Skakels na al die aflewerings in hierdie reeks:

  Ons wonderlike plante (1)

  
Ons groen planeet

Plante is ’n ontploffing van groen in die somer, baiemaal roesbruin en geel in die herfs en dikwels ’n simbool van rus in die winter. Maar plante is ook ons asem, ons kos, ons lewe. Roei ons hulle uit, pleeg ons selfmoord. Met elke spesie wat uitsterf, verloor ons boonop dalk ’n potensiële geneesmiddel—het die kuur teen kanker miskien net al só deur ons onverskillige vingers geglip? In hierdie reeks gaan ons op ’n wonderreis deur die węreld van plante. Kom saam... en leer die groen lewe liefkry...

 


 Teks deur Mieliestronk.com en uit Huisgenoot se
Ons Wonderlike Węreld
Foto-kompilasie deur Mieliestronk.com

  

D

IE jaar word ryp in goue akkerblare... dig N.P. van Wyk Louw oor vroegherfs in die Boland. En Boerneef verklaar stouterig: "My meisie se wange is sterkoningappels; sy't ook nog anner appelgeid..."

 

Deur die eeue het die plantewęreld digter en kunstenaar bekoor en geďnspireer. Maar in die alledaagse lewe sien ons hulle skaars raak; ons roei hulle uit en gooi hulle toe onder gemors—en dink nie daaraan dat ons dit aan onsself doen nie. Want plante is die onderhouers van ons hele planeet.

 

Ons asem die suurstof in wat hulle afgee. Ons eet hulle en die diere wat plante vreet. Ons bid vir die vog wat hulle aan die lug teruggee sodat dit op ons gesaaides reën.

 

HoutsaagselsOns gebruik hul vesels om klere te maak. Ons saag bome af om huise te bou en meubels te vervaardig. Houtsaagsels gee aan ons die papier vir tydskrifte en boeke. Uit hul sade word olie gepers en hul vrugte proe soet op ons tong.

 

En wanneer ons siek is, gaan ons na die plante vir genesing. Selfs in ons tyd van hipermoderne geneesmiddels maak ons steeds op plante staat.

 

As ’n mens ’n plant só bekyk, lyk dit of daar niks aan die gang is nie. Maar die skyn bedrieg. ’n Magdom ingewikkelde prosesse speel hulle voortdurend af: daardie "dooie" plant haal asem, neem voedingstowwe uit die grond en lug op, skei afvalstowwe af, groei en plant voort.

 

’n Plant is enige lid van die sogenaamde planteryk, wat bestaan uit sowat 260 000 bekende soorte mosse, varings,  kruie, struike, slingerplante, bome en verskillende ander plantvorms wat die droë grond oordek en ook in die aarde se waters voorkom.

 

Hulle wissel in grootte en kompleksiteit van piepklein mosse, wat in regstreekse verbinding met water moet wees, tot reusagtige mammoetbome, wat water en minerale deur hul vaatstelsels tot tagtig en meer meter hoog kan optrek.

 

Hoogste boomREGS: Die węreld se hoogste boom—volgens ’n persvrystelling ’n klompie jare gelede van die Amerikaanse regeringsliggaam U.S. Geological Survey—is hierdie  mammoetboom (of sequoia)  in Kalifornië se Sequoia-wildtuin. Dit kan omtrent 2000 jaar oud wees en staan bekend as “General Sherman”.  Die boom se hoogte is toe as nagenoeg 83 meter aangegee, met ’n deursnee van sowat 9 meter onder by die basis.

 

Omdat daar so ’n groot verskeidenheid van plante is, het mense dit nodig gevind om hulle in groepe in te deel. Die antieke Grieke het omstreeks 300 v.C. reeds orde uit die chaos probeer skep deur plante volgens hul medisinale waarde te klassifiseer.

 

Maar eers in 1735 het die Sweedse plantkundige Carolus Linnaeus die tweenaam-stelsel uitgedink. (Linnaeus se eintlike naam was Carl von Linné, dog in daardie tyd was dit mode om name te verlatyns).

 

Carolus LinnaeusREGS: Carolus Linnaeus.

 

Linnaeus het voorgestel dat elke organisme (plant en dier), twee name kry: die eerste een ’n geslagsnaam en die tweede ’n spesienaam. (Die geslagsnaam begin altyd met ’n hoofletter en die spesienaam met ’n kleinletter.) Latynse of Griekse name sou gebruik word omdat dit destyds die węreldtale was.

 

’n Plantspesie is ’n groep plante wat bepaalde en onveranderlike kenmerke deel. Soortgelyke spesies word in geslagte saamgegroepeer. Verwante groepe word weer in families ingedeel, dan volg ordes, klasse, filums en uiteindelik ’n klompie groot plantgroepe.

 

Maar dit het mettertyd vir geleerdes duidelik geword dat daar sekere organismes is wat nie naastenby plante kan wees nie en ewemin diere. DIt was heeltemal in stryd met wat Linnaeus gereken het...

 

Bakterieë, blougroen alge en
swamme—eers as plante beskou,
maar nie meer nie
  

TOT die 1950’s en ’60’s was die skrywers van teksboeke blykbaar tevrede om te volstaan met Linnaeus se indeling waarvolgens alle lewende wesens óf plante óf diere sou wees.

 

Nou is dit betreklik maklik om hierdie indeling toe te pas sover dit organismes aangaan wat ons met die blote oog kan sien. ’n Plant staan immers heeltyd op een plek en vervaardig glukose uit sonlig, koolstofdioksied en water. Op sy beurt beweeg ’n dier rond en is hy nie gebore in staat om sy eie kos te maak soos ’n plant nie.

 

Maar op ’n mikroskopiese vlak geld hierdie toedrag van sake nie meer nie. Eensellige organismes tree nie net soms soos plante en ander kere weer soos diere op nie, maar daar is ontdek dat bakterieë en blougroen alge—wat albei aanvanklik as plante beskou is—in der waarheid struktureel baie meer van hoër organismes verskil as wat plante en diere van mekaar verskil.

 

Bakterieë is piepklein eensellige organismes wat nie hul eie voedsel kan vervaardig nie, maar as parasiete op lewende organiese stowwe teer of as saprofiete op dooie organiese stowwe. Hulle kan selfs van anorganiese stowwe soos swael en stikstof in die lug leef. Hulle plant voort deur eenvoudig in twee identiese selle te verdeel.

 

Elders op die Mieliestronk-werf is daar ’n hele artikel wat net oor bakterieë handel.

 

Blougroen alge is op hul beurt ’n eienaardige skaars groepie eensellige organismes wat min gemeen het met ware alge en deur sekere geleerdes eerder saam met die bakterieë in ’n ryk ingedeel word. Omdat hulle groen pigment bevat, kan hulle hul eie voedsel deur fotosintese opbou, maar die sel bevat geen geslote kern soos by plante nie.

 

Veselrige blougroen algeREGS: Veselrige blougroen alge.

 

Foto: HANS PAERL, met vergunning van Universiteit van North Carolina se tydskrif Endeavors magazine / U.S. National Science Foundation

 

Ook swamme is voorheen by die planteryk ingedeel omdat geleerdes gedink het hulle is plante sonder stamme of blare wat die pigment chlorofil (bladgroen) verloor het wat vir fotosintese nodig is deurdat hulle op ander stowwe begin teer het.

 

Vandag glo die meeste wetenskaplikes dat swamme tot minstens drie ryke behoort, insluitende die protosoë (die laagste klas van eensellige diertjies). Nagenoeg 100 000 swammespesies is bekend, maar daar is bes moontlik baie wat nog ontdek moet word.

 

Oor swamme is daar eweneens ’n hele artikel op die Mieliestronk-werf.

 

Organismes wat wel plantaardig is

  

Alge besig om ’n meer oor te neemAlge:

SEEWIER, die groen laag skuim op damme en die glibberige slym wat soms aan die binnekant van ons swembaddens groei, is almal voorbeelde van alge. Omtrent alle plante in die see is die een of ander soort alg.

 

Alle alge bevat die groen kleurstof chlorofil, maar nie almal lyk groen nie omdat ander pigmente dit verdoesel. Alge kan hul eie voedsel opbou, maar anders as die hoër plante bring hulle nie sade of blomme voort nie.

 

Die mikroskopies klein drywende alge in die see—die "gras" van die see—is die eerste skakel in alle seevoedselkettings. Die mens gebruik alge vir enigiets van antibiotika tot dinamiet en slaairoom.

 

KorsmosKorsmosse (deels plant, deels swam):

HIERDIE interessante organismes kry jy feitlik oral ter węreld: in reënwoude, woestyne, op bergpieke, in die poolstreke. Hulle floreer op plekke waar geen ander plant of dier dit kan hou nie, byvoorbeeld op kaal rotse, ou bene en selfs die rűe van sekere insekte!

 

Al lyk dit nie so nie, is die korsmos eintlik twee organismes in een: ’n swam en ’n alg. Die een help die ander—die groen alg sorg vir koolhidrate deur fotosintese en die swam neem water en voedingstowwe uit die grond op en help om die plant te anker.

 

Korsmosse kan rare vorms en kleure aanneem. In sekere klimaatstreke is die bome met lang stringe oumansbaard (’n soort korsmos) behang.

 

Hulle kan ook baie oud word, glo enigiets van 50 tot 10 000 jaar! Oeroue korsmosse kom in Antarktika voor, waar die groeitempo weens die uiterste koue baie stadig is.

 

Mos met herfsblareMosplante:

HIERDIE groep sluit die mos, lewermos en horingblad in. Al is hulle volgens plantkundiges meer ontwikkel as die alge—hulle word verdeel in eenvoudige stamme, blaaragtige strukture en geleidingsweefsel—het hulle nie ware stamme, blare en wortels nie. Hulle bring ook nie sade of blomme voort nie, maar plant voort deur spore.

 

Al lyk hulle so delikaat, is mosse taai kalante—’n mens tref hulle tot in woestyne en Antarktika aan.

 

Varingspore in hul sporehouersVarings:

VARINGS en hul verwante staan volgens die geleerdes ’n entjie hoër op die gevor­derd­heids­leer: hulle het ware wortels, stamme (gewoonlik ondergronds) en blare, maar is tog taamlik primitief omdat hulle hoofsaaklik deur spore voortplant.

 

Die sporehouers lyk soos klein, donker kolletjies onderaan die blare. Dié houers bars oop as die spore ryp is en die einaklein spoortjies (hulle lyk soos stofdeeltjies) word deur die lug versprei.

 

Hulle vorm klein, hartvormige plantjies—die voorkieme—wat manlike en vroulike geslagselle voortbring. Elke bevrugte eiertjie bring ’n nuwe varing voort.

 

Bessies is saadplanteSaadplante:

SAADPLANTE is as t ware die heersers van die plantewęreld. Dit is omdat sade so ’n doeltreffende voortplantingsmiddel is. Nie alleen bevat dit baie selle en ’n beskermende dop nie, maar gewoonlik ook ’n kosvoorraad.

 

Daardie lekker vrug waaraan jy so smaaklik kou, was eintlik bedoel as kos vir die saad binne-in.

 

Saadplante word verdeel in naaksadiges of gimnosperme (hulle dra nie blomme nie) en blomplante of angiosperme.

 

Naaksadige plante is plante waarvan die saadknoppe nie in ’n vrugbeginsel opgesluit is nie, byvoorbeeld naaldbome. Die groep blomplante is baie groter as die naaksadiges.

 

   Lees nou verder in hierdie reeks deur hieronder te klik op die skakel van jou keuse.

Skakels na al die aflewerings in hierdie reeks:

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad