Verhaal van die stigter van moderne verpleging (1)  

  
Florence Nightingale

ó vrou van ontferming

 

REGS: Florence Nightingale.

 

Sy het in ín tyd geleef waarin ryk vroue vir ín lewe van niksdoen bestem was. Maar die jong juffrou Nightingale sou eerder deur haar gesin en die gemeenskap verstoot wou wees as om ín goddelike roeping te veronagsaam...
   

Teks uit Huisgenoot se Ons Wonderlike WÍreld
Grafika-kompilasie deur Mieliestronk.com

Grafika na ons wete alles openbare besit (in die ďopenbare domeinĒ) omdat kopiereg vanweŽ verjaring verval het
  


 D IE jong meisie van sestien sit in ín groot, elegante woning in Hampshire, Engeland, en sy tuur by die venster uit. Sy is lig van gelaatskleur en het goudbruin lokkeóín tipiese ryk Victoriaanse tiener, maar tog is daar iets anders omtrent haar.

 

Sou dit dalk die veraf kyk in haar oŽ wees?

 

Op hierdie oggend van 7 Februarie 1837 (in Suid-Afrika het die Voortrekkerleier Piet Retief se Manifes pas in die Grahamís Town Journal verskyn) staan die meisie skielik van haar stoel af op en loop na die middel van die vertrek.

 

Sy staan doodstil, asof sy aandagtig luister na iemand wat met haar praat. Maar daar is niemand anders in die kamer nie. Sy knik met haar kop en met ín vreemde uitdrukking op haar gesig gaan sit sy weer op haar stoel.

 

Die meisie is Florence Nightingale. Die stem wat sy gehoor het, sů sou sy later in haar dagboek skryf, was diť van God. Hy sou aan haar gesÍ het dat sy eendag vir ín baie belangrike sending gebruik sal word.

 

Wat haar sending was, is vandag wÍreldbekend. Florence Nightingale, die beroemde "Lady with the Lamp", het die soldate in die Krimoorlog (sien later) verpleeg en gesorg dat die beroep van verpleging die hoŽ erkenning en waardigheid kry wat dit vandag geniet. Hier is haar verhaal...

 

  Die jong Florence  

SY is op 12 Mei 1820 in die Villa Colombaia in Florence, ItaliŽ, gebore. Haar ouers, William en Frances, is in 1818 getroud en het ín bra lang wittebrood in ItaliŽ geniet. Florence was nie hul eerste kind nie. ín Dogter, Parthenope (na die Grieks vir Napels), is ín jaar vroeŽr gebore.

 

Toe Florence ín jaar oud was, het die Nightingales na Engeland teruggekeer. Voor sy troue het William, wat as W.E.N. bekend gestaan het, vir hom ín groot, skilderagtige huis genaamd Lea Hurst gebou op grond wat hy in Derbyshire geŽrf het.

 

Maar FrancesóFanny vir haar vriendeóhet ander idees gehad. Vyftien slaapkamers, het sy besluit, is eenvoudig nie genoeg vir die gesin en hul bediendes nie. Wat meer sÍ, Derbyshire was te ver van die sosiale lewe in Londen.

 

Vier jaar later het hulle die statige huis Embley Park in Hampshire, naby Londen, gekoop.

 

Daar was al die onthaalsale en sitkamers waarvan ín sosiale vlinder maar kan droom. Lea Hurst is vir somervakansies behou.

 

Die jong Florence was van kleins af aan luukses gewoond. Sy en haar suster het die mooiste uitrustings gedra wat Londen kon bied. Hulle het ook elke speelding en troeteldier gehad wat ín meisie kan begeer.

 

Hulle het nie skool toe gegaan nie. Fanny wou oorspronklik vir hulle ín private goewernante kry, maar toe sy nie die regte een kon vind nie, het sy haar man oorreed om vir hulle skool te hou.

 

Hul vakke was geskiedenis, filosofie en vyf taleóLatyn, Grieks, Duits, Frans en Italiaansóen ín goewernante het gekom om hulle musiek en dans te leer.

 

Florence was skrander en het haar lesse geniet. Maar ín vreemde karaktertrek het geleidelik kop uitgesteek. Sy was ín dromer. Partykeer, tot haar ma se intense irritasie, het sy haar in haar eie wÍreldjie onttrek en iesegrimmig teenoor die mense om haar geword.

 

Pleks van om met haar suster buite te speel, sou sy binnenshuis ineengekrimp op ín stoel sit en notas in haar dagboek krabbel.

 

Om haar ma nog verder om te krap, het Florence jammer gevoel vir die arm, honger mense wat sy om haar gesien hetówat darem seker nie ín Victoriaanse dogter van soveel aansien betaam het nie.

 

In 1837, kort nadat sy oortuig was dat sy die stem van God gehoor het, het Florence haar gesin na Europa vergesel. Sy was bekoor deur haar geboorteplek, Florence, en het verlief geraak op die Riviera, Genua, GenŤve en Parys. Sy het baie swierige balle bygewoon waar die manne gewedywer het om met haar te dans.

 

REGS:  Florence as jong meisie.

 

Maar terwyl sy in Parys was, het sy ín invloedryke en ernstige jong dame, ene Miss Clarke, ontmoet. Diť het besef dat Florence meer as net ín sosiale vlinder is.

 

"Moenie jou lewe vermors nie, hartjie," het sy Florence aangemoedig. "Jy het ín taak om in die wÍreld te verrig. Ek kan dit sien. Wees gereed daarvoor wanneer God jou daarvoor roep."

 

Terug in Engeland was Florence weens haar sosiale status in ín maalkolk van partytjies vasgevang. Op ín keer is sy aan koningin Victoria voorgestel. Die koningin se neef Henry Nicholson het op Florence verlief geraak.

 

Hierdie keer was Fanny tevrede dat haar inkennige dogter in ín sjarmante jong dame ontluik het, wat met Henry sou trou en vir altyd gelukkig sou wees.

 

Maar dit was anders bestem. Vol gewetenswroeging oor ín brief van Miss Clarke oor "women and their endless faddling and twaddling", het ín skuldige Florence gevoel dat sy haar lewe verbeusel.

 

Toe Henry haar vra om met hom te trou, het sy geweier, alle verdere uitnodings na sosiale geleenthede van die hand gewys en al haar kragte aan die studie van wiskunde gewy. Dit was, wat haar geskokte ma betref, genoeg om alle mans totaal af te skrik.

 

  Die honger veertigs  

DIE 1840ís was ín verskriklike tyd in Engeland. Nie ver van Lea Hurst nie was landhuisies vol arm, siek, verhongerde mense.

 

Florence het hulle begin besoek en kos, komberse, klere en medisyne vir hulle gebring.

 

Hierdie ondervinding was vir haar ín openbaring dat God wou hÍ sy moet haar lewe daaraan wy om mense te help, veral die siekes.

 

Florence was egter nie tevrede daarmee om bloot die siekes te besoek nie. Sy wou ín loopbaan daarvan maak, siektes bestudeer, weet wat die simptome is, met operasies help en leer hoe om die dood te hanteer. Kortom, sy wou verpleegster wees.

 

Maar Engelse verpleegsters was in daardie dae laeklas- middeljarige vroue. Hulle het geen opleiding hoegenaamd gehad nie en weinig meer gedoen as om te vee, skoon te maak en besope te raak.

 

Die hospitale was ook oorvol, onwelriekend en onhigiŽnies. Beddegoed is omtrent een keer per maand vervang, en in die winter is die vensters met planke toegespyker om die koue buite hou, wat ín volmaakte teelaarde vir kieme geskep het.

 

Dat ín aristokraat ín verpleegster sou wou word? Ondenkbaar. Florence kon nie waag om haar ouers van haar ambisies te vertel nie.

 

Toe, een aand tydens die aandete, vra Florence vir ene dr. Fowler, ín huisvriend, of sy in sy hospitaal in Salisbury opgelei kon word. Konsternasie. Ma Fanny gil en skreeu. Sus Parthenope raak histeries. En dr. Fowler is verleŽ vort.

 

Daarna is Florence met soveel minagting behandel dat haar senuwees byna ingegee het. Sekere gesinsvriende, die Bracebridges, het haar na Europa gebring waar sy byna dadelik herstel het.

 

Terwyl sy in Rome was, het sy met Sidney en Elizabeth Herbert kennis gemaak, ín egpaar uit die hoŽr stand wat hartstogtelike hervormers was met ín spesiale belangstelling in die hervorming van hospitale. Hulle het Florence hul steun beloof.

 

Terug by haar gesin in Engeland, het Florence weer siek geword. In hierdie stadium het ín jong man, Richard Monckton Milnes, haar om haar hand gevra. Sy het hom afgewys, maar hom die res van haar lewe onthou.

 

Die Bracebridges het Florence weer na Europa gebring, en haar diť keer sonder haar ouers se wete by Kaiserswerth gelaat, ín gekombineerde hospitaal-weeshuis-opleidingsentrum naby DŁsseldorf, Duitsland.

 

Die verpleegstandaarde hier was heeltemal anders as diť in Engeland en het bevestig waarin sy nog altyd geglo hetódat verpleging ín respektabele beroep kan wees.

 

Toe Florence ín maand later huis toe gaan, het haar gesin haar gestraf omdat sy na Kaiserswerth gegaan het deur haar vir ses maande ín "slaaf " van Parthenope te maak...

 

Florence het ín aantal kere Europa toe gereis en elke keer van die Vasteland se hospitale besoek en geÔnspekteer. By een geleentheid het sy Fliedner se Instituut vir Protestantse Diakonesse besoek, waarheen sy later vir vier maande se opleiding teruggekeer het.

 

   Die ystervrou 

FLORENCE was 32 jaar oud toe haar loopbaan uiteindelik begin. Elizabeth Herbert het haar gevra om die pos te aanvaar van matrone by die sogenaamde Institution for the Care of Sick Gentlewomen in Distressed Circumstances.

 

Vir die tweede keer in haar lewe het sy gevoel dat die Here haar persoonlik aangespreek het. Sy was dus seker dat sy die regte ding doen.

 

Florence het met ín ysere wil die inrigting en sy personeel begin organiseer. In daardie dae het mense nog bloedmin van higiŽniese versorging en die verspreiding van siektes geweet, maar Florence het op sindelikheid en vars lug aangedring.  

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 


Florence Nightingale (REGS BO) en die aktrise Kay Francis (LINKS BO), wat in 1936 die rol van die beroemde verpleegster gespeel het in een van die rolprente wat oor haar gemaak is.

Sy het besluit dat die pasiŽnte warm kos moet kry en ín hyser in die gebou laat installeer. Daar moes gereeld skoon lakens wees, en blompotte met blomme is in die sale geplaas.

 

Baie van die personeellede het glad nie daarvan gehou om gehiet en gebied te word nie, en die inwonende dokter en baie van die werksters het padgegee. Maar binne ses maande het Florence ín omwenteling in die begrip verpleging teweeggebring. Die nuus het versprei dat sy Engeland se "toonaangewende deskundige oor gesondheidsake" is.

 

Net toe Florence na iets groters begin soek, het die Krimoorlog uitgebreek. Hierdie oorlog is om godsdienstige, politieke en kommersiŽle redes gevoer tussen die geallieerde magte van Brittanje, Frankryk, die Ottomaanse Ryk (tans Turkye) en SardiniŽ aan die een kant en die Russiese magte aan die ander.

 

Baie van die gevegte het in die Krim self plaasgevindóín skiereilandjie wat in die Swart See en die See van Azof insteek. Hoewel die geallieerde magte sekere oorwinnings behaal het, het die Britse leŽr ín ernstige tekort aan kos, beddegoed, tente, klere en mediese voorrade ondervind.

 

Daar was feitlik geen chirurge wat na die gewondes kon omsien nie, en verpleegsters is weens hul slegte reputasie nie toegelaat om naby die soldate te kom nie. Siekes en gewondes is in skepe geprop en na kasernes in Scutari aan die Bosporus-kus, net oorkant Konstantinopel, gebring.

 

Die Britse generaals het dit probeer stilhou, maar vir die heel eerste keer het ín Londense koerant, The Times, ín spesiale beriggewer aangewys om ter plaatse oor die oorlog verslag te doen soos dit verloop.

 

Die verslaggewer, William Howard Russell, het die skokkende behandeling van die siekes en gewondes onthul. Die Britse publiek kon nou alles leesóFlorence Nightingale inkluis. Vir die derde keer in haar lewe, sou sy later vertel, het sy God met haar hoor praat.

 

Soos dit moes gebeur, het Sidney Herbert, England se minister van oorlog, Florence dadelik per brief versoek om ín groep verpleegsters bymekaar te kry en na Scutari te gaan. Dit was nie haar taak om die soldate te versorg nie, maar om aan Engeland te wys dat verpleegsters inderdaad dames kan wees.

 

Florence het geen tyd verspil nie. Binne vier dae het sy ín geselskap van 38 verpleegsters en nonne uitgesoek en kleremaaksters aangesÍ om uniforms te maak. Hierdie keer het haar familie haar nie teŽgegaan nie. Sy was oor die hele land beroemd.

 

Op 21 Oktober 1854 het Florence en haar personeel na Scutari vertrek. Namate die skip stadig weggevaar het, het ín skare onder op die kaai gejuig en gewuif. ín Nuwe era in die geneeskunde was ophande...

ē  Klik hier vir die volgende aflewering oor Florence Nightingale


Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad