ín Eentoon-wonder wat nooit eentonig kan wees nieÖ

PerdOu perd!
Die bielie van rydier

Een van die vernaamste kenmerke van die perd is dat hy net een toon aan elk van sy vier pote het. Maar eentonig kan hy nooit wees nie. As aristokraat onder die diere was hy immers van die vroegste tye af die mens se getroue bondgenootóin oorlog en vrede. Nie verniet dat daar soveel kommer is telkens wanneer die gevreesde perdesiekte weer Írens in ons land uitbreek nieÖ

Foto BO: NRCS / USDA (detail / gewysig)


Skimmels en kie.
   
Skimmelperd

BO: Individuele perde word gewoonlik onderskei deur die kleur van hul haarkleed, maanhare en stert. Die algemeenste kleure is skimmel (soos die perd hierbo), bruin, vos en swart. Skimmelperde wissel van donkergrys tot wit. By die bruines is die haarkleed lig tot donker mahoniekleurig, met donkerbruin tot swart bene, stert en maanhare. Vosperde is koperkleurig in verskillende skakerings en het baiemaal wit bene en ín bles of kol voor die kop. By die swartes is alles swartódie hare, maanhare en hoewe.

Foto: Scott Bauer / ARS / USDA


Perdesiekteódie wrede tirannie van
die bloeddorstige muggies

Bytende muggieREGS: ín Bytende muggie, een van die  Culicoides-spesies, sit knuppeldik gedrink aan bloed deur ín kunsmatige membraan wat ontwikkel is om massas van die insekte vir navorsing te kweek.

Foto: Scott Bauer / ARS / USDA  

D

IE vlieg in die salf, sover dit ons perde se gesondheid aangaan, is muggies. Dit klink na ín ligsinnige vergelyking waar iets so verskrikliks as perdesiekte ter sprake is. Tog is die nietige muggie werklik waar die groot sondaar wat slag om slag soos ín wreedaardige tier onder die perde in ons eie wÍrelddeel maai.

Dis weliswaar nie die muggies self nie, maar die virus wat hulle onder perde versprei wat die perdetelers so vrees. Dit kan vergelyk word met die malaria-parasiet wat deur ín sekere muskietsoort na mense oorgedra word.

Wetenskaplikes eien die draers van perdesiekte as bytende muggies van die Culcoides-soorte. Tog kan dit ook deur muskietsoorte soos Culex, Anopheles en Aedes oorgedra word, asook deur sekere bosluise. Boonop is die bytende muggies ook die draers van bloutong, wat veral skape aantas, en drie-dae-stywesiekte, wat meestal by beeste voorkom.

Perdesiekte self kan ín paar vorms aanneem. Een daarvan is die longvariant, wat ook dunkop genoem word. Die aangetaste perd se koors is baie hoog en hy worstel letterlik om asem te kry. ín Baie hoŽ persentasie van die aangetaste diere vrek en die dood kom vinnig. Dit is werklik geen mooi gesig om ín swetende, proestende perd te sien staan met sy voorpote van mekaar af en skuim wat by sy oopgesperde neusgate uitkom nie.

Die hartvariant van perdesiekte staan weer bekend as dikkop. Sowat die helfte van die lyers vrek nŠ sowat ín week. Swelling van die kop en ooglede kom veral voor, met bloeding in die vliese van die bek en oŽ. Die perd se slukfunksie word naderhand heeltemal belemmer. Daar is ook ín gemengde vorm van perdesiekte waar die simptome van dun- sowel as dikkop ondervind word.

Tog bestaan daar op die oomblik nog geen doeltreffende middel teen perdesiekte as dit eers uitgebreek het nie. Om verspreiding te voorkom, word besmette perde gewoonlik geslag, terwyl diť wat nog gesond is, daarteen ingeŽnt word. Die insektedraers kan ook met plaagdoders gedood word, maar dit is ongelukkig baiemaal ín feitlik onbegonne taak.

Die perde kan wel op stal gehou en sover moontlik afgesonder word van enige insekte wat hulle kan besmet. Muggies is gewoonlik op hul bedrywigste net nŠ sononder en teen sonop, en dit word as die groot gevaartye beskou wanneer telers veral op hul pasoppens moet wees.

Perdesiekte is blykbaar endemies in die tropiese gebiede van Midde-Afrika, van waar dit gereeld na Suidelike Afrika versprei. Wanneer uitbrake in Suid-Afrika voorkom, moet die navorsinginstituut vir veeartsenykunde op Onderstepoort by Pretoria in kennis gestel word.

Maar perdesiekte is natuurlik lank nie die enigste kwaal wat die perd kan tref nie, hierdie betroubare ry- en trekdier wat reeds so ín lang pad met mens saamkom.

Daar is ook siektes met skrikwekkende name soos aansteeklike perde-baarmoederontsteking, petegiaalkoors, perde-piroplasmose, Venezuelaanse perde-harsing-en-rugmurg-ontsteking, blaasagtige bekvliesontsteking en besmetting deur die Wes-Nyl-virus. Dit laat ín mens wonder watter bitter grapmaker dan destyds die woord perdfris uitgedink het om blakende gesondheid te beskryf.

Want elke af en toe is daar maar weer uitbrake van sulke aaklighede onder perde in verskillende wÍrelddele, met telers en ander perdeliefhebbers wat naarstiglik skarrel om die verspreiding van die siektes te voorkom.

Die perd is immers ons hulp en bystand waardig, want hy was lank, naas die hond, die mens se beste vriend. As aristokraat onder die diere was hy van die vroegste tye af ons getroue bondgenootóin oorlog en vrede. Al die moontlike siektes ten spyt is hy sterk, vinnig en vaardig, en boonop inskiklik en liefderyk teenoor sy eienaar en nog baie meer. "Met al hierdie eienskappe in hom verenig," sů is daar al oor die perd geskryf, "het hy onnoemlik baie bygedra tot die vooruitgang van die beskawing."

Ja-nee ou perd, jyís ín bielieódit moet elke mens beaam!


 
Wat is ín perd?

DIE perd behoort tot die familie van die perdagtiges, wat ook ín paar groepe wilde soogdiere insluit. Een groep bestaan uit ín klompie sebraspesies, wat inheems in Afrika is. Dan is daar die esel-groep, waartoe onder meer die kiang en onager van AsiŽ en die wilde-esel van Afrika behoort.

Przewalski se perd, wat reeds in die vrye natuur uitgesterf het, behoort tot ín derde groep.

Przewalski se perdLINKS: Przewalski se perd.

Detail van foto wat beskikbaar gestel is ingevolge GNU-vergunning

 

Przewalski se perd is die enigste ware wilde perd wat nog bestaan en hy is so naby verwant aan die gewone perd dat hulle kan verbaster en vrugbare vulletjies voortbring. Dit is anders as waar perde en esels kruis en die muile onvrugbaar is.

Daar word dikwels ook na perde wat vry in die natuur rondswerf as wilde perde verwys. Hulle is egter nie ware wilde perde nie, maar slegs die nasate van mak perde wat die veld en bosse ingevaar en toe weer wild geraak het.

Maar hoe het die perd dan oorspronklik by die mens uitgekom? Lees verder...


ín Perdagtige ďhondĒ van toeka
ó en hoe die
perd die mens gedien het

EohippusREGS: Die perdagtige Eohippus van weleer.

IN die baie verre verledeósÍ die wetenskaplikesówas die grootte en omtrek van die vastelande en oseane oor die aardbol baie anders as vandag. Daar het toe ook baie diere gelewe wat vandag nie meer bestaan nie.

En net soos die piepklein chihuahua vandag nie minder hond is as die logge, lywige Sint Bernard nie, sů was daar ín perdagtige dier wat so groot soos ín hond was, slegs sowat 20 cm hoog. Dit word van fossiele afgelei wat van hom gevind is, en die dierkundiges noem hom Eohippus.

Geleerdes sÍ hierdie eienaardige "dwergperdjie" het mettertyd verdwyn, maar as hy vandag nog gelewe het, sou sy teenswoordige familie, wat pure perd is, hom kwalik as een van hul eie soort herken het!

Hoe ook al, oor presies hoe die perd hom by die vroeŽ mense tuis gemaak het, kan ons maar net gis. Eintlik moet dit seker andersom gebeur het en sou mense agtergekom het dat gevange perde tot onderdanig gedwing kon wordósogenaamd "ingebreek" kon wordódeur hulle te ry. Dit was ín geweldig nuttige ontdekking dat diere soos perde, esels en kamele as rydiere gebruik kon word.

Mak perde het omstreeks 2000 v.C. hul verskyning in BabiloniŽ (suid van die moderne Bagdad in Irak) gemaak. Sowat drie eeue later het die ou Egiptenare met hulle kennis gemaak. Hierdie Egiptiese en Babiloniese perde was die voorsate van die vinnige, ligbenige Arabierperd-rasse van die Midde-Ooste en Noord-Afrika.

ín Ander soort perd is weer blykbaar in Europa ontwikkel. Die swaargeboude, grofbenige Westerse perderasse is baie vaardige trek- en ploegdiere. Party geleerdes reken dat ín derde oerstam in die Britse eilande tot vandag se verskillende ponierasse gelei het.

Ook in Suidelike Afrika is daar ín ponie, die Sotho-ponie van Lesotho, wat heel nuttig aangewend word omdat baie dele van diť bergkoninkrykie slegs te perd of met donkies bereik kan word.

Tog is alle plaaslike perde oorspronklik van elders af na Suidelike Afrika gebring. Ons het geen inheemse perderasse nie en die naaste inheemse familielede van die perd is sebras.

Gelukkig het Jan van Riebeeck, wat in 1652 die Europese teenwoordigheid aan die Kaap gevestig het, gou werk daarvan gemaak om perde in te voer. Die ou kommandeur was glo ín baie goeie ruiter en sy lieflingsperd se naam was ďDe Grote VosĒ. Hy het dikwels lang reise te perd na die binneland onderneem.

Omdat Van Riebeeck egter aanvanklik nie rydiere gehad het nie, het hy ín boodskap aan die Kompanjie se base in Nederland, die sogenaamde Here Sewentien, gestuur dat perde aan die Kaap dringend nodig was. Hulle het hierop geantwoord dat hulle nie aan sy versoek kon voldoen nie en dat hy van die plaaslike gestreepte wilde perde moes vang en tem.

Ons arme Jan! Nodeloos om te sÍ het die pogings met die pajama-perde nie geslaag nie, en in 1653 het ín retoervloot vier perde uit Java hier afgelaai. Dit was die begin van die groot Suid-Afrikaanse perdestorie.

Op die rug van die perd het die eerste vryburgers aan die Kaap hul veetroppe beskerm, en in 1676 is die eerste berede mag teen die San (Boesmans) uitgestuur. Wat meer sÍ, met perde het die Voortrekkers die binneland verken en mettertyd mak gemaak. En die Suid-Afrikaanse Boerperd, wat uit die oorspronklike Oosterse merries geteel is met latere byvoegings van die Engelse volbloedperd (Thoroughbred), het terdeŽ sy slag in die Anglo-Boereoorlog gewys. Ook die swartmense sou die waarde van perde leer ken en hulle goed gebruik, saam met donkies en muile.

In die afgelope drie eeue het perdetelers wÍreldwyd hard gewerk om die verskillende perderasse te verbeter en rasse te ontwikkel wat besonder geskik vir bepaalde take is. Sů is daar vandag saalperde vir die renbaan, jagperde met ín groot uithouvermoŽ, trekperde wat swaar vragte kan sleep en polo-ponies wat die ingewikkelende aksies van polo geleer kan word.


 
Bou van die perd

EEN van die kenmerkendste eienskappe van die perd se anatomie is dat hy net een toon aan elk van sy vier pote het en dat die onderste of laaste toonbeentjie deur ín horingagtige hoef bedek word. Ondanksóof liewer danksyódaardie enkele toon is perde onder die grootste hardlopers onder die diere. In hul voortbeweging raak hulle naamlik slegs met die punte van hul tone aan die grondoppervlak.

Bou van die perdEn wat ons die perd se knie noem, is eintlik sy handgewrig, maar dit sit ver van die grondoppervlak, hoog teen die been. Tussen die "knie" en die grond is een sterk been, wat in der waarheid die middelste of die derde middelvoetbeentjie is. Hierdie stewige been help om die bruikbare lengte van die been te vermeerder, sodat die perd met lang hale kan hardloop.

Perde beweeg met uiteenlopende ritmiese stappies en galoppe, dus met verskillende gange waarin verskillende pote op gegewe tydstippe aan die grond raak. 

Animasie van perd wat galopLINKS: Animasie van ín perd wat galop, gemaak van fotoís deur die Engelse fotograaf Eadweard J. Muybridge (1830Ė1904), wat ín groot deel van sy lewe in Amerika deurgebring het en baanbrekerswerk ten opsigte van die waarneming van die bewegings van diere gedoen het. Deur van ín reeks van 24 kameras gebruik te maak, kon Muybridge die vraag beantwoord of perde al vier pote in die lug het wanneer hulle galop. Dit is inderdaad die geval, soos ook hier gesien kan word. Elke kamera was verbind met 'n draad wat deur die bewegende perd raakgetrap isóen die kameras het op die ry af geklik het om die beweging vas te lÍ.

Krediet: Openbare besit (ďpublic domainĒ) vanweŽ die verval van kopiereg weens ouderdom

Die lang kop is nog ín kenmerk van die perd. Dan is daar ook die eienaardigheid dat die hingste en merries se gebit nie dieselfde is nie. Die hingste het drie snytande, een hoektand, vier voorkiestande en drie kiestande aan elke kant van elke kaak, maar die merries het nie hoektande nie.

Die perd se gebit lyk voorts of dit vir ín stang gemaak is. Daar is ín wye opening tussen voor- en kiestande in die bo- en onderkaak en dis in hierdie opening waar die stang lÍ. Perde is groot grasvreters, maar nie herkouers nie.

Sowel hingste as merries is op twee jaar seksueel volwasse. Hulle word egter selde vir teling gebruik voordat hulle drie jaar oud is. Die draagtydperk is sowat elf maande en gewoonlik word net een vulletjie op ín keer gebore.

Dit is dan kortliks die verhaal van die perd, ín dier wat voor die koms van die motor sy glorietyd gehad het, hoewel daardie tyd reeds lank verby is. ín Mens kan jou ook nie indink wat die ridders van ouds sonder hul perde sou gedoen het nieóhulle sou in elk geval nie ridders genoem kon gewees het sonder dat hulle ruiters was nie! Maar die perd se rol is nou uitgespeel as helper van die mens. Tog moet ons vir hom baie dankie sÍ vir alles wat hy in ons geskiedenis vir ons beteken het.

Daar is al baie standbeelde opgerig van mense op perde wat hulle in hul lewe onderskei het, dog daar is seker maar weinig gedenktekens wat die perd alleen vereer. Wat is jy dus vir ons werd, ou perd? ín Mens kan wel diť vraag vra en dan diep daaroor dink of ons nie dalk net so ietsie meer aan die roemenswaardige rosse van die wÍreld verskuldig is nieÖ
   


 
Perde en donkies
 

ē  Die muil is ín kruising tussen ín perdemerrie en ín donkiehings, wat baie van albei sy ouers se eienskappe hetódie vermoŽ om swaar laste te dra soos sy ma en die bou en taaiheid van sy pa.
ē  Kruisings tussen ín perdehings en ín donkiemerrie is nie so algemeen nie. In Afrikaans word diť kruising ín botterkopmuil (Engels: hinny) genoem. Die botterkopmuil is kleiner as die gewone muil en nie so sterk nie.


Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad