Charlemagne, oftewel Karel die GroteVroeŽ mense en antieke beskawings (11)

 

Die geboorte van
Europa

 

LINKS: Charlemagne, oftewel Karel die Grote, wat vir die Middeleeuse mense ín figuur van legendariese luister was. Hy het ín groot deel van Wes-Europa verower en die volkere in ín magtige ryk verenig. Hy was ook ín voorvegter vir die Christendom en het die grondslag gelÍ vir die Europese beskawing wat in die latere Middeleeue verrys het...

 

Gedeelte van ín portret van Karel die Grote wat eeue nŠ sy dood geskilder is deur die Duitse skilder Albrecht DŁrer (1471-1528) ó Openbare besit (ďin the public domainĒ) vanweŽ die verval van kopiereg weens ouderdom

Teks uit Huisgenoot se Ons Wonderlike WÍreld
Grafika-kompilasie deur Mieliestronk.com

Europese stadsligte in die nagREGS: Die ontluikende Europa van die ďDonker EeueĒ is wÍrelde verwyder van die ďverligteĒ Europa van vandagósoos grafies geÔllustreer deur hierdie ruimtefoto van Europese stadsligte in die nag.

Foto: GSFC / NASA

     

N

OEM die woord barbaar, en ín mens dink dadelik aan ín primitiewe wese, ín woestaard. Maar eintlik is die woord bloot afgelei van die ou Griekse woord "babaros". Diť het aanvanklik verwys na iemand wat ín taal gepraat het wat die Grieke nie kon verstaan nie (straks het hulle gesÍ die persoon praat so "bar-bar-bar"). Later het dit ook na ín buitelander, ín onbekende mens, verwys.

 

Toe kom die Romeine en leen die woord om te verwys na die ruwe, onopgevoede nasies soos die Hunne, die Gote, Franke en Vandale, wat buite die grense van die Romeinse Ryk gewoon het. Diť mense het in die "Donker Eeue" geleef en al stropende hul pad oor Europa oopgeveg.

 

Die naam barbaar het mettertyd ín woord geword wat met ín woeste leefwyse en bloedvergieting vereenselwig word. Maar voordat ons die Barbare te kwaai oordeel, moet ons onthou dat diť hul eie wette, tradisies, tale en kulture aan ons oorgedra het.

 

Dit was veral hulle wat die Europa van vandag gevorm het. Dis van hulle dat lande soos Brittanje, Frankryk, Duitsland, Nederland, BelgiŽ en die Skandinawiese lande hul beslag gekry het.

 

Die teenwoordigheid van die Barbaarse stamme is reeds in die tyd van Julius Caesar gevoel nadat hulle die grense van die Romeinse ryk oorgesteek het.

 

Hulle was weliswaar nie juis ín bedreiging vir die magtige Rome nie, in elk geval nie in daardie stadium nie. Maar in 176 n.C. het die eerste volskaalse Barbaarse inval plaasgevind. Keiser Markus Aurelius met sy weermag, onder wie duisende Germaanse soldate, het daarin geslaag om die meeste Barbare oor die Donaurivier terug te dryf.

 

Die Donaurivier in die huidige Oostenryk

 

BO: Die Donaurivier in die huidige Oostenryk.

 

Digitale verkleuring van ín swart-wit foto wat verskaf is deur die Oostenrykse Nasionale Toeristekantoor in New York / U.S. Library of Congress Country Studies

    

Maar dit was nie die laaste inval nie. Die Barbare het ongeag die bloedvergieting en lewensverlies die ryk dikwels binnegeval.

 

Markus Aurelius sou nie kon raai dat die Romeinse Ryk in minder as driehonderd jaar sou swig, dat Europa deur die Barbare geregeer sou word nie.

 

Die Hunne

 

ē   DIE wildste woestaards van die Barbaarse stamme was die Hunneóhordes nomade wat Europa in die vierde eeu te perd binnegeval het. Hulle het gebrand en geplunder net waar hulle gekom het. Mense het voor hulle uit gevlug tot buite die grense van die Romeinse Ryk om van die aanstormende bedreiging te probeer wegkom.

 

Die Hunne kom oorspronklik uit AsiŽ. Hulle het Mongoolse gelaatstrekke gehadóín plat gesig met klein oŽ en ín swak profiel. En die mense van Europa het hulle as die duiwel se gesante beskou.

 

"Hulle het nie ín gesig nie. Dit lyk eerder soos ín vormlose knop met speldekoppies vir oŽ," het een Westerling geskryf. "Diť mense lyk soos mense, maar leef soos wrede diere."

 

Die EuropeŽrs het ook gereken dat hierdie "Satanskinders" hul vyande met towery oorwin het. Daar is gesÍ die Hunne eet hul kos rou, drink bloed, leef en slaap op hul perde en is so lelik dat ín mens hulle tweebeen-diere kan noem.

 

In Hunse grafte wat opgegrawe is, is dan ook inderdaad kopbene gevind wat doelbewus verwring is deurdat babas se koppe met doeke vasgedraai was.

 

Die Hunne het onder hul bekendste leier, Attilaódeur slagoffers die Gesel van God genoemódie Romeinse Ryk van oos tot wes byna verwoes.

 

Attila die HunREGS: Die kop van ín wasbeeld van Attila die Hun in ín Hongaarse wasmuseum. Soos die geval met verreweg die meeste afbeeldings van mense van die vroeŽ geskiedenis, is dit ook natuurlik nie ín ware beeltenis nie, maar slegs ín voorstelling van hoe hy kon gelyk het.

 

Detail van ín foto deur "Alensha", wat dit in die Wikipedia-ensiklopedie op die wÍreldwye web tot openbare besit (ďin the public domainĒ) verklaar het

 

In 370 het die Hunne die Alane (ín Iraanse volk) oorval. Tussen 433 en 441 het Oos-Europa onder hul plundertogte en massamoord deurgeloop. Daarna het hulle die Gote oorwin, hulle uitgedryf en GalliŽ binnegeval.

 

NŠ Attila se dood in 453 het die onderdane in opstand gekom en hul Hunse veroweraars oorval. Mettertyd het die verskillende Europese volke die Hunne in hul samelewings opgeneem.

 

Die Hunne oorval die Alane

BO: Die Hunne oorval die Alane, ín houtgravure uit 1873 na ín tekening deur Johann Nepomuk Geiger (1805-1880).

Openbare besit (ďin the public domainĒ) vanweŽ die verval
van kopiereg weens ouderdom

         

Die Gote

 

ē   DIE Gote, Germaanse stamgenote wat vermoedelik van Swede kom, het die noordoostelike grense van die Romeinse Ryk in die derde eeu binnegeval. Hulle het grootliks tot die val van die ryk bygedra.

   

  Inval van die Gote

 

BO: Inval van die Goteóhierdie laat negentiende-eeuse skildery deur O. Fritsche is ín hoogs geromatiseerde voorstelling waarin die Gote as berede soldate voorgestel word.

 

Oorgeneem uit die Wikikpedia-ensiklpedie op die wÍreldwye web, waar dit aangedui word as openbare besit (ďin the public domainĒ) vanweŽ die verval
van kopiereg weens ouderdom

    

In die vierde eeu het die Gote in twee hoofgroepeódie Wes-Gote en Oos-Goteóverdeel.

 

In 376 het die Wes-Gote wat voor die Hunne uitgevlug het, op die grens van die Donaurivier saamgedrom en die Romeinse keiser om asiel gevra. Hulle is tot die ryk toegelaat, maar het twee jaar later teen die Romeine se behandeling in opstand gekom. Feitlik ín hele Romeinse leŽr is in diť opstand by Adrianopel uitgewis.

 

In 382 het die Wes-Gote hulself tot ín onafhanklike Barbaarse volk verklaaródie eerste in sy soort in die Romeinse Ryk. Hul koning, Alarik, het hulle in die begin van die vyfde eeu ItaliŽ binnegelei en in 410 het hulle Rome verwoes.

 

Daarna het hulle GalliŽ en Spanje binnegeval, maar is laat in die vyfde eeu in GalliŽ deur die Franke verslaan.

 

Die Oos-Gote het slegter gevaar. Hulle is in die jare 370 deur die Hunne verslaan en was onder die Hunse mag tot met die dood van koning Attila in 453. In 493 het die Oos-Gote ItaliŽ verower, onder leiding van Theodorik, maar hulle is in die middel van die sesde eeu verslaan deur die Bisantynse Ryk.

 

Die Franke

 

ē   DIE Franke word oor die algemeen beskou as die suksesvolste van die Germaanse invallers. Hulle het in die derde eeu die Laer- en Middel-Rynland binnegeval, en in 486 die goed ontwikkelde Noord-GalliŽóvandag Frankrykówaar hulle die plaaslike Latyn aangepas het. Diť taal het tot Frans ontwikkel.

 

Die Frankiese geskiedenis word in twee dele verdeel: Merowingies (van omstreeks 481 tot 751), genoem na ín Frankiese kaptein genaamd Meroweus, en Karolingies (van 751 tot 987).

 

Die Merowingiese konings was almal bekend om hul lang, blonde hare, hul vegvermoŽns, hul wreedheid, die gewoonte om hul ouers en kinders te vermoor, en hul rykdom.

 

Toe die graf van een van die konings, Childeric, in die sewentiende eeu opgegrawe is, is vragte waardevolle skatte ontdek.

 

Childeric se seun, Clovis, het homself ín gunstige plek in die geskiedenisboeke besorg deurdat hy die eerste Barbaarse leier was wat ín Christen geword het. Hy is in 496 gedoop. Kort daarna is die hele Frankiese volk tot die Christendom bekeer.

 

Die doop van ClovisREGS: St. Remigius doop vir Clovis, detail van ín ou skildery.

 

Openbare besit (ďin the public domainĒ) vanweŽ die verval van kopiereg weens ouderdom

 

Clovis se koninkryk het van oos van die Rynrivier tot teenaan die PireneŽ gestrek. Toe hy dood is, het die Franke so ín sterk houvas op GalliŽ gehad dat Frankryk na hulle genoem is.

 

Eers nadat Frankryk behoorlik gevestig was, het die Franke hul visiere op Spanje en ItaliŽ gerig. ín Enkele strooptog in Spanje het twee miljoen goue munte na die Franse koffers laat stroom.

 

Maar anders as die meeste ander Barbaarse groepe, het die Franke nie net gevat wat voorkom en laat spat nie en ook nie alles wat Romeins was voor die voet verwerp nie. Hulle het die Romeinse taal, die kerk en stedelike nedersettings help behou.

 

Die beroemde Karel die GroteóCharlemagneóhet in 768 koning geword (kyk die voorstelling van hom reg bo-aan hierdie bladsy). Hy het met ín ystervuis geregeer en ín magtige ryk uit die Frankiese koninkryk opgebou. In 800 is hy gekroon tot keiser van wat toe die Heilige Romeinse Ryk genoem isóín politieke entiteit van lande in Wes- en Sentraal-Europa.

 

Die Heilige Romeinse Ryk het op sy hoogtepunt die grootste deel van die gebied beslaan waar BelgiŽ, Duitsland, ItaliŽ, Nederland, Oos-Frankryk, Oostenryk, Switserland, die Tsjeggiese Republiek en Wes-Pole vandag is.

 

Tog was die ryk bestem vir ondergang. Met die verloop van tyd het die keiser se mag Šl meer simbolies geraak, terwyl die eintlike mag by verskillende plaaslike heersers berus het. En toe die laaste Heilige Romeinse keiser in 1806 van sy titel afstand doen, was die gebied lank reeds wat die Franse skrywer Voltaire so sprekend beskryf het as "nÚg heilig, nÚg Romeins, nÚg ín ryk".

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad van hierdie reeks oor vroeŽ mense en antieke beskawings

Klik hier om terug te keer na die hoof-inhoudsblad van die Mieliestronk-werf