Akropolis

BO: Die Akropolis (rotsvesting) van Athene met die Parthenon daar bo-op.
 
(Kyk ietwat ondertoe vir erkenningsnota oor die fotograaf, LennieZ.)

 
Die stryd vir die behoud van die węre
ldberoemde ruďne op die tafelrotsheuwel in die hart van die geboorteland van die Westerse beskawing

Die Parthenon

Gewyde tempel van die Akropolis

 

 Parthenon


Erg verweerd onder die hemelruim van Athene pryk die Parthenon en ander tempels uit ’n tyd lank verby. Hoewel slegs die bouvalle vandag nog staan (en restourasiepogings onnoemlike probleme oplewer) is daar in die suile en kolonnades steeds iets te bespeur van die wyding en glorie wat eenmaal hier geheers het. Die Parthenon word immers beskou as een van die mees elegante bouwerke wat ooit gebou is. Lees hier hoe en hoekom die ou Griekse meesters dit opgerig het... en hoe moderne bouers reeds langer as dertig jaar lank spook om dit te restoureer...
 

•  Foto bo van ’n deel van die Parthenon van die suide gesien deur Thermos,
wat dit op hierdie bladsy
by Wikimedia Commons op die węreldwye web gelisensieer het ingevolge die Creative Commons Attribution ShareAlike 2.5-lisensie. Daarvolgens word vrye deling en die maak van afgeleide werke vergun mits behhoorlike erkenning gegee en dit slegs versprei word ingevolge ’n lisensie identies aan hierdie een. Amptelike  lisensie

 •  Foto heel bo: Gewysigde weergawe (bo en onder afgesny) van ’n oorspronklike foto deur LennieZ,
wat dit aanvanklik in die Nederlandse weergawe van die Wikipedia-ensiklopedie op die węreldwye web gepubliseer het. Die foto is oorgeplaas na Wikimedia Commons en gelisensieer ingevolge die GNU Free Documentation License, Weergawe 1.2 of enige latere weergawe soos dit deur die Free Software Foundation gepubliseer word. Kopiëring, verspreiding en/of wysiging word ingevolge hierdie lisensie vergun.

As agtergrond lees gerus ook die volgende Mieliestronk-artikels:

•   Ou Griekeland—wieg van die Westerse beskawing

•   Ou Griekeland—węreld van die wyse manne

•   Ons Griekse erfenis

 

D

IE eens wiskundig presiese struktuur beur wankelrig, maar steeds indrukwekkend boontoe uit die ruwe tafelrotsheuwel van die Akropolis—ondanks 2500 jaar van oorlogvoering, aardbewings, besoedeling, plundering, vernielsug en ongereelde bewaringspogings.

 

ParthenonDit bly een van die węreld se grootste kulturele monumente... soos ’n blywende simbool van die Griekeland van die Oudheid wat bokant die moderne Griekse hoofstad Athene uittroon.

 

In die vyfde eeu voor Christus gebou as ’n tempel vir die Griekse godin Athena wat, soos geglo is, die maagdelike beskermer van die ou Griekse stadstaat Athene was, staan die Parthenon as ’t ware in die hart van die geboorteland van die Westerse beskawing.

 

Athene was immers, in die tyd toe die Parthenon opgerig is, die toonaangewende stadstaat in die antieke Griekeland waarin baie van die idees en gedagterigtings wortelgeskiet het wat ons vandag nog navolg.

 

Die lang en veelbewoë geskiedenis van die Parthenon sal sekerlik baie mense interesseer wat al in Athene was, maar steeds nie die volle verhaal ken nie. Dit kan ook boeiend wees vir ander wat beplan om dit nog minstens een keer in hul lewe te besoek. Van die geskiedenis vertel ons meer hier onder... en daarna vertel ons iets van die huidige stryd om te keer dat die Parthenon weens die aanslae van die lange eeue inmekaartuimel.

 

REGS: Soos dit in die Oudheid kon gelyk het... ’n betreklik nuwe voorstelling van die Parthenon en ander bouwerke van die Akropolis.

Krediet: GSFC / NASA

 
ONDER: Sowat honderd jaar gelede, in 1911, is hierdie voorstelling gedoen van hoe ’n restourasie van die geboue sou lyk. Navorsing was toe nog nie so gevorderd nie en daar is kennelik minder geboue.

Krediet: New York State Archives

Betreklik nuwe voorstelling van die Parthenon en ander bouwerke van die Akropolis
Ou voorstelling van die Parthenon en ander bouwerke van die Akropolis

 

IN 480 v.C. is Athene deur Persiese magte binnegeval (let wel dat ’n mens met v.C. agteruit tel tot by die jaar 1 v.C., en nie vorentoe van die jaar 1 n.C. af soos ons met n.C. doen nie). Die Perse het binne ’n jaar egter weer die aftog geblaas. Voordat hulle uit die stad gevlug het, het hulle nietemin die tempels van die Akropolis verwoes, waaronder die halfvoltooide tempel vir die godin Athena, beskermvrou van Athene.

 

Die Atheense burgers het ’n eed gesweer om die Akropolis se bouvalle net so te laat om hulle aan die Persiese heiligskennis te herinner. Eers toe die bond van Griekse stadstate, gelei deur Athene, die Perse in 449 v.C. ten volle verslaan het, het die Atheners gevoel dat die verwoesting van die tempels gewreek is.

 

Perikles, die leier van Athene, het ’n program aangevoor om die Akropolis te herbou. Perikles se mees ambisieuse onderneming was die herbouing, op ’n veel grootser skaal, van die tempel van Athene se beskermgodin, Athena Parthenos (Athena die Maagd).

 

Marmerborsbeeld van PeriklesLINKS: ’n Marmerborsbeeld van Perikles met die inskripsie “Perikles, seun van Xanthippus, Athener”. Dit is ’n Romeinse kopie van ’n oorspronklike Griekse werk van omstreeks 430 v.C.

 

Foto deur “Jastrow”, wat dit by Wikimedia Commons op die węreldwye web tot openbare besit verklaar het (“released to the public domain”)

 

Die Parthenon was ’n eenvoudige bouwerk, maar ook ’n meesterstuk—’n reeks vertikale pilare en horisontale lateie. Die getal en posisie van die suile was presies ooreenkomstig die reëls van verhoudinge wat vir alle Griekse tempels gegeld het. Maar met die bou van die Parthenon is hierdie maatstawe met soveel balans en harmonie verfyn en aangepas dat dit steeds as een van die mees elegante bouwerke beskou word wat ooit opgerig is.

 

Dit het nie lank geduur om die Parthenon te bou nie. Die oprigting is tussen 447 en 438 v.C. onderneem deur die argitekte Iktinos en Kallikrates en die beeldhouer Pheidias, wat nog vyf jaar nodig gehad het om die beeldhouwerke op die geweldriehoeke aan te bring.

 

Die Parthenon is deur suile omring. Binne die suile het ’n loopgang om die hele gebou geloop. Die binnekamer is in twee dele verdeel. Die langer oostelike kamer, wat die standbeeld van Athena bevat het, het twee rye en twee verdiepings van suile gehad. Die westelike kamer het vier hoë suile gehad en die tempelskatte bevat. Die buiteportale is as staatskatkiste gebruik.

 

Die Akropolis, of ’’hoë stad’’, was die hart van Athene—’n toevlugsoord en ’n heilige gebied vol tempels. Die Panatheneë-optog sou jaarliks die Akropolis binnegaan om ’n spesiale kleed aan die standbeeld van Athena in die Parthenon voor te lę.

 

Die standbeelde van die Parthenon is met getinte was gekleur. Die oë is met gekleurde glas beklemtoon. Vandag is veranderings in die klimaat besig om swammegroei diep in die marmer van al die geboue op die Akropolis aan te wakker. Dit kan die wit marmer laat swart word.

 

Die Parthenon is so geplaas dat die lug altyd die agtergrond sou vorm van watter kant ’n mens dit ook al beskou. Die timmerhoutdak is bedek met marmerteëls, dun genoeg om gedempte sonlig binne te laat. Daar was geen vensters in die tempel nie.

 

Die argitekte van die Parthenon het subtiele wysigings aangebring om die indruk van simmetrie te skep. Aangesien ’n suil met doodreguit kante dunner in die middel sou lyk, het hulle die suile van die Parthenon net so effens laat uitbult. Die hoeksuile was ietwat dikker as die res, anders sou hulle dunner gelyk het teen die lug daaragter. Die fondament van die tempel is in die middel gelig sodat dit nie moes lyk asof dit insink nie.

 

Die suile leun effens na binne oor om die oog boontoe te lei. Selfs die groefwerk op elke suil is boontoe verdun. Trouens, daar is min reguit lyne in die hele tempel.

 

Die Parthenon was vol figure. In die geweldriehoeke aan weerskante was tonele van Athena se lewe. Een het haar geboorte uit die kop van die god Zeus getoon; op die ander geweldriehoek is Athena se stryd teen die god Poseidon om die besit van Athene verbeeld.

 

Die 92 metope—klipblokke met reliëf-beeldhouwerk—wat die tempel omring, beeld tonele uit van oorwinnings oor vyande en monsters soos die sentours, mitologiese perde met die bolywe van mense. Rondom die binneseksie, net onder die plafon, het ’n klipfries tonele getoon van die Groot Panatheneë, ’n spesiale optog wat elke vier jaar plaasgevind het.

 

SOOS reeds gesę, was dit Perikles, die leier van Athene, wat voorgestel het dat die Akropolis herbou word om die klinkklare oorwinning van die Grieke oor die Perse te gedenk. Sowat 100 000 ton marmer is uit ’n klipgroef noordoos van die middeldeel van Athene gebreek en met waens sowat 18 km ver aangebring.

 

Die suile is gemaak van tien tot twaalf silinders wat met metaalstawe geheg is. Daar is met die beitelwerk aan die suilgroewe begin terwyl die silinders nog op die grond was en dit is voltooi nadat die suil opgerig was.

 

Bouers het ’n gleuf bo in elke klipblok ingebeitel wat teenoor ’n soortgelyke gleuf in die volgende blok gelę het. Gesmelte lood is daarin gegooi en wanneer die lood gestol het, was die blokke stewig aanmekaar. Geen messelklei of sement is gebruik nie. Weerskante in die lengte is daar twee maal soveel suile, plus een, as weerskante in die breedte.

 

Die standbeeld van Athena was 13 meter hoog. Om die standbeeld te bou, is houtblokke gevorm en gelas. Bladgoud is gebruik om die klere te bedek en ivoor vir die gesig en hande. Die beeld het meer gekos as die Parthenon self. Athena se goue bekleding van meer as ’n metrieke ton kon verwyder word indien gevaar dreig. Vroeg in die vyfde eeu n.C. is die standbeeld na Konstantinopel weggevoer.

 

Voorstelling van Athena se goue beeldREGS: Die voorstelling van Athena se goue beeld in ’n replika van die Parthenon wat in Nashville in die Amerikaanse staat Tennessee gebou is.

   

Foto (gewysig) deur “Altairisfar”, wat dit by Wikimedia Commons op die węreldwye web tot openbare besit verklaar het (“released to the public domain”)


 

Maar in die loop van die geskiedenis is die Parthenon verder verinneweer. In 1687 het ’n Venesiaanse aanvalsleër plofstof laat ontplof wat in die Parthenon geberg is. Die verwoesting was hartverskeurend.

 

En in 1801 het die Turkse besettingstroepe van destyds die Britse ambassadeur, lord Elgin (Thomas Bruce), gemagtig om uitgesoekte beeldhouwerke van die Parthenon te verwyder. Dit is later aan die Britse Museum in Londen verkoop en staan bekend as die “Elgin Marbles”. Daar word tot vandag toe geredekawel of die kunswerke in die Britse Museum moet bly of na Athene teruggestuur moet word.

 

’n Deel van die “Elgin Marbles”

BO: ’n Deel van die “Elgin Marbles”, wat meer as twee eeue gelede deur die Britse ambassadeur lord Elgin van die Parthenon verwyder is en in die Britse Museum in Londen beland het.

Foto: U.S. Library of Congress

 

DIE Griekse departement van kultuur is tans besig met ’n program van restourasie en rekonstruksie van die Parthenon—soos ook die onooglike steiers kan getuig wat gebruik word om die pynlik noukeurige herstelwerk te kan doen. Dit is nie maklik nie, om die minste daarvan te sę.

 

Die huidige restourasieprojek, wat deur die Griekse regering sowel as die Europese Unie befonds word, het in 1975 begin en is dus reeds ’n goeie entjie meer as dertig jaar aan die gang. Argeoloë, argitekte, siviele ingenieurs en vakmanne strewe daarna om nie net die vakmanskap van die ou Grieke na te boots nie, maar inderdaad om hul werke te herskep.

 

Maar hoe het die ou Atheners hul imposante tempel in so ’n kort tyd gebou, blykbaar sonder dat hulle ’n bouplan van die geheel gehad het?  Hoe het hulle dit reggekry om subtiele visuele elemente daarin te inkorporeer en by sulke foutlose verhoudinge en soveel balans uit te kom?

 

Meer nog, hoe kon die bouers so noukeurig gewerk het—partykeer met ’n akkuraatheid van tot ’n breukdeel van ’n millimeter—sonder dat hulle moderne gereedskap gehad het? Dit is vrae wat steeds gestel word. Soos een van die argitekte van die herstelprojek dit sugtend stel: “Ons is nie so goed as wat hulle was nie.”

 

En waar aanvanklik gehoop is om die restourasie binne tien jaar af te handel, het die restoureerders hulle spoedig in allerhande probleme vasgeloop. Nie die minste nie was ’n mislukte herstelpoging ’n hele aantal dekades tevore met ysterklemme, wat so verroes het dat die Parthenon gevaar geloop het om inmekaar te stort. Tans word die ligte, sterk en korrosiebestande metaal titaan in alle nuwe metaalwerke gebruik.

 

Ten spyte van sulke probleme het die huidige restourasieprojek voortgesleur—maar nie sonder dat dit in groot omstredenheid gehul is nie. Trouens, in 2005 het die regering in Athene aangekondig dat nog minstens twintig jaar—en etlike honderde miljoene rande—nodig sou wees om die projek af te handel.

 

Dit sal uiteindelik dus altesame minstens ’n halfeeu gekos het om ’n bouwerk te herstel wat twee en halwe millenniums gelede in sowat ’n dekade opgerig is onder aanvoering van die Griekse staatsman Perikles, wat wou hę dat die geboue op die Akropolis ’n blywende monument vir die beskawing moes wees.

 

Boonop is dit ironies dat die Parthenon nie eens tot sy volle glorie herstel gaan word nie. Veral die ontploffing van 1687 het blykbaar te veel skade aangerig. Byna al die vernaamste stukke marmer sal darem in die struktuur geplaas word waar hulle oorspronklik kon gewees het, gesteun deur moderne boumateriale, waar nodig.

 

Maar dit alles sit ’n mens nogal kliphard aan die dink. Hoeveel, indien enigsins, is ons vernuftiger en meer bedrewe as ons voorsate van baie lank gelede? Kortom, hoe sal ons eintlik die verskil kan bereken tussen die beskawing van vandag en dié van die vindingryke mense in die opwindende dae van Perikles en sy tydgenote?

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad