Fyn pikkewyn!
'n Pikkewyn-kolonie. (Foto volgens verskaffer in die openbare domein)


Die verstommende sin vir rigting van die voŽlwÍreld se merkwaardigste 'duikboot'...


NEEM 20 000 Kaapse pikkewyne, laai hulle met groot deernis in trokke, karwei hulle van die Kaap af Port Elizabeth toe en plaas hulle daar weer terug in die see.

Dadelik begin hulle huiswaarts swem en binne drie weke is baie van hulle reeds terugókennelik ongedeerd en sommer fyn-pikkewyn op hul rotsagtige Kaapse eilande.

Dit het ín jaar of vyf gelede werklik gebeur toe olie die eilande by die Kaap besoedel het. Daar moes dringend plan gemaak word om duisende pikkewyne van die besoedelde see en rotse af weg te hou en hulle van ín feitlik gewisse dood te red.

Hul gedwonge tydelike verskuiwing het werkers die kans gegee om intussen die oliegemors in hul hougebied op te ruimóín lofwaardige reddingsoperasie soos min.

Maar hoe op aarde het die pikkewyne dit dan reggekry om reguit huiswaarts te keer soos ín spul uitgevrete posduiwe wat deur die water pleks van deur die lug klief?

Hoe het hulle geweet watter koers hulle moes inslaan?

Hoe kan enige voŽl soveel fut hÍ om ín moordende swemtog van honderde kilometers klaarblyklik sonder veel probleme in sů ín betreklike kort tyd af te lÍ?

Kortom, is pikkewyne dalk glad nie sulke potsierlike ag-siestogge soos ons mense so dikwels geneig is om aan hulle te dink nie?

OM ANTWOORDE te verstrek op vrae oor die pikkewyn se besondere stamina is maklik. Hy is inderdaad ín supervoŽl in die water, vertel kenners, ín dodelik doeltreffende jagter en die voŽlwÍreld se ekwivalent van ín aanvalsduikboot.

Daardie onbeholpe harlekyntjie wat op land so lomp oor die rotse en strande struikel, is in die see ín venynige verskrikking van visse en sekere ander seediere. Boonop het hy ín uithouvermoŽ wat skrik vir niks.

Keiserpikkewyn duik deur ys by AntarktikaREGS: ín Keiserpikkewyn duik deur ín gat in die ys in die see by Antarktika.

Foto: Emily Stone, US National Science Foundation / Vergunning: US National Science Foundation

Hy gebruik in der waarheid sy vlerke om deur die seewater te ''vlieg'', want sy swembewegings kom ooreen met die vliegbewegings van vlieŽnde voŽls. Pikkewyne se vlerk- en borsspiere is dan ook onder goed ontwikkel om deur water te blits wat eintlik baie digter as lug is.

Maar om klinkklare antwoorde te gee op vrae oor hoe die pikkewyne so sekuur kon koers hou terug Kaap toe, is nie so eenvoudig nie. Hulle en ook ander voŽls (soos wedvlugduiwe) se verstommende oriŽntasievermoŽ word steeds nie ten volle begryp nie, al het wetenskaplikes weliswaar al vasgestel dat die aarde se magneetveld iets daarmee te doen het.

Ons planeet se magneetveld is natuurlik ín onsigbare krag wat rondom die aarde span net soos wat ín mens dit by ín gewone ystermagneet vind. Dit is omdat die aarde inderdaad ín elektromagneet is.

Baie diep in die hart van die planeet, reken geleerdes, is ín massiewe bal van soliede yster of yster-nikkel met ín omtrek maklik so groot soos Suid-Afrika. Die gesmelte gesteentes wat weens die draaiing van die aarde om daardie bal in die aardkern wentel, wek elektromagnetisme op net soos in ín dinamo.

Maar hoe kan hierdie rare krag hoegenaamd inwerk op voŽls? Spore van yster wat in die breinweefsel van die gevleueldes gevind is, dui daarop dat daar ín meganisme kan wees wat hulle gevoelig vir die magneetveld maak. Ontspoorde voŽls sou dus daarmee taamlik noukeurig kan aanvoel waar op die aarde hulle is en in watter rigting hulle moet beweeg om te terug te kom waar hulle hoort.

Wetenskaplikes in Duitsland het in ín navorsingprojek sterk magnete aan wedvlugduiwe vasgemaak. Dit het die duiwe so verwar dat hulle nie hul pad huis toe kon kry nie. Dit het hul vermoŽ beduiwel om die aarde se geo-magnetiese velde korrek te lees.

Sů het wetenskaplikes al selfs gespekuleer dat voŽls ín ekstra rigting-sintuig kan hÍ waarvan ons mense nooit in der ewigheid rÍrig ín denkbeeld sal kan vorm nie. Hoe kan iemand wat byvoorbeeld stokblind gebore is hom dan ook voorstel hoe dit moet wees om te sien?

MAAR navorsers is vandag eweneens oortuig dat dit nie net die aarde se magneetveld is wat voŽls hul sin vir rigting gee nie. Dit lyk immers of die posisie van die son en sterre ook ín rol in hul oriŽnteringsprosesse speel.

Met die opspraakwekkende algehele sonsverduistering enige jare gelede oor ín deel van Brittanje en Europa was dit weer eens sekere wedvlugduiwe wat hopeloos verdwaal het.

Proefnemings wat deur ín Duitser, ene Kramer, met trekvoŽls gedoen is, het ook onweerlegbaar getoon dat voŽls met behulp van die son en sterre navigeer. Daar is natuurlik baie soorte trekvoŽls, soos swaeltjies en ganse, wat Šl agter die somer aantrek namate die seisoene mekaar in die noorde en suide van die aarde afwissel.

Kramer, wat sy voŽltjies aangehou het in ronde hokke met ses eweredig gespasieerde vensters wat elk ín stuk van die hemelruim ontbloot het, het gevind dat daar iets interessants met hulle gebeur namate die tyd nader gekom het dat hulle weer moes begin migreer.

Hulle het almal gaan sit met hul lyfies in die rigting waarin hulle sou vlieg as hulle trek. Maar in bewolkte weer het die voŽltjies gedisoriŽnteer geraak.

Kramer het toe spieŽls gebruik wat dit laat lyk het of die son uit ín ander rigting skyn. Die voŽltjies het almal hul sitposisies dienooreenkomstig verander.

Proefnemings het ook getoon dat voŽls hulle volgens die patrone van die sterre kan oriŽnteer. ín Ander Duitser, met die van Sauer, het ook ín ronde hok vir sy proefnemings gebruik, een met ín deursigtige glasbedekking waardeur die naghemel gesien kon word. Sy voŽls het hulle weer volgens die sterrebeelde geskik en verward geraak wanneer die lug bewolk was. Sauer het hulle toe in ín planetarium ín kunsmatige naghemel gegeeóen die voŽls het hulle daarvolgens georiŽnteer!

íN DERDE manier waarop voŽls moontlik navigeer, is om sekere bakens op hul roete as padkaarte te gebruik. Sů kon daardie Kaapse pikkewyne op hul swemtog van Port Elizabeth af miskien plek-plek sekere landbakens geŽien het wat hulle leer ken het toe hulle in hul jeug daar rondgebaljaar het. Pikkewyne is immers baie beweeglike diere in die see.

Maar navorsers reken dat die rol wat bakens in voŽls se oriŽntasie speel, waarskynlik nie so groot is nie. Kyk maar weer na trekvoŽls: die meeste vlieg snags wanneer hulle hulle nie maklik op bakens kan verlaat nie, en baie vlieg ook oor die oop kaal oppervlakke van die oop see.

Die baken-teorie verklaar ook nie hoe jong voŽls (waarvan die ouers wel voorheen dieselfde roetes afgelÍ het) in staat is om hul pad op eie houtjie op totaal onbekende roetes te vind nie. Soos kenners tereg sÍ: dit sal wetenskaplikes waarskynlik nog jare kos voordat hulle die raaisel van voŽlmigrasie heeltemal sal kan verklaar. En hoe voŽls soos pikkewyne ook daarin slaag om hul eie krosies elke keer maar weer tussen duisende kuikens te vind, is ín ander voŽlgeheim wat steeds na ín bevredigende verduideliking smag.


Waar kom die woord pikkewyn vandaan?

BES moontlik is dit ín vervorming van die naam wat Spaanse matrose destyds aan hierdie voŽl gegee het omdat sy liggaam so baie vet (penguigo) bevat.

 

Maar die Wallissers het weer ín ander verklaring. Hulle beweer dat die naam ontleen is aan die ou Walliese woorde pen gwyn (vir "wit kop"). Dit was die naam van ín pikkewyn-agtige voŽl van die Noordelike Halfrond wat in die negentiende eeu heeltemal deur oorywerige jagters uitgewis is.


Hoe die kat (en die hond en die vlinders) ook altyd terugkom...

VOňLS is nie die enigste diere met ín fantastiese sin vir rigting nie. Die kat wat altyd terugkom, het al spreekwoordelik gewordóen ook lankal reeds ín liedjieskrywer tot ín treffer geÔnspireer.

En ons het ook al almal verhale gehoor van honde wat van hul eienaars geskei is, maar toe soveel heimwee ontwikkel het dat hulle oor berge, dale en riviere teruggekeer het na hul base toe.

ín Tyd gelede was die land byvoorbeeld verstom oor die storie van ín Staffordshire-terriŽrteef van ín boer van Cornelia in die Vrystaat wat saam met ín ander hond in hul baas se bakkie was toe dit aan die Wes-Rand gesteel is. Uiteindelik is die voertuig in ín verlate hut naby die Kruger-wildtuin gekryóbyna 700 km van die boer se plaas af. Wat van die honde geword het, was ín raaisel.

Dog toe, meer as agttien maande later, daag die Staffie weer by haar baas op! Het ou Lekkie die nagenoeg 200 km van die Rand af terug Vrystaat toe geloop? Of dalk die honderde kilometers van die Wildtuin af? Of straks van iewers tussenin? As sy getroue ou dier maar net kon praat, moet haar eienaar, Flip de Wet, seker gedink het...

Maar hou katte en honde dan koers op dieselfde maniere as voŽls?

Miskien wel, maar waarskynlik nie heeltemal nie. Neem nou maar weer die hond as voorbeeld. Hy woon in ín wÍreld van aromas en geure en stanke en reuke, sÍ die kenners, waarin hy hom laat rondlei deur sy spitsige neus op ín manier wat ons mense ons byna nie kan voorstel nie.

Word hy van sy eienaar af weggeneemóal is dit agter in die stikdonker kattebak van ín motorókan die afsonderlike reuke langs die pad nog een-een in sy geheue ingeprent word soos op ín rolfilm, reken sommige.

Die grasvelde, die vleie, die motorhawens, die woonbuurte, die apteke, die kafees, die fabrieke en wat nog alles kan belangrike wegwysers wees wanneer die verlangende Wagter uiteindelik in die pad val terug huis toe.

Tog lyk dit of daar by honde en katte ook ander faktore in die spel moet wees wat hulle so besonder rigtingvas maak. Soos by voŽls is daar moontlik dus nie net een ''rigtingbepaler'' in hul samestelling nie, maar verskillendes wat saamwerk. En dikwels raaiselagtig boonop.

Sů vertel Desmond Morris in sy boek Cat Watching van ín Duitse dierkundige se proefneming met huiskatte. Hy het hulle in bokse gelaai en kruis en dwars met kronkelpaaie in hul tuisstad met hulle rondgery en hulle toe iewers in ín stikdonker doolhof afgelaai.

En wat doen die katte toe? Elkeen kies uit 24 uitgange uit die doolhof die een wat die naaste aan sy huis is.

Die katte het ín ''geheuekaart'', het ander wetenskaplikes gereken. So ver as wat daar met hulle kronkels en draaie gemaak is, het hulle dit in hul brein gekorrigeer om rigting te behou.

Amerikaanse navorsers het hierop katte bedwelm en hulle vas aan die slaap ''ontvoer''. Maar die katte kon steeds hul pad terug huis toe kry . . .

Benewens die rigtingsin van ons bekende huisdiere, kan ook die koersvastheid van die migrerende soogdiere van die veld en selfs van insekte verbysterend wees.

Die mooie sondagsrokkie-vlinder (of ''painted lady'' soos hy op Engels genoem word) is ín algemene gesig in Suid-Afrikaanse tuine, maar min mense weet dat hierdie geharde skoenlappers onder die wÍreldkampioene van migrerende ongewerweldes tel.

Die Europese ''painted lady'' steek byvoorbeeld elke lente die Engelse Kanaal van Europa af na Brittanje oor. Europa is op sy beurt die gasheer-vasteland van die Noord-Afrikaanse spesie. In die herfs keer die vlinders terug.

Die skynbaar brose melkbos-skoenlappers van Noord-Amerika is eweneens indrukwekkende migreerders. In die herfs trek hulle van Kanada na Florida of Suid-KaliforniŽ in die VSA oor ín ongehoorde sowat 3000 km.

Hoewel hulle oor die grootste deel van hul reis deur die wind voortgestu word, kan ín mens steeds tereg vra: hoe kan daardie fyne vlindervlerke dit dan hou?

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad