Die dienlike gebruiksvoorwerpe van ons voorgeslagteveral van die 18de, 19de en vroe 20ste eeu

Karrings, vetkerse en konfore...


BO: n Konfoor met n koffiekan daarop en twee bekers langsaan (alles in brons). Die konfoor was n metaalbak of pot waarin n tessie (bakkie) met gloeiende kole gesit is sodat iets op die konfoor geplaas kon word om dit te verwarm.

Foto uit pdf-item op die wreldwye web; met vergunning aan Mieliestronk.com van Stephan Welz & Co, in assosiasie met Sothebys


 
D
IT was die dinge van ons oumagrootjies en oupagrootjiesn van hul eie ouers en selfs baie verder terug in die geslagte. In die dowwe lig van vetkerse... in die skuim van seep gemaak van diervet en die as van bossies... in die rookdampe van bonkige buite-bakoonde op die plase... in die stille gloed van kole in blinkgemaakte konfore... in dit alles herontdek ons ons voorouers se vergange lewenswreld.

Dit was n tyd van vasbyt, deurdruk en te bowe kom. Ru en haas onbegaanbare gebiede moes getem word. Steeds verskuiwende voorposte het voortdurend met nuwe uitdagings te kampe gehad. Gereedskap kon baiemaal alleenlik gemaak word uit dit wat die nabye omgewing kon bied.

Die gebruiksvoorwerpe van die voorgeslagte is n onlosmaaklike deel van alle individue se volkserfenisse... so eie aan uiteenlopende mense se unieke kultuuragtergronde as die oorgelewerde spreekwoorde in hul tale.

Om ons eie herkoms nie te vergeet nie, is dit dan ook goed dat ons op hierdie bladsy herinner sal word aan onder meer die botterkarrings en die aambeelde, die blakers en die dompers en die steenkoolstowe van weleer.

Min ander dinge getuig immers so kennelik van die rustieke milieu waaruit ons stam, van die landelike eenvoud waarvandaan ons kom, wat so heel anders was as ons moderne tyd met sy selfone, satelliete en superrekenaars...

Roerend, roerend tot dit set,
Tot alles klodder en dan stol...
Kyk so, die room l bottervet
N die geklitste kaperjol!

LINKS BO en BO: Die botterkarring berus op die beginsel dat botter verkry kan word deur room lank genoeg te stamp, draai of skud. Verskillende soorte karrings is dus geprakseer, soos waar die room met n stok in n houer geroer is. Mettertyd is botter egter ook gemaak deur iets soos n ysterklitser met die hand te draai, soos die boervrou op die foto LINKS.
 
Foto  links bo: Hoover Archives, (U.S.). Tekening regs bo: Histories. Foto links: USDA History Collection / U.S. Department of Agriculture.
 


LINKS BO en REGS BO: Ons almal ken steeds die kers wat van was gemaak word, maar ons voorouers wat in die veld en sonder fabrieke moes lewe, het diervet gebruik om snags lig te verskaf. Vetkerse is gemaak deur kerspitte van gevlegte katoendraad aan n stok vas te maak en die toutjies herhaaldelik in n pot vol gesmelte vet te doop. Die toutjies is in die vet neergelaat, uitgehaal om af te koel en dan nogmaals in die vet gedruk... oor en oor en oor. Met elke doopslag in die vet sou die vetkerse vetter word totdat hulle dik genoeg was. Water sou ook partymaal vir die afkoelery gebruik word deurdat die kerse afwisselend in die vet en in n houer met koue water gedoop is. Vetkersmakery was n tydsame proses, maar die mense van ouds het nie ons soort gejaagde lewe geken nie.

Foto links bo: (c) Matthew Bowden www.digitallyrefreshing.com. Vrye gebruik vir alle doeleindes word vergun mits Matthew Bowden se kopiereg ten volle erken word. Foto ietwat gewysig.
Foto regs bo:  MSKARG

Gebruiksvoorwerpe wat met vroer dae se kerse verbind word, is dinge soos blakers, dompers en snuiters... en met hierdie soort snuiters word natuurlik nie jong kinders bedoel wat nog nat agter die ore is nie! Die blaker was n houer waarin die kers staan gemaak is, terwyl die domper n metaaldoppie was waarmee n brandende kers geblus kon word. Die snuiter was op sy beurt n skr met n bakkie daarop wat gebruik is om die pit van n vetkers te knip. Op die fototjie LINKS BO is n sierlike blaker en domper, heeltemal te swierig wil dit lyk vir enige nederige ou vetkers! Die snuiter REGS BO sou ook nie eintlik in n armoedige hartbeeshuisie tuishoort nie. Sulke voorwerpe was bes moontlik rykmansgoed.

Foto's: U.S. National Park Service


LINKS: In toeka se dae het seep nie uit die winkel gekom nie, maar uit die pot! Hier wys twee vroue hoe n mens seep op die ouderwetse manier maak, nes ons voor­ouers.

BO: n Voorstelling van onrelmatig gesnyde stene van tuisgemaakte boer­seep... doodeenvoudig berei uit
1) diervet,
2) die loog verkry uit die as van verbrande plante en
3) water.

Dis trouens steeds die basiese resep van vandag se sepe: meng gesmelte vette of plantolies met n alkali soos bytpotas of bytsoda wat in water opgelos is. Bring dit in die regte hoeveelhede en op die korrekte manier bymekaar en jy is verseker van n aantal stene van ons onontbeerlikste wasmiddel (of miskien n hoeveelheid sjampoe-agtige vloeistof).

Loog is n alkaliese oplossing wat verkry word deur water op onder meer as te laat trek. Die as van enige verbrande plant is geskik, maar daar is kenners wat reken dat die blare en stamme van piesangbome vir die sterkste loog sorg, terwyl die hout van appelbome glo weer die witste seep oplewer.

Plante-as, of potas soos dit  genoem word, bevat die chemikalie kaliumkarbonaat, K2CO3. Deur n oplossing hiervan in water saam met gebluste kalk (kalsiumhidroksied, Ca(OH)2 ) te kook, vind n proses van dubbele omwisseling plaas en word bytpotas (kaliumhidroksied, KOH ) gevorm, terwyl grootliks onoplosbare kalsiumkabonaat ( CaCO3 ) uit die oplosssing neergeslaan word en gevolglik deur middel van filtrasie daaruit verwyder kan word. Die oorblywende kaliumhidroksied kan dan gebruik word vir seepmaak.

Seepmaak is egter ook hoogs gevaarlik, iets wat geen leek of groentjie alleen moet aandurf nie. Dit het van ons voorsate stellig destyds terde besef. Alkali soos bytpotas of bytsoda (kaliumhidroksied, KOH, en natriumhidroksied, NaOH ) kan immers gate in mensvleis vreet, n mens blind maak as dit in jou o spat en dodelik wees as iemand (miskien n klein kindjie) n oplossing daarvan in die hande kry en drink. Boonop is warm vet natuurlik ook niks om mee te speel nie.

Die chemiese proses wat in die seepmakery plaasvind, bring mee dat die gevaarlike alkali as
.t ware deur die vet geblus word. Die seep wat gevorm word, is n verbinding tussen die vet en die alkali, wat veel minder toksies is as die alkali self. Chemies gesproke is seep die sout van n vetsuur.

Seep se nut l daarin dat dit met sowel olie-molekules as water-molekules kan reageer en dus vettighede met behulp van water kan verwyder.

Die gebruik van seep het natuurlik al baie lank voor die agttiende eeu begin. Die eerste opgetekende getuienis van die maak van seepagtige stowwe dateer terug tot nagenoeg 2800 v.C. in ou Babilon. Tog het ons voorouers in Suid-Afrika hul eie unieke seepsoorte gemaak deur die toevoeging van kruie en ander stowwe uit die Afrika-omgewing. Dink maar aan die olie uit die giftige sade van die rooiessenhout (Trichilia emetica) waarvan daar, na vertel word, n uitstekende seep gemaak kan word.

Foto van seepstene: MSKARG. Foto van vroue wat seep kook: U.S. National Park Service


BO: Hy hamer altyd op dieselfde aambeeld, s ons van iemand wat tot vervelens toe oor dieselfde onderwerp praat. Dis n baie bekende uitdrukking, maar wat se ding is n aambeeld nou eintlik? Ons voorgeslagte sou oor s n vraag gelag het, want aambeelde was vir hulle omtrent net so bekend soos die klere aan hul lywe. Watter stommerik weet dan nie wat n aambeeld is nie! sou hulle reken. Vandag se stedelinge sal egter dikwels museums moet besoek om te leer dat n aambeeld n swaar ysterblok met n horing aan die een ent is. Dit is deur smede gebruik om metale op te smee.


BO: Brood sou glo des te lekkerder smaak as dit in s n kru struktuur gebak is. Om die waarheid te s, selfs n uitgeholde miershoop sou meermale as bakoond kon deug.

Foto: U.S. Department of the Interior


VAN LINKS BO in die rigting van die gang van die horlosie se wysers: Die koolstoof, die snuifblikkie, die trommeltjie (dalk met geld en waardevolle dokumente daarin wat onder die hemelbed versteek is) en, les bes, n vroe grammofoon uit 1894 wat met die hand gedraai moes word. Al sulke voorwerpe het deel uitgemaak van die leefwreld van die mense van ouds. ONDER is nog gebruiksvoorwerpe van toeka, van links: n uurglas wat n bietjie kon help om die tyd aan te dui in n enigsins tydelose wreld; n stamper en vysel wat van klip gemaak kon word as byvoorbeeld metaal dan nie daarvoor beskikbaar was nie; en n kruithoring waarin die kruit vir die ou voorlaaier-gewere gebre is.

 

Krediet: U.S. National Park Service en U.S. Library of Congress

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad