|
Die
Mieliestronk-lys van meer as |
|
| DIE
woordelys wat jy ondertoe op hierdie bladsy as ’n teks-item ("txt
file") kan oopmaak, is onafhanklik gegenereer en nie
gegrond op enige van die ander Afrikaanse woordelyste wat tans op die
Web beskikbaar is nie.
Omdat dit basies bedoel is vir die samestelling van geprogrammeerde blok(kies)raaisels, is al die woorde in hoofletters. (As jy alles in kleinletters verkies, kan jy dit maklik met MS Word verander. Selekteer die hele lys, kopieer dit en plak dit bloot in MS Word. In MS Word selekteer jy dan weer alles, waarna jy die SHIFT-knoppie en F3 saam druk om alles kleinletters te maak. Kopieer en plak die lys dan in ’n nuwe "txt file".) Die lys is ook gestroop van alle kappies, deeltekens, aksenttekens en koppeltekens, omdat dié nie in blokraaisels gebruik word nie. Voorts is daar enkele woordgroepe wat aanmekaargeskryf is (volgens die gebruik in blokkiesraaisels), bv. ATLANTIESEOSEAAN pleks ATLANTIESE OSEAAN (leidraad: Een van die wêreld se seë [10, 6]). Die lys bevat ook ’n aantal afkortings, natuurlik sonder punte, en ’n paar chemiese simbole.
Skep ’n bêrekoevert ("folder") waarin jy die afgelaaide item "unzip". Daar sal nou twee items wees, te wete ’n programmetjie genaamd WINCROSS en ’n "txt file" genaamd ENGLDICT.TXT.
As jy nou die WINCROSS-programmetjie loop, kan jy sonder meer Engelse woorde soek. Vir Afrikaanse woorde moet jy egter eers ons AFRWDE.TXT in sy geheue inlaai wanneer hy jou in die begin die opsie gee om dit te doen. Die soekproses is baie eenvoudig. ’n Asterisk ( * ) staan vir enige onbekende groep letters en ’n vraagteken ( ? ) vir enige onbekende enkele letter. Gestel jy soek ’n woord of woorde waarvan die eerste letter ’n t, die vierde letter ’n u en die sesde letter ’n e is, met enige getal letters daarna. Dan voer jy die volgende in: t??u?e* Oombliklik spoeg die programmetjie sy lysie vir jou uit:
Goed. Hier gaan jy. Kry nou die Mieliestronk-lys hier:
(LET
WEL: Jy kan dit selfs op ’n stiffie laai by ’n ander rekenaar wat internet-toegang het en dit dan op jou rekenaar kom oorlaai. Dit is
net 332 kb groot en pas dus maklik op ’n stiffie.) |
|