Vroeë mense en antieke beskawings (8)

 

Ons Griekse erfenis
   

Tempel van Apollo — ruďnes

BO: Bouval by Korinthe van die tempel van Apollo, wat uit omstreeks die sesde eeu v.C. dateer.

  

Foto met vergunning van Jean R. Tartter / via U.S. Library of Congress Country Studies

As iets spreekwoordelik vir jou Grieks is, begryp jy dit glad nie. Maar danksy nagelate geskrifte, kunswerke en bouwerke van die ou Grieke verstaan ons vandag baie van hul destydse lewenswyse. Dit was ’n lewe van die markplein, van die teater en die tempel, maar ook van digters en dromers, wat meegehelp het om die fondamente vir die Westerse beskawing te lę...  

 


Teks uit Huisgenoot se Ons Wonderlike Węreld
Grafika-kompilasie deur Mieliestronk.com

D

IE węreld van die ou Grieke bestaan lank nie meer nie. Die dade van Alexander die Grote het deel geword van die legendes; die groot tempels staan leeg; die voortreflike kunswerke van weleer het hul geheime aan geslagte van argeoloë verklap en versier nou museums in verskillende dele van die węreld.

 

Die ou volksverhale van die antieke Grieke is deel van ons letterkundige skat van mites: die dapperheid van Achilles, die krag van Hercules, die wysheid van Odysseus... Maar hulle het baie meer as slegs ’n versameling stories vir ons agtergelaat. Hul nalatenskap is ook te sien in byna elke faset van die moderne lewe.

 

Die Westerling se begrip van demokrasie en ’n groot deel van sy politieke denke, die wortels van diepsinnige filosofiese gedagtes, basiese beginsels van die moderne wiskunde—alles het van die ou Grieke na ons toe gekom. Hulle het ons alfabet help skep, standaarde vir die argitektuur neergelę wat vandag nog geld, en ons die kunsvorms tragiese drama en epiese poësie gegee.

 

Drama en teater

 

BacchusLINKS: Bacchus (detail) deur die Italiaanse skilder Caravaggio (1573-1610).

 

 

   EEN van die vernaamste bydraes van die Grieke tot die węreldkultuur is die drama. Die glorietyd hiervan was die vyfde eeu v.C. in Athene. Elke jaar is ’n groot opelugfees gehou ter ere van Dionysus, die god van wyn en die drama, en die feestelikhede het danse, plegtighede en wedywerings tussen dramaturge ingesluit. Dionysus was ook bekend as Bacchus.

 

Die eerste Griekse teaters was natuurlike laagtes tussen heuwelhellings. Houtsitplekke het bygekom en dié was na die verhoog gedraai.

 

Latere teaters is van klip gebou.

 

Skrif en letterkunde

 

   DIE Grieke het skrif van die Feniciërs gekry en dit verander deur byvoorbeeld klinkers by te voeg. Uit die Griekse alfabet—en dié van die Etruskers, die hoogs beskaafde oerinwoners van Italië—is die Romeinse alfabet ontwikkel waarop ons hedendaagse alfabet berus. Die woord alfabet kry ons juis van die Grieke—hul eerste twee letters was Alpha en Beta.

   

Epiese gedigte soos die Ilias en die Odyssee is deur die Grieke as opvoedkundige en sedebouende werke beskou en dus mondelings van geslag tot geslag oorgedra.

 

In die Griekse mitologie en legendes was ’n wye versameling van verskillende godsdienstige gelowe, tradisies en gebruike vervat. Dit het die verhale van die Griekse gode en helde vertel.

 

REGS: Volgens een Griekse legende is ’n sentaur (perdmens) genaamd Chiron deur die sterk held Hercules gewond. Hoewel Chiron onsterflik was, sou hy toe medisyne uitgevind het om homself gesond te maak. Hierdie voorstelling van ’n perdmens is op ’n vaas wat uit die vyfde eeu v.C. dateer.

 

Krediet: National Library of Medicine / U.S. National Institutes of Health

Perdmens-tekening op ’n vaas

 

Boerdery

 

   HOEWEL hulle op die politieke en kulturele terreine heel bedrywig was in die stadstate, was boerdery die vernaamste bedryf van die ou Grieke. Meer as die helfte van hulle het ’n bestaan gemaak deur varke, bokke of skape aan te hou of koring, gars, olywe en druiwe te kweek.  

 

Tak met olyweLINKS: Tak met olywe.

 

Foto: J.L. Hansen / ARS / U.S. Departement of Agriculture

 

Oortollige olyfolie, wyn en wol is uitgevoer en vir slawe, graan, hout en metale geruil. Die in- en uitvoer is knap deur inspekteurs beheer wat moes nagaan of behoorlike mate en gewigte gebruik is, die pryse redelik was en belastings betaal is.

 

Eerste Olimpiese Spele

 

   SPORT het in Ou Griekeland uitmuntende hoogtes bereik. Groot skares het saamgekom om na stoei, boks, spiesgooi, skyfwerp, wedlope en strydwa-renne te kyk of daaraan deel te neem.

   
Kombinasie van boks en stoei
REGS: Die pankratium, ’n kombinasie van boks en stoei.


Volgens oorlewing is ’n soort voorloper van die Olimpiese Spele in 776 vC ingestel. Dié is elke vier jaar gehou en Olympia is as plek gekies.

 

Selfs oorloë is vir hierdie fees onderbreek sodat elkeen dit kon bywoon. Wenners is nie met rykdom beloon nie, maar met kranse van olyfblare. Om só bekroon te word het egter lewenslange roem beteken.

 

Geneeskunde

 

HippokratesREGS: Hippokrates (ca. 460-c. 377 v.C.), wat as die vader van die geneeskunde beskou word, soos voorgestel deur die Vlaamse kunstenaar Peter Paul Rubens in ’n gravure van 1638.

 

Krediet:  U.S. National Library of Medicine

  

   DIE ou Grieke het hul ontdekkings omtrent die menseliggaam in verskeie werke aangeteken. Om die werkinge van die liggaam te ondersoek is nie net lyke nie, maar selfs lewende liggame ontleed.

 

Die Hippokratiese skool vir geneeskunde is op die Egeďese eiland Kos gestig. Vandag nog lę dokters die sogenaamde Hippokratiese eed af waarin hulle onderneem om altyd die hoogste etiese norme teenoor hul pasiënte na te kom.

 

Filosofie

 

   DIE bekendste van Ou Griekeland se uitmuntende fllosowe was moontlik Sokrates, wat self geen geskrifte nagelaat het nie, maar wie se gedagtes deur sy briljante student Plato en die geskiedkundige Xenophon opgeteken is.

 

Plato het onder meer die Akademie in Athene gestig waar mans en vroue hulle aan die strewe na kennis gewy het. Die Akademie het negehonderd jaar bly bestaan.

Plato se ewe beroemde opvolger, Aristoteles, het byna elke aspek van die mensekennis beredeneer en alle Europese denke beďnvloed met sy nadruk op wetenskaplike ondersoek as die basis van alle kennis.

 

Plato (links) en Aristoteles (regs)

BO: Plato (links) en Aristoteles (regs), detail van Die Skool van Athene, ’n fresko deur die Italiaanse skilder Raphael (1483-1520). Plato het na berekening van ca. 428 tot ca. 347 v.C. gelewe en Aristoteles van 384 tot 322 v.C. 

Wetenskap

 

   DIE ou Grieke het met natuurverskynsels geëksperimenteer en hul bevindings wetenskaplik getoets. Hulle het proefnemings met magnetisme gedoen, verduidelik hoe hefbome werk, die teorie van weerkaatsing en refraksie geformuleer, ’n stoommasjien ontwerp en selfs aangevoer dat materie uit atome bestaan.

 

Plant- en dierkunde

 

TheophrastusLINKS: Theophrastus (ca. 372—287 v.C.), soos in 1888 in ’n kunswerk uitgebeeld.

  

 

   TEEN 330 v.C. het Aristoteles die studie van plante en diere op ’n behoorlike en georganiseerde grondslag begin plaas en die węreld se eerste navorsingsentrum in die lewe geroep.

 

Die Griekse plantkundige Theophrastus het bome en struike geklassifiseer as vrugdraende, blomlose, immergroen of bladwisselende soorte en daarmee die botaniese taal begin wat vandag nog gebruik word.

 

Wiskunde
  

PythagorasREGS: Pythagoras (ca. 582—ca. 500 v.C.)

   

 

   DIE ou Grieke se wiskundige uitvindsels het ’n enorme bydrae gelewer tot die soort lewe wat ons vandag lei.

 

Weliswaar het hulle baie van hul kennis met besoeke aan Egipte opgedoen. Een van die bekendste reisigers was Thales, wat die gebruik van logiese beredenering en aanvaarde waarhede in die oplossing van rekenprobleme gepropageer het.

Sy briljante leerling Pythagoras het sy lewe aan die bestudering van meetkunde, sterrekunde, rekenkunde, en musiek gewy. Hy was onder meer die vader van die beroemde Teorema van Pythagoras, wat vandag nog aan leerlinge in die wiskunde geleer word.

Sterrekunde

 

   DIE Griekse wetenskaplikes het hul wiskundige kennis gebruik om die uitspansel te bestudeer en die afstand van die son en maan na die aarde asook die omtrek van ons planeet probeer bereken.

 

Thales van MiletusLINKS: Thales van Miletus (ca. 625—ca. 546 v.C.) 

 

Van Thales word vertel dat hy in 585 v.C. ’n sonsverduistering voorspel het.

 

Geboue

 

   EEN van die vernaamste nalatenskappe van die ou Grieke is hul sierlike openbare geboue. Die bouers was gelukkig om ’n rykdom van verskillende soorte klip te hę, waaronder kalksteen, marmer en sandsteen.

 

Geboue is gekenmerk deur ’n reeks vertikale suile met horisontale lateie. Die verskillende stede het met hierdie suile geëksperimenteer. Eers was hulle van hout, later gebeitelde klip.

 


      

 Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad van hierdie reeks oor vroeë mense en antieke beskawings

 


  

Klik hier om terug te keer na die hoof-inhoudsblad van die Mieliestronk-werf