PADDA-
KRISIS
 
BO: Die Amerikaanse brulpadda (baie verklein). BO: Die mikropadda van Suid-Afrika - sy enigste oorblywende hougebied is die Kenilworth-renbaan in die Kaap (padda hier heelwat vergroot).
FOTO: KAAPSE NATUURBEWARING
Aan die een kant vrek die paddas op ’n streep in verskillende wÍrelddele... die kleurrykes, die vales, die grotes, die kleintjies. Niemand weet verseker waarom nie. Aan die ander kant is die gruwelike Amerikaanse brulpadda weer besig om hand oor hand aan te teel - duisende kilometers van sy oorspronklike habitat in wildvreemde lande...
DIS werklik iets om oor ''parra-noÔes'' te raak, sÍ ’n wetenskaplike nou die dag wrang. Hy het geen grap gemaak nie. Al kon sekere van sy kollegas dalk sy koddige woordspeling as ’n ligsinnige geskerts oor ’n baie belangrike saak beskou het.

Maar hy wou bloot benadruk dat iets kommerwekkends verkeerd is met die padda-populasies van die aarde. Die padda-bevolkings is immers dikwels ’n aanduiding van ons planeet se ekosisteme as ’n geheel.

Eintlik is dit ’n tweeledige probleem en geleerdes soek nog oral antwoorde. Aan die een kant vrek die paddas op ’n streep in baie wÍrelddele. Niemand weet verseker waarom nie. Aan die ander kant is ’n gruwelike indringer besig om Europa hand oor hand in te neem: die Amerikaanse brulpadda.

In die jare sestig is ses ('n ander bron sÍ dit was tien) van die brulpaddas onwettig uit die VSA ingevoer deur ’n avonturier wat hulle in Gironde, Suidwes-Frankryk, in sy private tuinpoel geplaas het. Hulle het vermenigvuldig en vermenigvuldig om vandag in hul derduisende die Europese waterstrome, vleie en mere te beset.

Inheemse visse en ander paddaspesies word verdring en sterf uit. In Frankryk het plaaslike owerhede al die brulpaddas probeer doodskok en selfs met 22-gewere gejag, maar dit lyk nie of dit die langtermyn-antwoord kan wees nie. "Daar’s net een oplossing: totale uitwissing, of ons word deur die brulpaddas oorstroom,'' reken sekere mense nou.

Dit staan in regstreekse teenstelling met die onrusbarende afname wat wetenskaplikes reeds sedert 1980 in die bevolkings van sekere paddaspesies rondom die wÍreld waargeneem het.

Party afnames kan die gevolg van natuurlike wisselings in die klimaat wees. Maar wetenskaplikes glo dat baie paddaspesies gevaar loop om uit te sterf weens veranderings wat deur mense aan hul hougebiede aangebring is.

Tog is paddas ook besig om uit betreklik onrepte habitats te verdwyn. Die goue landpadda van Costa Rica het byvoorbeeld onlangs uitgesterf, hoewel sy woonplek in die wildernis nie eintlik wesenlik bedreig is nie.

Nou is daar geleerdes wat vrees dat ’n vreemde siekte, iets soos ’n swam wat die paddas se velle beskadig, vir sekere van die onlangse baie vrektes verantwoordelik kon gewees het.

Hulle vrees ook dat wÍreldwye veranderings in die omgewing, wat aan suurreŽn, die verwarming van ons planeet en die verdunning van die osoonlaag gewyt kan word, ’n bedreiging vir paddas kan wees, selfs in gebiede ver van menslike woelinge.

Padda-feite en -eienaardighede


DIE PADDA is ’n amfibiese dier. Die naam amfibie is afgelei van ’n Griekse woord wat ``dubbele lewe'' beteken, want die meeste amfibieŽ bring die vroeŽ deel van hul lewe in die water deur en die laaste deel op die land.

Die enigste amfibieŽ wat ons in Suid-Afrika kry, is die verskillende soorte paddas en skurwepaddas (``toads'' in Engels). In ander dele van die wÍreld is daar egter ander interessante amfibieŽ, die sogenaamde molge en salamanders. Party salamanders is maar net so ’n sentimeter of twee lank, maar een soort byna twee meter.

LINKS: Langstert-salamander, Noord-Amerika.

Geleerdes het al meer as 4 000 paddaspesies geÔdentifiseer en nuwe spesies word steeds in tropiese reŽnwoude en ander afgeleŽ wÍrelddele ontdek. ’n Mens vind paddas inderdaad op alle landmassas buiten op Antartika en sekere eilande.

Die kleinste padda, sover bekend, is ’n spesie van BrasiliŽ wat ’n skamele agt, nege millimeter lank is (die pote uitgesluit) en minder as dertig gram weeg. Die grootste is die goliat-padda van Wes-Afrika, met ’n lengte van dertig sentimenter en ’n massa van meer as drie kilogram.


REGS: Goliat van die Kameroen.

Die vel van ’n padda is in die reŽl natterig en betreklik dun, sonder skubbe of hare. Kliere in die vel skei ’n slym af wat dit vogtig help hou. Baie paddas het ’n grys, groen, bruin of geel vel wat hulle help kamoefleer in die omgewing waarin hulle hulle bevind.

Ander paddas het turkooiskleurige, oranje, rooi, blou of ander helder skakerings. Diť is baiemaal ’n waarskuwing aan roofvyande: ``Ek is giftig. Bly weg!''

LINKS: Die tamatiepadda (Madagaskar).

Maar dis nie oral bekend dat alle paddas, nie slegs die helderkleuriges, ’n melkerige gif uit kliere in hul vel afskei om hulle aan roofvyande te help ontsnap nie. Die gif van die meeste paddas veroorsaak egter niks meer as ’n ligte vel-irritasie by mense nie. Daar steek geen waarheid in die storie dat ’n mens vratte kry as jy ’n padda hanteer nie.

Paddas verkondig hul teenwoordigheid en kommunikeer met ander paddas deur middel van verskeie komplekse roepe, soos kierie-kieries en kwake en ander geluide. Hierdie geluide word baie soos die spraak van mense voortgebring, deur lug uit die longe oor die stembande in die keel te forseer.

Padda-geselsies is baie belangrik in die paartyd wanneer die mannetjies roep om die wyfies se aandag te trek.

Lewensiklus van die padda
   

REGS: 1. ’n Massa padda-eiers. 2. ’n Padda-embrio soos dit lyk voordat dit uit die eier kom. 3. Die pas uitgebroeide embrio. 4. Die jong paddavis nadat dit reeds uitwendige kieue en ’n herkenbare stertvin ontwikkel het. 5. 'n Veel ouer paddavis met sy goed ontwikkelde stertvin en agterpote. 6. Soos ta uiteindelik sal lyk wanneer die metamorfose finaal voltooi is -- weg is die stertvin en hy het ook voorpote ontwikkel. Wat meer sÍ, sy kieue het plek gemaak vir longe sodat hy kan asemhaal en ook op land pleks van net  in die water kan lewe.

PADDAS begin hul lewe as eiers. Dit word deur die paddawyfie tussen waterplante gelÍ. Die eiers kom in lang stringe voor, in groot groepe, in klein groepies of enkeld. Dit word deur ’n jellie-agtige stof omring. Die eiers word deur die son se hitte uitgebroei nŠ omtrent tien dae.

Alle soorte paddas lÍ egter nie ewe veel eiers nie. Die sogenaamde mariene padda lÍ 35 000 in ’n jaar, word vertel, maar die Kubaanse pylgif-padda slegs een in dieselfde tyd.

Uit die padda-eier kom ’n larwe, wat gewoonlik ’n ``paddavissie'' genoem word, hoewel hy bloedweinig gemeen het met rasegte vissies. Die larwe gebruik egter sy stertvin om mee te swem en haal wel soos ’n vis deur kieue asem. NŠ omtrent twee maande verskyn die agterpote waar die stert aan die liggaam vas is.

Met die gedaantewisseling (metamorfose) van die paddavis tot ’n padda, verander hy sodat hy ook op land pleks van net in die water kan lewe. Hy kry eers agterpote en dan voorpote. Longe neem die plek van die kieue vir asemhaling in. Sy stert word kleiner en sy mond word groter.

Hoewel die meeste paddas in die wÍreld kom soos hierbo beskryf, is daar ook die uitsonderings.

Die Surinaamse skurwepadda lÍ sowat sestig eiers. Die wyfie dra hulle op haar rug waar hulle binne-in klein sakkies ontwikkel. Hulle is ten volle ontwikkel wanneer hulle uitbroei en het nie sterte of kieue nie. Die reŽnpaddas van Costa Rica ontwikkel ook reeds binne-in hul eiers tot paddatjies.

Paddas en die mens

DIE W RELD se paddas is van groot belang vir die mens. Die meeste van hulle lewe van insekte, en in baie gebiede help hulle om muskietbevolkings te beheer, asook insekte wat voedselgewasse beskadig.

Boonop is hulle ’n kosbron vir sekere mense -- die beentjies van een soort padda word in baie dele van Europa as ’n lekkerny beskou.

Wat meer sÍ: paddas is baie belangrik in die onderwys en wetenskaplike navorsing. Volwasse paddas word baiemaal gebruik om leerders van die anatomie van gewerweldes (diere met ’n ruggraat) te vertel. Daarby help padda-eiers geleerdes om meer van die ontwikkeling van embrio’s te wete te kom.

Sowaar as padda manel dra -- dit kan ’n mens tereg sÍ -- die mens is geweldig baie aan die padda verskuldig!

 

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad