Pierneef
ó ín skilder vir Afrika

Soos soveel ander begaafde kunstenaars deur die eeue, het roem nie sommer in sy skoot geval nie. Hy moes hard stry om sy werke aanvaar te kry, en selfs toe hy beroemd was, moes hy nog groente en blomme kweek om die pot aan die kook te hou. Maar Jacob Hendrik Pierneef sal tot in lengte van dae as die eerste groot Suid-Afrikaanse skilder geŽer word. Meer as enigiemand anders het hy in sy tyd die oŽ van ons land se mense vir die skoonheid van die natuur oopgemaak en ín besondere styl vir ons landskap ontwerp...

Stellenbosh

BO: Stellenbosch.


Jabob Hendrik PierneefREGS: Jacob Hendrik Pierneef.

 

HY was een van daardie skaars soort mense: ín profeet wat wel in sy eie land geŽer is.

ín Kunstenaar van Afrika, vir Afrikaówat landskappe geskilder het wat verskil van enigiets anders wat voor hom hier op die skilderdoeke te sien was.

Ander het weliswaar dieselfde tonele as hy geskilder, maar hy het met nuwe oŽ na ons wÍrelddeel gekyk en die voorste vertolker daarvan geword.

Hoeveel armer sou die Suid-Afrikaanse kuns nie sonder J.H. Pierneef gewees het nie.

En tog moes hierdie kunstenaar, wie se eerste liefde die gras- en boswÍreld van die destydse Noord-Transvaal en die Laeveld was, wat hy met eindelose sorg en liefde geskilder het, ook in sy tyd om ware erkenning stry.

Soos soveel ander begaafde kunstenaars deur die eeue, is sy vernuwing nie sommerso deur sy tydgenote aanvaar nie. Gelukkig het genoeg eerbewyse later gevolg om hom gedurende sy lewe reeds beroemd te maak. Vandag word Pierneef (1886-1957) gehuldig as die reus in ons kultuurgeskiedenis wat hy inderdaad was.

Geloftekerk

BO: Geloftekerk, uit Huisgenoot se
Gedenkuitgawe van die Groot Trek,
Desember 1938.

Eerste jare

JACOB HENDRIK PIERNEEF (Jacob, Pier, Hendrik of Henk genoem) is op 13 Augustus 1886 in Pretoria gebore, die oudste seun van Gerrit en Neeske Pier≠neef.

Hy word groot in ín gesin van ses kindersódie sewende baba sterf op drie maandeóen besoek die Staatsmodelskool in Pretoria.

Sy ondervindings hier wakker sonder twyfel sy belangstelling in die kunste aan. Twee van sy groot skoolvriende is Cordon Leith en Fanie Eloff Ė ook bestem om beroemde kunstenaars te word. Die drie seuns ontvang tekenlesse by meester J.F. Hondius, wat hulle die prag van die natuur daar buite leer waardeer.

Nog ín onderwyser, dr. H.G. Breyer, neem sy leerlinge die veld in om hulle van die natuurwetenskappe te leer. Volgens Pierneef het hierdie intimiteit met die natuur hom sy lewe lank bygebly.

Agter Simonsberg

BO: Agter Simonsberg.

Nederland

DIE Pierneefs se vreedsame lewe word skielik versteur. Die gesin, wat Nederlanders is, word in 1900 tydens die Anglo-Boereoorlog deur die Engelse besettingsmagte aangesÍ om uit Transvaal pad te gee, so nie sal pa Gerrit aangehou word. Hulle verkies om gedeporteer te word.

Die geluk by die ongeluk is dat hulle darem oorsee behandeling kan probeer kry vir Hendrik se regterbeen, wat weens rumatiekkoors korter as die linkerbeen is. Een van Hendrik se susters het ook mediese sorg nodig.

In April 1901 vaar die Pierneefs dus Nederland toe, waar hulle eers in Hilversum gaan woon en die kinders hul skoolopleiding voortsit. Die vyftienjarige Hendrik werk bedags nŠ skool in ín verfwinkel, waar hy verskillende soorte verwe leer meng en aanwend, en saans loop hy klas in argitektuurtekeninge.

Tien maande later verhuis die gesin na Rotterdam, waar die twee kinders se mediese behandelings begin. In diť tyd ontvang Hendrik deeglike onderrig aan die geŽerde Akademie vir Beeldende Kunsteóondanks sy gesin se begeerte dat hy ín dominee moet word.

Hendrik eksperimenteer ook met gipsmodelle en leer letterskilderwerk.

Louis Trichardt

BO: Louis Trichardt

Tabakwinkel

TEEN die einde van 1903, met die Anglo-Boereoorlog verby, keer die gesin terug na hul tuiste in Pretoria. Die agttienjarige Hendrik, wat nou heel normaal kan loop, gaan nog drie maande lank skool.

Vroeg die volgende jaar word pa Gerrit ín vennoot in ín tabakwinkel in Pretoria. Hy probeer sy seun afraai om ín kunstenaar te word, omdat daar, volgens hom, geen toekoms in sou wees nie. Hy laat hom in die winkel werk.

Hendrik gooi egter nie tou op nie. In sy vrye tyd teken en skilder hy naarstiglik. Tussen 1905 en 1908 bestudeer hy die skilderkuns onder Frans Oerder, en ets en die houtgraveerkuns onder die Ierse kunstenaar George Smithard.

Smithard dring by hom aan om sy eie skilderstyl te ontwikkel en nie bloot Europese kunstenaars na te boots nie. Die jong Pierneef word ook baie deur sy peetpa beÔnvloedódie groot beeldhouer Anton van Wouw.

In 1908 dwing ín rusie tussen pa Gerrit en sy vennoot in die tabakwinkel vir Hendrik om elders werk te soek. Hy aanvaar ín aanstelling as assistent in Preto≠ria se staatsbiblioteek. Gerrit verloor al sy geld, wat ín einde maak aan alle verwagtinge wat Hendrik nog kon gehad het om in die kunste te studeer.

Dieselfde jaar word sy werk die eerste keer uitgestal. Ook in die uitstallings was bronsstandbeelde deur Anton van Wouw en skilderye deur Hugo Naudť.

Rustenburgkloof

BO: Rustenburgkloof.

Twee huwelike

IN 1910 trou hy teen sy ouers se wense met Agatha Delen, wat twaalf jaar ouer as hy is. In dieselfde jaar verkoop Pierneef sy eerste olieskilderyóín Blik op Meintjieskopóaan ín kunshandelaar genaamd Emil Schweikerdt vir die ekwivalent van R6,30.

In 1911 sluit Pierneef hom by ín groep Pretoriase kunstenaars, Die Individualiste, aan. VanweŽ sy uitstallings word hy vir ín beurs aanbeveel om oorsee te studeer, maar sy aansoek slaag nie.

In 1913 hou hy sy eerste eenmansuitstalling in Pretoria. Dit is so geslaag dat hy genoeg vertroue kry om gereeld uit te stal.

Hy ontwerp ook stofomslae vir boeke en hy teken vir tydskrifte. In 1916 skilder hy saam met ín vriend die dekor vir ín opvoering van een van C.J. Langenhoven se werke.

Tussen 1917 en 1919 hou hy lesings by die onderwyserskolleges van Pretoria en Heidelberg, en in hierdie tyd studeer en kopieer hy rotskuns tydens sy reise deur die platteland.

Tydens ín lesing in Bloemfontein benadruk hy hoe belangrik dit is om ín individuele en eg-Suid-Afrikaanse kunsstyl te vestig, en hy wys op die skoonheid van die San (Boesmans) se kuns en hoe besonderlik dit met die Suid-Afrikaanse omgewing rym.

Pierneef se einddoel is om vir die Suid-Afrikaanse kuns ín nasionale styl te skep wat op die skoon lyne van San-tekeninge ge≠grond is. Sy idees word dikwels gekritiseer deur mense wat glo dat sů ín styl afbreuk aan die Suid-Afrikaanse kuns sal doen.

BomeIn Julie 1919 maak hy hom los van alle formele verpligtinge om slegs ín kunstenaar te wees. Benewens skilder, lewer hy ook baie pastelwerke, tekeninge, linosneŽ en etse, maak hy illustrasies vir Afrikaanse tydskrifte en skryf hy selfs gedigte.

In 1921 stal hy sy werk in Kaapstad en Stellenbosch uit. Die volgende jaar gaan hy Vrystaat toe waar hy ín reeks van agt muurskilderinge vir die HoŽrskool Ficksburg maak.

En in 1923 besoek hy die huidige NamibiŽ waar hy hom ywerig besig hou met baie sketse en skilderye van die landskap. Sy werke op hierdie reis is van sy beste.

Intussen gaan dit egter nie so goed met Pierneef se persoonlike lewe nie. Behalwe dat daar ín ewige geldtekort is, verbrokkel sy huwelik en in 1924 skei hy en sy vrou.

Dieselfde jaar maak hy kennis en trou hy met Marian Frances Schoop, beter bekend as May, ín 35-jarige Nederlandse vrou. Met die spanning van sy vorige, ongelukkige huwelik agter die rug, werp hy hom met hernieude geesdrif in sy werk.

Doringbome (ets)

BO: Doringbome (ets).

Europa

IN 1925 breek die geleentheid uiteindelik aan om Europa te besoek. Binne die eerste week nŠ sy aankoms in Londen verkoop hy ín paar linosneŽ aan die Victoria and Albert-museum.

Sowat ín week later gaan hy Rotterdam toe en nog later na Amsterdam, waar hy met die impressionistiese kuns kennis maak. In Oktober hou hy ín uitstalling van skilderye, teke≠ninge en linosneŽ in Amsterdam, wat sy prestige in Suid-Afrika baie verhoog.

Hy besoek Parys, Berlyn, An≠twerpen, MŁnchen en DŁsseldorf waar hy met moderne kuns in aanraking kom.

In die begin van 1926 reis Pierneef en sy vrou op ín stadige Nederlandse vragboot deur die Middellandse See en Rooi See, en al teen die ooskus van Afrika af suidwaarts, wat hom die kans bied om plek-plek hawetonele te teken en te skilder.

Dis op hierdie reis dat hy van sy mees spontane impressionistiese werke lewer, waaronder Mosambiek, wat nou in die Johannesburgse Kunsmuseum is.

Hy vervolmaak ín ingewikkelde tegniek wat gebaseer is op ín soort waterverfmedium, soos in Zanzibar, en begin onkonvensioneel eksperimenteer in ín geometriese en divisionistiese styl, soos in Studie in Blou.

Die Europese kunsstrominge het duidelik Pierneef se werk binnegesypel. Maar Suid-Afrika is, tot sy ontsteltenis, nog nie gereed vir ín nuwe kunsvorm nie. Verskeie van sy daaropvolgende uitstallings misluk en sy loopbaan gaan ín krisistyd binne. Een koerant beweer dat "vreemde invloede" Pierneef bemeester het.

Die silwer randjie by die donker wolk is die geboorte van Pierneef se dogtertjie, Marita Jennifer, in April 1927. Sy kry die bynaam Miki, en die kunstenaar verafgood sy enigste dogter. Sy grootste hartseer is dat hy nie nog kinders het nie.

In 1929 kry Pierneef die opdrag om altesaam 32 muurskilderinge vir die nuwe Johannesburgse stasie te maak. Hierdie werke, wat as van sy grootstes beskou word, beeld natuurtonele en geskiedkundige Suid-Afrikaanse plekke uit. (Die kunswerke word later na die Johannesburgse Kunsmuseum verskuif.)

In 1933 word hy gevra om sewe muurskilderinge vir Suid-Afrika-huis in Londen te lewer. Die werke, Suid-Afrikaanse natuurto≠nele, word baie gunstig ontvang.

’n Pierneef-waterverf
  
BO: ín Pierneef-waterverf.

Elangeni

IN die jare nadat hy na Suid-Afrika teruggekeer het, gaan Pierneef voort om ywerig te skilder. Hy stal sy werke uit, plaaslik sowel as oorsee, hou lesings en dien in verskeie komitees.

In 1939 koop hy ín plasie oos van Pretoria waar hy ín huis van plaaslike klip en dekstrooi in die vorm van ín kraal bou. Daar is ín groot ateljee vir uitstallings en ín tuin. Hy noem dit Elangenió"waar die sonskyn by die hek is". Die perseel is vandag in Moepelstraat, Lynnwood.

Die veertigerjare is ín tyd van beproewing. Pierneef se ma, sy peetpa (Anton van Wouw), sy gewese vrou en ín goeie vriend sterf. Sy geliefde dogter, wat getrou het, emigreer. Pierneef kry ín hartaanval en begin oud en afgemat voel.

In die vyftigerjare reis hy baie, terwyl twee eredoktorsgade aan hom toegeken wordódeur die Universiteit van Natal in 1951 en die Universiteit van Pretoria in 1957.

Sy laaste werk, in 1955, is ín ontwerp vir die wapen van die Laerskool Pierneef in Pretoria. Dit beeld die kameeldoringboom uitódie ware simbool van die Bosveld.

In 1957 ontvang hy ín erelidmaatskap van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.

Die groot meester sterf op 4 Oktober 1957 in Pretoria.

Die Pierneef-museum

IN die jare sewentig bring Pierneef se dogter, Marita Bailey, en haar man die Bailey-versameling tot stand, wat uit ín groot aantal van Pierneef se werke en persoonlike besittings bestaan.

Dit word alles uiteindelik deur die destydse Departement van Nasionale Opvoeding gekoop en in die Pretoriase Kunsmuseum gehuisves.

In 1984 word die Pierneef-versameling vir veilige bewaring en benutting aan die Nasionale Kultuurhistoriese Museum oorgedra en oorgeplaas na die Pierneef-museum in die Leendert te Groen-gebou in Vermeulenstraat, Pretoria.

Die persoonlike besittings van die Pierneef-familie sluit kosbare ingevoerde stukke in, asook plaaslik vervaardigde meubels van inheemse hout en Pierneef se verfkwaste, esel en etspers.

Die belangrikste van alles is egter die 347 kunswerke, wat olie- en waterverfskilderye, potloodtekeninge en etse insluit, asook pastelle, kool- en inktekeninge.


Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad