Die fassinerende wortels van Suid-Afrika se
swart tale

Op ín ander bladsy op hierdie CD-Rom kyk ons na die interessante plek van Afrikaans, Engels en ander tale in die veel bestudeerde en omvangryke Indo-Europese taalfamilie. Maar wat van tale soos Zoeloe, Xhosa en Sotho wat deur die swart mense in Suid-Afrika gepraat word? Waar lÍ hul oerwortels? Geleerdes reken dis heel waarskynlik in die Kameroen in Wes-Afrika... 

Aan die taalkenners: Omdat daar onder linguiste verskillende opvattings oor Afrika-tale bestaan, is dit vanselfsprekend dat nie almal sal saamstem met al die stellings in hierdie artikel nie. Indien kenners egter reken dat daar sekere ingrypende mistastings is wat reggestel behoort te word, hoor ons graag van hulle by dugeot@mieliestronk.com
  
Hoe Suid-Afrika se swart tale in die familieboom van die Niger-Kongo-taalfamilie inpas

D

IE manier waaop ons praat, is meer as net die woorde wat ons oordraódit vertel ook wie ons is en waar ons vandaan kom, verraai ons herkoms en iets van ons voorsate. Dieselfde geld vir tale as ín geheel. In die verwikkeldhede van hul woordeskatte en grammatikas lÍ duisende jare van menslike geskiedenis en voorgeskiedenis opgesluit.

Taalkundiges is nou al twee eeue lank ywerig besig om familiebome vir tale op te stel. Hulle het die afstammelingslyne nagespoor van die meeste van die sesduisend tale wat vandag op die aarde gepraat word, asook diť van baie wat uitgesterf het. Wanneer tale genoeg ooreenkomste toon, of reŽlmatige patrone van verskille, kan linguiste seker wees dat hulle verwant is. Sů kan Spaans, Italiaans en Portugees maklik as spruite van Latyn herken word, terwyl Afrikaans, Nederlands, Duits en selfs Engels almal tot die sogenaamde Germaanse groep behoort.

Selfs al is daar geen geskrewe dokumente van ín voorouerlike taal nie, kan taalkundiges nog baie van sy woordeskat en grammatika met behulp van die histories-vergelykende taalkundige metode herskep. Met verloop van jare het hulle daarin geslaag om baie van vandag se tale te koppel met die ou tale waaruit hulle ontstaan het. Sů byvoorbeeld is Germaans saam met Latyn, antieke Grieks en nog ín aantal ander taalfamilies deel van ín groep verwante tale genaamd Indo-Europees, waaroor op ín  ander webblad meer vertel word.

Om sulke taalbome vir die Afrika-tale saam te stel, is vanselfsprekend baie moeiliker. Groot dele van Afrika was immers tot betreklik onlangs in die spreekwoordelike "donkerte" gehul en om uit te pluis watter van vandag se tale en spraakvorme uit watter oertale gespruit het, is ín massiewe taak. Dit verg nie net ín buitengewone liguistiese insig nie, maar vereis ook ín besondere kennis van die verspreidings en trekpatrone van die vroeŽ Afrikane, sover dit moontlik is om dit vas te stel.

In Suid-Afrika verstaan ín Zoeloe- en Xhosa-spreker vandag mekaar se tale net soos ín Afrikaaans- en Nederlandssprekende mekaar met ín bietjie inspanning begryp. Maar die Sotho-spreker weet nie mooi wat die Zoeloe aan hom probeer verduidelik nie, net soos Boer se kind nie reg weet wat iemand sÍ wat Hoogduits met hom praat nie.

Tog is daar ook ín besliste historiese verwantskap tussen Sotho en Zoeloe, net soos Afrikaans en Duits bloedfamilie is. Trouens, kenners vertel dat die tale van Suid-Afrika se swartmense almal tot die taalfamilie behoort wat Niger-Kongo genoem word. Diť naam is bedink omdat hierdie tale so oorheersend in die groot bekkens van die riviere Niger en Kongo in Wes- en Midde-Afrika is. Sprekers van tale in hierdie groep woon egter vandag, vanweŽ opeenvolgende verhuisings oor baie eeue heen, wyd en suid oor die vasteland en tot so ver suid as die Oos- en Wes-Kaap.

Die Niger-Kongo-taalfamilie

V

OLGENS die jongste en mees aanvaarde indeling word die menigte tale wat vandag in Afrika gepraat word in vier taalfamilies ingedeel: die genoemde Niger-Kongo, asook Afro-Asiaties, Nilo-Saharaans en Khoisan. Die taalverskeidenheid in Afrika is geweldig as ín mens dit met diť in Europa vergelyk, waar daar twee taalfamilies is, te wete Indo-Europees en Fins-Oegries.

Niger-Kongo is ín enorme hoofgroep wat meer as 1400 tale bevat, meer as enige ander hooftaalgroep ter wÍreld. Dit het by die 400 miljoen sprekers met vertakkings in Sentraal-, Suidelike en Wes-Afrika. Soos tans verstaan word, sluit dit Kordofaniaans in, ín klein, ietwat ver langs verwante groep van sowat dertig tale (party bedreig), wat in die Nuba-heuwels van die Kordofan-streek in Sentraal-Soedan gepraat word.

Dit is interessant om die onderverdelings van Niger-Kongo na te gaan en te kyk waar die swart tale van Suid-Afrika, soos Zoeloe, Xhosa, Sotho en die ander, in die groot Niger-Kongo-taalfamilie inpas. In die grammatikas van ons land se swart tale is immers die duidelike reste te sien van verskynsels wat volgens taalkundiges in die oorspronklike Niger-Kongo-taal moet bestaan het. Niger-Kongo-tale is byvoorbeeld goed bekend vir hul ingewikkelde stelsel van naamwoord-klassifikasie.

Niger-Kongo se subgroepe is Wes-Atlanties, Mande VoltaÔes, Kwa, Adamawa-Oostelik en Benue-Kongo. Ons volg die Benue-Kongo-vertakking...

Benue-Kongo

B

ENUE-KONGO met 900 tale is die grootste vertakking van die Niger-Kongo-taalfamilie.

Sy vernaamste verdelings is DefoÔed, waaronder Yoruba, met meer as 20 million sprekers; EdoÔed, insluitende Edo; NupoÔed, insluitende Nupe, Ebira en Gbagyi; IdomoÔed, waaronder Idoma; IgboÔed, insluitende die baie dialekte van die sowat 19 miljoen Igbo-mense; Kainji, met 40 tale; PlatoÔed, ín versameling van 50 tale; Cross River, ín groep van meer as 55 tale; en BantoÔed.

BantoÔed is die grootste subvertakking. Dit bestaan uit ín Noordelike en Suidelike groep en sluit ín stuk of 700 tale in, waarvan 47 deur meer as ín miljoen mense gepraat word.

BantoÔed

D

IE baie tale in hierdie groep word van Oos-NigeriŽ oor die res van Sentraal-Afrika en in Oos-Afrika en Suidelike Afrika gepraat.

Die Noordelike BantoÔede tale bestaan uit vyftien klein taaltjies wat in Oos-NigeriŽ en die Sentraal-Kameroen gepraat word. Suidelike BantoÔed het elf subgroepe, waarvan Bantu die grootste is. Die ander tien subgroepe bestaan uit meer as honderd tale wat in Oos-NigeriŽ en die Kameroen gepraat word.

Bantu

D

IE Bantu-tale is ín groep van sowat 500 tale wat tot die Suidelike BantoÔede subgroep behoort. Die tale word oor ín uitgestrekte gebied gepraat, waaronder die grootste deel van Afrika van die suide van die Kameroen af ooswaarts na Kenia en suidwaarts tot by die suidpunt van die vasteland. Die taalgebied omvat die suide van die Kameroen, Gaboen, die Republiek van die Kongo, die Demokratiese Republiek van die Kongo, Uganda, Kenia, TanzaniÍ, Angola, ZambiŽ, Malawi, Mosambiek, Zimbabwe, NamibiŽ, Botswana en natuurlik Suid-Afrika.

Die baie Bantu-tale is in 1971 deur die Britse taalkundige Malcolm Guthrie (1903-1972) in groepe geplaas volgens geografiese sonesóA, B, C, D, E, F, G, H, K, L, M, N, P, R en Sóen binne die groepe genommer.

Let op dat die benaming Bantu op ín taalkundige indeling dui en nie verwar moet word met die woord Bantoe, waarmee vroeŽr na die swart volkere in ons land en elders verwys is nie. Diť word deur hulle as ín beledigende term beskou en behoort dus glad nie meer gebruik te word nie. Tans staan Bantu dus as ín taalgroep bekend eerder as ín eiesoortige etniese groep.

Die term Bantu is die eerste keer deur die Duitse taalkundige Wilhelm Heinrich Immanuel Bleek (1827-1875) gebruik. Bantu beteken mense in baie van die tale in hierdie groep. Dit is kenmerkend van die Bantu-tale om -ntu te gebruik wanneer na ín man verwys word, terwyl ba ín meervoudsvorm in sekere tongvalle is. Bleek en later die Duitser Carl Friedrich Michael Meinhof (1857-1944) het vergelykende studies van die grammatikas van die Bantu-tale gedoen.

Daar word geglo dat die oerwortels van die Bantu-taalgebruikers heel waarskynlik in die Kameroen lÍ. Van 1000 vC af het hulle hul klein boerderygemeenskappies oor die grootste deel van Sentraal-, Oos en Suidelike Afrika versprei en die suidooskus van Suid-Afrika miskien in die derde of vierde eeu nC of selfs nog vroeŽr bereik.

In die verlede is hierdie verhuising as die groot Bantu-migrasie bestempel, hoewel antropoloŽ, argeoloÍ en historici onlangs die term "migrasie" hier begin bevraagteken het. 

 Koddige brokkie 

Moeilikste woord om te vertaal

DIE wÍreld se moeilikste vertaalbare woord is geŽien as "ilunga", 'n woord van die Tshiluba-taal wat in die gebiede Kasai en Katanga van die Demokratiese Republiek van die Kongo gepraat word, berig die BBC. Dit is in oorleg met duisend taalkundiges bo-aan die lys van moeilik vertaalbare woorde geplaas. Ilunga beteken "iemand wat bereid is om enige misbruik die eerste keer te vergewe, dit 'n tweede keer te verdra, maar nooit 'n derde keer nie".

Dit dui immers op ín massiewe, voortdurende volksverhuising of "Groot Trek", terwyl die jongste getuienis toon dat dit eerder kol-kol en sporadies plaasgevind het. Klein groepies mense was telkens betrokkeó mense wat hul nedersettings verdeel en onderverdeel en na nuwe gebiede versit het waar plaaslike bevolkings van jagter-versamelaars soos die San geabsorbeer is.

Die presiese rede vir hierdie verhuisings is onseker, maar baie antropoloŽ glo dit is deur ín bevolkingstoename veroorsaak. Diť kon gebeur het weens die ontwikkeling van nuwe boerderytegnieke of die kweek van nuwe gewasse soos die piesang (inheems in Suid-AsiŽ), wat doeltreffender voedselproduksie beteken het.

Argeologiese getuienis dui daarop dat dit  in die latere stadiums ook met die bewerking van yster verband kon gehou het. Nuwe ystergereedskap en -wapens kon Bantu-sprekende boere in staat gestel het om grond te bewerk en boerenedersettings te skep in gebiede wat vroeŽr slegs deur jagter-versamelaars bewoon is.

ín Verdere belangrike gebeurtenis in die geskiedenis van die Bantu-taalgebruikers is ín verdeling waaruit twee groot taalgroepe gebore is. Die Oostelike Bantu het na  Zimbabwe, Mosambiek en af tot in Suid-Afrika getrek. Die Westelike Bantu het na Angola, NamibiŽ en dele van Botswana gemigreer.

Daar was ook verskillende subgroepe, wat nie saam-saam in ons land gearriveer het nie, maar op verskillende tye.  Daar word onderskei tussen vier sulke groepe van die Oostelike Bantu wat Suid-Afrika binnegetrek en elkeen ín ander trekrigting ingestaan het.

Die Nguni
ē   DIE jongste argeologiese navorsing dui inderdaad daarop dat die voorvaders van die Suider-Afrikaanse swart mense, insluitende die Zoeloes, boere was wat van verder noord op die vasteland gekom het. Van sowat die derde of vierde eeu nC of dalk selfs vroeÍr het hulle hulle reeds in klein gemeenskappe langs die kus van die teenswoordige KwaZulu-Natal gevestig.

Hulle het later opwaarts versprei in die riviervalleie van die streek en nog later tot in die hoŽr liggende graslande. Daar is taal- en genetiese getuienis dat hulle noue verbintenisse gehad het met die destyds bestaande bewoners van die streekójagter-versamelaars wat taamlik seker Khoisan-tale gepraat het.

Dit lyk of die vroegste voorouers van die Zoeloes in betreklik groot, selfonderhoudende statte gewoon het. NŠ omstreeks 1000 nC het hulle in kleiner wooneenhede opgebreek, wat benodigdhede onder mekaar geruil het.

Die mense het sorghum en millet (voŽlsaad) gekweek en beeste, bokke en langstert-skape geteel. Spesialiste onder hulle het yster gesmelt, gesmee en daarmee handel gedryf. Die een of ander tyd nŠ 1500 het hulle mielies begin kweek, ín Suid-Amerikaanse gewas wat moontlik deur Europese seevaders na Afrika gebring is.

Tot die tweede helfte van die agttiende eeu was die inwoners van die huidige KwaZulu-Natal blykbaar in klein kapteinsgebiede georganiseer waar miskien ín paar duisend mense op ín paar honderd vierkante kilometer gewoon het.  NŠ 1750 het groter state begin ontwikkel, moontlik as ín reaksie op die verspreiding van ín internasionale handel in ivoor, beeste en slawe na die streek.

Hierdie prosesse van staatsvorming het die hoogtepunt bereik met die totstandkoming van die Zoeloe-koninkryk onder Shaka in die 1820's. Onder Shaka het die Zoeloes ontwikkel van ín onbekende en skugtere stam tot een wat met sy verowerings van ander stamme vrees en ontsag regdeur Suider-Afrika ingeboesem het.

Ander vertakkinge van die Nguniówaartoe die Zoeloes behoortóis die Xhosa van die Oos-Kaap, die Swazi van Swaziland en die gewese Transvaal, en die Ndebele van die gewese Transvaal.

Die Sotho
ē   íN TWEEDE groep, die Sotho, wat Suid-Afrika later binnegekom het, het weswaarts geneig. Uiteindelik het die Noord-Sotho gevestig geraak in die huidige Limpopo en Mpumalanga; die Wes-Sotho (Tswana) in Botswana, die Noord-Kaap, Noordwes en die Wes-Vrystaat; en die Suid-Sotho in Lesotho en die Vrystaat. 

Die Venda en die Tsonga
ē   OMSTREEKS 1700 het ín derde groep, die Venda, die huidige Limpopo-provinsie binnegetrek, en nog later, in die loop van die negentiende eeu, het ín vierde groep, die Tsonga, of Sjangaans, uit die huidige Mosambiek na die gewese Transvaal verhuis.

Die swart tale in die suidoostelike Bantu-sone, soos ons hulle in ons wÍrelddeel ken, is as volg:

Tale in die suidoostelike Bantu-sone

Twaalf Bantu-tale word deur meer as vyf miljoen mense gepraat, waaronder Rundi, Rwanda, Shona, Xhosa en Zoeloe. Die taal Swahili, wat die moedertaal van vyf miljoen mense en die tweede taal van nog sowat dertig miljoen is, is ín belangrike handels- en literÍre taal.

Bantu-taalsprekers wat hulle in NamibiŽ gaan vestig het, is die Ovambo-Herero.

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad