|
||||||||
|
Die verhaal van die potlood DAARDIE "lood" in die potlood—almal weet dis nie regtig lood nie. Maar veel minder mense weet dat dié bekende skryfinstrument die laaste deel van sy naam gekry het weens ’n ietwat verwarrende dwaling in die geskiedenis. Daar was immers wel ’n tyd toe mense gedink die grafiet wat daarin voorkom, is ’n soort lood. Die volle naam, potlood, het nie net ontstaan omdat grafiet by pottebakkerye gebruik is nie, maar ook omdat daar vroeër met loodstafies geskryf is. En dis nie net Afrikaans wat die gewaande lood in die potlood behou het nie. Die Nederlanders noem die potlood ’n loodpennetje en die Duitsers noem dit ’n Bleistift (loodstif). Die Engelse leadpencil is deels ontleen aan ’n Oud-Engelse woord vir ’n kwas (''brush''). Die moderne potlood het moontlik geraak toe ’n buitengewoon suiwer neerslag van grafiet—’n soort koolstof—in 1564 by Borrowdale in die Engelse graafskap Cumbria ontdek is. Die jaar daarna het ’n Duits-Switserse natuurkundige, Conrad Gesner, vir die eerste keer ’n stuk skryfgereedskap beskryf waarin grafiet binne-in ’n houer van hout geplaas is. Die deurbraak in die potlood-tegnologie het in 1795 plaasgevind toe ’n Franse skeikundige, Nicholas-Jacques Conté, ’n mengsel van klei, fyn verpoeierde grafiet en water in ’n droogoond verhit het. Daarna het hy dit in ’n gleuf in ’n houtstiffie vasgelym, wat toe met ’n tweede houtstiffie verseël is. Conté se metode is mettertyd verfyn en vorm vandag steeds die grondslag van potloodvervaardiging. Die moderne proses behels dat ’n pasta van grafietpoeier, klei en water deels gedroog word totdat dit so styf en plooibaar soos nat stopverf is. Dit word dan deur klein gaatjies geforseer, waarna die lang stringe versigtig op ’n plat oppervlak neergelê en reguit gemaak word. In ’n atmosfeer waarin die lugvogtigheid en temperatuur gedurig volgens ’n gevestigde prosedure afgewissel word, word die stringe verder droog gemaak. Dié word dan tot meer as 1 000 grade C verhit, wat dit ietwat poreus maak, en die grafietstiffies word met natuurlike wasse deurweek om dit gladder te maak. Hoe meer klei daar
by die grafiet in ’n potlood gevoeg is, hoe harder is die ''lood''. Vir kleurpotlode word allerhande ander bestanddele gebruik. Hierdie mengsels word
nie verhit nie. Die hout in potlode kom van bome met ’n sterk, reguit grein, Met die samevoeging van die grafietstiffies en houtstiffies word die proses voltooi en is die nuttige produk gereed om die wêreld ingestuur word. Maar presies hoe kom die grafiet in
die potlood? As jy gedink het dit Dit word heeltemal anders gedoen, soos die illustrasie hier langsaan toon. Eers word ’n blok uit geskikte hout gesaag (1). Hierna word die blok in planke opgesaag (2), wat gekleur word (3). Vervolgens word gleufies aan die een kant van elke plank aangebring (4). Grafietstafies word in die gleufies geplaas (5) en ’n tweede plank met gleufies word soos ’n toebroodjie bo-op die eerste geplaas. Die planke word aan mekaar vasgelym (6). Hierdie "potlood-toebroodjie" word dan gesaag (7) om die individuele potlode van mekaar te skei (8). Die potlood word geverf en afgewerk (9 en 10), ’n metaalring aan die een end aangebring (11) en ’n uitveër in die ring ingekram (12). Die
potlood is nou gereed om saam met sy maters verpak en versend te word—en uiteindelik deur jou gekoop te word net sodat jy dit binne
’n week of
drie met jou potloodskerpmaker kan vernietig! Die verhaal van die pen
Veerpenne is gemaak deur met
’n spesiale pennemes ’n punt vooraan die skag van ’n voël se vlerkveer uit te sny. Die penpunt is dan in die middel gekloof om
die ink te hou en te laat uitvloei wanneer daarmee geskryf is. Hoewel die Romeine bronspenne kon gehad het, is geelkoperpenne in 1465 vir die eerste keer vermeld. Tog het die gebruik van metaalpuntpenne eers vroeg in die 1800's werklik posgevat. Die eerste gepatenteerde staalpuntpen is in 1803 deur die Engelse ingenieur Bryan Donkin gemaak en veerpenne is daarna ál minder gebruik. In 1884 het Lewis Waterman,
’n New Yorkse versekeringsagent, die Teen die 1920's was die vulpen die belangrikste Die eerste praktiese balpuntpen
is reeds voor die oorlog, in 1938, Die eerste praktiese veselpuntpen is in ’n 1962 deur Joekio Horie van Japan uitgevind en het mettertyd ’n belangrike mededinger van die balpuntpen geword. Dit is baie geskik vir Japanse skrif, waarvoor daar tradisioneel ’n gepunte inkkwassie gebruik word. Die veselpuntpen gebruik kleursel as ink, met die gevolg dat daar in ’n groot verskeidenheid van kleure geskryf kan word, iets wat nie met vulpenne en balpuntpenne gedoen kan word nie.
DIE woord papier kom van
Die papirusplant is ’n biesie-agtige plant met lang stingels. Die stingels is groen aan die buitekant met wit vesels binne-in. Die groen buitekant word afgestroop en die binneste wit vesels in dun stroke gesny. Die wit stroke word hierna sy aan sy langs mekaar geplaas met die rande wat oorvleuel.
Nadat die velle in die son gedroog is, kan daarop geskryf word.
Maar waar kom ons regte, egte papier dan vandaan? Volgens oorlewering is dit omsteeks 105 nC in China uitgevind deur ene Ts'ai Lin, ’n eunug in die hof van keiser Ho Ti. Die bas van die moerbeiboom is met bamboesvesels, hennep en vlas gekombineer. Dié is tot ’n pulp verbrysel en met water gemeng. Die mengsel is daarna deur ’n laag saamgeweefde gesplete bamboesstroke gefiltreer. ’n
Lagie vesels het bo-op
die bamboesstroke gevorm (die Aanvanklik is lappe deur meulens in die Weste vir die vervaardiging van papier gebruik, maar teen die sewentiende eeu is soveel papier gemaak dat dit moeilik geraak het om genoeg lap te bekom. Dié probleem is in 1840 te bowe gekom met die ontwikkeling van ’n nuwe verpulpingsproses waarin hout gebruik is. Vandag word papier nog van hout gemaak—of herwin van papier wat oorspronklik van hout gemaak is. Ondanks die gesofistikeerde prosesse wat betrokke is, is dit dus steeds weinig meer as saamgeperste houtvesels.
Soorte papier en hul verskillende gebruike
DAAR
is verskillende soorte papier wat vir verskillende dinge gebruik
word—en papierfabrieke maak dan ook dikwels ’n duidelike
onderskeid as dit by die produkte kom wat hulle lewer.
Hier is ’n aantal van die bekendste soorte:
1)
Skryfpapier: Verskillende tipes
skryfpapier word vervaardig sodat ’n mens met ’n pen of potlood
daarop kan skryf. Sulke papiertipes is gewoonlik wit of lig van
kleur. Hulle moet ook glad van tekstuur wees en nie baie ink opsuig
nie, met ander woorde die ink moet nie te veel in die papier invloei
wanneer ’n mens daarop skryf nie.
2)
Toedraaipapier: Papier waarin
byvoorbeeld kos toegedraai word, moet sterk en verkieslik waterdig
wees. Hierdie soort word dikwels met was behandel en in
rolle verkoop. Bruinpapier is weer nuttig vir pakkies oopmaak of die
oortrek van boeke.
3)
Absorberende papier: Papierhanddoeke, snesies, toiletpapier
en natuurlik kladpapier is voorbeelde van absorberende papier.
Anders as skryfpapier, moet hulle vloeistowwe juis baie goed kan
opsuig.
4)
Koerantpapier: Van die soort
papier wat vir koerante gebruik word, word onder meer ook kladboeke
gemaak. Dan dien dit natuurlik ook as toedraai- en pakpapier vir
allerhande dinge waar nie soveel verdigting en sterkte nodig is as
wat met wasvelle en bruinpapier verkry kan word nie. Koerantpapier
is goedkoop, maar nie besonder sterk nie en vergeel namate die tyd
aanstap. Die groot voordeel van koerantpapier is egter dat dit
drukkersink besonder vinnig kan absorbeer—ideaal vir koerante wat soos
die blits in hul duisendtalle van die rolpers af moet kom.
5)
Boek- en tydskrifpapier: Hierdie soorte
is duursamer (en natuurlik duurder) as koerantpapier. Die oppervlak
van die papier is dikwels verglans.
6)
Karton: Daar is verskeie soorte karton,
van sterk verdikte papiervelle tot riffelkarton. Wit (of gekleurde)
verdikte papiervelle word baiekeer in skole gebruik om op te
teken, maar is ook gewild by sommige kunstenaars. Dit het letterlik
honderde gebruike. Riffelkarton word weer vir die maak van
kartonbokse gebruik. In die middel is riffels wat soos sinkplate lyk
en aan weerskante is dikkerige bruinpapier aangebring. Hierdie
struktuur maak dit ietwat buigbaar, maar ook sterk.
7)
Fotografiese papier: Goeie papier
wat verglans en met chemikalieë behandel is, is onontbeerlik in die
fotografiese ateljee waar positiewe afdrukke van negatiewe gemaak
word.
|
||||||||