Nomade van die węreld
Skakels na die verskillende artikels in hierdie reeks:

  Nomade van die węreld (1): Inuit (Eskimo’s)   
 

Mense van die ys

 

Inuit-jagter by ’n ysbeer wat hy met sy pyle geskiet

 

BO: Historiese foto van ’n Inuit- of Eskimo-jagter
by ’n ysbeer wat hy met sy pyle neergevel het.

 

Foto: U.S. Library of Congress

Eskimo... dit moet mos “mens van die ys” beteken, hoe anders? Verkeerd. Die naam is afgelei van ’n woord in ’n Indiaanse dialek met die betekenis “rouvleisvreters”. Eintlik is dit ’n skelwoord, maar dit sę nogal iets van die ruwe, geharde Eskimo’s. Om in een van die aarde se ongenadigste omgewings wortel te skiet, moet jy immers so taai soos ’n rob se vel wees. Hulle noem hulself egter nie Eskimo’s nie maar Inuit—’n woord wat eenvoudig “mense” of  “bewoners” beteken.
 

   Die Eskimo’s woon sowel buite as binne die Noordpoolsirkel, in die enorme uitgestrektheid van die noordoostelike punt van die gewese Sowjet-Unie, oor Alaska en Kanada tot in Groenland. Hoewel hulle nie formeel georganiseer is nie, is hulle kennelik een volk. Daar in hul koue noorderwęrelde het hulle baie eenderse leefwyses en tradisies.

   


BAIE vrae hang nog in die lug oor waar die Inuit (Eskimo’s) werklik vandaan kom. Volkekundiges reken wel dat hulle van mense afstam wat van Asië na Noord-Amerika getrek het—duisende jare gelede toe hulle dit nog droogvoets kon doen oor wat vandag die Beringsee is.

 

Oor ’n lang tydperk het verskillende etniese groepe in Noord-Amerika na die suide en uiteindelik tot in Suid-Amerika getrek. Die Amerikaanse Indiane is afstammelinge van die suidwaartse trekkers.

 

Die Eskimo’s het egter noord en wes gebly en ’n lang tyd hul biologiese en kulturele bande met Asië behou. Van Alaska af het hulle later ooswaarts oor die Noordpoolstreek van die Noord-Amerikaanse vasteland versprei.

 

Die Eskimo’s is Mongoloďed. Hulle is betreklik kort, die gesig is breed en plat met hoë wangbene, die oë donker, die hare reguit en swart. Die velkleur van egte Eskimo’s is geelbruin.

 

Die verskillende Eskimo-tale behoort tot ’n taalfamilie wat Eskaleut genoem word. Daar is twee vertakkinge: Aleut en Eskimo.

 

Veranderings

DIE eerste Europeërs wat die Eskimo’s teengekom het, was Wikings wat omstreeks 1100 n.C. in Groenland gewoon het. In die sestiende eeu het Europese ontdekkingsreisigers weer ’n Inuit-vrou, 1907 eens met hulle kennis gemaak. Toe was daar ongeveer 75 000.

 

Tot in daardie stadium het die Eskimo’s ’n heel eiesoortige lewe gelei om in hul ruwe omgewing te kon oorleef. In die daaropvolgende eeue, en veral die negentiende eeu, het dinge egter drasties verander.

 

Talle Europese walvisvangers en velhandelaars het hul verskyning in die verre noorde gemaak en Eskimo’s vir hulle laat werk. Dié is met gewere, ammunisie en ander goedere betaal.

 

Weens die doeltreffender jagtoerusting is baie diere byna heeltemal uitgewis in die Eskimo-węreld. Die Eskimo’s self is ook drasties uitgedun as gevolg van siektes wat die Europeërs met hulle saamgebring het.

 

Al die vernuwings het die tradisionele leefwyse van die meeste van hulle vernietig.

 

Inuit-dorpie met sy igloes (yshutte) in die middel van die negentiende eeu

BO: Detail van 'n illustrasie uit ’n ou boek van ’n Inuit-dorpie met sy igloes (yshutte) in die middel van die negentiende eeu.

Krediet: Histories (“Public Domain Old”)

 

 

Tradisionele leefwyse

DIE Eskimo’s was tradisioneel n nomadiese volk. Beskikbare bronne dui nie aan presies hoeveel van hulle nog soos hul voorouers lewe nie, maar hulle is stellig baie min. Hoe ook al, in die begin van die winter sou ’n aantal gesinne saamgroepeer en ’n gemeenskap vorm wat tot die lente sou bestaan. Hulle het igloes van ys of klip gebou, of partykeer sooi-skuilings.

 

Die igloe van ys word steeds onlosmaaklik met die Eskimo verbind. Hoe dan gemaak as jy in die ongenaakbare Noordpoolwęreld ronddool om te jag, maar daar is absoluut niks buiten ys om jou teen die vrieskoue te beskerm nie? Maklik, sou die tradisionele Eskimo (of Inuit) jou vertel. Jy gebruik daardie einste ys om vinnig “tent op te slaan”, oftewel selfs binne ’n uur ’n betreklik gerieflike eenvertrekhuisie van ysblokke te bou.

En hoewel die kwik buitekant tot −45 °C kan daal, kan dit binne-in van −7 °C tot ’n skaflike 16 °C wees... dit terwyl daar niks anders as liggaamshitte is om die verwarming te verskaf nie!

Die geheim van die Inuit se yshut—of igloe—lę in die uitstekende isolasie wat die koepelvormige yskonstruksie verskaf.

Om die koepel te bou, sny die bouer ’n klomp ysblokke met ’n lang mes van been of yster uit die verharde sneeu van sy leefwęreld. Die gat wat in die sneeu gelaat word, dien gewoonlik as die onderste helfte van die yshut.

Die blokke van die igloe word in ’n spiraal gepak, soos op die illustrasie hieronder, en ’n opening word onder gelaat waar die deur sal wees.

Hoe igloe gebou word

BO: Die bouer bou sy igloe met ysblokke en werk in ’n spiraal. ’n Opening word gelaat vir die deur. Algaande word die kring vernou... al in die rondte boontoe totdat die koepel voltooi is.

Illustrasie deur Anuskafm,
wat dit op hierdie bladsy by Wikimedia Commons op die węreldwye web uitgeplaas het en dit gelisensieer het ingevolge die GNU Free Documentation License, Weergawe 1.2 of later, waarvolgens kopiëring, verspreiding en/of wysiging op sekere voorwaardes vergun word

Met die volgende laag ysblokke in die spiraal word die kring ’n bietjie kleiner gemaak, wat daarop neerkom dat die ruimte aan die binnekant ietwat minder raak en daar ’n effense helling na binne is. Met die derde laag word die kring nog kleiner getrek—en so gaan dit voort totdat die koepel voltooi is. Indien ’n igloe behoorlik gebou is, sal dit die gewig van ’n mens kan dra wat op die dak staan.

Partykeer word ’n kort tonnel ook by die deur aangebring, as beskerming teen die wind en om hitteverlies te beperk wanneer die deur oopgemaak word. Verskillende igloes kan ook met tonnels met mekaar verbind word.

Omdat lug opstyg wanneer dit warm is, sal die igloe-bewoners meestal hul tyd binne-in die igloe op ’n soort verhogie verwyl en nie op die vloer nie.

Hoewel ons die Inuit gewoonlik met ys-igloes vereenselwig, sou klip-igloes in der waarheid talryker gewees het. ’n Klip-igloe bestaan uit ’n dubbele ry klippe met ’n laag turf tussenin.

Ook sooi-skuilings is tradisioneel by die Inuit. Sulke sooihuise het ’n raamwerk van walvisbeen, klip of hout wat met sooie bepak is. Daar is ’n versonke grondvloer. ’n Grondbank is die sitplek en bed, en kleiner grondverhogies is die tafels.

Igloes (yshutte)

REGS: Met groot blokke wat uit die sneeu-ys in hul bevrore  węreld gesny is, word ’n igloe opgebou.  ONDER: Binne-in só ’n yshut.

• Historiese foto’s van U.S. Library of Congress • Igloe bo: MSKARG

Igloe word gebou

Binne-in ’n igloe

 

 

In die somermaande sou die gesinne tradisioneel in tente gewoon het wat van robbe of kariboes se velle gemaak is. Hulle sou te voet gaan jag het en met bote van diervelle in die poolwaters rondgevaar het.

 

Twee soorte bote is gebruik: kajakke en oemiakke. Die kajak lyk soos ’n kano en is ’n lang, smal en ligte eenmensvaartuig. Die raamwerk bestaan uit hout (gewoonlik dryfhout) en is op só ’n manier met seediervelle oorgetrek dat net ’n klein sitopening oop bly. Dit is vir die jag van seesoogdiere gebruik.

 

Die oemiak is ’n oop boot met plek vir tot twaalf mense. Dit is vir walvisjag en langer vaarte gebruik, ook wanneer die Eskimo’s getrek het.

 

Die wapens was onder meer vurkspiese en pyle, harpoene, messe, nette en die pyl en boog.

   

Vroue (een in 'n kajak) in die ysige “jagveld”REGS: Jag was nie net die werk van die manne nie. Hier is twee vroue in die ysige “jagveld” waar die gevaar van verkluiming ’n wesenlike deel van die baie risiko’s was. Een van hulle ry in ’n kajak.

 

Historiese foto van U.S. Library of Congress

 

 

 

Die lewens van die Eskimo’s was veral in die verlede nou verweef met dié van die diere in hul omgewing. Die diere moes hulle van kos voorsien, asook van velle vir hul klere. Die meeste Eskimo’s het naby die see gewoon, waar baie robbe, walrusse, ysbere, walvisse en visse was.

 

Hulle was grootliks afhanklik van trekdiere en moes minstens twee keer per jaar agter hulle aantrek.

 

Maar die sleehond (“husky”) was waarskynlik die belangrikste dier in die Eskimo se lewe.

 

SleehondeREGS: Sleehonde.

 

Foto (spieëlbeeldweergawe van detail): Rear Admiral Harley D. Nygren, NOAA Corps (ret.) / NOAA 

 

Dié soort honde is gebruik om die slee oor die sneeu te trek en op jagtogte na groot diere soos ysbere.

 

Die sleehond het ’n veeleisende lewe gehad. Buiten wanneer hulle nog baie klein was, moes hulle in wind en weer buite bly. Op die trekpad moes hulle dikwels twee, drie dae lank sonder kos bly, maar ná ’n lang, vermoeiende tog is hulle gewoonlik beloon met al die vleis wat hulle kon opvreet. Omdat hulle so waardevol was, het die Eskimo’s hul honde uiters goed behandel.

 

Gemeenskapslewe

DIT was ’n klein, selfgenoegsame węreldjie waarin die Eskimo gelewe het, waarin hy meestal net met sy familielede verkeer het. Gesellige byeenkomste het ’n belangrike rol gespeel om spanning te verlig. Hulle sou mekaar besoek, speletjies organiseer en feesvier.

 

Die ouer lede van die familie is geëer vanweë hul wysheid, kennis van gebruike en die staaltjies wat hulle kon vertel. Hulle is met respek en toegeneentheid behandel. Kinders is ook met liefde behandel en as ’n versekering vir die oudag beskou.

 

Omdat die lewe so straf was, het ’n gesin selde meer as twee kinders gehad en die bevolking het dus konstant gebly totdat die Europeërs op die toneel verskyn het. Almal was afhanklik van almal. Die mans het hul vroue nodig gehad en omgekeerd.

 

Daar word beweer dat Eskimo’s hul verswakte bejaardes doodgemaak het. In sekere gebiede, wanneer die toestand besonder haglik was, kon dit wel gebeur het dat bejaardes vrywillig in ’n storm uitgeloop het om van die honger om te kom of te verkluim.

 

Dit kan erg klink vir ons met ons Westerse uitkyk, maar die Eskimo’s het geglo dat die siel van ’n gestorwene in elke pasgebore baba voortleef. ’n Geboorte is dus beskou as die terugkeer van ’n oorledene.

 

Eskimo’s vandag

NA raming lewe daar vandag sowat 120 000 Eskimo’s. Soos ons reeds gesę het, is min van hulle nomadies en die meeste woon in nedersettinkies of dorpe en dra moderne klere, woon in moderne huise, ry in sneeumobiele en ander Westerse voertuie rond, gaan skool en koop hul benodigdhede in winkels.

 

Eskimo-kinders vandagREGS: Moderne Eskimo-kinders.

 

Foto: NOAA

 

Dit sal vir Christene goeie nuus wees om te hoor dat ’n groot persentasie van hulle tot die Christendom bekeer is. Maar die Eskimo-storie is ook ’n hartseer verhaal. Ná duisende jare waarin hulle die Noordpool-naarheid getem het, is hul tradisionele leefwyse vir altyd daarmee heen.

  Nomade van die węreld
Skakels na die verskillende artikels in hierdie reeks:

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad