Teks
deur Mieliestronk.com en uit Huisgenoot se
Ons Wonderlike Węreld
Foto-kompilasie deur Mieliestronk.com
IE
jaar word ryp in goue akkerblare... dig N.P. van Wyk Louw oor
vroegherfs in die Boland. En Boerneef verklaar stouterig: "My
meisie se wange is sterkoningappels; sy't ook nog anner
appelgeid..."
Deur
die eeue het die plantewęreld digter en kunstenaar bekoor en
geďnspireer. Maar in die alledaagse lewe sien ons hulle skaars raak;
ons roei hulle uit en gooi hulle toe onder gemors—en dink nie
daaraan dat ons dit aan onsself doen nie. Want plante is die
onderhouers van ons hele planeet.
Ons
asem die suurstof in wat hulle afgee. Ons eet hulle en die diere wat
plante vreet. Ons bid vir die vog wat hulle aan die lug teruggee sodat
dit op ons gesaaides reën.
Ons
gebruik hul vesels om klere te maak. Ons saag bome af om huise te bou en
meubels te vervaardig. Houtsaagsels gee aan ons die papier vir tydskrifte en
boeke. Uit hul sade word olie gepers en hul vrugte proe soet op ons
tong.
En
wanneer ons siek is, gaan ons na die plante vir genesing. Selfs in ons
tyd van hipermoderne geneesmiddels maak ons steeds op plante staat.
As
’n mens ’n plant só bekyk, lyk dit of daar niks aan die gang is
nie. Maar die skyn bedrieg. ’n Magdom ingewikkelde prosesse speel
hulle voortdurend af: daardie "dooie" plant haal asem, neem
voedingstowwe uit die grond en lug op, skei afvalstowwe af, groei en
plant voort.
’n
Plant is enige lid van die sogenaamde planteryk, wat bestaan uit sowat
260 000 bekende soorte mosse, varings, kruie, struike,
slingerplante, bome en verskillende ander plantvorms wat die droë
grond oordek en ook in die aarde se waters voorkom.
Hulle
wissel in grootte en kompleksiteit van piepklein mosse, wat in
regstreekse verbinding met water moet wees, tot reusagtige
mammoetbome, wat water en minerale deur hul vaatstelsels tot tagtig en
meer meter hoog kan optrek.
REGS:
Die węreld se hoogste boom—volgens ’n persvrystelling ’n klompie
jare gelede van die Amerikaanse regeringsliggaam U.S. Geological
Survey—is hierdie mammoetboom
(of sequoia) in Kalifornië se Sequoia-wildtuin. Dit kan
omtrent 2000 jaar oud wees en staan bekend as “General Sherman”.
Die boom se hoogte is toe as nagenoeg 83 meter aangegee, met ’n
deursnee van sowat 9 meter onder by die basis.
Omdat
daar so ’n groot verskeidenheid van plante is, het mense dit nodig
gevind om hulle in groepe in te deel. Die antieke Grieke het omstreeks
300 v.C. reeds orde uit die chaos probeer skep deur plante volgens hul
medisinale waarde te klassifiseer.
Maar
eers in 1735 het die Sweedse plantkundige Carolus Linnaeus die
tweenaam-stelsel uitgedink. (Linnaeus se eintlike naam was Carl von
Linné, dog in daardie tyd was dit mode om name te verlatyns).
REGS:
Carolus Linnaeus.
Linnaeus
het
voorgestel dat elke organisme (plant en dier), twee name kry: die
eerste een ’n geslagsnaam en die tweede ’n spesienaam. (Die
geslagsnaam begin altyd met ’n hoofletter en die spesienaam met ’n
kleinletter.) Latynse of Griekse name sou gebruik word omdat dit
destyds die węreldtale was.
’n
Plantspesie is ’n groep plante
wat
bepaalde en onveranderlike kenmerke deel. Soortgelyke spesies word in
geslagte saamgegroepeer. Verwante groepe word weer in families
ingedeel, dan volg ordes, klasse, filums en uiteindelik ’n klompie
groot plantgroepe.
Maar
dit het mettertyd vir geleerdes duidelik geword dat daar sekere
organismes is wat nie naastenby plante kan wees nie en ewemin diere.
DIt was heeltemal in stryd met wat Linnaeus
gereken het...
Bakterieë,
blougroen alge en
swamme—eers as plante beskou,
maar nie meer nie
TOT
die 1950’s en ’60’s was die skrywers van teksboeke blykbaar
tevrede om te volstaan met Linnaeus
se indeling waarvolgens
alle lewende wesens óf plante óf diere sou wees.
Nou
is dit betreklik maklik om hierdie indeling toe te pas sover dit
organismes aangaan wat ons met die blote oog kan sien. ’n Plant staan
immers heeltyd op een plek en vervaardig glukose uit sonlig,
koolstofdioksied en water. Op sy beurt beweeg ’n dier rond en is hy
nie gebore in staat om sy eie kos te maak soos ’n plant nie.
Maar
op ’n mikroskopiese vlak geld hierdie toedrag van sake nie meer nie.
Eensellige organismes tree nie net soms soos plante en ander kere weer
soos diere op nie, maar daar is ontdek dat bakterieë en blougroen
alge—wat albei aanvanklik as plante beskou is—in der waarheid
struktureel baie meer van hoër organismes verskil as wat plante en
diere van mekaar verskil.
Bakterieë
is piepklein eensellige organismes wat nie hul
eie
voedsel kan vervaardig nie,
maar
as parasiete op lewende organiese stowwe teer of as saprofiete op dooie
organiese stowwe. Hulle kan selfs van anorganiese stowwe soos swael en
stikstof in die lug leef. Hulle
plant voort deur eenvoudig in twee identiese selle te verdeel.
Op
die Mieliestronk-werf is daar ’n hele artikel
net oor
bakterieë.
Blougroen
alge
is op hul beurt ’n
eienaardige skaars groepie eensellige organismes wat min gemeen
het met ware alge en deur sekere geleerdes eerder saam met die
bakterieë in ’n ryk ingedeel word. Omdat hulle groen pigment bevat,
kan hulle hul eie voedsel deur fotosintese opbou, maar die sel bevat
geen geslote kern soos by plante nie.
REGS:
Veselrige blougroen alge.
Foto:
HANS PAERL, met vergunning van Universiteit van North Carolina se
tydskrif Endeavors magazine / U.S. National Science Foundation
Ook
swamme is voorheen by die planteryk ingedeel omdat geleerdes gedink
het hulle is plante sonder stamme of blare wat die pigment chlorofil
(bladgroen) verloor het wat vir fotosintese nodig is deurdat hulle op
ander stowwe begin teer het.
Vandag
glo die meeste wetenskaplikes dat swamme tot minstens drie ryke
behoort, insluitende die protosoë (die laagste klas van eensellige
diertjies). Nagenoeg 100 000 swammespesies is bekend, maar daar is bes
moontlik baie wat nog ontdek moet word.
Oor
swamme is daar
eweneens ’n hele artikel op die
Mieliestronk-werf.
Organismes
wat wel plantaardig is
Alge:
SEEWIER,
die groen laag skuim op damme en die glibberige slym wat soms aan die
binnekant van ons swembaddens groei, is almal voorbeelde van alge.
Omtrent alle plante in die see is die een of ander soort alg.
Alle
alge bevat die groen kleurstof chlorofil, maar nie almal lyk groen nie
omdat ander pigmente dit verdoesel. Alge kan hul eie voedsel opbou,
maar anders as die hoër plante bring hulle nie sade of blomme voort
nie.
Die
mikroskopies klein drywende alge in die see—die "gras" van
die see—is die eerste skakel in alle seevoedselkettings. Die mens
gebruik alge vir enigiets van antibiotika tot dinamiet en slaairoom.
Korsmosse
(deels plant, deels swam):
HIERDIE
interessante organismes kry jy feitlik oral ter węreld: in
reënwoude,
woestyne, op bergpieke, in die poolstreke. Hulle floreer op plekke
waar geen ander plant of
dier
dit kan hou nie, byvoorbeeld op kaal rotse, ou bene en selfs die rűe
van sekere insekte!
Al
lyk dit nie so nie, is die korsmos eintlik twee organismes in een: ’n
swam en ’n alg. Die een help die ander—die groen alg sorg vir
koolhidrate deur fotosintese en die swam neem water en voedingstowwe
uit die grond op en help om die plant te anker.
Korsmosse
kan rare vorms en kleure aanneem. In sekere klimaatstreke is die bome
met lang stringe oumansbaard (’n soort korsmos) behang.
Hulle
kan ook baie oud word, glo enigiets van 50 tot 10 000 jaar! Oeroue
korsmosse kom in Antarktika voor, waar die groeitempo weens die
uiterste koue baie stadig is.
Mosplante:
HIERDIE
groep sluit die mos, lewermos en horingblad in. Al
is
hulle volgens plantkundiges meer ontwikkel as die alge—hulle
word verdeel in eenvoudige stamme, blaaragtige strukture en
geleidingsweefsel—het hulle nie ware stamme, blare en wortels nie.
Hulle bring ook nie sade of blomme voort nie, maar plant voort deur
spore.
Al
lyk hulle so delikaat, is mosse taai kalante—’n mens tref hulle
tot in woestyne en Antarktika aan.
Varings:
VARINGS
en hul verwante staan volgens die geleerdes ’n entjie hoër op die
gevorderdheidsleer:
hulle het ware wortels, stamme (gewoonlik ondergronds) en blare, maar
is tog taamlik primitief omdat hulle hoofsaaklik deur spore
voortplant.
Die
sporehouers lyk soos klein, donker kolletjies onderaan die blare. Dié
houers bars oop as die spore ryp is en die einaklein spoortjies
(hulle lyk soos stofdeeltjies) word deur die lug versprei.
Hulle
vorm klein, hartvormige plantjies—die voorkieme—wat manlike en
vroulike geslagselle voortbring. Elke bevrugte eiertjie bring ’n
nuwe varing voort.
Saadplante:
SAADPLANTE
is as
’t
ware die heersers van die plantewęreld. Dit is omdat sade so ’n
doeltreffende voortplantingsmiddel is. Nie alleen bevat dit baie selle
en ’n beskermende dop nie, maar gewoonlik ook ’n kosvoorraad.
Daardie
lekker vrug waaraan jy so smaaklik kou, was eintlik bedoel as kos vir
die saad binne-in.
Saadplante
word verdeel in naaksadiges of gimnosperme (hulle dra nie blomme nie)
en blomplante of angiosperme.
Naaksadige
plante is plante waarvan die saadknoppe nie in ’n vrugbeginsel
opgesluit is nie, byvoorbeeld naaldbome. Die groep blomplante is baie
groter as die naaksadiges.
•
Lees nou verder in hierdie reeks deur hieronder te klik op die skakel
van jou keuse.