VroeŽ mense en antieke beskawings (1)

Steentyd-voorstelling ter illustrasieMense van die Steentyd

Die primitiewe gemeenskappe van die vroegste tye het in ruwe onbeskaafheid rondgeswerf. In hul onversadigbare soektogte na kos het hulle eenvoudige gereedskap van klip, been en hout gemaak. Hierdie bestaan moet bitter moeilik gewees het... die eindelose stryd om oorlewing in ín altyd vyandelike wÍreld. In hierdie eerste aflewering van ons reeks oor die mens en sy geskiedenis kyk ons na die strawwe en anderse lewe van die mense van die Steentydóhoe hulle hul gereedskap gemaak, kos gevind en hulself in hul voorwÍreldse wildernis verdedig het. Vir hulle moet selfs vuur heel waarskynlik iets skrikwekkend wonderliks gewees het...
     

Teks uit Huisgenoot se Ons Wonderlike WÍreld
Foto-kompilasie deur Mieliestronk.com
 

D

IE man met die wilde bosgasie-baard hurk in die skaduwee van ín boom. Skielikódalk weens verveling, dalk weens frustrasieógryp hy ín klip. Hy moker ín ander klip daarmee dat die gruis en vonke so spat.

Maar kyk net wat het daar afgesplinter. Dis mos ín plat klip met ín vlymskerp kant. Opgewonde neem hy diť skerp klip na sy stamgroep, waar hulle agterkom hoe nuttig dit is om kos mee te sny. Hulle maak nog sulke snyklippe.

En hulle besef dat hulle nůg bruikbare gereedskap kan maak deur klippe te bewerk. Vir hierdie mense het die Steentyd van hul ontwikkeling begin...

Pylpunt van versteende houtREGS: ín Pylpunt van versteende hout.

Foto: U.S. National Park Service

Stadiums van beskawing

ē   IN hul vroegste tye, sů sÍ die wetenskaplikes, het mense nog in ruwe onbeskaafdheid rondgeswerf en primitiewe gereedskap gemaak.

Vandag lanseer ons satelliete in wentelbane, kan ons met kernwapens veg as ons so onbesonne wil wees en los ons ingewikkelde probleme binne oomblikke met gesofistikeerde rekenaars op. Om slegs te sÍ dinge het verander laat ín mens amper lag.

Die term wat ons gebruik om die verfyndheid van gemeenskappe in ín verwikkelde kulturele, maatskaplike en politieke samestelling te beskryf, is beskawing.

Maar hoe loop die ontwikkelingspad tot by beskawing? Geleerdes onderskei verskillende stadiums van menslike ontwikkeling. Eerstens is daar die Steentyd, met sy onderafdelings, en dan die Bronstyd en die Ystertyd. Dit het alles te doen met die soort materiaal waarmee die mens sy gereedskap gemaak het.

Uitgeholde klipLINKS: Voordat die mens pottebakkery bemeester het, sou uitgeholde klippe as nuttige houers kon dien.

Foto: U.S. National Park Service.

Die Steentyd word in die volgende tydperke ingedeel:

(1) Die VroeŽ Steentyd, wat die hele voorgeskiedenis tot omstreeks 8000 vC dek. Mense van hierdie tydperk was jagter-versamelaars.

(2) Die Middelsteentyd, toe mense diere begin aanhou en, benewens gejag, ook self gesaai het.

(3) Die Laat Steentyd, toe boerdery in erns begin en mense in permanente nedersettings begin woon het.

Die Bronstyd het op verskillende tye in verskillende gebiede begin. Die eerste bronsgereedskap het, sover bekend, omstreeks 3 500 vC hul verskyning gemaak.

Die wydverspreide gebruik van yster het nagenoeg 1000 vC begin, duur steeds voort, en die Ystertyd oorvleuel dus tans met die Atoomtydperk.

Dit is belangrik om daarop te let dat die veranderings van die een tydperk in die volgende nie skielik of oral gelyktydig gebeur het nie. Steengereedskap is byvoorbeeld regdeur die Bronstyd gebruik, terwyl die Bronstyd en die Ystertyd in ín sekere stadium oorvleuel het.

Op sekere plekke, soos Suider-Afrika, was daar weer glad geen Bronstyd nie.

Ystye

ē   IN die Steentyd was daar twee en moontlik vier ystye, en die voorwÍreldlike mense het op ín planeet gewoon wat baie, baie koud geword het.

Groot dele van die aarde was met enorme ysvlaktes of gletsers bedek. Slegs Afrika, Suidoos-AsiŽ en die grootste deel van Suid- en Sentraal-Amerika het die wrede omhelsing van die verskillende ystye vrygespring.

GletsersREGS: Groot dele van die aarde sou stellig in die ystye  gelyk het soos byvoorbeeld die gletsers vandag by Baffinbaai aan die Groenlandse kus.

Foto: USGS / NASA

Wetenskaplikes reken die eerste mense was in Afrika. Die landskap hier het maar baie gelyk soos dit vandag is, met grasvlaktes en verspreide bome.

Mettertyd het mense na ander dele van die wÍreld begin uitwyk. Dit was heeltemal moontlik, want die meeste van die wÍreld se water was in ysdekke en gletsers vasgevang, met die gevolg dat die seevlak baie laer was as wat dit vandag is. Ontsaglike landbrŻe het vastelande verbind wat vandag deur oseane geskei word.

Mense in Europa kon na Brittanje loop. Indiane kon Noord-Amerika vanuit AsiŽ bereik deur die Beringstraat oor te steek.

Teen omstreeks 11 000 jaar gelede, nadat die aarde warmer geword het, was elke vasteland buiten Antartika bewoon.

Gereedskap

ē   HOEWEL stowwe soos hout en been gebruik is om gereedskap te maak, was klip natuurlik die volopste. Omdat dit nie gou verslyt nie, kry ons die meeste van ons kennis omtrent die voorwÍreldlikse lewenswyse uit nagelate klipgereedskap.

Die maak van gereedskap het die grondslag gelÍ vir die ontwikkeling van die tegnologie. Intelligensie en abstrakte denke is nodig om ín stuk gereedskap te vervaardig en daarby het die mens kennelik gewys dat hy hom by sy omgewing kan aanpas.

Die eerste gereedskap was eenvoudige werktuie met ín skerpgemaakte kantógebruik om vleis te sny en bene oop te kraak om by die murg uit te kom. ín Baie lang ruk in die mensegeskiedenis was daar geen ander gereedskap nie.

Tog word die gereedskap geleidelik fyner afgewerk, en in Oos-AsiŽ en Oos-Europa raak kapgereedskap gewild. Diť is klein, plat klippe wat aan weerskante skerp gemaak is en partykeer ín ruwe punt vorm.

In Afrika, Wes-Europa en Wes-AsiŽ word handbyle gemaak. Diť is baie net soos die kapgereedskap, maar meer verfynd.

Byl van klip met houtsteel

BO: ín Byl van klip met ín houtsteel wat met riem
(of dalk mandjiesgoed) verstewig is.

Foto: U.S. National Park Service

Eindelik raak die gereedskap meer gespesialiseerd. Mense kom agter dat afsplinterings van die bewerkte klippe as ander nuttige instrumente gebruik kan word.

Nog millenniums verstryk en lang, dun kliplemme verskyn op die toneel. Diť word as messe en pylpunte gebruik. Baie klein gereedskap, mikroliete genoem, word later gemaak. Dit word  as snykante vir pyle, sekels, spiese en ander wapens gebruik.

Wapens

ē   AANVANKLIK is die meeste gereedskap vir verdediging gebruik en om kos te sny, maar klippe is selde vir jag gebruik. (Mettertyd verander dit egter ook.)

Onder die bekendste wapens is ín spies met ín punt van klip of been, die pyl en boog (wat vandag nog deur die San gebruik word) en die spieswerper, ín instrument wat die gebruiker in staat gestel het om ín spies met meer krag en presisie te rig. Teen omtrent dieselfde tyd het been-vishoeke en harpoene hul verskyning gemaak.

ín Vishoek, letterlik van vel en beenLINKS: ín Vishoek, letterlik van vel en been, uit ín nedersettinkie Írens in die Noordelike Yssee. Dit gee ín mens ín idee van hoe sekere Steentydse been-vishoeke ook kon gelyk het.

Foto: U.S. Fish & Wildlife Service.

Jagters en versamelaars

ē   REGDEUR feitlik die hele Steentyd het die mense geleef van wilde plante en die wilde diere wat hulle gejag het. Aanvanklik moes hulle tevrede wees met ín spyskaart van voŽls, klein reptiele en soogdiere en van verlate karkasse.

Toe spiese hul verskyning maak en metodes ontwikkel word om diere met strikke te vang, word grootwild die teiken: olifante, sebras, elande, wildebeeste en buffels in Suider-Afrika en die wolhaar-mammoet, grotbeer, oeros en hert in Europa.

Klip slyp klip om ín pylpunt te maakREGS: Klip slyp klip om ín pylpunt te maak.

Foto: U.S. National Parl Service

Beenoorblyfsels dui daarop dat mense die vleis van diere geŽet en dikwels die bene oopgebreek het om by die murg te kom.

Daar is getuienis dat mense wat aan die Suid-Afrikaanse kus gewoon het, skulpvis, walvisse, robbe en pikkewyne geŽet het en binnelandse oewerbewoners ín menigte waterdiere.

Dis nie so maklik om vas te stel presies watter plantkosse die vroeŽ mense geŽet het nie, omdat die oorblyfsels nie so goed behoue gebly het soos die dierebene nie. Hulle het waarskynlik vrugte, neute, wortels, knolle, sade en blare geŽet.

Vuur

ē   VUUR moet in die vroegste tye vir mense ín skrikwekkende natuurkrag gewees het. Maar nadat hulle ontdek het dat vuur hulle warm kan maak, dat hulle roofdiere daarmee kon afskrik en dat hulle hul kos daarmee kon "kook", het hulle lustig die vure aangeblaas.

Hulle het besef dat ín vonk gemaak kon word deur twee klippe teen mekaar te skuur. Later is ook stokke hiervoor gebruik.

Vuurmakery met ín vuurstokVuurmaakstokke is in opgrawings in Suider-Afrika en elders gevind en dit wil lyk of die vroeŽ mense vuur gemaak het net soos sekere inboorlinge dit vandag nog doen.

REGS: Vuur is gemaak deur ín stokkie vinnig tussen die hande heen en weer te vryf bo-op ín ander stukkie hout. Op diť manier is vuurkooltjies gemaak waarmee ín vuur aangeblaas kon word. Hierdie metode van vuurmaak word vandag nog gebruik deur byvoorbeeld nomade soos die San (Boesmans).

Foto: U.S. National Park Service


Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad van hierdie reeks oor vroeŽ mense en antieke beskawings

Klik hier om terug te keer na die hoof-inhoudsblad van die Mieliestronk-werf