Die brandnetel

Brandnetels

BO: Brandnetels (Urtica dioica).

Foto deur Krister Brandser,
wat dit by Wikimedia Commons op die wreldwye web tot openbare besit verklaar het (“released to the public domain”)

Mediese wreld

Die veragte
brandnetel

... ’n doring van ’n plant! 

Brandneteldorinkies, baie vergroot

BO: Brandneteldorinkies, baie vergroot. Wanneer die dorinkies of haartjies in jou vel afbreek, skei hulle ’n irriterende suur af. Maar daar is mense wat reken dat hierdie irritasie in sekere gevalle ’n heilsame uitwerking kan h.

Foto deur Jerome Prohaska,
wat dit by Wikimedia Commons op die wreldwye web ingevolge  die Copyleft-lisensie uitgeplaas en gelisensieer het (rande van oorspronklike foto weggesny)

Moenie hierdie onkruid op sy lastige stekeltjies takseer nie. Daar’s meer aan hom as wat ’n mens geneig sou wees om te dink ...

’N VINNIGE, daaglikse gevryf met ’n brandnetel kan ’n prikkelende lafenis vir mense met pynlike gewrigte wees. S reken Britse geleerdes wat ’n tyd gelede die uitwerking van di stekelplant op lyers aan osteoartritis van die duim nagevors het.

Osteartritis is ’n siekte van die kraakbeen by litte. Dit slaan veral toe wanneer ’n mens oud word—die onverbiddelike gevolg van die slytasie en verrinnewasie van die liggaam.

BrandnetelLINKS: Die brandnetel.

Die brandnetel (Urtica dioica) het seker geen bekendstelling nodig nie. Dis daardie venynige onkruid met die skerp haartjies op die blare, wat in tuine of op ashope, oop kolle en elders groei. Die haartjies beskadig maklik jou vel en laat ’n branderige sap in die wondjies kom.

’n Navorsingspan by die Plymouth Postgraduate Medical School in Devon het saamgewerk met 27 pasinte met osteoartritis aan die basis van duim. ’n Aanmerklike aantal van hulle het verligting van pyn met brandnetel-behandeling ondervind.

Van die menslike proefkonyne het sowat ’n halfuur lank ’n duidelike geprik op die behandelde plek ervaar, gevolg deur ’n warm tinteling vir sowat 24 uur. Daarna het party van hulle gevind dat die pyn so lank verdoof gebly het dat daaropvolgende behandelings soms glad nie eens seer was nie.

Hoewel nog navorsing nodig is, meen die span dat daar iets in brandnetels kan wees wat pyn verlig deur op die pynreseptors in te werk. Buiten die normale veluitslag wat deur die netels veroorsaak word, lyk dit ook nie of die behandeling enige newe-effekte het nie.

Tog waarsku die projekleier, Colin Randall, mense om versigtig daarmee te wees. Mense dink natuurlike rate is doodveilig, s hy, maar dis nie noodwendig altyd die geval nie.

Waarop iemand hierdie stuitigheid kwytgeraak het: moenie in die brandnetels gaan rondrol elke keer wanneer die jig in jou gebeentes invaar nie—netnou sit jy met die "netelige" probleem dat jy nog boonop "brandsiek" ook is!


 
BO: Bloeiwyse en saadvorming van die brandnetel.

MAAR dis nie net van gister af dat mense helende eienskappe aan die nederige brandnetel toedig nie. Soldate het dit glo reeds in die Romeinse tyd gebruik, terwyl selfs die bekende agttiende-eeuse Metodistiese prediker John Wesley dit aanbeveel het.

Brandnetel

REGS: Die tee wat van hierdie nederige plant gemaak word, sou glo help vir ’n hele rits kwale.

Daar is ook lankal mense wat sweer by die genesende kragte en pynverdowende eienskappe van tee wat met die blare van die netels gemaak word. Dit en ander brandnetel-preparate word byvoorbeeld vir nierkwale aanbeveel, asook vir hooikoors, bloedsuiwering, brongitis, asma, aambeie allergie, moegheid, prostaatprobleme, blaaskwale, velkwale, maagontsteking, noem maar op.

As jy spat-are het, beweer party, kan jy baat vind by uitwendige kompresse wat in brandnetelsap geweek is. Verder sou dit help vir skilfers as jy jou hare daarmee was. Of dit kan jou hare stimuleer om te groei.

Dit verhoog glo egter ’n mens se bloedsuiker en diabete word dus afgeraai om dit te gebruik. Volgens ’n ander bron is dit om die een of ander rede ook nie aan te beveel vir swanger vroue of di wat hul babas laat drink nie. Brandnetels werk boonop in op die menstruasie-siklus.

Maar vir di wie se gestelle net voordeel daaruit kan trek, word ’n kooksel van die sagte botseltjies van brandnetelplante as groente hartlik aanbeveel deur mense wat dit al geproe het. Wat meer s: jy kan glo met vrug brandnetel-ekstrakte by omtrent enigiets voeg—van poedings tot kaas tot sop tot wat ook al!

Op die koop toe kan rou stingels en blare van die plante 24 uur lank in ’n emmer water geweek word. Die stingels word dan verwyder en die water as ’n organiese insektedoder teen plantluise aangewend.

En as tradisionele Afrika-medisyne word die brandnetel weer tot snuif verpoeier om bloeiende neuse, oormatige menstruasie en inwendige bloeding te behandel.

Tog is die plant, wat deur sekere mense die brandnekel of brandneukel genoem word en hier so ’n bekende onkruid is, vreemd genoeg glad nie inheems aan ons land nie.

Twee spesies, die gewone brandnetel en die groot perdenetel, is blykbaar reeds vroeg-vroeg van Europa af hierheen gebring, f as saadjies met die een of ander saadbesending f in die voer vir ingevoerde diere. Dit het nie lank geduur voordat hulle oor die hele land versprei geraak het nie.

Dis voorts interessant dat die brandnetel tot ’n plantorde behoort wat dagga sowel as die vye- en moerbeibome insluit, asook hop, die klimplant wat op groot skaal as geurmiddel vir bier gekweek word.

Tot dieselfde plantfamilie as die brandnetel behoort die inheemse bergbrandnetel, wat volop in die Laeveld, van Pretoria af tot by Lydenburg, voorkom. Di plant, wat byna vyf meter hoog kan word, het ook wit, stekelrige hare soos die brandnetel, maar sy vernaamste eienskap is sy taai bas met sterk vesels waarvan tradisioneel matte gemaak word.

Ook die Voortrekkers het hierdie vesel dikwels as ’n plaasvervanger vir tou gebruik. Trouens, by die ``Colonial and Indian Exhibition'' wat in 1886 in Londen gehou is, is ons bergbrandnetel bekroon as op een na die beste vesel.

Brandnetel-haartjiesREGS: Nog brandnetel-haartjies... piepklein, maar vol venyn.

Die brandnetel se beweerde medisinale kragte l volgens natuurgenesers in sy ryke verskeidenheid van vitamiene en minerale, maar die feit bly dat hy nie ’n plant is wat jy sonder handskoene moet pak nie. Die irriterende suur wat sy afbreekte haartjies in jou verinneweerde vel afskei, is mieresuur, dieselfde suur wat miere in hul spoegkliere het.

Plaas ’n alkali soos ’n pasta van koeksoda en water op die veluitslag as jy erg onder die netels deurgeloop het. Selfs spoeg, wat effens alkalies is, kan die suur in ’n sekere mate neutraliseer.

En kyk volgende keer as jy ’n brandnetel gewaar met nuwe o na die “pestilensie”. Wie weet watter ander van sy beweerde heilsaamhede gaan nie ook nog wetenskaplik bewys word nie!


’n Ander plant wat straks veel meer belofte toon as medisyne... ons kankerbos

Vrugte van die kankerbos

BO: Oor die ware medisinale waarde van die brandnetel, indien enige, kan miskien nog lank geredekawel word. Maar een plant wat hom reeds in universiteitstudies bewys het as ’n kruid wat geneeskundige waarde kan h, is ons kankerbos of kanker­bossie, Sutherlandia frutescens (voorheen Lessertia frutes­cens). Dit is selfs in ’n studie gebruik om sy waarde as ’n verligter van die simptome van vigs te bepaal. Daar word lank reeds geglo dat dit die simptome van kanker kan verlig, maar dit kan natuurlik nie kanker genees nie. Volgens een wetenskaplike studie toon die resultate dat dit in elk geval sekere van die negatiewe siel­kundige effekte van chroniese stres kan verlig. Maar sekere van ons swartmense en die San (Boesmans) het dit mos ook reeds lankal geweet. Die Zoeloes en Xhosas ken dit na verneem word as Unwele (hare), omdat hulle glo dat dit keer dat jy jou hare uittrek van die senuspanning. By die San word dit weer Insisa genoem, wat beteken “die een wat die duisternis verdryf”.

Detail van foto deur Winfried Bruenken (Amrum),
wat dit op hierdie bladsy by Wikimedia Commons op die wreldwye web uitgeplaas en gelisensieer het ingevolge die bepalinge van die Creative Commons Attribution ShareAlike 2.5-lisensie. Kortom, vrye gebruik en wysigings word vergun mits Winfried Bruenken behoorlik erken en dit slegs versprei sal word ingevolge ’n kisensie wat identies is aan hierdie een. Amptelike lisensie

LET WEL: Hierdie artikel bevat slegs nuus oor ontwikkelings in die mediese wetenskap en op die gebied van natuurlike medisyne, en die inligting moet nrens as mediese raad beskou word nie. Elke mens is uniek en slegs jou dokter kan ’n kundige diagnose doen van enige siekte of ander fisieke probleem wat jy dalk kan h.