Miliestronk.com

’n Bytende verhaal vol venynige intriges
Muskiet-verdriet!

Muskiet van Portugal — foto deur Joaquim Alves Gaspar

BO: ’n Muskietwyfie (Culiseta longiareolata) van die Lissabon-omgewing in Portugal. Die muskiet is sowat 10 mm lank.

Foto bo (rande deur ons weggesny): Joaquim Alves Gaspar,
wat dit op hierdie bladsy by Wikimedia Commons op die wreldwye web gelisensieer het ingevolge die Creative Commons Attribution ShareAlike 3.0-lisensie. Kortom, vrye deling en die skep van afgeleide werke word vergun mits behoorlike erkenning gegee word en dit slegs versprei sal word ingevolge ’n lisensie wat identies is aan hierdie een.Amptelike lisensie


Muskiet — ’n venynige klein bloedsuier (Foto: JAMES GATHANY)

Bloedrooi gefuif sit sy daar... trommeldik gesuig deur ’n “rietjie” wat sy ewe vrypostig deur jou vel gesteek het. Sy en nie hy nie? Ja, glo dit maar. Die muskietmannetjie drink slegs nektar, vrugtesappe en selfs vuil water en sal nooit sy suigslurp met bloed bevlek om jou lewe te versondig nie!

Foto bo uitgereik deur ’n Amerikaanse federale regeringsliggaam en gevolglik openbare besit. Hulle versoek nietemin dat gebruikers die fotograaf sal erken: JAMES GATHANY.


KLEIN VOORWOORD: As jy ’n irriterende gesoem op die agtergrond kan hoor—en wil weghol omdat dit jou ore laat pyn—hou goeie moed. N die derde gesoem sal die muskiet genadiglik ophou met die gesanik!

ZOEI-I-I-I-I-I-I...  ZIP!  Daar sit sy ongevraag op jou ontblote vel en sy hou ’n bloed-makietie.

En jy besef dit moontlik nie eens nie.

Eers agterna krap jy vir ’n vale aan die rooi en bultende klein gevolge van die vrypostige muskiet se brassery.

Verpestelike klein Dracula! Wie gee haar die reg om jou so te treiter?

Hoe ook al, as haar bietjie bloed steel maar al was, kon ’n mens miskien-miskien nog hierdie hoogs lastige bytertjie so halfpad geduld het. Wat egter veel erger is, is dat die muskietwyfie onmoontlik kan besef watter onnoemlike ellendes sy alles op aarde veroorsaak.

Malaria, geelkoors, knokkelkoors, harsingsontsteking—en nog sowat tagtig virussiektes wat aan muskiete gewyt word—het saam reeds miljoene mense in hul graf laat beland.

Die muskietwyfie, het ons ges? Inderdaad. Raar maar waar, die mannetjiemuskiet is geen bloedsuier soos sy nie. Hy’s ’n doodsedige jansalie wat heeltemal tevrede is om lewenslank aan niks anders as nektar te teug nie. Ook vrugtesappe en selfs vuil water is op sy geheelonthouer-spyskaart.

Dit is dus sy wyfie wat haar lyf bloedsuier hou en so venynig op jou lyf te kere gaan. Tot haar verdediging kan miskien tog ges word dat sy die proteen in jou bloed broodnodig het. Sonder bloed kan sy immers nie haar eiers l sodat die muskietnasie kan voortbestaan nie. (Daar is darem ook party soorte muskietwyfies wat nooit bloed soek nie.)

’n Aantal van die meer as 3000 muskietsoorte wat wreldwyd voorkom, is die draers van al die pestilensies waarvan ons hierbo gepraat het. Suidelike Afrika is die gasheerstreek vir nagenoeg 500 muskietsoorte. Malaria is beslis die bekendste muskietverwante siekte, en in ’n ander Mieliestronk-artikel word breedvoeriger daarvan vertel.

’n Baie gevaarlike muskiet is Aedes aegypti, die soort wat in die tropiese en subtropiese dele van Afrika en die Amerikas die virus van geelkoors versprei. Hierdie muskiet het al duisende mense doodgemaak.

Geelkoors-muskiet

REGS:
Aedes aegypti, die gevreesde soort muskiet wat geelkoors oordra.

Foto: ARS / U.S. DEPARTMENT OF AGRICULTURE 

Reukmeter
LINKS: ’n Insektekundige demonstreer in ’n reukmeter watter aantrekkingskrag sy hand vir geelkoors-muskietwyfies het. In die reukmeter is ’n skerm wat die lokmiddel (in hierdie geval sy hand) van die muskiete skei.

Foto: PEGGY GREB / ARS / U.S. DEPARTMENT OF AGRICULTURE

Speekselklier van besmette muskiet       

Speekselklier van
besmette muskiet

REGS: Nog ’n gevreesde siekte wat deur muskiete oorgedra word, is ’n harsingsontsteking wat in die oostelike helfte van die VSA voorkom en deur die Amerikaners Eastern equine encephalitis (of EEE) genoem word. Hierdie verkleurde transmissie-elektronmikrograaf toon ’n speekselklier van ’n besmette muskiet. Die EEE-virusbesmetting is rooi gekleur. Dit word as een van die ernstiger “muskiet-siektes” in Amerika beskou omdat soveel lyers daarvan sterf. Dit word deur muskietbyte aan mense oorgedra, maar die hoofoordragsiklus is tussen vols en muskiete. Perde kan ook besmet raak en vrek.

Foto: FRED MURPHY, SYLVIA WHITFIELD / U.S. CENTERS FOR DISEASE CONTROL AND PREVENTION

MAAR kom ons bekyk ’n bietjie een of meer van die aarde se ontelbare muskiete van naderby. Miskien het jy byvoorbeeld al gewonder presies hoe hierdie verfoeilike insekte daardie gewraakte zoei-geluid maak waarvoor hulle so bekend is. Al praat die digter van ’n muskiet wat ’n aria “sing”, is daar hoegenaamd geen ooreenkoms tussen die muskiet se geluid en my en jou musikale geneurie onder die stort nie. Dit het nie eens iets gemeen met die sang van vols nie.

Die geheim van die geluid l nie in stembande nie, maar in die wyfie se vlerkies. Di het duisende skubvormige hare wat die zoei-klank voortbring wanneer sy die vlerkies teen ’n duiselingwekkende 200 tot 600 vlerkklappe per sekonde laat vibreer.

En op hul eiesoortige manier is die muskiete se geluide tog wel “liefdesliedere”. Die mannetjie hoor die wyfie se gonsery met sy twee pluimvormige voelers. Daar is eers gedink dat die wyfie miskien doof kan wees en dat net die mannetjie kan hoor waar sy rondvlieg, maar navorsers van die Cornell-Universiteit in Ithaca, New York, het anders bevind.

Hulle het die geelkoors-muskiet Aedes aegypti bestudeer en agtergekom dat vryerige muskiete ’n paringsduet lewer deur hul vlerke harmonieus saam te klap. Minnelied van die Muskiet... ’n mens staan weer verwonderd oor die harmonie in die natuur wat tot in die kleinste dingetjies bestaan!

Maar s vind meneer en sy liefdesmaat dan mekaar in die donkerte. En in die maand of wat waarin die wyfie leef, kan sy vier of vyf keer eiers l, wat sy telkens bevrug met die manlike saad wat sy in haar liggaam hou.

DIS besonder interessant dat die verskillende muskietspesies elk hul eie tyd het wanneer hul bedrywig is—sowat twee uur lank uit elke 24 uur. Dit is dus nie dieselfde soort wat jou vroegaand en dan weer laat in die nag tempteer nie. Verskillende soorte byt selfs op verskillende hoogtes bokant die grond.

Voorts waag party muskiete dit nooit verder as 500 meter van hul “geboorteplek” nie, terwyl ander tot 30 km in een nag kan afl agter ’n slukkie mensebloed aan. Nie almal is egter kieskeurig nie. Sommige byt honde, beeste, hoenders, olifante, paddas, slange—enige bloedskenker wat hulle kan vind—en die mens is dan bloot ’n toevallige slagoffer.

Enkele soorte suig selfs die bloed van ander insekte soos hottentotsgotte en miere.

Die wyfiemuskiet is al ’n lugvaartkundige wonder genoem. Sy kan onderstebo, agteruit en selfs sywaarts vlieg—en boonop skielik versnel of stadiger vlieg om ’n klappende hand vry te spring. Party soorte, word vertel, kan selfs in ’n renbui vir elke druppel koes en droog anderkant uitkom!

WAT dit is wat muskiete na die mens toe aantrek, is steeds nie heeltemal duidelik nie. Daar is tot al vertel dat dit die reuke van ’n mens se voete is wat hulle die meeste verlei. Sodra jy jou skoene uittrek, sou hul aptyt aangewakker word deur die walms in hul onmiddellike atmosfeer—al sou jy ook self h oortuig daarvan wees dat jy nie met onwelriekende voete gepla is nie!

MuskietDit lyk wel of temperatuur ’n belangrike rol speel. Trouens, die muskiet se groot, niervormige o kan infrarooi (of hittestrale) waarneem, net soos die mens se missiele vliegtuie kan opspoor. Navorsing dui boonop daarop dat muskiete wisselings van tot 0,05 C in die lugstrome om die mens kan aanvoel. 

Hulle het besonder gevoelige sensors. Hiermee vang hulle jou reuk op aan die koolsuurgas wat jy uitasem en die melksuur aan jou vel. En as jy vir hulle lekkerder ruik as iemand anders, is jy die een wat mreoggend gaar gebyt is.

Trouens, geleerdes reken muskiete se reukvermo is so gespesialiseerd dat hulle ’n mens op ’n veld vol beeste kan opspoor.

Vogtigheid lok ook muskiete, sodat vet mense, wat meer sweet, meer gebyt word as maer mense.

Maar nou moet ’n mens uiteindelik ook s dat die “byt” van ’n muskiet eintlik ’n verkeerde woord in die volksmond is. Wat die insek in werklikheid doen, is steek, en wel met ’n geniepsige steekbuis.

Hierdie steekbuis is ’n lang snoet met messies waarmee jou vel ongerg oopgekerf word, waarna die muskiet haar snoet ’n millimeter of wat onder jou vel in een van jou haar-aartjies indruk voordat sy begin bloed suig.

Sy spuit ook speeksel in die wondjie in. Dit bevat ’n teenstolmiddel wat keer dat jou bloed op pad na haar maag stol. Dit is hierdie speeksel wat die steekplek agterna so hinderlik laat jeuk. Dit is, afhangende van die muskietspesie, ook s ’n druppeltjie spoeg waarin die kieme kan skuil wat ’n mens dalk kan laat siek word of doodmaak.

Voordat sy op jou liggaam feesvier, weeg die muskiet maar ’n piepklein breukdeeltjie van ’n gram. Wanneer sy binne ’n minuut nadat sy haar sit gekry het met jou vrag bloed wegvlieg, is sy baie swaarder. Haar kosbare buit het dikwels ’n massa van meer as 5 mg—drie keer meer as wat sy self weeg.

Nou het sy genoeg voeding om 70 tot 500 eiers te produseer, ook afhangende van die spesie. En daarmee word ’n nuwe geslag muskiete verwek wat jou met hernieude bloeddorstigheid in die somernagte uit die bed kan jaag. Tensy jy vooraf verstandig genoeg was om vir jou ’n doeltreffende muskietverdrywer te koop. Wyk, muskiet, wyk!


Die muskiet van die eier tot volwasse insek
  


Die Anopheles-soorte:


Die Culex-soorte:


Volwasse Anopheles-muskiet
  

Volwasse Culex-
muskiet

 

 
MUSKIETE behoort tot die familie
Culicidae in die orde van die Tweevlerkiges (Diptera). Malariamuskiete, soos die een LINKS BO, behoort tot die genus Anopheles. Die gewone huismuskiet (REGS BO) word as Culex pipiens geklassifiseer. 

Die muskiet ondergaan in sy ontwikkeling van eier tot volwasse insek ’n volledige metamorfose. Nadat die wyfie haar trommeldik met jou proteeryke bloed gevul het, l sy haar eiers enkeld of in groepe (eiervlotte), meestal op water. Wyfies l tussen 70 en ’n yslike sowat 500 eiers, na gelang van die spesie. (Party soorte l wel hul eiers op plante of op die grond, waar hulle in ’n rustende toestand verkeer totdat dit ren.)

Muskieteiers dryf op die water danksy twee of meer lugkamertjies in die eierdop. N twee of drie dae broei die eiers uit en die pootlose, wurmagtige larwes maak hulle tuis in die water. Hier sal hulle later eers tot papies ontwikkel voordat hulle as volwassenes uit die water sal kan klim en wegvlieg.

Die larwe is, sover dit die mens aanbetref, miskien die enigste nuttige stadium van die muskiet. Muskietlarwes is immers voortreflike klein watersuiweraars. Weerskante van die mond van die larwe is twee haarborsels waarmee hy alge, mikrorganismes en stukkies organiese afval uit die water in sy mond inwarrel. Boonop dien larwes as kos vir visse.

Die larwe is effens dikker by die koppenent en haal asem deur middel van lugpypies wat aan die agterpunt van die liggaam uitmond sodat hy telkens die stert na die oppervlak moet bring om lug in te neem. 

Hy verander n ’n week of twee in ’n papie nadat hy vier keer vervel het. Die papie, wat glad nie vreet nie en op sy beurt met twee snorkels op sy bors asemhaal, vervel n twee tot drie dae—en die vliende muskiet kry sy koers in die lug in.

Muskietlarwes en -papies kan in staande water doodgemaak word deur olie op die water te gooi en s te keer dat hulle lug kry. Ongelukkig is dit nie altyd die beste opsie nie, omdat olie die omgewing besoedel.

Hoofbron vir teks: E. Holm en W.M. de Villiers: ONS EIE INSEKTE, uitgegee deur Tafelberg-Uitgewers. ISBN 0 624 01945 4.
  

Muskiet

BO: Nog ’n nabyfoto van ’n muskiet en een wat sekere dele van die anatomie van hierdie soort insek duidelik aantoon. Muskiete behoort tot die orde van die egte vlie (Diptera), wat net twee vlerke het pleks van vier. In die plek van die agtervlerke is daar twee balan­seerkolfies wat hul vlug stabiliseer. As ’n mens die balanseerders afsny, kan hierdie soort insekte glad nie in die lug funksioneer nie en sal hulle teen voorwerpe of die grond vasvlieg.

Foto: CEPOLINADOT.COM / FREEPHOTO

 

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad