BO:
Skaaphond met sy eie aangebore woltrui.
REGS BO: Tweegesig-Dobermann met nek wat sterk ingebind is om hom
kortasem te maak. Dit keer dat hy snags te veel uit sy twee monde blaf.
REGS:
Beklose sneeuhond wat spesiaal
geteel is om nie Eskimo's te byt nie.
BO: Tweetandige walrus-hond wat spesiaal geteel is om wel Eskimo's
te byt.