|
Die
fassinerende wortels van Suid-Afrika se Op ’n ander bladsy op hierdie CD-Rom kyk ons na die interessante plek van Afrikaans, Engels en ander tale in die veel bestudeerde en omvangryke Indo-Europese taalfamilie. Maar wat van tale soos Zoeloe, Xhosa en Sotho wat deur die swart mense in Suid-Afrika gepraat word? Waar lê hul oerwortels? Geleerdes reken dis heel waarskynlik in die Kameroen in Wes-Afrika... Aan
die taalkenners: Omdat daar onder linguiste verskillende opvattings oor
Afrika-tale bestaan, is dit vanselfsprekend dat nie almal sal saamstem
met al die stellings in hierdie artikel nie. Indien kenners egter reken
dat daar sekere ingrypende mistastings is wat reggestel behoort te word,
hoor ons graag van hulle by dugeot@mieliestronk.com |
||||||||
IE manier waaop ons praat, is meer as net die
woorde wat ons oordra—dit vertel ook wie ons is en waar ons vandaan
kom, verraai ons herkoms en iets van ons voorsate. Dieselfde geld vir
tale as ’n geheel. In die verwikkeldhede van hul woordeskatte en
grammatikas lê duisende jare van menslike geskiedenis en
voorgeskiedenis opgesluit. Taalkundiges is nou al twee eeue lank ywerig
besig om familiebome vir tale op te stel. Hulle het die
afstammelingslyne nagespoor van die meeste van die sesduisend tale wat
vandag op die aarde gepraat word, asook dié van baie wat uitgesterf
het. Wanneer tale genoeg ooreenkomste toon, of reëlmatige patrone van verskille, kan linguiste seker wees dat
hulle verwant is. Só kan Spaans, Italiaans en Portugees maklik as
spruite van Latyn herken word, terwyl Afrikaans, Nederlands, Duits en
selfs Engels almal tot die sogenaamde Germaanse groep behoort. Selfs al is daar geen geskrewe dokumente van
’n voorouerlike taal nie, kan taalkundiges nog baie van sy woordeskat
en grammatika met behulp van die histories-vergelykende taalkundige
metode herskep. Met verloop van jare het hulle daarin geslaag om baie
van vandag se tale te koppel met die ou tale waaruit hulle ontstaan het. Só byvoorbeeld is Germaans saam met Latyn, antieke Grieks en nog
’n aantal ander taalfamilies deel van ’n groep verwante tale genaamd
Indo-Europees, waaroor op ’n
ander webblad meer vertel word. Om sulke taalbome vir die Afrika-tale saam te
stel, is vanselfsprekend baie moeiliker. Groot dele van Afrika was
immers tot betreklik onlangs in die spreekwoordelike
"donkerte" gehul en om uit te pluis watter van vandag se tale
en spraakvorme uit watter oertale gespruit het, is ’n massiewe taak.
Dit verg nie net ’n
buitengewone liguistiese insig nie, maar vereis ook ’n besondere kennis van
die verspreidings en trekpatrone van die vroeë Afrikane, sover dit moontlik
is om dit vas te stel. In Suid-Afrika verstaan ’n Zoeloe- en
Xhosa-spreker vandag mekaar se tale net soos ’n Afrikaaans- en
Nederlandssprekende mekaar met ’n bietjie inspanning begryp. Maar die
Sotho-spreker weet nie mooi wat die Zoeloe aan hom probeer verduidelik
nie, net soos Boer se kind nie reg weet wat iemand sê wat Hoogduits met
hom praat nie. Tog is daar ook ’n besliste historiese
verwantskap tussen Sotho en Zoeloe, net soos Afrikaans en Duits
bloedfamilie is. Trouens, kenners vertel dat die tale van Suid-Afrika se
swartmense almal tot die taalfamilie behoort wat Niger-Kongo genoem
word. Dié naam is bedink omdat hierdie tale so oorheersend in die groot
bekkens van die riviere Niger en Kongo in Wes- en Midde-Afrika is.
Sprekers van tale in hierdie groep woon egter vandag, vanweë
opeenvolgende verhuisings oor baie eeue heen, wyd en suid oor die
vasteland en tot so ver suid as die Oos- en Wes-Kaap. Die
Niger-Kongo-taalfamilie
OLGENS
die jongste en mees aanvaarde indeling word die menigte tale wat vandag
in Afrika gepraat word in vier taalfamilies ingedeel: die genoemde
Niger-Kongo, asook Afro-Asiaties, Nilo-Saharaans en Khoisan. Die
taalverskeidenheid in Afrika is geweldig as ’n mens dit
met dié in Europa vergelyk, waar daar twee taalfamilies is, te wete Indo-Europees en
Fins-Oegries. Niger-Kongo is ’n enorme hoofgroep wat meer
as 1400 tale bevat, meer as enige ander hooftaalgroep ter wêreld. Dit
het by die 400 miljoen sprekers met vertakkings in Sentraal-, Suidelike
en Wes-Afrika. Soos tans verstaan word, sluit dit Kordofaniaans in, ’n
klein, ietwat ver langs verwante groep van sowat dertig tale (party
bedreig), wat in die Nuba-heuwels van die Kordofan-streek in
Sentraal-Soedan gepraat word. Dit is
interessant om die onderverdelings van Niger-Kongo na te gaan en te kyk
waar die swart tale van Suid-Afrika, soos Zoeloe, Xhosa, Sotho en die
ander, in die groot Niger-Kongo-taalfamilie inpas. Niger-Kongo se subgroepe is Wes-Atlanties, Mande Voltaïes, Kwa, Adamawa-Oostelik en Benue-Kongo.
Ons volg die Benue-Kongo-vertakking... Benue-Kongo
ENUE-KONGO met 900
tale is die grootste vertakking van die Niger-Kongo-taalfamilie. Sy vernaamste verdelings
is Defoïed, waaronder Yoruba, met meer as 20 million sprekers; Edoïed,
insluitende Edo; Nupoïed, insluitende Nupe, Ebira en Gbagyi; Idomoïed,
waaronder Idoma; Igboïed, insluitende die baie dialekte van die sowat
19 miljoen Igbo-mense; Kainji, met 40 tale; Platoïed, ’n versameling van 50 tale; Cross River, ’n groep van meer as
55 tale; en Bantoïed. Bantoïed is die
grootste subvertakking. Dit bestaan uit ’n Noordelike en Suidelike
groep en sluit ’n stuk of 700 tale in, waarvan 47 deur meer as ’n
miljoen mense gepraat word. Bantoïed
IE baie tale in hierdie
groep word van Oos-Nigerië oor die res van Sentraal-Afrika en in
Oos-Afrika en Suidelike Afrika gepraat. Die Noordelike Bantoïede
tale bestaan uit vyftien klein taaltjies wat in Oos-Nigerië en die
Sentraal-Kameroen gepraat word. Suidelike Bantoïed het elf subgroepe,
waarvan Bantu die grootste is. Die ander tien subgroepe bestaan uit meer
as honderd tale wat in Oos-Nigerië en die Kameroen gepraat word. Bantu
IE Bantu-tale is ’n groep van sowat 500 tale wat tot die Suidelike Bantoïede subgroep behoort. Die tale word oor ’n uitgestrekte gebied gepraat, waaronder die grootste deel van Afrika van die suide van die Kameroen af ooswaarts na Kenia en suidwaarts tot by die suidpunt van die vasteland. Die taalgebied omvat die suide van die Kameroen, Gaboen, die Republiek van die Kongo, die Demokratiese Republiek van die Kongo, Uganda, Kenia, Tanzaniê, Angola, Zambië, Malawi, Mosambiek, Zimbabwe, Namibië, Botswana en natuurlik Suid-Afrika. Die baie Bantu-tale is in 1971 deur die Britse taalkundige Malcolm Guthrie (1903-1972) in groepe geplaas volgens geografiese sones—A, B, C, D, E, F, G, H, K, L, M, N, P, R en S—en binne die groepe genommer. Let op dat die benaming Bantu
op ’n taalkundige indeling dui en nie verwar moet
word met die woord Bantoe, waarmee vroeër na die swart volkere in ons
land en elders verwys is nie. Dié word deur hulle as ’n beledigende term beskou
en behoort dus glad nie meer gebruik te word nie. Tans staan Bantu dus as ’n taalgroep bekend
eerder as ’n eiesoortige etniese groep. Die
term Bantu is die eerste keer deur
die Duitse taalkundige Wilhelm Heinrich Immanuel Bleek (1827-1875) gebruik. Bantu beteken mense
in baie van die tale in hierdie groep. Dit is kenmerkend van die
Bantu-tale om -ntu te gebruik wanneer na ’n man verwys word,
terwyl ba ’n meervoudsvorm in sekere tongvalle is. Bleek en
later die Duitser Carl Friedrich Michael Meinhof (1857-1944) het vergelykende studies van die grammatikas van die
Bantu-tale gedoen.
Dit dui immers op ’n massiewe, voortdurende volksverhuising of "Groot Trek", terwyl die jongste getuienis toon dat dit eerder kol-kol en sporadies plaasgevind het. Klein groepies mense was telkens betrokke— mense wat hul nedersettings verdeel en onderverdeel en na nuwe gebiede versit het waar plaaslike bevolkings van jagter-versamelaars soos die San geabsorbeer is. Die presiese rede vir hierdie verhuisings is onseker, maar baie antropoloë glo dit is deur ’n bevolkingstoename veroorsaak. Dié kon gebeur het weens die ontwikkeling van nuwe boerderytegnieke of die kweek van nuwe gewasse soos die piesang (inheems in Suid-Asië), wat doeltreffender voedselproduksie beteken het. Argeologiese getuienis dui daarop dat dit in die latere stadiums ook met die bewerking van yster verband kon gehou het. Nuwe ystergereedskap en -wapens kon Bantu-sprekende boere in staat gestel het om grond te bewerk en boerenedersettings te skep in gebiede wat vroeër slegs deur jagter-versamelaars bewoon is. ’n Verdere belangrike gebeurtenis in die geskiedenis van die Bantu-taalgebruikers is ’n verdeling waaruit twee groot taalgroepe gebore is. Die Oostelike Bantu het na Zimbabwe, Mosambiek en af tot in Suid-Afrika getrek. Die Westelike Bantu het na Angola, Namibië en dele van Botswana gemigreer. Daar
was ook verskillende subgroepe, wat nie saam-saam in ons land gearriveer
het nie, maar op verskillende tye. Daar
word onderskei tussen vier sulke groepe van die Oostelike Bantu wat
Suid-Afrika binnegetrek en elkeen ’n ander trekrigting ingestaan het.
Die Nguni Hulle
het later opwaarts versprei in die riviervalleie van die streek en nog
later tot in die hoër liggende graslande. Daar is taal- en genetiese
getuienis dat hulle noue verbintenisse gehad het met die destyds
bestaande bewoners van die streek—jagter-versamelaars
wat taamlik seker Khoisan-tale gepraat het. Dit
lyk of die vroegste voorouers van die Zoeloes in betreklik groot,
selfonderhoudende statte gewoon het. Ná omstreeks 1000 nC het hulle in
kleiner wooneenhede opgebreek, wat benodigdhede onder mekaar geruil het. Die
mense het sorghum en millet (voëlsaad) gekweek en beeste, bokke en
langstert-skape geteel. Spesialiste onder hulle het yster gesmelt,
gesmee en daarmee handel gedryf. Die een of ander tyd ná 1500 het hulle
mielies begin kweek, ’n Suid-Amerikaanse gewas wat moontlik deur
Europese seevaders na Afrika gebring is. Tot die tweede helfte van die agttiende eeu was
die inwoners van die
huidige KwaZulu-Natal blykbaar in klein kapteinsgebiede georganiseer
waar miskien ’n paar duisend mense op ’n paar honderd vierkante
kilometer gewoon het. Ná
1750 het groter state begin ontwikkel, moontlik as ’n reaksie op die
verspreiding van ’n internasionale handel in ivoor, beeste en slawe na
die streek. Hierdie prosesse van staatsvorming het die hoogtepunt bereik met die totstandkoming van die Zoeloe-koninkryk onder Shaka in die 1820's. Onder Shaka het die Zoeloes ontwikkel van ’n onbekende en skugtere stam tot een wat met sy verowerings van ander stamme vrees en ontsag regdeur Suider-Afrika ingeboesem het. Ander
vertakkinge van die Nguni—waartoe
die Zoeloes behoort—is
die Xhosa van die Oos-Kaap, die Swazi van Swaziland en die gewese
Transvaal,
en die Ndebele van die gewese Transvaal. Die Sotho Die Venda en die
Tsonga Die swart tale in die
suidoostelike Bantu-sone, soos ons hulle in ons wêrelddeel ken, is as volg:
Twaalf Bantu-tale word
deur meer as vyf miljoen mense gepraat, waaronder Rundi, Rwanda, Shona,
Xhosa en Zoeloe. Die taal Swahili, wat die moedertaal van vyf miljoen
mense en die tweede taal van nog sowat dertig miljoen is, is ’n
belangrike handels- en literêre taal. Bantu-taalsprekers wat hulle in Namibië gaan vestig het, is die Ovambo-Herero. |
||||||||