|
’n Laslappie van Mieliestronk |
|
|
MELK: “Melk is goed vir elk!”
DIS ’n toneel van landelike vredigheid. Koeie wat in die loomheid van die laat middag aankom in die laan, met die koeiklokke wat ritmies bengel en die beeswagters wat skril bevele skreeu. Uit ’n ander rigting loop die melkers reeds met klaterende emmers na die stalle...
Foto: ARS / U.S. Departement of Agriculture (USDA) (gewysig)
Idillies—maar
om ’n suiwelboer te wees is beslis nie altyd so ’n sorgeloos nie. Dit
verg immers harde werk, goeie opleiding en ’n deeglike kennis van
beeste. Soos dat ’n koei se melklewering nie net beïnvloed
word deur
haar kos nie, maar miskien ook deur die klimaat (droogte of reëntye) en
stellig deur die
siklus
van die dier self (minder maar ryker melk
aan
die einde van die
melkverskaffingstyd).
Die
melkverskaffingsorgaan,
dié sal almal darem weet, is die uier. Maar wie weet melk word
geproduseer deur selle wat alveoli genoem word? Elke
alveolus
is ’n melkfabriekie in die klein en sorg self vir die vervaardiging van
vet, proteïen en melksuiker. Die melk gaan deur ’n stelsel van
kanaaltjies na die uier. As
’n mens ’n dwarssnee van ’n koei se uier maak, kan ’n linker- en
regterhelfte onderskei word,
wat
geskei word deur spiere waarmee dit aan die bekken geheg is. Elke helfte
word weer in twee gedeel en elke kwart word met ’n speen
verbind. Die
melk wat deur selle uitgeskei word, versamel in ’n holte bokant ’n
speen. Hier word dit geberg totdat dit met drukking of suiging verwyder
word. ’n Sluitspier hou die speen onder toe. VAN die vroegste tye af verskaf diere reeds melk aan die mens. Maar van al die melkdiere—bokke, jakke, seboes, waterbuffels, kamele, takbokke—kan geeneen die koei met haar voedsame melk klop nie. Baie
min is bekend omtrent die vroegste melkboerderye, hoewel getuienis bestaan
dat koeie reeds in Mesopotamiese tye (rondom 3500-2800 vC) gemelk is. Moderne
melkerye met hul kliniese meganiese toerusting is baie gesofistikeerd,
maar koeie word vandag op baie plekke steeds met die hand gemelk soos
duisende jare gelede. Laboratoriumtoetse en moderne verwerkingsmetodes
verseker wel dat die melk in jou glas suiwer is.
Melk is goed vir elk, lui ’n ou gesegde. Maar tot die negentiende eeu het mense onbehandelde melk gedrink voordat die proses ontwikkel is om kieme daarin dood te maak. Vandag is daar talle stappe van verwerking en toetsing wat aan plaaslike en selfs internasionale standaarde moet voldoen. Melk
word deur groot vragmotors met geïsoleerde staaltenks van die plase na
die melkerye vervoer. Daar word dit in groot koeltenks gehou waar dit tot
4 grade C verkoel word. Die
suiwering van melk is des te belangriker as ’n mens daaraan dink dat dit
gevaarlike siektes
soos
tuberkulose, witseerkeel
en ingewandskoors
kan
oordra. Geen ander
voedsel
word dan ook soveel getoets nie.
Sogenaamde
pasteurisasie is ewe belangrik. Louis
Pasteur, ’n negentiende-eeuse Franse skeikundige, het vasgestel dat
skadelike kieme in vloeibare voedsel vernietig word as dit tot 70 grade C
en meer verhit word. Dié proses word steeds met welslae met melk
toegepas. Met
pasteurisasie in ’n moderne melkery word die melk tot 72,5 grade C
verhit en vinnig tot 4 grade afgekoel. Dit word ook gehomogeniseer, ’n
proses wat die vetdeeltjies opbreek en egaliger versprei. Nadat
die melk deur al die nodige prosesse gegaan het, word dit in tenks gepomp
waaruit houers van glas, karton of plastiek gevul word.
Foto
van kaas: U.S. Department of Agriculture (USDA) |
|
|
Melkbottel-komberse “beter as wol” Foto’s: NASA AS
melk gebruik word om plastiek te maak, wat word gemaak met ou plastiek? Dis
’n goeie vraag, want plastiek is uiters skadelik vir Dit geld ook vir melkbottels wat van plastiek vervaardig word. Daarom is dit so verblydend dat navorsers van die Amerikaanse ruimte-agentskap NASA in hierdie verband met ’n blink plan vorendag gekom het. Die navorsers wil die heuningkoek-struktuur in die metaal-isolasie van toekomstige ruimtetuie gebruik. Hulle sê hierdie soort struktuur in die isolasie vorm ’n uitmuntende skild om ruimtetuie teen oorverhitting te beskerm. Maar hulle het ook agtergekom het dat dieselfde heuningkoek-konsep aangewend kan word om ’n ligte isolerende kleedstof van plastiek te maak wat “beter is as wol”. En soos wol hou die nuwe materiaal ’n mens snoesig warm, selfs al is dit nat.
Welbeskou is dit dan nogmaals melk (in ’n verwerkte vorm) wat goed kan wees vir elk! |
|