Die meeste paddas laat hul kinders aan hul eie genade oor. Tog is daar n paar soorte wat die hele tyd hul eiers en/of paddavissies rondabba totdat di in staat is om vir hulself te sorg... 

 Paddavissies suig in twee rye vas aan ma se rug

BO: n Ma abba haar kroospadda­vissies word s moe­derlik beskerm deur die kritiek be­dreig­de berg­rower­padda (Craugastor lineatus, vroer Hylodes lineatus) van sekere dele van Suid-Amerika. Die berg­rower word ook die mili­tre padda genoem omdat twaalf tot twin­tig padda­vissies hulle in gelid rangskik deur aan twee uit­mekaar­lopende riwwe aan die wyfie se rug vas te suig.

Buidelpadda van Venezuela wat haar nasate in n sak op haar rug saamdra

BO: Hierdie ma het haar kinders in die saknie andersom nie! Die buidelpadda van Venezuela (aan die noordkus van Suid-Amerika) is merkwaardig deurdat die wyfie n sak op die rug het waarin sy haar eiers hou totdat hulle tot paddavissies ontwikkel. Die buidelpadda se wetenskaplike naam is Gastrotheca ovifera (vroer bekend as Notodelphys ovifera).

Krediet vir altwee illustrasies bo: Detail van n kleurplaat van verskillende soorte paddas in Ernst Haeckel se Kunstformen der Natur, 1904 (openbare besit vanwe verval van kopiereg weens ouderdom)

KWAAK! Kwaak! kwaak!
Die kikkerkonserte in die lente, wanneer di springende amfibie om maats roep, bly maar altyd iets wonderliks om na te luister.

Maar moenie dink dat hierdie amoreuse padda-pare n hul egverbintenis saam gaan huis opsit soos mense nie. In weerwil van hul harmoniese hofmakery het die meeste soorte nie juis n gesinslewe om van te praat nie.
 
Nadat die wyfie haar eiers in die water gel en die mannetjie hulle bevrug het, sak die eiers af tot op die bodem van die dam of ander watermassa en die ouers swem ongerg weg. Nou moet die eiers, en die paddavissies wat daaruit ontwikkel, maar self sien kom klaar.
 
Maar die lewe is tog vol verrassings. Daar is n handvol paddasoorte wat nie net by hul eiers bly nie, maar trouens verbasend toegewyde mas en pas is. Soos die vroedmeesterpadda van Wes-Europa en Noord-Afrika.

 n VroedmeesterpaddaREGS: n Vroedmeesterpadda (Alytes obstetricans).

Foto deur die Duitse bioloog Christian Fischer,
wat dit op hierdie bladsy  by Wikimedia Commons op die wreldwye web gelisensieer het. Kopiring, verspreiding en/of modifikasie word vergun ingevolge die bepalinge van die GNU Free Documentation License, Weergawe 1.2 of enige latere weergawe soos gepubliseer deur die Free Software Foundation. n Afskrif van die lisensie word ingesluit in die in die afdeling getiteld: GNU Free Documentation License.
 
Nadat die eiers bevrug is, wikkel die die vroedmeester-mannetjie die halssnoeragtige stringe eiers om sy agterpote en dra hulle etlike weke lank met hom saam. Omdat hy snags aktief is, word die eiers deur dou klam gehou. Maar as dit te droog raak, spring hy dam toe en week die eiers sagkens in die water.
 
Wanneer dit tyd raak vir die eiers om uit te broei, gaan die padda ook na die dam toe. Hierdie keer klim hy in die water om die paddavissies, wat uit die jellie te voorskyn kom en wegswem, in die lewe uit te stuur.
 
En dan is daar die gifpylpaddas in Suid- en Sentraal-Amerika. Pleks van duisende eiers te l en te hoop dat n paar sal bly lewe, l die wyfies net twee of drie tussen dooie plante op die land, waar hul toekomstige afstammelinge veilig is van die roofvyande wat in waterkuile en riviere boer.
 
Een ouer, dikwels die mannetjie, bly by die ontwikkelende eiers totdat hulle uitbroei en hy bevog hulle uit sy blaas. Die paddavissies wat hul verskyning maak, woel tot op die rug van die ouer, wat in die woud rondspring om n waterkuil te soek waarin hulle verder kan ontwikkel.

Aarbei-gifpylpadda

BO: n Aarbei-gifpylpadda (Oophaga pumilio, vroer Dendrobates pumilio) van Costa Rica. Gifpylpaddas is besonder sorgsame ouers, in elk geval sover dit paddas aangaan.

Foto deur Pstevendactylus, wat dit by Wikimedia Commons op die wreldwye web tot openbare besit verklaar het (released to the public domain)

Die wyfie van die blou-en-rooi gifpylpadda los haar paddavissies binne-in n plant waarvan die blare n vaasagtige houer vorm waarin water versamel. Hier lewe die paddavissies van muskietlarwes en dooie blare totdat hulle genoeg ontwikkel het om in die buitewreld te oorleef.
 
Maar een van die mooiste paddastories moet di wees omtrent die Darwin-paddamannetjie van Chili, wat sy kinders bly versorg van die eierstadium af totdat hulle klein paddatjies is. Die wyfie l haar eiers op dro land en die mannetjie waak daaroor totdat hulle reg is om uit te broei. Sodra die paddavissies tekens begin toon dat hulle gaan uitkom, sluk die mannetjie hulle doodluiters in.
 
Nee, toe maar, hulle beland darem nie in sy maag nie! Die kleingoed vertoef heel knus in die mannetjie se stemsak. Hier, vry van roofvyande, ontwikkel hulle en lewe hulle van die ryk voorrade dooier in hul liggame. n Paar maande later maak die mannetjie sy bek oop en die ten volle ontwikkelde paddatjies spring uitgereed om op eie houtjie die wreld aan te durf.

Dankie, Pa... koebaai, Pa!

Die gewone ontwikkeling van die padda

DIE meeste paddasoorte l hul eiers in water. Die mannetjie klou aan die wyfie vas en werp sy sperma oor die eiers om hulle te bevrug. n Dun lagie jellie om die eiers swel in die water uit om paddakuit te vorm. Die eiers ontwikkel en vorm embrios, wat tot paddavissies met lang sterte en veeragtige kieue uitbroei. Monde en o ontwikkel later.
 
Aanvanklik klou die paddavissies aan iets soos n waterplant vas deur hul monde as suiers te gebruik, maar namate die sterte groei, gebruik hulle dit om mee rond te swem. Mettertyd verskyn die agterpote. Inwendige longe ontwikkel geleidelik en die kieue word geabsorbeer sodat die padda die water kan verlaat en lug kan inasem. Teen di tyd is die voorpote goed ontwikkel.
 
Intussen het die paddavissie van n plantvreter in n vleisvreter verander met klein diertjies as sy kos. Die gedaantewisseling is nie voltooi terwyl die dier steeds n lang stert het nie; die finale stadium van die metamorfose is die absorpsie van die stert. Die padda is nou n klein volwassene.

 

Lewensiklus van die paddaLewensiklus van die padda

 

 Hierdie illustrasie kom ook voor in n ander Mieliestronk-artikel oor paddas wat jy kan lees deur hier te klik

REGS: 1. n Massa padda-eiers. 2. n Padda-embrio soos dit lyk voordat dit uit die eier kom. 3. Die pas uitgebroeide embrio. 4. Die jong paddavis nadat dit reeds uitwendige kieue en n herkenbare stertvin ontwikkel het. 5. n Veel ouer paddavis met sy goed ontwikkelde stertvin en agterpote. 6. Soos ta uiteindelik sal lyk wanneer die metamorfose finaal voltooi isweg is die stertvin en hy het ook voorpote ontwikkel. Wat meer s, sy kieue het plek gemaak vir longe sodat hy kan asemhaal en ook op land pleks van net  in die water kan lewe.

 
Ter afsluiting... iets so reg uit
die padda se bek...

Dis n PARA-noese moeder... sowaar as padda manel dra!

BO: Die besorgde mamma-padda en haar sorgelose erfgenaampie op die kamma-toneeltjie hierbo behoort eintlik glad nie tot n paddaspesie waar ouerlike versor­ging die norm is nie. Tog illustreer dit darem die feit dat nie al hierdie amfibie hartelose pas en mas is nie al sou hulle wel almal so koudbloedig wees soos visse.

Krediet: Aanpassing van n oorspronklike foto van n Australiese groen boompadda deur LiquidGhoul, wat dit by Wikimedia Commons op die wreldwye web tot openbare besit verklaar het (released to the public domain).

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad