort plastiek se eienskappe. ’n Hars kan byvoorbeeld óf deur hitte verhard óf daardeur versag word, en die soort plastiek wat daarvan verkry word, word dienooreenkomstig as onderskeidelik termosettend of termoplasties aangedui.

• • • • • • • 

DIE ontwikkeling van plastiek het omstreeks 1860 begin toe Phelan and Collander, ’n Amerikaanse firma wat onder meer biljartballe vervaardig het, ’n prys van $10 000 (destyds ’n enorme klomp geld) uitgeloof het om ’n bevredigende plaasvervanger vir natuurlike ivoor te vind.

Die uitvinder John Wesley Hyatt het nie die prys gewen nie, maar tog vorendag gekom met ’n produk uit sellulose, wat hy selluloďed genoem het. Dit is later vir allerlei dinge gebruik, van die maak van kunstande tot rolprentfilms. Dit was egter hoogs vlambaar en bioskoopmasjiniste het letterlik met vuur gespeel as hulle naby hul projektors gerook het!

Hyatt het, só word vertel, ’n bottel kollodion in sy werkwinkel uitgemors. Kollodion is ’n oplossing van skietkatoen en eter, wat as kleefstof gebruik kan word. Skietkatoen is, op sy beurt, ’n ontplofbare stof, bestaande uit katoen of ander veselstof waarop swaelsuur of salpetersuur ingewerk het. Sellulose is ’n bestanddeel van plantaardige selwande, dus ook van katoen.

Ná sy ongelukkie het Hyatt agtergekom dat die kollodion tot ’n sterk, buigbare film gestol het. Toe maak hy biljartballe uit kollodion, maar omdat laasgenoemde so hoogs plofbaar is, sou die biljartballe ontplof die oomblik wanneer hulle mekaar tref. Die oplossing was die byvoeging van kanfer—’n vlugtige stof wat uit die hout van ’n lourieragtige boom verkry word. En die eindproduk was toe selluloďed, die eerste termoplastiekstof.

Die eerste volledig sintetiese plastiekstof is in 1910 kommersieel uit fenol en formaldehied vervaardig deur Leo Hendrik Baekeland, ’n Amerikaanse skeikundige wat in België gebore is. Dit is later bakeliet genoem en in die elektrisiteitsbedryf gebruik.

Die meeste soorte plastiek is oorspronklik gemaak van stowwe van plantaardige maar selfs ook dierlike oorsprong—soos kaseďen uit melk. Hoewel die produksie van nylon oorspronklik op steenkool, lug en water gegrond was, en nylon 11 steeds kasterolie as basis het, word die meeste plastiekstowwe vandag van petrochemikalieë verkry.

Kasterolievrug en -boneREGS: Die spigtige vrug van die kasterolieplant bevat die bone (REGS ONDER) waaruit kasterolie gepers word. Hoewel kasterolie vroeër ’n gewilde purgasie was, word deesdae besef hoe giftig alle dele van die plant in der waarheid is (trouens, net twee tot ses bone sou ’n mens kon doodmaak). Kasterolie is egter steeds van waarde in byvoorbeeld die plastiek- en verfbedryf.

.Foto’s: Brian Prechtel / ARS / U.S. Department of Agriculture


Hierdie grondstowwe met ’n oliebasis is betreklik wyd beskikbaar en goedkoop. Omdat die węreld se olievoorrraad egter beperk is, word ander bronne van grondstowwe, soos steenkool-vergassing, ook ondersoek.

In die twintigste eeu het die plastiekbedryf met rasse skrede vooruitgegaan en so te sę die hele węreld verower. Vandag is plastiek ’n integrerende deel van die boubedryf, motorbedryf, meubelbedryf, noem maar op.

Baie soort plastiekstowwe word in mengsels gebruik. Versterkende stowwe (gewoonlik vesels van glas of koolstof) word by plastiekhars gevoeg. Sulke samestellings is so sterk en stabiel dat hulle selfs met metale kan meeding en tog weeg hulle in die reël nie so swaar nie. Van plastiekskuime, wat samestellings van plastiek en gas is, kan groot voorwerpe gemaak word wat lig van gewig is.

’n Mens hoef maar net agteroor te sit en in jou onmiddellike omgewing sal jy heel moontlik verskeie voorwerpe kan uitken wat van plastiek gemaak is—al is die plastieksakkie se dae as "nasionale blom" hopelik met die nuwe maatreëls getel!


Herwinning — (nog) die mees praktiese oplossing 

Plastieksak “versmoor” koraal in die see
LINKS: Koraal word "versmoor" deur ’n plastieksak—’n sekere bewys dat sulke sakke nie net die land besoedel nie, maar ook die see.

DIE probleem met die meeste sintetiese plastiekstowwe is dat hulle nie in die natuur vergaan nie. Anders as hout, papier, natuurlike vesels, of selfs metale en glas, verrot hulle nie of gaan hulle nie mettertyd tot niet deur verroesting, verwering of andersins nie. 

Herwinning het hom dus ten minste vir die huidige as die mees praktiese oplossing van die probleem van plastiekbesoedeling bewys—en dit het waarskynlik lankal tyd geword dat ons tuis afval-plastiek in afsonderlike asblikke gooi sodat dit apart deur instansies versamel en herbenut kan word.

Dit lyk egter of die probleem in die toekoms met veel groter welslae aangespreek sal kan word met die ontwerp van biovergaanbare ("afbrekende") plastiekstowwe.

Dinge soos messe, vurke en lepels (illustrasie ONDER) wat van
stysel-poliëster gemaak is, is al deur innoverende wetenskaplikes van die afdeling landbounavorsing van die Amerikaanse departement van landbou ontwikkel. Elders is Biovergaanbare messe, vurke en lepelsander wetenskaplikes ongetwyfeld met soortgelyke navorsing besig om te probeer verseker dat biovergaanbare plastiek—ook vir plastieksakkies—nog eendag die norm sal word.

Om ’n slagspreuk te versin:

Die węreld is siek
van onvernietigbare plastiek!

Foto: Scott Bauer / USDA / ARS


Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad