KaartVroeŽ mense en antieke beskawings (4)
  

  MesopotamiŽ 
ó wieg van die beskawing  

 

Boog van Chosrau by Ktesiphon, 'n stad in die antieke MesopotamiŽ aan die oostelike oewer van die TigrisrivierREGS: ín Historiese foto van die Boog van Chosrau by Ktesiphon, 'n stad in die antieke MesopotamiŽ aan die oostelike oewer van die Tigrisrivier, naby die teenswoordige Bagdad.
  
Foto: New York State Archives

  

  
MesopotamiŽ... die wÍreld tussen twee riviere, die Tigris en Eufraat in die huidige Irak. Hier, waar bloedige onstuimighede ook in die eerste dekade van die 21ste eeu heers, het die aarde se eerste beskawing volgens argeoloŽ ontstaan. Die SumeriŽrs, ín volk van MesopotamiŽ, het die eerste stede hier gebou, brons uitgevind en die wiel vir die eerste keer gebruik. Hulle het ook skrif uitgevindóen daarmee ons geskrewe geskiedenis ingelui...

Historiese fotoís (in 1912 geneem) van die wÍrelddeel wat in die Oudheid MesopotamiŽ was

Teks uit Huisgenoot se Ons Wonderlike WÍreld
Foto-kompilasie deur Mieliestronk.com

ďD

IE dood is ons voorland; kom ons gee ons geld uit."

 

" ín Rustelose vrou in die huis voeg seer by die pyn."

 

"Jy kan ín heer hÍ, jy kan ín koning hÍ, maar die mens wat jy moet vrees, is die belastinggaarder."

 

Dit klink dalk soos plakkers op motorbuffers, maar hierdie waarnemings kom van baie ver af. Dit was die antieke SumeriŽrs wat hulle op tablette van gebakte klei verewig het.

 

Daaruit kan ons aflei dat hierdie ou volk nie net ín humorsin gehad het nie, maar ook dat hul persepsie van die stadslewe nie alte veel van ons sín verskil het nie.

 

Vindingryk was hulle beslis. Trouens dit was die SumeriŽrs wat skrif uitgevind hetóín reuse-sprong in die mensdom se beskawingsontwikkeling. Maar presies wie was hierdie mense?

 

Geskiedenis van SumeriŽ

 

ē   TUSSEN die Tigris- en Eufraatrivier, diep in die Midde-Ooste, lÍ ín breŽ, vrugbare vallei wat daarop roem dat hy die wieg van die beskawing was.

 

Die suidelike deel van hierdie streek was geografies uiters geskik om sů ín bakermat te wees. Hoewel ín groot deel daarvan oŽnskynlik ín volslae woesteny was, het die vloedwaters van die twee riviere ín vrugbare vlakte tussen die riviere geskep. Daarby was die bewoners van die gebiedódie SumeriŽrsóín vernuftige en hardwerkende volk.

 

Die streek van die Tigris en Eufraat is deur die Grieke MesopotamiŽ genoem, afgelei van ín woord wat "tussen riviere" beteken. Die gebied waar die SumeriŽrs hulle gevestig het, het as SumeriŽ bekend gestaan.

 

Die SumeriŽrs, wie se oorsprong onbekend is, het as boervolk begin en hul lande in die droŽ wÍreld besproei deur kanale van die rivier af na hul landerye te grawe. Hulle het gars, koring en dadels gekweek en donkies, beeste, bokke en skape aangehou. Wol is tot weefstof verwerk en diť is uitgevoer.

 

Oor ín lang tyd het hulle gefloreer en vermenigvuldig. Van omstreeks 3500 v.C. het ommuurde stede, baie met manjifieke paleise daarin, begin verskyn. Baie van diť het onafhanklike stadstate geword wat dan buurgebiede verower en klein koninkrykies geword het.

 

Een sů ín nedersetting was Ur aan die Eufraat, wat as een van die oudste en grootste van die antieke stede beskou word.

 

Ur is omstreeks 3500 v.C. gebou en het tot ín vooruitstrewende handelsentrum en besige hawestad ontwikkel. Die moderne monargistiese stelsel kon hier ontstaan hetódie plek is deur ín reeks magtige dinastieŽ geregeer. Volgens die Bybel het die Hebreeuse aartsvader Abraham ook van Ur af gekom.

 

Abraham (ín ou voorstelling)REGS: ín Voorstelling van Abraham. (Detail van ín skildery uit 1850 van Abraham se trek uit Ur in die Hongaarse Nasionale Kunsmuseum.)

 

Die Groot ZigguratLINKS: Die Groot Ziggurat (Sumeriese tempel) is die enigste vername oorblyfsel van die antieke stad Ur in die teenswoordige suidelike Irak. Dit is opgedra aan die maangod Nanna (of Sin). NŠ meer as 4000 jaar is groot dele van die ziggurat steeds in ín betreklik goed bewaarde toestand.

 

Foto van die Groot Ziggurat op 17 Januarie 2004 geneem deur © Lasse Jensen. By hergebruik moet sy kopiereg te alle tye erken word en die foto mag in geen opsig verander word nie behalwe deur dit te vergroot of (soos ons hier gedoen het) te verklein.

 

Die SumeriŽrs was bedrewe metaalwerkers en vakmanne, wat pragtige juwele, potte, harnasse en wapens van koper, brons, goud en silwer gemaak het, selfs al moes die meeste van hul ru-stene en metale ingevoer word.

 

Hierdie goedere is saam met hul weefstowwe oor die land en see na nabygeleŽ lande uitgevoer en vir ivoor en ander luukse artikels in lande aan die Persiese Golf verhandel.

 

Teen omstreeks 3000 vC het die handel reeds so uitgebrei en was daar so ín behoefte aan die optekening van saketransaksies dat die SumeriŽrs met spykerskrif (wigskrif) begin kommunikeer het. Dit was ín stel woordprente wat, oor ín tydperk van 500 jaar, tot abstrakte tekens ontwikkel het wat ůf hele woorde ůf lettergrepe voorgestel het.

 

Die simbole is met ín rietstif op nat kleitablette geskryf wat in die son gelaat is om droog te word. Die tablette het merkwaardig behoue gebly: duisende daarvan kan ons vandag nog vertel hoe die Sumeriese politiek, letterkunde, ekonomie, wette en godsdiens daar uitgesien het.  

 

REGS: ín Sumeriese kleitablet met sy wigskrifóen die skrif van naby gesien.

 

Fotoís: U.S. Library of Congress

 

Ons weet ook daaruit dat die antieke SumeriŽrs in die geneeskunde gestudeer het, ín basiese kennis van die anatomie en chirurgie gehad het en vertroud was met die helende eienskappe van kruie.

 

Daarbenewens was hulle knap wiskundiges, wat nie net in tiene getel het soos ons vandag doen nie, maar ook in sestigs. Dit is hoekom ín sirkel in 360 grade verdeel is, ín uur in sestig minute en ín minuut in sestig sekondes.

 

ín Sumeriese seŽl van sowat 5500 jaar gelede leer ons dat die SumeriŽrs die ploeg uitgevind het. En die oudste bekende voertuigwiele ter wÍreld kan op Sumeriese tablette van omstreeks 3250 v.C. gesien word.

 

Nagenoeg in die jaar 2300 v.C. het die Sumeriese geskiedenis ín dramatiese wending geneem. Die hele MesopotamiŽ, SumeriŽ ingesluit, is deur bure uit die noorde, die AkkadiŽrs, verower.

 

Hoewel die Sumeriese mag twee eeue later onder ín aantal bekwame leiers herstel is, is die land teen om en by 2000 v.C. finaal deur die Perse en Amoriete oorgeneem. Van toe af is die Sumeriese beskawing en sy mense geleidelik deur ander groot ryke ingesluk wat daar rondom ontstaan het.

 

Babiloniese invloed

 

ē   IN 1792 vC het die Amoriete se koning Hammoerabi die troon van Babilon bestygóín groot en vooruitstrewende stad aan die Eufraatrivier. Hy het ín reeks gebiede, insluitende SumeriŽ, verower om sy ryk uit te brei. Hammoerabi is goed bekend as wetgewer en as die vader van die Toring van Babel, wat volgens Genesis ontwerp is om tot in die hemel te reik (kyk vorige aflewering in hierdie reeks).

 

HammoerabiREGS: Hammoerabi in marmer, halfverhewe in vlakreliŽf, een van 23 sulke afbeeldings van groot geskiedkundige wetgewers in die saal van die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers in die Kongresgebou in Washington, D.C. Kunstenaar: Thomas Hudson Jones, 1950. 

 

Die BabiloniŽrs was handelaars en reisigers. Hulle het die hemele bestudeer, kaarte van die sterre geteken, die planete name gegee en hul bewegings waargeneem. Hulle het ook tot ons wiskundige kennis bygedra en kon onder meer vierkantswortels bereken, vermenigvuldig en later vergelykings doen.

 

NŠ Hammoerabi se dood het sy koninkryk in wanorde verval. Seshonderd jaar later is dit deur die AssiriŽrs verower, wat net soos die BabiloniŽrs hul invloed in MesopotamiŽ laat geld het.

 

Assiriese invloed

 

ē   OMSTREEKS 1200 vC het die AssiriŽrs, ín volk van bedrewe, maar wrede soldate, Babilon beleer. Sowat 600 jaar later is die wydverspreide Assiriese ryk in ín gesamentlike aanval deur die Mede en BabiloniŽrs tot ín einde gebring.

 

Hoewel hulle oorloglustig was, het die AssiriŽrs tog kultuur op prys gestel. Die stede wat hulle gebou het, was deeglik beplan en goed georganiseer. Rykdom is deur buitelandse handel en veroweringstogte gegenereer.

 

Terug na Babilon

     

Nebukadnťsar, ín ou voorstellingē   IN die tyd van AssiriŽ se vernietiging was Nebukadnťsar van die Ou Testament koning van Babilon. Onder sy heerskappy het Babilon herrys om selfs groter te word as tevore. Hy was die vader van die Hangende Tuine van Babilon, wat deur die Grieke as een van die sewe wonders van die wÍreld beskou is.
   

REGS: Die Hangende Tuine van Babilon, volgens ín met die hand ingekleurde gravure deur die sestiende-eeuse Nederlandse kunstenaar Martin Heemskerck (1498-1574). Hoe die Hangende Tuine egter wel gelyk het, is vandag ín ope vraag.

Krediet: Openbare besit (ďin the public domainĒ) vanweŽ die verval van kopiereg weens ouderdom

   
In 539 vC is Babilon deur die Mede en Perse verower. Die dood van koning Bťlsasar, nŠ ín groot ete wat hy gegee het, is deur die profeet DaniŽl opgeteken. Dit was tydens die ete dat die vingers van ín mensehand die woorde op die muur geskryf het wat die ondergang van die koning voorspel het.

 

Die Perse het nie Babilon verwoes nie, maar die grootse stad van weleer het uiteindelik in bouvalligheid verval en is deur sy inwoners verlaat.

 

Die ruÔnes is ook later geplunder, maar staan steeds as ín monument van een van die grootste stede van ou MesopotamiŽóín simbool van ín beskawing wat ín diepgaande invloed gehad het, ook op ons lewe vandag...  
  

BO: ín MilitÍre groepie op 'n besigtingingstoer tussen die bouvalle van die historiese Babilon in Irak.

 Foto: Edward G. Martens / U.S. Navy photo

 


Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad van hierdie reeks oor vroeŽ mense en antieke beskawings

Klik hier om terug te keer na die hoof-inhoudsblad van die Mieliestronk-werf